PLAT GEDRUKTE AARTAPPELS - Leonie Scott
(beproef)
Kook aartappels sag en druk plat met jou hand, stip met botter en kruie, drizzle olie en bak tot crispie. Heerlik!!!!!
Foto: Leonie Scott
CRISPY POTATO ROAST - joyouslydomestic
(beproef)
Ingredients:
3 tablespoons butter, melted
3 tablespoons extra-virgin olive oil
10 - 12 russet potatoes, peeled *
Kosher salt
1 small onion or 4 shallots, peeled and sliced very thin
1/2 teaspoon red pepper flakes (optional)
4 - 6 fresh thyme sprigs
About 3 ounces pancetta, cubed
Pancetta is often called Italian bacon. That's a true enough description, but unlike American bacon, which is most often smoked, pancetta is unsmoked pork belly that is cured in salt and spices such as nutmeg, pepper and fennel. It's then dried for a few months.
Pancetta adds a distinctive pork flavor to pasta and other dishes, without infusing into them bacon's smokiness.
Directions:
Preheat oven to 375 degrees.
Combine the oil and melted butter in a small dish. Set aside.Brush a round baking dish
(around 9 - 10 inches) with a little of the butter and oil mixture.Slice the potatoes as thin as possible crosswise. *Note: Use a mandolin slicer.
Arrange potatoes vertically in the baking dish. Wedge onion or shallot slices
throughout potato slices - in about 3 or 4 sections of each potato. Sprinkle
with salt and pepper flakes (use some black pepper if not using red pepper
flakes). Brush with the remaining butter and oil mixture.
Bake for 1 hour and 25 minutes uncovered. If you find at anytime throughout baking that the
potatoes are too dry, a little of the olive oil/butter from the bottom of the
baking dish can be brushed on the slices. Also, a butter knife can be used to
separate some of the slices if there are some sticking together too
much.
While potatoes are baking, brown the pancetta in a small pan.
Remove with a slotted spoon and drain on paper towel. Set aside.
Remove potatoes from oven.
Add pancetta by scattering around throughout the potatoes. Lay the thyme sprigs on top of potatoes.
Bake for an additional 35 minutes. Remove from oven.
Sprinkle on a little more kosher salt.
Serve immediately. Sour cream is a great accompaniment to the potatoes.
Foto: Leonie Scott
TONNEL AARTAPPELS - Rina Shorty
(beproef)
6-8 melerige aartappels 15 minute gekook in soutwater. Dreineer.
VULSEL
80 ml olie
1 ui gekap
1 soetrissie
1 knoffelhuisie
1 wortel
300 g maalvleis
80 ml rooiwyn
15 ml worcester sous
30 ml vars origanum
sout en swart gemaalde peper
TAMATIESOUS
1 blik gekapte tamaties
30 ml tamatiepuree
15 ml suiker
5 ml sout
AFRONDING
250 ml room of helfte van 410 blik ingedampte melk
125 ml parmesan gerasper.
Verhit oond 180°C.
Druk holtes met appelboor deur aartappels.
Verhit olie in pan en sorteer ui,rissie, knoffel en wortel. Voeg vleis by en braai tot gaar.
Geur met res van bestanddele.
Kook sousbestanddele vir 10 minute.
Pak aartappels in bak en vul met vleis. Giet room oor en drup tamatiesous langs aartappels.
Bak sowat 50 minute. Haal uit en sprinkel kaas oor en bak nog 10 minute.
SMOKEY CHEESE AARTAPPELWIGGIES
8 aartappels in wiggies gesny
350 gram jong murgpampoentjies opgesny
60 gram grasuie gesnipper
200 gram kersietamaties gehalveer
250 gram stukkie spek gebraai
5 ml paprika
80 ml suurroom
1 bakkie Nola smokey cheese doopsous
100 gram Cheddar gerasper
1. Kook aartappels tot sag maar nog ferm. Dreineer die aartappels en meng met murgpampoentjies, tamaties, 45 ml van die grasuie en die spek.
2. Sit die bestanddele in ‘n gesmeerde oondskottel, geur met sout en peper en sprinkel met paprika.
3. Plaas 3-5 minute onder ‘n warm oondrooster tot goudbruin.
4. Meng suurroom en doopsous.
5. Gooi doopsous oor die inhoud. Sprinkel kaas oor en rooster tot kaas gesmelt is.%3
BUTTERNUTGEREG - Sue Day
(beproef)
vat 1 kg buttetnut in blokkies gesny in oondpan gegooi. 1 blikkie Ratatouille oor die butternut 'gedrup' en bakkie room oorgegooi. Druk in oond 180° vir 20 minute. Haal uit en gooi gerasperde kaas bo oor en bak verder vir 25 minute. - Banting friendly
Foto Sue Day
(beproef)
vat 1 kg buttetnut in blokkies gesny in oondpan gegooi. 1 blikkie Ratatouille oor die butternut 'gedrup' en bakkie room oorgegooi. Druk in oond 180° vir 20 minute. Haal uit en gooi gerasperde kaas bo oor en bak verder vir 25 minute. - Banting friendly
Foto Sue Day
BUTTERNUT - Leonie Scott
(beproef)
Butternut in blokkies gesny, effens gekook, sit in bak strooi fyn gesnyde sampioene oor.
Braai bietjie knoffel in botter, meng 'n houertjie room, 150 ml melk of bulgaarse joghurt met 'n pakkie bruin uiesoppoeier en gooi knoffel by die mengsel.
Gooi oor pampoen en sampioene bedek met foelie en bak by 180°C vir 30 minute.
Maak oop en bak nog 5 minute.
BLOMKOOL MET KERRIESOUS
1 groot blomkool in blommetjies gebreek
1 blik hoenderroomsop
200ml mayonaise
10ml kerriepoeier
200ml gerasperde kaas
15ml pietersielie
knypie paprika
knypie sout en peper
Stel oond op 180°C.
Kook blomkool net vir 10 minute sag maar nog ferm, dreineer, en sit blomkool in oondbak.
Meng roomsop, mayo, kerrie, paprika, sout en peper.
Skep dit dan alles oor blomkool sprinkel kaas oor en bak 20minute, sprinkel pietersielie oor.
Sit voor.
BOTTERSKORSIE GEBAK MET LEMOEN EN SJERRIE
500 gram botterskorsie, geskil en in skywe gesny
45 ml lemoensap
15 ml sjerrie
45 ml bruinsuiker
30 ml botter of margarien
knypie fyn kaneel
knypie sout
1. Rangskik die botterskorsie skywe in 'n vlak oondvaste bak.
2. Sprinkel lemoensap, sjerrie en bruinsuiker eweredig oor.
3. Stip met margarien. Geur met kaneel en sout.
4. Bedek met foelie, blink kant na binne en bak 'n uur lank in 'n voorverhitte oond by 180°C.
5. Verwyder die foelie en bak oop vir nog 20 minute tot effens bruin. Sit dadelik voor.
GROENTETERT – Corna Norval
(beproef)
Alle bestandele na gedagte natuurlik.
Bacon, greenpeper, mushrooms, uie, room, wituiesoppoeier, kaas, gevriesde gemende groente.
Braai bacon, greenpeper, mushroom en uie saam. Meng room met wituiesoppoeier en voeg by gebraaide bacon ens. Gooi groente in vergietes en spoel af onder warm water. Meng alles saam en gooi in vuurvaste bak. Klits 1 eier met bietjie melk en gooi dit oor die mengsel. Bak tot die eier gestol het. Net voor opdiening gooi die kaas bo oor en laat dit smelt.
TEMPURA GROENTE – Martie Fourie Moolman
(beproef)
DEEG
1 koppie bruismeel
2 eetlepel maizena
knippie sout
sodawater om aan te maak
1. Moet nie baie meng nie, moet klonterig wees en so dun soos pannekoek deeg.
2. Sny enige groente van jou keuse in dun repies (murg pampoentjies, soet pepers, dun boontjies , brokoli, sampioene wortel repies ens.)
3. Doop in deeg en bak in diep olie tot 'crisp'.
DOOPSOUS
1 koppie rysasyn
2 groot eetlepels wit suiker
2 eetlepels gekapte koljander
1 rissie gekap
2 knoffelhuisies gekap
1 teelepel vars gemmer gerasper
sout en peper
1. Meng alles en laat staan 'n rukkie. Moet nie die tempura laat staan nie, eet dadelik.
KOOLGEREG
1 koolkop wat gesny is plaas dit in n bak. Braai 1 ui, 1 pak bacon bits, 1 greenpepper en ‘n pak mushrooms. Gooi oor jou kool.
Meng dan 1 pakkie bruin uie sop met 250ml room. Gooi oor kool.
Rasper kaas oor en bedek met foil.
Bak by 180°C vir 1 uur tot 1 uur 15 minute.
GEBAKTE KOOL
(beproef)
ongeveer ½ kool kop, grof gekerf
1 groterige ui
2 groterige aartappels
ham / viennas / kaas worsies / spek
1 pakkie "Potato Bake" (Bacon and Cheese)
1 houertjie vars room
gerasperde cheddar kaas
Kook kool op in bietjie soutwater tot net bros. Dreineer goed en skep in gesmeerde oondbak
Kerf ui en soteer in botter skep oor kool
Skil aartappels en sny in blokkies kook in mikrogolf tot net-net gaar
Dreineer en braai in botter tot ligbruin skep oor kool en uie
Braai ham, viennas, kaas worsies en spek in botter pan skep oor kool-mengsel
Meng alles liggies met 'n vurk
Meng "Potato Bake" volgens aanwysings en room gooi bo-oor koolmengsel
Rasper kaas bo-oor en bak in oond 180°C vir ongeveer 20 minute tot gestol.
GEBRAAIDE PATATS IN PYNAPPELSOUS
500 gram patats
1 medium pynappel gerasper
2 eetlepels botter
½ koppie bruinsuiker
¼ koppie lemoensap
12 malvalekkers
1. Kook patats in soutwater en trek die skil af.
2. Maak 'n sous van die res van die bestanddele behalwe malvalekkers.
3. Verhit die sous bestanddele net tot kookpunt.
4. Rangskik patat skywe in oondskottel en plaas malva lekkers oor. Giet die sous oor.
5. Bak vir 20 tot 30 minute teen 180°C.
KERRIEPATATS
4 middelslagpatats (ongeveer 1kg)
2 middelslaguie
10 ml olyfolie
10-15 ml masala of kerriepoeier
1 groot groen appel, geskil en gerasper
10 ml appelkooskonfyt
15 ml suurlemoensap
1/4 t sout
250 ml water
10 ml sagte bruinsuiker
1.Skrop die patats en kook in die skil tot sag. ‘n Ander moontlikheid is om die patats ‘n paar keer met n vurk te prik en te mikrogolf tot sag.
2.Skil en kap intussen die uie en braai liggies in die olie tot deurskynend.
3.Voeg die masala of kerriepoeier by en braai vir nog n paar minute om die geure te ontwikkel.
4.Voeg die appel, konfyt, suurlemoensap, sout, water en suiker by. Kook vir n paar minute en sit opsy.
5.Verhit die oond tot 180°C en bespuit n middeslagskottel met kossproei.
6.Skil die gaar, afgekoelde patats en sny in blokkies.
7.Plaas in die liggies gesmeerde oondskottel en skep die kerriemengsel oor die patats. Jy kan ook die twee saam fynmaak.
8.Bak onbedek vir 30-45 minute. Voeg water by indien nodig.
9.Sit as n stysel voor saam met enige hoofmaaltyd.
Dit is die moeite werd om hierdie groot resep te maak, want dit vries baie goed. Maak en bevries in enkelporsies wat in n kits ontvries kan word.
MALVALEKKER PATATS
6 middelslag patats
1 groot pak malvalekkers (die groot pienk en wit soort)
1 pakkie gemmerkoekies
botter of margarien na smaak
5 ml heuning opsioneel
1. Skil patats, sny in skywe en kook tot gaar, dreineer en plaas terug in kastrol.
2. Maak gemmerkoekies fyn, voeg dit saam met botter of margarien by patats en meng.
3. Voeg bietjie heuning by indien verkies, maar nie te veel nie anders is gereg te soet.
4. Skep patatmengsel in oondskottel. Gooi malvalekkers bo-oor en plaas in matige oond tot malvalekkers gesmelt het en effens bruin is. Sit dadelik voor.
PATAT PLESIER
1 lemoen se skil fyn gerasper
1 eetlepel heuning
½ koppie bruinsuiker
¼ koppie brandewyn
½ koppie dadels ontpit en fyn gesny
50 gram botter
1 teelepel sout
4 koppies kookwater
4 groot patats
1 koppie graanvlokkies gekrummel
1. Plaas skoongeskropte, ongeskilde patats, kookwater en sout in ‘n kastrol en kook dit tot sag.
2. Haal die patats uit die water, laat effens afkoel en trek die skille af.
3. Sny die geskilde patats in dik skywe. Smeer ‘n groot oondskottel met van die botter en pak die skywe langs mekaar in die oondskottel.
4. Strooi die dadels en die gerasperde lemoenskil oor die patats.
5. Gooi die brandewyn, heuning en bruinsuiker oor die patats en dan die krummels.
6. Stip die gereg met die res van die botter. Bak ongeveer 20 minute lank by 180°C.
PATAT SKYWE
1 rol blaardeeg
Kook so om en by 4 patats tot sag net met bietjie sout en maak fyn laat dit goed afkoel.
Smeer op die blaardeeg en rol op soos ‘n rolkoek.
Laat goed koud word miskien beter oornag in yskas.
Sny in dik snye en plaas plat in gesmeerde bak.
Strooi ½ koppie sagte bruinsuiker oor en 1 koppie room.
Bak in warm oond van 180°C vir so 45 minute.
PATATS MET GEMMERKOEKIES
1 kg patats
100 ml sagte bruin suiker
50 gram botter
4 piesangs geskil en in skyfies gesny
1 pak 200 gram gemmerkoekies fyn gerol
1. Kook patats in soutwater tot sag, dreineer en trek skille af. Sny patats in skywe.
2. Gooi n bietjie van die suiker en klontjies van die botter op die boom van n bakskottel 24 cm in deursnee met ‘n deksel.
3. Pak nou lae soos volg bo-op mekaar tot alles op is en eindig met ‘n dik laag krummels en klontjies botter: Patats, piesangs, suiker, klontjies botter, gemmer krummels.
4. Sit deksel op en bak sowat 45 minute by 180° C.
5. Sit deksel op en bak sowat 45 minute by 180 C. Lewer 6-8 porsies.
PAMPOENSKYWE - Rina Shorty
(beproef)
125 ml stroop of heuning
80 ml botter
20 ml suurlemoensap
750 gram pampoenskywe met die skil aan
swart peper
kaneelstok of 5 ml fyn gemmer
sout
1. Kook die stroop, sap, botter en kaneel tot dik.
2. Sit die skywe pampoen in. Maak toe en prut vir 15 minute.
3. Draai om en prut nog 15 minute.
4. Haal deksel af en braai nog paar minute.
PAMPOENPOFFERS MET KARAMELSOUS - Martha de Lange
(beproef)
As jy nie lus is om die sous te maak nie, druk suurlemoensap oor die gaar poffertjies uit en besprinkel met kaneelsuiker.
250 ml gaar pampoen, goed fyn gedruk
1 ekstra-groot eier
1 ml sout
30 ml kaneelsuiker
60 ml melk
10 ml bakpoeier
250 ml koekmeel
Olie, vir braai
Sous
250 ml suiker
15 ml botter
80 ml kookwater
180 ml warm melk
80 ml koue water
15-20 ml vlapoeier
1 ml sout
5 ml vanielje- of karamelgeursel
Poffertjies: Meng die pampoenmoes, eier, sout, kaneelsuiker en melk saam. Sif die meel en bakpoeier en roer die pampoenmengsel by. Braai teelepelsvol in vlak olie tot bros en deurgaar. Dreineer op kombuispapier en hou eenkant warm. Sous: Verhit die suiker, botter en kookwater saam oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en prut tot karamelkleurig. Roer die melk by en laat weer opkook. Meng die koue water, vlapoeier en sout tot 'n gladde pasta en voeg by die melkmengsel. Verhit, terwyl geroer word, tot kookpunt. Laat saggies prut tot die sous effens verdik is. Verwyder van die hitte en roer die geursel by. Skep die sous oor die poffertjies en sit voor. Lewer ongeveer 35 poffertjies.
Foto: Martha de Lange
PAMPOENKOEKIES MET LEMOENSOUS – Rina Shorty
(beproef)
4 x 250 ml gaar pampoen
250 ml bruismeel
100 ml suiker
2 eiers
Klits bestandele saam tot slap beslag en bak lepels vol in 250 ml olie. Dreineer.
Stroop
Sap van 2-3 lemoene
125 ml suiker
125 ml rooi muskadel of port
Los suiker en sap op en laat paar min goed borrel.
Gooi wyn by en kook 5 min.
Skep oor koekies.
UIERINGE - Rina Shorty
(beproef)
3 groot uie
190 ml koekmeel
65 ml maizina
½ teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
¼ teelepel koeksoda
rooipeper
85 ml melk
Sny uie in dik ringe.
Laat lê in melk in yskas tot yskoud vir paar uur.
Haal uit en skud in sakkie met meel.
Meng beslag bestanddele.
Doop uiering in beslag en bak in olie tot goudbruin en gaar.
UIERINGE - Rina Shorty
(beproef)
4 uie, in 5 mm ringe gesny
500 ml bruismeel
5 ml sout
250 ml koue water
koekmeel
olie vir diep braai
1. Plaas die uieringe met yswater vir 2 uur in die yskas.
2. Meng die bruismeel en sout en klits die koue water by tot ‘n gladde beslag.
3. Dreineer die uieringe.
4. Gooi ‘n bietjie meel in ‘n platiek sak en skud die uie daarin totdat dit heel temal bedek is.
5. Verhit olie oor matige hitte en doop die uieringe een vir een in die beslag en braai tot bruin.
6. Dreineer op papierhandoek. Strooi nog bietjie sout of geurselsout oor.
Lekker krakerige opgepofde uieringe.
GEKARAMALISEERDE MANGO
1 mango geskil en in lang repe gesny
2 eetlepels versiersuiker
bietjie witwyn
nog ‘n bietjie versiersuiker
kruisement vir garnering
dik room
1. Maak ‘n pan vuurwarm en sit die mangostukke in en strooi versiersuiker oor.
2. Laat braai vir ‘n paar minute totdat die mango karamaliseer.
3. Sit die pan af en gebruik witwyn om die mango uit die pan los te kry.
4. Sit op ‘n bord, sif nog versiersuiker oor en bedien met dik room en garneer met kruisement.
Kan dit vir ontbyt ook bedien met jogurt.
GROENBOONTJIE GEREG
1 kg groenboontjies
250 gram gaar gesnipperde spek
1 blik sampioene
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 pak fyn baconcips
2 gekapte uie, gebraai
3 koppies dik witsous
1. Meng alles behalwe die kaas. Strooi die kaas bo-oor en bak vir 20 minute by 180°C.
OUT OF THIS WORLD STUFFED BUTTERNUT
1 sachet Knorr Roasted Vegetables Veggie Bake
¼ onion, chopped
¼ red pepper, finely diced
1 butternut, halved
250 ml rice or couscous, cooked
¼ yellow pepper, finely diced
2 ml Robertsons Mixed Herbs
125 ml grated Cheddar cheese
1. Preheat oven to 180°C
2. Mix the dry sachet contents with rice (or couscous), onion, peppers and mixed herbs.
3. Spoon the filling into the cavities of the butternut halves.
4. Sprinkle with cheese, wrap lightly in foil and bake for 30 - 40 minutes.
HEERLIKE PAMPOENROLLETJIES
450 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
125 ml margerien
2 eiers geklits
bietjie melk vir aanmaak
500 ml gaar, fyngemaakte pampoen (nie soveel suiker byvoeg soos normaalweg nie)
SOUS
365 ml room
375 ml melk
750 ml suiker
Sif droe bestanddele en vryf margerien in, voeg eiers by en meng met melk tot uitrolbare deeg.
Rol deeg uit tot 'n strook van 60 cm by 20 cm. Smeer pampoen oor deeg.
Rol op (kan nou gevries word tot benodig) Sny in skywe (25- 30 rolletjies)
Pak in gesmeerde oondpan en berei die sous deur bestanddele te meng en te verhit tot suiker gesmeld het.
Giet oor pampoenskywe en bak vir 30-45 min by 180°C. Ek vind dat as ek die skywe eers vir so vyf min bak en dan die sous oorgooi dat die sous meer intrek.
Dit is werklik 'n lekker resep en die wielietjies lyk spoggerig.
HEUNING EN FETA PAMPOENKOEKIES
2 koppies gaar boerpampoen
fetakaas, gekrummel
2 tl fyn kaneel
halwe koppie heuning
2 eiers
1 koppie koekmeel
1 tl bakpoeier
olyfolie vir braai
halwe koppie pekanneute, gekap(opsioneel)
Meng nou die gaar fyngedrukte pampoen, meel, bakpoeier, eiers en pekanneute saam.
Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en skep lepels vol deeg daarin.
Braai aan albei kante tot goudbruin
Dreineer olie en pak die pampoenkoekies in lae en krummell met fetakaas, sprinkel met kaneel na smaak tussen elke laag.
Drup die heuning oor en sit warm voor.
PAMPOENKOEKIES SONDER SOUS
1 koppie gaar fyn pampoen
1 eier
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knip sout
olie vir diep braai
1. Meng als.
2. Bak teelepels vol in taamlike diep en warm olie tot mooi bruin. Kry so 30 poffertjies.
PAMPOENKOEKIES MET KARAMELSOUS - Huisgenoot
250 ml koekmeel, ongesif
25 ml suiker
10 ml bakpoeier
250 ml gaar pampoen, koud
1 eier, geklits
50 ml melk
olie vir diep braai
KARAMELSOUS
250 ml suiker
60 ml botter
250 ml water
250 ml melk
25 ml vlapoeier
Sif die meel, suiker en bakpoeier saam.
Voeg die pampoenmoes, eier en melk by en meng goed.
Skep lepelsvol in matige warm olie en braai tot goudbruin en gaar.
Dreineer op kombuispapier.
Braai die suiker en botter in 'n dikboom kastrol tot goudbruin. Roer dan die water versigtig by en dan die melk. Roer aanhoudend totdat karamel gesmelt het. Maak die vlapoeier aan met bietjie koue water, roer by die sous. Verhit totdat sous verdik.
Gooi sous bo-oor pampoen koekies.
NAGMAALPAMPOEN – Resepte vir die Jongergeslag
1,5 kg geskilde ryp boerpampoen of botterskorsies
6 tot 8 heel kruienaaltjies
kaneel
sout
1 blik (410g) koejawelhelftes
160 g (200ml) sagte bruinsuiker
125 ml goue stroop
50 ml onverdunde lemoenkwas (sweeto)
37,5 ml vlapoeier
125 ml water
Sny die pampoen in dun skywe.
Pak die helfte van die skywe in ‘n taamlike groot oondvaste bak.
Plaas hier en daar van die kruienaaltjies, strooi ‘n bietjie kaneel en sout oor.
Rangskik die koejawels bo-op en dan die res van die pampoenskywe.
Geur dit weer met kruienaaltjies, kaneel en sout.
Strooi die suiker oor en giet dan die gouestroop, lemoenkwas en koejawelstroop oor.
Bak die gereg ongeveer ‘n uur oop in ‘n voorhitte oond by 180°C tot sag.
Maak die vlapoeier met die water aan.
Giet dit oor die pampoen en bak dit nog ‘n rukkie totdat die sous dik is.
Roer die pampoen liggies om. Sit warm voor.
P.S. Moenie deksel posit nie, dit kook oor, ook miktogolf.
PAMPOENROL
1 koppie meel
2 teelepel bakpoeier
knippie sout
125 gram margarien
melk indien nodig
koue fyn gaar pampoen
fyn appelkooskonfyt
STROOP
1½ koppie kook water
1 koppie suiker
2 eetlepels margarien
gemaalde neutmuskaat
1. Sif meel, bakpoeier en sout. Vryf margarien in.
2. Voeg eiers by en meng tot stywe deeg wat maklik sal uitrol. Rol deeg in’n reghoek uit.
3. Smeer appelkooskonfyt en dan pampoen oor deeg. Rol op en plaas in oondbak.
4. Gooi sous oor en bak vir 40 minute by 180°C.
5. Bedien as groente gereg by vleis.
PAMPOENTERT – Yvonne Stopforth
½ koppie suiker
125 gram margarien
3 eiers
1 koppie bruismeel
1 teelepel sout
500 gram gaar pampoen
STROOP
125 gram margarien
½ koppie suiker
1 teelepel vanilla
½ koppie Idealmelk
1. Klits die suiker en margarien tot romerig.
2. Voeg die eiers by en klop goed na elke byvoeging.
3. Voeg die bruismeel, sout en pampoen by en roer tot goed gemeng.
4. Gooi in ‘n ronde pyrex bak en bak by 180°C vir 40 minute.
5. Kook die stroop bestanddele saam vir 2 minute en gooi oor die warm tert as dit uit die oond uit kom.
HEERLIKE SPINASIE GEVULDE UIE
350 gram spinasie gestoom, gedroog en gekap
2 eetlepels vars pietersielie gekap
1 eetlepel olyfolie
1 knoffelhuisie gekneus
450 ml melk
1sakkie knor creamy garlic & herb potato bake
8 medium uie met skil
1 teelepel olyfolie
swart peper na smaak
1. Plaas ongeskilde uie in pan en gooi water oor. Laat oop kook vir 30 minute. Dreineer en laat afkoel. 2. Verwyder wortel en heel buitenste skil. Sny bokant af en hou vir later.
3. Hol nou binneste uit, maar los ten minste twee lekker dik kante. Kap binnestes wat verwyder is op en kou eenkant.
4. Verhit 1 teelepel olie in pan en voeg spinasie, knoffel en pietersielie by en kook vir so 4 minute.
5. Drain en druk ekstra vogtigheid uit. Meng met opgekapte uie binnestes in bak.
6. Om die sous te maak, meng sakkie potato bake en melk oor lae hitte en roer tot verdik.
7. Skep spinasiemengsel in uiedoppe en gooi sous rondom uie in bak.
8. Sit boonste doppe op en bak in voorverhitte oond op 180°C vir 20 minute.
SPINASIE GEBAK – Sue Day
(beproef)
1 ui in ringe gesny
5 ml gekapte chilli (opsioneel)
50 ml olie
2 ml borrie
300 gram 'shredded' spinasie
1 blikkie creamstyle sweetcorn
¾ koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
5 ml sout
¾ koppie mieliemeel
375 ml melk
3 eiers
1. Saute ui en chilli in die olie.
2. Voeg by die borrie.
3. Skep uit in 'n mengbak.
4. Voeg nou die spinasie en die sweetcorn by.
5. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by die spinasie.
6. Voeg die mieliemeel ook by.
7. Klits die eiers en melk saam en gooi by.
8. Bak 45 minute of tot geset by 180°C.
SPINASIE KOEKIES
2 bosse spinasie goed afgespoel en gesnipper harde stukke verwyder
2 uie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn
1 pakkie bacon fyn gekap
1 blik tamatie en ui
1 pakkie sampioen sous
2 eiers
feta kaas
chedder kaas
1. Braai die uie en knoffel en bacon tot sag en die bacon tot bros in olie in die pan.
2. Voeg gekapte spinasie by en sit deksel op sodat die spinasie sag kan stoom.
3. Voeg al die ander bestanddele by behalwe die kaas en die feta.
4. Skep lepelsvol van die spinasie in 'n muffin pan en plaas op elke hopie 'n blokkie feta en 'n blokkie chedder kaas.
5. Sit in 'n vooraf verhitte oond 180°C tot die kaas begin smelt en verkleur.
Kan warm of koud bedien word.
GEMSQUASH VERRASSING – Jana Wege
(beproef)
50 gram margarien
3 groot gems gekook pitte verwyder
400 ml volgraan broodkrummels.
200 ml melk
3 eiers groot
120 ml suiker
sout
10ml bakpoeier
1.Smelt Stork in oondbak.
2. Skep gems se pulp uit.
3. Week broodkrummels in melk.
4.Klits suiker, eiers, sout en bakpoeier saam.
5. Voeg gem pulp en broodkrummels by.
6.Skep mengsel terug in doppe stip met Stork en bak onbedek tot goud bruin en gaar.
Ns ek strooi soms kaas die laaste paar minute oor en bak tot kaas gesmelt is.
SKORSIEMOES
5 skorsies
15 ml botter of margarien
125 ml suiker
5 eetlepels koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
250 ml melk
3 eiers
15 ml kaneelsuiker
Verhit die oond tot 180ºC.
Smeer 'n oondvaste bak.
Halveer die skorsies en skep die pitte uit.
Kook die halwe skorsies tot sag. Dreineer dit. Skep die vleis uit, maak dit fyn en roer die margarien of botter by.
Sif die suiker, koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
Klits die melk en eiers saam en maak die meelmengsel daarmee aan.
Voeg die skorsiemoes by en meng dit goed.
Skep die mengsel in die oondvaste bak en strooi die helfte van die kaneelsuiker oor.
Bak die moes 'n uur lank onbedek.
Strooi die res van die kaneelsuiker oor en sit die gereg voor.
VRUGTE KASSEROL – Jana Wege
(beproef)
Pak ‘n laag perske snippers in ‘n pan.
Strooi lagie naeltjies, gemmer, kaneel en kerrie oor.
Dan ‘n lagie suiker.
Herhaal nou met pynappelstukke en speserye en suiker.
Nou ‘n laag appelkose en speserye.
Neem nou ‘n koppie van die vrugtestroop en meng so 2 eetlepels vlapoeier en bietjie kerrie daarin.
Klits goed.
Gooi oor vrugte en bak in oond 180°C vir 30 minute.
Die gereg kan warm of koud bedien word. Dis ook lekker as dit n dag voor die tyd gemaak word dat die speserye kan meng. Lekker saam met koue vleis.
MIELIEGEREG – Resepte vir die Jongergeslag
2 groot blikke suikermielies
½ koppie suiker (gebruik minder)
½ koppie melk
2 teelepels bakpoeier
2 eetlepels mielieblom (Maizena)
2 eetlepels botter
4 eiers
Meng suiker en margarine saam.
Voeg eiers by en klits goed.
Voeg res van die bestanddele by en laaste die melk. (deeg baie loperig)
Gooi in gesmeerde vuurvaste bak
Bak tot goudbruin by 180º C vir 1 uur.
MURGPAMPOEN EN FETAPOFFERTJIES
750 g murgpampoentjies grof gerasper
1 bossie grasuie, fyn gekap
250 g fetakaas
1 bossie (30 g) vars pietersielie, fyn gekap
1 bossie (30 g) vars kruisement, gekap
5 ml (1 t) paprika
250 ml (1 k) koekmeel
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
3 eiers, geklits
olyfolie vir vlakbraai
vars lemmetjies, inwiggies gesny
Sprei die gerasperde murgpampoentjies op ’n skoon vadoek uit sodat die ekstra vog kan dreineer.
Gooi die sprietuie in ’n mengbak en krummel die fetakaas by.
Roer die pietersielie, kruisement en paprika by.
Voeg die koekmeel by en geur die mengsel met sout en varsgemaalde swartpeper.
Voeg die geklitste eier by en roer deur tot gemeng.
Voegdiemurgpampoentjies by en roer deur.
Verhit ’n dun lagie olie in ‘n braaipan en braai lepelsvol van die beslag tot goudbruin aan albei kante en deurgaar. Sit voor met lemmetjie wiggies.
MURGPAMPOENTJIEGEBAK – Lynette Visser
2 pakkies murgpampoentjies (lang groenetjies) in lengte gehalveer
1 pakkie tamatieroomsop
1 houer (250 ml) room
1. Pak gehalveerde murgpampoentjies in `n glasbak, enkellaag
2. Strooi droë tamatieroomsop bo-oor - dit kan maar lekker dik lê
3. Gooi houertjie room bo-oor alles
4. Bedek met deksel / foelie
5. Bak in oond vir 90 minute teen 140°C.
6. Die pampoentjies moet sag wees as gaar en die room sal dik wees. Dit lyk vreeslik mooi met die groen, rooi en wit kombinasie op die bord.
WARM BABYMARROW EN BUTTERNUT GEREG
Pak gekerfde baby marrows en butternut in blokkies gesny, rou in 'n oondbak.
Meng 1 koppie room met 1 pakkie wituiesoppoeier en ½ koppie melk en giet oor rou groente.
Meng saam met aromat, sout of peper soos verlang.
Bak met deksel of foeilie op vir 20-30 minute tot gaar by 180°C, haal deksel af en bak vir nog 10-15 minute en sprinkel origanum oor.
Moet die deksel net nie te vroeg afhaal nie, dan bak die room weg.
Heerlik saam met braaivleis in plaas van die gewone aartappelgereg.
SAMPIOEN POFFERTJIES
250 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
knippie sout
1 eier geklits
75 ml melk
15 ml botter gesmelt
olie vir diepvetbraai
500 gram knopiesampioene stingels gelyk afgesny
1. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
2. Voeg die eier, melk en botter by en vermeng dit tot 'n gladde beslag.
3. Voeg nog 'n bietjie melk by as dit te styf is. Moenie te veel by voeg nie, aan gesien die poffertjies dan nie vorm sal behou nie.
4. Vee sampioene af met kombuispapier. Doop die sampioene in die beslag sodat dit heeltemal bedek is.
5. Braai dit in warm olie totdat die poffertjies liggies uitgepof en goudbruin is.
6. Dreineer dit op kombuispapier. Plaas die sampioenpoffertjies op 'n opdienbord rondom 'n bakkie tartaresous.
SAMPIOENE MET KNOFFEL - Uit Liplekker Resepte
15 groot swart sampioene
75 g botter
15 ml kookolie
2 knoffelhuisies, gekap
100 ml gekapte pietersielie
15 ml suurlemoensap
5 ml sout
2 ml varsgemaalde swartpeper
1. Breek die stammetjies versigtig af en vee die sampioen doppies skoon met papierhanddoek.
2. Plaas met die hol kant na bo in 'n vuurvaste oondskottel.
3. Verhit botter en kookolie en voeg die res van die bestanddele by.
4. Giet die mengsel oor die sampioene.
5. Bak 12 - 15 minute in die oond by 180 °C.
6. Sit voor as 'n voorgereg saam met tuisgebakte volgraanbrood of bedien as 'n bykos.
VEELDOELIGE WARM SAMPIOEN GEREG
Hierdie is een van daardie resepte wat mens moet hê. Die gereg kan of as ‘n warm slaai of as ‘n bykos by ‘n braai of as ‘n pastasous gebruik word. Vir variasie kan ‘n blik pynappelstukke in plaas van sultanas gebruik word. As die sous vir ‘n pastasous gebruik word kan gebraaide ontbytspek en ekstra room bygevoeg word. As die gereg by ‘n braai geniet gaan word kan ‘n swartpot gebruik word en sommer eenkant op die vuur gaargemaak word.
Sny 500g vars knopiesampioene in kwarte en plaas in swartpot of oondbak.
Voeg 125g sultanas by en meng.
Meng nou
40g sagte margarien
50ml koekmeelblom
1 fyngekapte ui
halwe gekapte soetrissie
5ml droeë pietersielie
2ml rooipeper
5ml suurlemoenpeper
5ml aangemaakte mosterd saam.
Smeer die mengsel oor jou Sampioene.
Giet 250ml room bo-oor.
Bak in oond by 180ºC vir ± 30 minute of prut op vuur vir 20 minute. Roer so af en toe.
LET WEL: Omdat die sampioene water trek kan die gereg soms baie loperig wees. Maak die sous dik met bietjie Mielieblom
SPUR UIERINGE - Martie Moolman
(beproef)
Sny ui in dun ringe en week so tien minute in yswater, dreineer.
Gooi bruismeel en sout en peper in plastiek sakkie, gooi uieringe daarin.
Skud die sakkie tot ui met mengsel bedek is.
Diepbraai.
UIEFRITTERS - Retha
3 groot uie
25 g botter
100 g meelblom
1 groot eier
125 ml melk
knippie sout
olie vir diepbraai
Skil en kap uie in groterige stukke.
Smelt botter in groot pan en braai uie liggies tot net sag maar nie bruin nie.
Sif meel en sout saam, voeg eier en melk by en klits goed deur.
Voeg uie by mengsel, skep lepelsvol in warm olie.
Braai omtrent 3 minute aan elke kant tot goudbruin.
Dreineer op handdoekpapier.
Bedien dadelik.
MY WOOLLIES GROENTE - Ingrid Dreyer
(Beproef)
Stoom butternut in mikrogolf tot gaar.
Braai spinasie in pot om water uit te kry.
Smeer bakkie Simonsberg roomkaas onder in 'n bak. Dit moet Simonsberg wees, ander werk nie so lekker soos Simonsberg nie.
Sit nou butternut, spinasie en uie in ringe gesny bo op die roomkaas.
Sit heel bo op baie feta kaas.
Sout en pepper na smaak en 'n takkie roosmaryn vir geur.
Bak by 180°C vir 10 na 15 minute sodat die groente en roomkaas bietjie kan gesels.
(Beproef)
Stoom butternut in mikrogolf tot gaar.
Braai spinasie in pot om water uit te kry.
Smeer bakkie Simonsberg roomkaas onder in 'n bak. Dit moet Simonsberg wees, ander werk nie so lekker soos Simonsberg nie.
Sit nou butternut, spinasie en uie in ringe gesny bo op die roomkaas.
Sit heel bo op baie feta kaas.
Sout en pepper na smaak en 'n takkie roosmaryn vir geur.
Bak by 180°C vir 10 na 15 minute sodat die groente en roomkaas bietjie kan gesels.