1½ koppie Asyn 1½ koppie Olie 5 eetlepels Worcestersous 10 ml Veri Peri Sous of 1½ eetlepel Tabasco 2 eetlepels gerasperde Ui 5 eetlepels Tamatie sous 1 teelepel Peri-Peri (los uit vir matige hoender) ½ teelepel Mosterdpoeier 7 teelepels Sout (dit moet so baie wees) 2 eiergele
Meng alles en marineer hoender oornag. Verf dit oor hoender terwyl braai.
Kook hoender sag, ontbeen en sny in stukkies. Kook broccoli 5 minute in hoenderaftreksel en dreineer. Pak rys, hoender en broccoli in lae. Gooi mengsel van mayonaise, kerrie, sop en suurlemoensap oor. Meng broodkrummels en kaas en gooi oor mengsel. Stip met botter bo-op. Bak by 150º vir ± 45 minute en tot kaas goed gesmelt is.
COQ AU VIN - Rina Shorty
1.5 kg hoenderstukke meel 40 ml botter 2 knoffelhuisies 4 repe bacon 10 piekel uie 1 pak sampioene 3 eetl brandewyn 250 ml rooiwyn 250 ml hoenderaftreksel Gekapte pietersielie 1 teal vars tiemie 1 lourierblaar 30 ml tamatiepasta Gooi meel in n sakkie en skud die hoenderstukke daarin. Braai bruin in die botter. Gooi botter af sodat net een eetlepel oorbly en braai uie bietjie bruin en voeg bacon, knoffel en sampioene by. Voeg hoenderstukke by met brandewyn, wyn, aftreksel , kruie en tamatiepasta. Stowe hoender tot sag, skep uit en laat sous bietjie dikker kook. Skep oor hoenderstukke.
HOENDER MET APPELKOSE - Jana Wege
2 gekapte uie 2 eetl olie 750 ml hoenderaftreksel 1,5 kg hoenderporsies 1 blik appelkoos helftes 1 lourierblaar 3 eetl meel 1 t sout en peper 1 groenrissie 3 tamaties geskil en kwarte gesny eetl pietersielie ½ t borrie 1½ k rys
Gooi rys in bak met deksel. Braai uie en haal uit. Rol hoender in meel, sout en peper en braai bruin en pak op rys. Gooi res (ook sous van blikkie) oor rys. Sit deksel op. Bak 2 ure op 160ºC . Haal deksel af laaste 15 minute. Gooi appelkosies oor. Hou vloeistof dop as dit klaar raak en hoender nog nie sag nie, vul aan met bietjie water.
*Die appelkose maak die hoender so lekker ek gebruik sommer 2 blikkies.
HOENDERPOTJIE- Corna Norval 1,5kg hoender – in stukke gesny 30ml kookolie 2-3 uie, in skywe gesny 300g knopiesampioene 300g jong geelwortels in stukkies gesny 300g jong groenboontjies 12 ongeskillde jong aartappeltjies 125ml blatjang 125ml warm hoenderaftreksel 60ml room 60ml mayonnaise 1 pakkie (45g) bruin uiesop Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 250ml cheddarkaas, gerasper
Braai hoender bruin in verhitte kookolie in ‘n driebeenpot of swaarboomkastrol. Voeg uie en sampioene by en braai. Plaas geelwortels en groenboontjies bo-op. Meng die res van die bestanddele, behalwe die kaas, en giet bo-oor. Plaas die deksel op en prut 1-2 ure oor koel kole tot sag. Strooi kaas voor opdiening oor. HOENDER-RATATOUILLE - Rina Shorty
45 ml olyfolie 4 hoenderborsfilette in 2.5 cm stukke. 2 murgpampoentjies, in dun ringetjies gesny 1 eiervrug, in blokkies gesny 1 groot ui, dun gesny 1 groot groen rissie, ontpit en gesny 150g sampioene, gesny 2x410 g blikkie tamatie, gekap 3 knoffelhuisies fyn gekap 10 ml groente aftreksel poeier 5 ml gedroogde basilie 5 ml gedroogde pietersielie 2 ml vars gemaalde swart peper
Verhit die olie in groot pan, voeg die hoender by en sorteer vir twee min. Voeg die murgpampoentjies, eiervrug, ui, groenrissie en sampioene by. Braai vir 15 min, of tot sag, terwyl geroer word. Voeg die tamaties by en roer die res van die bestandele by en prut vir 5 min tot hoender sag is.
HOENDERSLAAI - Rina Shorty
500g hoender in blokkies 120g ingemaakte gevlokte tuna of kaas blokkies 4 stingels seldery grof gekap 1/2 rooi peper in repies 1 kropslaai in repe gekerf 125 ml mayonnaise 12,5 ml suurlemoensap 10 ml olie 1 huisie fyn knoffel 1/2 ml suurlemoenskil
KOUE KERRIE HOENDER - Leonie Scott (beproef)
8 hoenderdye 5 ml sout 2 groot uie in ringe gensy 25 ml kookolie 15 ml matige kerriepoeier 15 ml asyn 25 ml fyn appelkooskonfyt (ek gooi partykeer bietjie meer by) 250 ml mayonaise
1. Kook hoender in soutwater tot sag (ek gooi bietjie chili aromat by) en laat goed afkoel. 2. Braai uie in pan tot sag (nie bruin), voeg kerriepoeier en asyn by en braai effens. 3. Voeg konfyt by en laat vir 5 minute prut. Haal van stoof af en laat goed afkoel. 4. Roer mayonaise by en meng goed. Sit dye in bak en bedek met kerrie mayonaise. 5. Laat afkoel in yskas. Handvol sultanas kan ook bygevoeg word.