HOENDERLEWER MET BYT - Peterjasies
500g hoenderlewertjies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 knoffelhuisies, gekneus
1 ui, gekap
5 ml borrie
90ml botter
12.5ml kerriepoeier of garam masala
1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap
410g ( 1blik) tamaties, gekap
1 brandrissie, ontpit en fyngekap
200g bevrore of vars jong ertjies
vars koljanderblare(dhania) gesnipper
Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in ‘n braaipan sodat dit nog pienk binne is, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant.
Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en rissie by.
Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper en ‘n bietjie suiker indien verkies. Sodra sous begin prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by en laat prut tot deurwarm. Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare.
LEWERKOEKIES - Rina Shorty
(beproef)
1 sny dik ou witbrood.
350 ml water
400 gram skaaplewer
1 groot ui
1 groot aartappel geskil
2 eiers
25 ml kookolie
7 ml sout
peper
gemaalde neut
50 gram meel
100 ml olie.
4 takkies piertersielie fyn
Doop die brood in koue water en druk dadelik soveel as moontlik uit.
Maal lewer, ui, aartappel en brood saam.
Voeg eiers, 25 ml olie , sout en peper, neut en meng deeglik.
Voeg laaste die meel en pietersielie by.
Skep lepelsvol in warm vlak olie en bak aan weerskante tot mooi bruin.
LEWER IN NETVET (SKILPAD) - Peterjasies
netvet
skaaplewer
1 ui
1 sny brood
kruinaeltjies
neutmuskaat
sout,peper
Laat lê die netvet in sterk warm water voor jy die lewer daarin sit, anders kraak dit. Vir elke 1 skaaplewer benodig mens omtrent 1½ netvet as jy dit in klein porsies gaan oprol om oor die kole te braai. Maal die lewer met die ui, 'n sny brood, speserye, sout en peper. Sny die netvet in 6 cm stukkies. Skep dessertlepelsvol van die gegeurde lewer daarop . Vou die netvet toe om die lewer. Meeste van die vet braai weg en net die lekkerte bly oor. Braai oor 'n stadige vuur of in 'n swaarboompot.
LEWERBROODJIE - Martie Moolman
(beproef)
Sowat 1kg wildslewer vlies en are verwyder en in blokkies gesny
1 middelslag ui geskil en gerasper
30 g botter
halwe witbrood, korsies afgesny en fyn gekrummel
250 ml room
400 g swoerdlose of ongerookte spekvleis in blokkies
4 eiers
sout en peper
3 ml vleis speserymengsel
3 eierwitte
300 ml room
Sit lewer in voedselverwerker, sorteer ui in botter tot deurskynend en laat afkoel.
Voeg saam met die krummels, room, varklies, eiers, sout en peper en speserye by die lewer, verpulp tot 'n gladde mengsel.
Voeg die ongeklitste eierwitte geleidelik by en meng goed.
Skep die mengsel in 'n vlekvrye staalbak, bedek en plaas in 'n groter bak met water en ys in die yskas. Verkoel 30 minue. Plaas mengsel terug in ba van voedselverwerker.
Skakel masjien aan en voeg room in'n dun straaltjie by. Proe en geu.
Vryf mengsel deur 'n sif om taai vesels terug te hou.
Plaas mengsel terug in yskas en verkoel vir 1 uur.
Voorverhit oond 160°C.
Skep mengsel in goedgesmeerde broodpan.
Bedek met foelie en plaas in bain-marie met kookwater.
Bak 50 minute of totdat dit van die kante loskom. Laat vir 10 min staan en keer onmiddelik uit.
Laat koud word en sny in skywe, sit voor met melba-roosterbrood en groen slaai.
Dit klink na baie werk maar as jy gaste wil beindruk probeer dit gerus!!!
LEWER IN NETVET - Rina Shorty
(beproef)
1 skaaplewer
1 ui fyn gekap
1 eetl asyn
1-2 eiers, geklits
1 eetl meel
sout en peper
fyn gekapte pietersielie
1 eetl worcestersous
5 ml mostertpoeier
netvet
Maal die lewer en voeg die res van die bestanddele by.
Lê die netvet in n bak waarin dit gebak gaan word, skep die lewermengsel in.
Bring die rante van netvet bymekaar en werk vas.
Bak tot bruin en gaar by 180°C.
ANDERSE PAP EN WORS - Peterjasies
600g boerewors
625ml water
200ml gerasperde Cheddarkaas
25ml rissie-en-knoffelsous
250ml mieliemeel
sout en peper na smaak
410g tamatie-en-uiesmoor
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende
middel. Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar.
Verwyder en hou eenkant. Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water
in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik.
Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n
bietjie kaas by. Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in
spiraalvorm, bo-op. Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous.
Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank. Skep daarvan oor die wors
en strooi die orige kaas oor. Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die
orige sous.
BOEREWORSPASTEI - Peterjasies
(Bedien ses)
500 g boerewors (oorskiet van braai werk goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas
Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met 'n klont botter en 'n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in 'n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.
BOEREWORS-FRIKKADELLE MET TAMATIESOUS - Sarie
Meer Suid-Afrikaans as boerewors kan dit nie! En dit maak die lekkerste klein frikkadelle, vinnig en maklik.
(6 porsies)
1 kg boerewors
30 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 180 ºC. Druk die vleis uit die wors en vorm klein frikkadelle. Gooi ’n klein bietjie olyfolie in ’n oondbak en plaas die frikkadelle in die bak. Bak in die oond vir sowat 30 minute. Maak die tamatie-sous terwyl die frikkadelle in die oond is: Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg die tamaties by en geur met sout en swartpeper. Kook vir sowat 40 minute en gooi dan die sous oor die gaar frikkadelle. Bedien warm of by kamertemperatuur
WORSGEBAK - Vrouekeur
WORS
2 Uie Gekap
Bietjie olie
1 Kg Boerewors
1 Pakkie Bruinuiesoppoeier
1 ½ Koppie Water
4 Wortels In blokkies gesny
1 Koppie Bevrore ertjies
½ Teel Gedroogde tiemie
¾ Koppie Ingedampte melk
KORS
2 Eiers
1 Koppie Bulgaarse jogurt
2 Eetl Olie
1 Koppie Koekmeel
2 Teel Bakpoeier
1 Teel Sout
1 Koppie Cheddarkaas, gerasper
Stel oond op 180C.
WORS
Soteer uie in bietjie olie tot sag. Skep uit. Braai wors tot
gaar en sny in stukkies. Skep wors en uie in gesmeerde oondbak en hou eenkant.
Meng water en soppoeier in gebruikte kastrol en voeg wortel by. Prut vir 15 minute
saam. Voeg ertjies, tiemie en ingedampte melk by en laat nog 5 minute prut. Giet
sous oor wors en uie in bak.
KORS
Klits eiers, jogurt en olie saam. Sif koekmeel,
bakpoeier en sout saam en roer by eiermengsel. Skep deeg oor worsmengsel.
Sprinkel kaas oor en bak vir 30 minute of tot goudbruin.
- WORSJUWEEL - Tienie Oosthuizen
- (beproef)
500g rou wors in stukkies gesny
1 blikkie appelkooshelftes met sous
1 ui
1 greenpepper
1 kp rou rys
2 tlp olie
2 tlp kerrie
2 kp kookwater
2etlps chutney
sout en peper
Verhit oond tot 180C. Sny ui en greenpepper en braai in olie tot sag. Voeg kerrie by en braai liggies (pasop vir brand). Voeg water, chutney, sout en peper by kook liggies vir 2 minute. Plaas wors stukkies in bak met deksel, gooi rys oor. Skep uiemengsel oor en laaste die blikkie appelkooshelftes met sous. Maak dig toe en bak 1 1/2 tot 2 ure. Roer liggies deur en bedien.
- WORS EN AARTAPPEL POTJIE - Petro van der Westhuizen
(beproef) - 1kg boerewors
1kg aartappels
2 middelslag tamaties
1 groot ui
500ml bief of groente aftreksel
12,5ml aromat
Sny die wors in porsies en plaas onder in 'n platboom ysterpot
Skil die aartappels, sny dit in blokkies en plaas dit oor die wors.
Sny die tamaties in stukkies en versprei dit oor die aartappels
skil die ui, kap dit grof en versprei oor die tamatie
Meng die aftreksel en aromat en giet dit bo oor
Sit die deksel op
Verhit die mengsel tot kookpunt en prut ongeveer 'n uur lank totdat die grotnte sag is en die sous dik is.
- WORS EN AARTAPPEL GEREG - Anna Hattingh
(beproef)
Baie, baie lekker en ook baie vinnig met min moeite.
Jy kan net 'n lekker slaai daarby gee en dis tops.
4 - 6 aartappels - geskil en in blokkies gesny
500 g wors - van jou keuse in 3 cm stukke gesny
1 pakkie oxtail of mushroom soppoeier
2 - 3 eetlepels botter
Meng alles bymekaar.
Gooi in oondbak.
Sit deksel op en bak so 45 - 60 minute of tot gaar in die oond.
WORSIE-EN-KAASGEBAK
450ml gesnyde macaroni
50ml botter of margarien
1 klein ui, fyn gekap
- 1 groen soetrissie, fyn gekap
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
- 575ml koue melk
250ml gerasperde Cheddarkaas
- 1ml vars gemaalde swartpeper
50ml droe broodkrummels
- 3 gaar beesworsies
10ml aangemaakte mosterd
- 37.5ml Parmesaan kaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180C. Kook die macaroni gewoonweg tot gaar en dreineer dit. Spoel dit met warm water af en hou dit warm. Verhit die botter of margarien in ?n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie ongeveer 5 minute lank daarin totdat dit sag is. Roer die soppoeier vinnig by. Roer die melk geleidelik by en verhit dit tot kookpunt. Laat dit 10-15 minute lank prut totdat die sous dik is. Roer dit voortdurend. Roer die Cheddarkaas en die peper by en verhit dit totdat die kaas gesmelt het. Roer die macaroni by die sous en skep dit uit in ?n gesmeerde oondskottel. Strooi die broodkrummels bo-oor en bak dit 20-25 minute op die middelste oondrak. Voorverhit die roosterelement van die oond sodra die macaroni kaasgebak uit die oond gehaal word. Halveer die gaar worsies in die helfte sodat daar 6 helftes is. Smeer die worsies met die mosterd. Rangskik die gaar worsies soos die speke van ?n wiel op die macaroni kaasgebak. Strooi die Parmesaankaas bo-oor en verhit die gereg in die voorverhitte oond totdat die kaas gesmelt het. Garneer die gereg met geroosterde tamatieskywe.
- SOET-EN-SUUR-WORSIEGEREG - Vrouekeur
500 G Worsies van jou keuse, in dik skywe
1 Rooi Soetrissie, in blokkies gesny
½ Blik Pynappelstukke, gedreineer. Maar behou sap
SOUS
2 Eetl Sojasous
4 Eetl Tamatiesous
2 Eet Heuning
2 Eetl Worcestersous
2 Eetl Blatjang
½ Teel Aangemaakte mosterd
4 Eetl Van behoue pynappelsap
Stel oond op 180C.
Smeer oondbak en plaas worsies, soetrissie en pynappelstukke
daarin.
SOUS
Meng sousbestanddele saam en giet oor worsies. Bak vir 25 minute
of tot worsies deurgaar is. Roer na helfte van baktyd deur sodat worsies met sous
bedek is. Bak bedek vir die eerste helfte van die baktyd. Sit saam met rys en
groente voor.
WORSIE OP ‘N STOKKIE - Rina Shorty
- (beproef)
1 groot pak weense worsies
Beslag
500 ml koekmeel of bruismeel ( los BP dan uit)
15 ml Bakpoeier
2 ml sout
2 ekstra groot eiers
60 ml suiker
30 ml olie
250 ml melk
125 ml water
olie vir diep braai.
Sny worsies in derdes en druk stewig vas op die punt van sosatiestokkies.
Sif meel, BP en sout saam. Klits eiers en suiker saam tot lig en klits olie by. Meng melk en water by. Voeg by droe best en klits tot glad.
Laat staan 30 min.
Verhit olie in kastrol, doop worsies en lat beslag bietjie afdrup.
Braai tot goudbruin en uitgepof.
Sit voor met doopsous van mayonnaise, blatjang en tamatiesous of mosterd.
50-60 happies.