CANNELLONI - Rina Shorty
(beproef)
12 cannellonipype of 12 velle tuis gemaakte velle of 12 pannekoeke
Vulsel
1 klein ui fyn
50 ml olyf olie
1 seldery stingel skyfies
1 wortel in dun skyfies
2 vet huisies knoffel
10 ml sout
12 takkies pietersielie fyn gekap
125g sampioene fyn gekap
125 g ham fyn gekap
250 g bees maalvleis
250 g gemaalde hoenderbors of uit gedrukte varkworsies
250 ml rooiwyn
37,5 ml tamatiepasta
250 ml beesvleis aftreksel
Gebruik n groot pan en braai ui in olie tot sag. Voeg seldery,wortel, knoffel,pietersielie, sampioene en ham by. Prut 5 min Skep uit en laat koud word. Verpulp.
Skep maalvleis, hoender, wyn, tamatiepasta en aftreksel in pan waarin ui gebraai is, en kook oor matige hitte tot vloeistof alles verdamp het. Roer verpulpte mengselmengsel by, proe en geur met sout en peper. Laat af koel en vul cannelloni hiermee.
SOUS
50 ml botter
65 ml (1/4 k) meel
625 ml melk
sout, peper rooipeper, gerasperde neut na smaak
knypie fyn naeltjies
65 ml fyn parmesaankaas.
Smelt die botter in kastrol, roer meel by en kook 2-3 min. Verwyder van hitte en roer melk geleidelik by. Klop goed met draad klopper en maak seker dat daar geen klonte is nie. Plaas terug oor hitte en verhit tot kookpunt terwyl aanhoedend geroer word. geur met soutm peper, rooipeper, neut en naeltjies.
Smeer 6 cannellonibakkies liggies met botter en skep n lepel sous in elke bakkie. Plaas 2 gevulde cannellonis in elke bakkie. Verdeel res van sous tussen bakkies en skep oor cannelloni. Strooi kaas oor en bak 25 min. Indien pannekoek gebruik word, word gereg net vir ongeveer 15 min. in oond warm gemaak.
KERRIE SPAGHETTI - Corna Norval
(beproef)
500g spagetti
250ml tamatiesous
125ml olie
125ml wit druiweasyn
200ml suiker
25ml kerriepoeier
1 groen soetrissie,repies
1 ui fyngekap
Kook spagetti in soutwater. Dreineer goed. Braai ui tot sag,voeg kerrie by
en braai effens. Voeg res van best by ui en bring tot kookpunt. Giet oor
spaghetti&meng liggies. Bedek en laat staan sodat sous in spagetti kan
trek. Verkieslik oornag in yskas.
- ESTELLE SE LASAGNE - Estelle Victor
(beproef) - Braai die volgende in ongeveer 25ml olie
1 x ui fyn gesny
1 x pakkie bacon, fyn gesny
2 x knoffelhuisies, fyn gesny
Wanneer gaar voeg 600g maalvleis by en braai tot bruin
Voeg die volgende by:
1 x 410g blikkie heel tamaties
1 x groot wortel, gerasper
25ml tamatiepasta
2 x seldery stingels, fyn gesny
250ml witwyn
1 x hoenderekstrak blokkie opgelos in 250ml water
1t oreganum
1t basil
Sout en peper na smaak.
Laat prut stadig vir 90min, roer aan en wan en voeg nog water by indien te dik raak.
Skakel plaat af en laat staan vir 30min op warm plaat.
Verder maak jy maar jou kaassous soos gewoonlik en pak jou lasagne. Ekself hou nie van seldery nie, maar omdat dit so lank kook, kook dit weg en oordonder glad nie die smaak nie.
LASAGNE – Jana Wege
1 1/2 kg maalvleis
2 uie gekap
125 gram spek gesnipper
Braai bruin in 15ml margarien of olie.
VOEG NOU BY
10 ml Origanum
10 ml knoffelvlokkies
1 vol teelepel sout
1 blik tamatiepuree
250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos
goeie skeutjie Old Brown sjerrie
Kook alles saam tot lekker dik en souserig.
As die sous te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis.
Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie.
Jou vleis kan dan meer souserig wees die velle sal vog absorbeer.
KAASSOUS
100 gram margarien
100ml meel
sout na smaak
850 ml melk
voeg 1 1/2 koppie gerasperde kaas by
Die hoeveelheid is genoeg vir oondpan. Gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste.
Pak nou ‘n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor.
Herhaal nog ‘n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor.
Bak 30 minute by 180°C tot reg deur warm.
Bedien met slaai en lekker vars rolletjies.
As jy dit gaan vries moenie die laag kaas oor strooi nie. Doen dit net voor jy dit bak.
Ontdooi maar liewer in yskas dis veiliger.
GHOEBIE GHOEBOES - Martha De Lange
(beproef)
500 g pak noedels van jou keuse
1 ui fyn gekap
500 g maalvleis
250 g ontbytspek in blokkies gesny
420 g blik suikermielies
1 pakkie tamatieroomsop gemeng met 200 ml water OF 1 blik tamatiesop
gerasperde cheddar vir bo-oor
Voorverhit oond tot 200C.
Kook noedels tot sag en skep in groot bak.
Braai ui goudbruin.
Voeg maalvleis en spek by en braai tot gaar.
Voeg mielies en sop by en kook mengsel vir ongeveer 5 minute oor medium hitte.
Roer deeglik.
Meng met noedels in bak, strooi kaas oor en bak tot kaas gesmelt het en goudbruin is.
- LUUKSE MACARONI EN KAAS - Herman Lensing
160 g macaroni
30 ml botter
30 ml koekmeel
250 ml melk
50 g cheddar kaas - gerasper (125 ml)
1 eiergeel
125 g chorizo wors - in skywe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper - na smaak
80 ml parmesaan kaas - gerasper
100 g broodkrummels
Verhit oond tot 180 º C.
Kook pasta in 'n pot volgens aanwysings op pak.
Maak solank die sous:
Smelt botter in 'n medium pot en gooi koekmeel by.
Roer met 'n draadklitser totdat koekmeel deur botter geabsorbeer is.
Gooi melk in een slag by en klits totdat al die koekmeel versprei is in die melk.
Hou aan met klits oor lae hitte totdat witsous dik en gaar is - so 5 - 10 minute.
Verwyder van hitte en gooi cheddar kaas en eiergeel by.
Roer totdat kaas smelt.
Voeg chorizo wors by.
Dreineer pasta en meng sous deur.
Geur met sout en swartpeper.
Gooi in 'n oondvaste bak.
Strooi parmesaan kaas en broodkrummels oor.
Bak vir 20 minute of tot goudbruin.
Sit warm voor.- 1 medium eiervrug, in skyfies gesny
60 ml olyfolie growwe sout
225 g macaroni elmbogies (volgraan)
350 g beesmaalvleis
250 g knopie sampioene
1 blik uie- en tamatiesmoor
5 ml oreganum
2,5 ml tot 5 ml suiker
5 ml soet basielkruid sout en peper
125 g Feta kaas
50 ml volgraan broodkrummels
50 g Parmesaanse kaas
Sprinkel eiervrug met growwe sout, los om te dreineer in 'n sif. Spoel goed af en druk droog met papiervadoek.
Kook intussen die macaroni in soutwater vir twaalf minute of soos aangedui op pakkie. Dreineer goed.
Verhit olie in pan en soteer eiervrug skywe, 'n paar op 'n slag vir vyf minute. Verwyder uit pan en hou warm.
Soteer vleis tot goudbruin en gaar, voeg tamatie- en uiesmoor en bietjie suiker na smaak by. Voeg kruie by en roer deur. Geur met sout en peper en prut vir tien tot vyftien minute.
Smeer 'n pasteibak en vorm lae van macaroni, eiervrug, vleismengsel, Feta kaas en sampioen. Eindig met eiervrug skywe. Meng broodkrummels en Parmesaanse kaas en sprinkel bo- op.
Bak 45 minute by 180C. Bedien met 'n vars groen slaai en knoffel.
MACARONI MET EIERVRUG & FETA
1 medium eiervrug, in skyfies gesny
60 ml olyfolie growwe sout
225 g macaroni elmbogies (volgraan)
350 g beesmaalvleis
250 g knopie sampioene
1 blik uie- en tamatiesmoor
5 ml oreganum
2,5 ml tot 5 ml suiker
5 ml soet basielkruid sout en peper
125 g Feta kaas
50 ml volgraan broodkrummels
50 g Parmesaanse kaas
Sprinkel eiervrug met growwe sout, los om te dreineer in 'n sif. Spoel goed af en druk droog met papiervadoek.
Kook intussen die macaroni in soutwater vir twaalf minute of soos aangedui op pakkie. Dreineer goed.
Verhit olie in pan en soteer eiervrug skywe, 'n paar op 'n slag vir vyf minute. Verwyder uit pan en hou warm.
Soteer vleis tot goudbruin en gaar, voeg tamatie- en uiesmoor en bietjie suiker na smaak by. Voeg kruie by en roer deur. Geur met sout en peper en prut vir tien tot vyftien minute.
Smeer 'n pasteibak en vorm lae van macaroni, eiervrug, vleismengsel, Feta kaas en sampioen. Eindig met eiervrug skywe. Meng broodkrummels en Parmesaanse kaas en sprinkel bo- op.
Bak 45 minute by 180C. Bedien met 'n vars groen slaai en knoffel.
- MARTHA SE PASTA & MAALVLEIS GEBAK - Martha De Lange
Genoeg vir 12 mense
500 g pasta (macaroni of penne)
125 g spekvleis, gesnipper
500 g maer beesmaalvleis
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groen soetrissie, gekap
'n halwe pakkie bruin uiesop
1 blik (410 g) gekapte tamaties
500 ml beesvleisaftreksel
125 ml blatjang
Sout, peper en suiker na smaak
375 ml gerasperde kaas
375 ml vars broodkrummels
60 ml gesmelte botter
45 ml vars pietersielie, gekap
Braai die spekvleis in 'n swaarboompot tot gaar.
Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
Braai die uie, knoffel en soetrissie in 'n pan tot sag.
Voeg by die maalvleismengsel en sprinkel die uiesop oor.
Roer deur, voeg die tamaties, aftreksel en blatjang by en laat deurkook.
Geur met sout, peper en suiker en laat prut tot geurig (die vleis moet nog lekker souserig wees).
Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak tot gaar, maar steeds ferm.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die pasta liggies met die vleismengsel en skep in 'n groot oondbak.
Meng die kaas en broodkrummels met die pietersielie sprinkel bo-oor.
Bak vir 30 — 40 minute tot goudbruin.
Sit warm voor met slaai.
RINA SE KOSHUIS MACARONI - Rina Shorty
Ek maak die resep dubbeld aan en voeg partykeer mosterdpoeier en bacon by maar net so is heerlik.
½ pak macaroni
2 koppies melk
2 Jumbo eiers
1 koppie kaas
sout en peper
Kook die macaroni in ½ teelepel sout en water tot net sag.
Dreineer.
Klits eiers, voeg melk en geurmiddels by.
Meng macaroni, kaas en eiermengsel.
Skep in gesmeerde bak.
Pak gesnyde tamatieskywe op, strooi nog kaas oor, dot met botterklontjies.
Bak in matige oond 180 C tot gestol.
*WENK
Dit hang af hoe groot bak jy gebruik, die macaroni stukkies moet bedek wees met die melk-eiermengsel anders steek daar punte uit wat hard bak.
Ek sit skyfies tamatie oor en strooi nog kaas oor en bak dit tot dit stol.
Nog geen probleme gehad nie.
Moet sê ek gebruik Jumbo eiers.
So as iemand dalk klein eiertjies het gebruik liewer 4.
- MIDDAGETE PASTASLAAI
500g skroefnoedels, gaar gekook
5 hardgekookte eiers
10ml olyfolie
5 stele seldery, gekap
2 komkommers in blokkies gesny
250ml blokkies Tussers kaas
handvol grasuie, gekap
SLAAISOUS:
375ml mayonnaise
12.5ml mosterd
2 fyngedrukte knoffelhuisies
45ml vars suurlemoensap
sout en peper
Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Dop die eiers af en sny in skyfies. Meng liggies met die res van slaai bestanddele en giet die slaaisous oor. Sprinkel die grasuie oor. Lewer 10 porsies.
ALFREDO
300 gram lintnoedels
1 ui gekap
1 knoffiehuisie gekneus
25 ml kookolie
15 snye ham in blokkies gesny
1 x 285 gram blik sampioene gedreineer
1 x 47.5 gram pakkie Duitse wildesampioenesous
300 ml melk
1 x 250ml room of suurroom
sout
swartpeper
1 eetlepel suurlemoensap
1 teelepel pietersielie
parmasaankaas
1. Kook lintnoedels volgens aanwysings op pak.
2. Braai ui en knoffel in warm olie.
3. Voeg ham by en braai liggies.
4. Roer sampioene by.
5. Maak die sampioensous aan met melk en vloeistof van blik sampioene.
6. Voeg by uie en ham.
7. Verhit tot kook en laat so 3 minute prut.
8. Roer room en geurmiddels by.
9. Verhit tot deurwarm sonder om te kook.
10.Strooi pietersielie oor en sit voor met parmesaankaas.
BLOUKAASPASTA
Braai gekapte ui en 1 pakkie gesnipperde spek tot gaar. Kook 250 gram Penne pasta tot gaar. Gooi 250 ml room en breek 125 g bloukaas op oor gaar uie en spek en roer deur tot bloukaas gesmelt is. Gooi oor penne pasta en geniet.
HEERLIKE PASTA EN MAALVLEIS GEREG
Braai 500 gram maalvleis en gekapte ui in pan.
Voeg blik tamatiesop by en roer deur.
Voeg nou 1 opgehoopte eetlepel droë pietersielie, 1 opgehoopte eetlepel tiemie , aromat, 1 teelepel gemengde kruie, 1 eetlepel suiker, sout en peper na smaak en knoffelvlokkies daar by.
Laat paar minute deur prut.
Kook spinasie lint noedels tot gaar, dreineer.
Meng nou vleis mengsel met noedels. Strooi geraperde kaas bo-oor.
Gooi 250 ml room oor.
Bak oop by 180°C vir so 30 minute.
PASTA MET HOENDER EN ROOM
250 gram skroefnoedels
45 ml olyfolie
45 gram margarien
4 hoenderborsfillette repies gesny
sout en peper
1 bossie sprietuie met stingels gekap
1 klein brandrissie pitte verwyder en gekap
1 knoffelhuisie gekneus
1 soetrissie repies gesny
250 gram sampioene skyfies gesny
2 ml gemengde kruie
250 ml room
Kook pasta en hou warm. Berei sous terwyl pasta kook.
Verhit 30 ml elk botter en olie en roerbraai hoenderrepies paar op 'n keer tot goudbruin en gaar.
Haal uit, geur met sout en peper en hou warm.
Voeg orige olie en botter in pan en soteer sprietuie, brandrissie, knoffel en soetrissie tot sag.
Voeg sampioene by en roerbraai tot vloeistof ingedamphet. Plaas hoender terug in pan.
Geur na smaak. Giet room oor en laat vinnig kook tot verdik.
Gooi oor pasta en sit voor met brood en slaai.
SPEK-EN-SAMPIOENGEREG
1 Pak Skroefpasta
SOUS
1 Ui Gekap
Bietjie olie
1 Selderystingel, in skyfies gesny
½ Groen Soetrissie, in blokkies gesny
1 Pakkie Sampioene, in skyfies gesny
1 Pakkie Spek, gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
½ Teel Gedroogde gemengde kruie
½ Teel Gedroogde soet basiliekruid
2 Eetl Koekmeel
3 Eetl Tamatiepuree
½ Koppie Hoenderaftreksel
Sout en swartpeper na smaak
1 Koppie Kaas, gerasper
Stel oond op 180C.
Kook pasta in borrelende soutwater tot net gaar, dreineer en hou
eenkant warm.
SOUS
Soteer intussen ui in bietjie olie tot net sag. Voeg seldery en
soetrissie by en soteer nog 3 minute. Voeg sampioene by en soteer nog 8 minute tot
sampioene gaar is. Skep uiemengsel uit en hou eenkant. Braai spek saam met
knoffel tot gaar en roer uiemengsel daarby. Roer kruie en meel by tot meel
geabsorbeer is. Roer tamatiepureee by hoenderaftreksel tot goed gemeng en voeg
by uiemengsel. Laat oor lae hitte vir 5 minute prut of tot sous verdik. Geur met sout
en paper. Roer pasta en sous saam en skep in gesmeerde oondbak. Sprinkel kaas
oor en bak 15 minute of tot kaas heeltemal gesmelt het.
VINNIGE WORSIE-EN-PASTAGEREG - Vrouekeur
½ Pakkie Skroefpasta
Bietjie olie
2 Uie Gekap
1 Knoffelhuisie, gekneus
1 Rooi Soetrissie, in blokkies gesny
1 Groen Soetrissie, in blokkies gesny
6 Kaasworsies, in skyfies gesny
6 Russiese worsies, in skyfies gesny
1 Blik Perskesskywe in stukkies gesny (behou stroop)
60 Ml Blatjang
2 Teel Worcestersous
3 Eetl Tamatiesous
Sout en swartpeper na smaak
1 Koppie Kaas, gerasper
Stel oond op 180C.
Kook pasta in water met bietjie sout en olie tot net gaar.
Dreineer en hou eekant. Verhit olie en soteer uie tot sag, voeg knoffel en soetrissies
by en soteer nog 5 minute. Skep uiemengsel uit. Soteer worsies in nog bietjie olie,
indien tot gaar. Skep uiemengsel terug by worsies en verwyder van hitte. Meng 90
ml (6 eetl) van perskestroop met blatjang, worcestersous, tamatiesous, sout en peper
en roer by uiemengsel. Voeg ook perskestukies by. Roer gaar pasta liggies deur en
plaas in ‘n gesmeerde oondbak. Sprinkel kaas oor en bak 20 minute tot deurwarm.
VEGETARIESE PASTA - Vrouekeur
1 Pak Skulpiepasta
Sous
Ui Gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
Bietjie olie
1 Rooi Brandrissie, ontpit en gekerf
1 Rooi Soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 Pakkie Bruin sampioene, gekerf
1 Blik Gekapte tamaties, gedreineer
1 Pak Spinasie, gewas, stingesl verwyder en gekap
Sout en swartpeper na smaak
3 Eetl Vars parmesaankaas, gerasper
Kook pasta in borrelende soutwater tot net gaar. Dreineer en hou eenkant warm.
Sous : Soteer intussen ui en knoffel in bietjie olie tot ui sag is. Voeg brandrissie,
soetrissie en sampioene by en soteer tot sampioene verbruin. Voeg tamaties,
spinasie, sout en peper by en laat nog 5 minute stadig prut. Roer sous by gaar pasta
en sit warm saam met parmesaankaas voor.
ZUCCHINI PASTA
350 gram skroef noodels gekook hou warm
200 gram Zucchini skuins gesny in skyfies
4 of 5 peppedews in ringe gesny
200 gram sampioene in skyfies
10 ml mielieblom
15 ml water
250 ml room
10 ml suurlemoensap
4 spriet uie
10 ml suiker
sout en swart gemaalde peper na smaak
1. Smelt die botter in n pot en braai die murgpampoentjies en sampioene tot sag.
2. Meng mielieblom en water en voeg res van bestanddele by.
3. Roer tot mengsel dik word.
4. Kook vir 2 minute
5. Bedien oor warm pasta.
6. Parmesan kaas kan oor gesprinkel word.
RINA SE AARTAPPEL PIZZA - Rina Shorty
1 kg aartappels, gekook en fyn gedruk
60 ml meel
30 g botter
2 ekstra groot eiers geklits
sout en peper
Meng en druk in 23cm pizza bord
Bak vir 20 minute 180C tot goudbruin.
500 g groente van jou keuse vars of gevries
5 ml basil
5 ml origanum
375 ml cheddar of mazzarella kaas
60 g swart olywe om te versier.
Verhit ekstra olie of botter en braai groente tot amper sag. Skep oor pizza. Geur met kruie.
Sprinkel kaas oor en bak tot gesmelt.
Versier met olywe.
Maalvleis, ham, bacon, hoender, haddock ensovoorts kan by gesit word.
"SKUD DEEG" VIR PIZZA KORSE – Anette Human
750 ml bruismeel
200 ml sonneblomolie
200 ml kookwater
5 ml sout
Skud al die bestanddele op en af en heen en weer in 'n groot plastiekhouer met 'n deksel wat dig seël totdat dit deeg is.
Dit lewer twee 25 cm deursnee pizzakorse.
(beproef)
1 x ui fyn gesny
1 x pakkie bacon, fyn gesny
2 x knoffelhuisies, fyn gesny
Wanneer gaar voeg 600g maalvleis by en braai tot bruin
Voeg die volgende by:
1 x 410g blikkie heel tamaties
1 x groot wortel, gerasper
25ml tamatiepasta
2 x seldery stingels, fyn gesny
250ml witwyn
1 x hoenderekstrak blokkie opgelos in 250ml water
1t oreganum
1t basil
Sout en peper na smaak.
Laat prut stadig vir 90min, roer aan en wan en voeg nog water by indien te dik raak.
Skakel plaat af en laat staan vir 30min op warm plaat.
Verder maak jy maar jou kaassous soos gewoonlik en pak jou lasagne. Ekself hou nie van seldery nie, maar omdat dit so lank kook, kook dit weg en oordonder glad nie die smaak nie.
160 g macaroni
30 ml botter
30 ml koekmeel
250 ml melk
50 g cheddar kaas - gerasper (125 ml)
1 eiergeel
125 g chorizo wors - in skywe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper - na smaak
80 ml parmesaan kaas - gerasper
100 g broodkrummels
Verhit oond tot 180 º C.
Kook pasta in 'n pot volgens aanwysings op pak.
Maak solank die sous:
Smelt botter in 'n medium pot en gooi koekmeel by.
Roer met 'n draadklitser totdat koekmeel deur botter geabsorbeer is.
Gooi melk in een slag by en klits totdat al die koekmeel versprei is in die melk.
Hou aan met klits oor lae hitte totdat witsous dik en gaar is - so 5 - 10 minute.
Verwyder van hitte en gooi cheddar kaas en eiergeel by.
Roer totdat kaas smelt.
Voeg chorizo wors by.
Dreineer pasta en meng sous deur.
Geur met sout en swartpeper.
Gooi in 'n oondvaste bak.
Strooi parmesaan kaas en broodkrummels oor.
Bak vir 20 minute of tot goudbruin.
Sit warm voor.
60 ml olyfolie growwe sout
225 g macaroni elmbogies (volgraan)
350 g beesmaalvleis
250 g knopie sampioene
1 blik uie- en tamatiesmoor
5 ml oreganum
2,5 ml tot 5 ml suiker
5 ml soet basielkruid sout en peper
125 g Feta kaas
50 ml volgraan broodkrummels
50 g Parmesaanse kaas
Sprinkel eiervrug met growwe sout, los om te dreineer in 'n sif. Spoel goed af en druk droog met papiervadoek.
Kook intussen die macaroni in soutwater vir twaalf minute of soos aangedui op pakkie. Dreineer goed.
Verhit olie in pan en soteer eiervrug skywe, 'n paar op 'n slag vir vyf minute. Verwyder uit pan en hou warm.
Soteer vleis tot goudbruin en gaar, voeg tamatie- en uiesmoor en bietjie suiker na smaak by. Voeg kruie by en roer deur. Geur met sout en peper en prut vir tien tot vyftien minute.
Smeer 'n pasteibak en vorm lae van macaroni, eiervrug, vleismengsel, Feta kaas en sampioen. Eindig met eiervrug skywe. Meng broodkrummels en Parmesaanse kaas en sprinkel bo- op.
Bak 45 minute by 180C. Bedien met 'n vars groen slaai en knoffel.
Genoeg vir 12 mense
500 g pasta (macaroni of penne)
125 g spekvleis, gesnipper
500 g maer beesmaalvleis
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groen soetrissie, gekap
'n halwe pakkie bruin uiesop
1 blik (410 g) gekapte tamaties
500 ml beesvleisaftreksel
125 ml blatjang
Sout, peper en suiker na smaak
375 ml gerasperde kaas
375 ml vars broodkrummels
60 ml gesmelte botter
45 ml vars pietersielie, gekap
Braai die spekvleis in 'n swaarboompot tot gaar.
Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
Braai die uie, knoffel en soetrissie in 'n pan tot sag.
Voeg by die maalvleismengsel en sprinkel die uiesop oor.
Roer deur, voeg die tamaties, aftreksel en blatjang by en laat deurkook.
Geur met sout, peper en suiker en laat prut tot geurig (die vleis moet nog lekker souserig wees).
Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak tot gaar, maar steeds ferm.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die pasta liggies met die vleismengsel en skep in 'n groot oondbak.
Meng die kaas en broodkrummels met die pietersielie sprinkel bo-oor.
Bak vir 30 — 40 minute tot goudbruin.
Sit warm voor met slaai.