EIER-EN-SPEKPASTEI DEEG 125 G Botter 2 ½ Koppie Koekmeel 1 Houer Mascarpone Sout VULSEL 2 Uie Gekap 1 Knoffelhuisie, gekneus Bietjie olie 1 Pakkie Spek, gekap 2 Eetl Vars pietersielie, gekap 4 Sprietuie Gekap 8 Hardgekookte eiers 2 Eiers 4 Teel Melk Sout en swartpeper na smaak 1 Koppie Cheddarkaas, gerasper 1 Eiergeel Geklits Stel oond op 180C.
KORS Vryf botter in meel en roer mascarpone en sout by om deeg te vorm. Plaas in plastieksakkie in yskas vir 30 minute. Verdeel deeg in 1/3 vir bolaag en 2/3 vir kors. Rol deeg vir kors uit en voer bodem en die kante van 20cm losboomkoekpan daarmee.
VULSEL Soteer intussen uie en knoffel in olie tot sag en deurskynend. Voeg spek, pietersielie en sprietuie by en soteer tot spek net gaar is. Skep spekmengsel op bodem van pan. Maak holtes in mengsel en plaas gaar eiers daarin. Klits rou eiers, melk, sout en peper saam. Giet versigtig oor vulsel en sprinkel kaas oor. Rol res van deeg uit en plaas oor vulsel. Smeer water op rand van pan en druk randjies van kors se bolaag bymekaar. Smeer eiergele oor kors. Bak vir 30 minute of tot goudbruin bo-op. HOENDERPASTEI - Jana Liefie Wege
Hier is die beloofde hoenderpastei vir die wat gevra het. Ek hoop julle geniet dit. Dit gaan so gou, maak sommer 2 en vries een vir die dag as jou tyd min is. Ek het nie n resep en maak soos my neus my lei die dag.
1 groot hoender sag gekook en ontbeen (Geen sout) Vulsel: 50 gram margarien of botter gesmelt. 1 ui fyn gekap.
Braai ui in margarien en as dit half gaar is voeg nog gekapte sampioene by en braai tot gaar. Skil intussen 2 medium aartappels, sny in klein blokkies en kook tot sag. (Ek doen dit in mikrogolfoond.) Smelt nou nog 50 gram margarien by uie in kastrol en maak n witsous maar gebruik n pakkie sampioensoppoeier/hoendernoedel i.p.v. meel en so 2 koppies melk. Sous moet so medium dikte wees. Voeg nou die gaar hoender en aartappelblokkies by die res in die kastrol en roer goed deur. Proe en nou kan jy sout by voeg as dit nodig is. Ek gooi bietjie paprika en gekapte pietersielie by. As jou mengsel baie droog is gooi nog bietjie melk by anders gaan jy n baie droë pastei hê. Skep uit in n oond vaste bak en laat effens afkoel voor jy deeg op sit.
Vir deeg koop ek deesdae Woolies se “puff pastry” of gebruik my kookwaterdeeg. Jy kan maar gebruik wat jy wil. Rol deeg uit dat dit groter is as die bak. Sny gelyk en werk randjie mooi af. Verf geklitse eiergeel oor. Druk paar deeg fatsoentjies uit en rangskik op pastei. Verf weer met eiergeel (of melk). Bak in warm oond 200°C vir so 30 -40 minute tot mooi bruin.
HOENDERPASTEI - Matrone Netta Nortjé, 7de Laan
Genoeg vir 8-10 mense
40 ml (8 t) botter 200 g spekvleis, fyn gesny 250 g sampioene, in dun skyfies gesny 25 ml (5 t) koekmeel 5 ml (1 t) sout 3 ml (ruim ½ t) vars gemaalde swartpeper 1 hoender (1,5 kg), in stukke gesny 5 naeltjies 5 pimentkorrels 4 swartpeperkorrels 1 lourierblaar 50 ml sago 2 hardgekookte eiers, in skywe gesny 1 eiergeel, geklits 25 ml (5 t) asyn of 50 ml (10 t) droë witwyn 1 rol skilferkorsdeeg
Verhit 20 ml (4 t) van die botter in ’n swaarboomkastrol en braai die spek tot bros. Skep uit en hou eenkant. Braai die sampioene tot bruin in dieselfde kastrol en skep by die spek; hou eenkant. Meng die meel, sout en peper en rol die hoenderstukke daarin. Sorg dat jy dit deeglik doen. Verhit die res van die botter in dieselfde kastrol en braai die hoender tot alkant bruin. Bind die naeltjies, piment, peperkorrels en lourierblaar in ’n kaasdoek vas en voeg dit by die hoender. Voeg die sago by, bedek met water en kook stadig tot die vleis sag is. Haal die sakkie met speserye uit. Giet die vleissous af en hou eenkant. Haal die hoendervleis van die bene af en plaas dit in ’n mengbak. Voeg die hardgekookte eiers, gebraaide spek en sampioene by. In hierdie stadium behoort die reuk alleen vir jou al klaar te vertel dat hierdie pastei in heeltemal ’n ander klas is as Kierietjies se konkoksie. Skep die vleismengsel in ’n pasteibak – sit ’n omgekeerde koppie of pasteitregter in die middel. Voorverhit die oond tot 240°C. Verhit die vleissous oor lae hitte en voeg die eiergeel by. Wees versigtig dat dit nie skif nie. Voeg die asyn of wyn by en giet die vleissous oor die vleis in die pasteibak. Rol die skilferkorsdeeg dun uit en plaas op die vleis. Prik met ’n vurk sodat die stoom kan ontsnap. Bak 15-20 minute, verminder die hitte tot 180°C en bak nog 15 minute.
HOENDER-EN-SPINASIEPASTEI KORS 190 G Botter 2 ½ Koppie Koekmeel 1 Bakkie Geroomde maaskaas of mascarponekaas VULSEL 1 Ui Gekap 1 Knoffelhuisie, gekneus Bietjie olie ½ Teel Aangemaakte mosterd 2 Eetl Koekmeel Sout en swartpeper na smaak 1 Pak Bevrore geroomde spinasie, ontdooi 1 Bakkie Roomkaas 6 Hoenderborsies Gaar en gesnipper 1 Eier Geklits 1 Koppie Cheddarkaas, gerapser 1 Eiergeel Geklits Stel oond op 180C
KORS Vryf botter by meel in en roer maaskaas of mascarpone by tot ‘n deeg vorm. Plaas in plastieksakkie in yskas vir 30 minute. Rol deeg uit en voer bodem en kante van 2-cm losboomkoekpan daarmee uit. Behou orige deeg. Prik bodem van kors met vurk en bak blind vir 10 tot 15 minute. Laat eenkant. Verwyder bakpapier en bone en plaas vir nog 5 minute terug in oond.
VULSEL Soteer ui en knoffel in olie tot deurskyend. Meng mosterd, meel, sout en peper goed deur. Roer spinasie, roomkaas, hoender, eier en kaas by. Skep vulsel in kors, bedek na keuse met res van deeg, smeer eiergeel oor en bak vir 30 tot 40 minute tot goudbruin en gaar.
MAALVLEIS-EN-SAMPIOENEPASTEI
MAALVLEIS Bietjie olie 1 Ui Gekap 1 Knoffelhuisie, gekneus 700 G Beesmaalvleis 2 Teel Worcestershire sous 1 Eetl Tamatiepasta 3 Eetl Blatjang 1 Pakkie Sampioene, in skyfies gesny ½ Groen Soetrissie, in blokkies gesny 2 Koppies Beesvleisaftreksel 1 Eetl Bisto BOLAAG 1 Bakkie Roomkaas 2 Eiers ½ Koppie Kaas, gerasper Stel oond op 180C. Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag en deurskyend. Voeg maalvleis by en roer tot verbruin. Voeg res van bestanddele by en laat 10 minute oor lae hitte prut. Skep maalvleismengsel in gesmeerde oondbak. BOLAAG Roer bolaagbestanddele saam en skep op maalvleismengsel. Bak 30 minute of tot bolaag goudbruin word. Sit warm saam met rys en groente voor.
STEAK EN NIERTJIE PASTEI – Hannah Langenhoven
1 kg biefstuk in blokkies 4 skaap niertjies 125 ml koekmeel 2 ml gemaalde gemmer 1 ml tiemie 15 ml worcestersous 5 ml aangemaakte mosterd 5 ml sout kookwater 30 ml sago 4 uie in skywe gesny
week sago in kookwater tot sag Kook al die ander bestanddele saam tot vleis sag is en voeg geweekte sago laaste by.
Maak volgende deeg en gooi oor pastei en bak 25 minute by 190°C 250 ml meel 10 ml bakpoeier knippie sout 125 ml olie 125 ml melk 1 eier
PEPPER STEAK PASTEI – Martie Fourie Moolman
1 kg sagte beesvleis (steak) in blokkies ¼ koppie meel 20 ml grof gemaalde swart peper 5 ml gedroogde gemengde kruie 5 ml paprika 2 gekapte uie 1 eetlepel fyn knoffel 1 rissie gekap 5 ml sout 1 of 2 lourierblare 100 ml rooi wyn 1 biefblokkie gemeng met 2 koppies water 2 eetlepels worcestersous
1. Meng meel, sout , peper, kruie, en paprika. Rol vleisblokkies hierin. 2. Verhit bietjie olie en braai uie, knoffel en rissie tot glaserig. Haal uit pan. 3. Braai nou die blokkies vleis tot bruin. 4. Voeg wyn, water, lourier blaar en worcestersous by.Prut tot vleis sag is. 5. Voeg water by indien nodig. Verdik met bisto. Laat afkoel.
1. Maak aan met 3 eiergele, ¼ koppie wit asyn saamgeklits met 3/4 koppie yswater. 2. Laat minstens 5 ure in yskas. Kan ook room en sampioene saam in die vulsel sit.
LIPLEKKER VISPASTEI - Lynette Visser
1 Pak Hake medallions (600 g) 1 Pak Hadock medallions (600 g) 1 Rol Blaardeeg 1 Pakkie 'Mushroom Cook in Sauce' 2 koppies ertjies en mielies gemeng 1 Pakkie gekapte sampioene 1 koppie gekapte soetrissies (al die kleure) 2 middelslag rooi uie, gekap 1 koppie botter 1 koppie melk Gemaalde swart pepper en sout Vis speserye
Smoor al die vis met ‘n halwe koppie botter en die melk in ‘n pan met ‘n deksel tot amper gaar. Strooi pepper en sout na smaak en ‘n bietjie vis speserye. Braai die uie, sampioene en soetrissies in ‘n bietjie olyfolie en die res van die botter tot al denté in ‘n ander pan. Voeg die pakkie 'cook in sauce' en die gebraaide uie by en werk dit goed deur met die vis. Voeg die ertjies en mielies ook by en kook verder vir nog 10 minute – roer so dan en wan. Rol die blaar deeg uit – genoeg om jou oond bak se bodem en kante te bedek asook vir die boonste gedeelte. Smeer oondbak liggies met botter en plaas die deeglaag binne in – sny die kante egalig af oor die rand van die bak. Voeg nou die vis mengsel in die bak oor die deeg en bedek egalig. Bedek met die res van die deeg en werk die kante mooi af met ‘n vurk. Ek gebruik ook van die oorskiet deeg om lang stringe te rol en al teen die kante te sit vir versiering. Meng een eier met ‘n kwart koppie melk en smeer dit egalig bo-oor die deeg lag. Gebruik bietjie “Garlic Chives” of gekapte Pietersielie en Paprika vir “Garnishing” bo op die pastei. Bak in die oond vir 30 - 40 minute teen 180 º C of totdat die pastei mooi goudbruin is. Bedien met lekker slaaie of met rys.
HOENDERPASTEI - Carin Ras Wilson (sonder deeg)
1 Groot hoender of 2 kg hoenderborsies 2 pakkies hoendernoedelsop 1 koppie mayonnaise 1 groot pak kaas- en uieskyfies, fyngedruk 750 ml water Gerasperde kaas
Maak hoender skoon en geur met middels soos naeltjies, sout en peper en hoendergeurmiddels Braai hoender mooi bruin en kook baie sag Ontbeen hoender en sny in stukkies Meng soppoeier, water en mayonnaise, klits goed om klonte te vermy Meng hoender en skyfies en voeg sopmengsel by Plaas in oondpan, strooi kaas oor.
Bak vir 1 uur by 180°C of tot gestol, maar nie droog nie