1. Gebruik altyd bestandele van goeie gehalte. Vergeet van bevrore groente in n pot. Gebruik net vars, rou groente.
2. Moet nooit jou pot met olie of margarien smeer nadat jy dit gebruik het nie. Was dit net goed met seep en water, droog dit goed af en sit opgefrommelde koerantpapier binne in. Dit sal verhoed dat dit roes.
3. Kontrolering van die hitte is die geheim vir n geslaagde pot. n Direkte vlam en baie warm kole is nodig om die pot te verhit en wanneer jy die vleis verbruin. Wanneer al die ander bestandele in die pot is en die deksel op is, is matige kole die wagwoord. As jy twee meter van jou pot staan en jy hoor hom "brom", dan is jou kole te warm. n Ysterpot werk soos n drukpot, as die pot warm is, het jy min hitte nodig om kookput te hou. BILTONGPOT - Boerekos
Met die (hopelik) oorvloed van biltong na die jagseisoen, is hierdie resep die ware Jakob. Anders moet jy maar van daardie pakkies by die supermark kry of 'n maat afpers! Bestanddele: 500g gesnyde biltong 500g pasta (enige vorm, maar spaghetti pas nie so lekker nie) 250g botter (of margarien as jou gewete pla) 1 gekapte ui 1 pakkie gesnyde sampioene lekker groot lepel gekapte knoffel 2 pakkies kits witsous handvol gekapte kruie 250ml room 250ml gerasperde kaas Metode: Smelt die botter, braai die uie, knoffel en sampioene tot die geur almal begin nadertrek. Gooi nou die biltong so in 'n lekker laag oor hierdie braaisel. Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies is. Dis 'n kuierpot, nie 'n wegneemete nie! Gooi jou pasta nou oor hierdie kontrepsie. Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek. Maak toe en kuier rustig. Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker daar is nog vloeistof in die pot. Na so 'n uur begin jou mond behoorlik water. Haal van die hitte af, gooi die room en kaas oor en meng goed deur. Selfs pasta-haters eet hul lippe af!
5 STER POT - Boerekos
Hierdie is sekerlik die maklikste pot wat jy in jou lewe sal aanpak. Net 5 bestanddele!!
5 Aartappels in skywe gesny 5 Uie in ringe gesny 1 pak bevrore groenbone Ongeveer 2kg skaapskenkels en kookvleis Aromat
Pak helfte van aartappels onder in pot Pak helfte van uie op Pak helfte van vleis op Gooi helfte van groenbone op Gooi Aromat wat hy sommer geel le Herhaal weer van aartappels af en eindig met die Aromat MOET GEEN ANDER VLOEISTOF BYVOEG NIE Sit pot op kole wat nie vreeslik warm is nie. Moenie omroer nie. As jou boonste boontjies gaar is, is jou pot ondertoe ook gaar.
KERRIE AFVAL POTJIE - Boerekos
1 x skaapkop, oopgekap en harsings uitgeskep 1 x skaappens skoongekrap 1 x skaaptongetjie ontvel 4 x skaappootjies 1 x skaapnek in skywe gesny 2-3 heel uie sout -en - peper, kerriepoeier na smaak 125 ml suiker (verkieslik bruin) 45 ml kerriepoeiermengsel ( van goeie gehalte) 1 x knoffelhuisie fyngedruk Stampmielies/rys sonneblomolie 250 g droë appelkose 500 ml "Old Brown Sherry" 10 ml bruin asyn 8-10 klein in die skil aartappels
Metode: Gebruik 'n #3 pot Soteer uie tot deurskynend bruin , soteer tot deurskynend.... Bind uitgeskepte harsings in "kleinpensie "toe maar voeg genoegsame sout by Plaas die "sakkie"in die pot tesame met die kop , pens en pootjies. Rangskik die nekskywe, uie, knoffel en appelkose bo-op die vorige laag. Meng die kerriepoeier,suiker,asyn,knoffel,sout-en-peper met die sjerrie en giet bo oor. Laat prut die pot vir ±-4 ure tot vleis sag is en bedien saam met stampmielies of geelrys Moet nie vergeet om die aartappels na ±3 ure in te sit om sag te kook nie. BEESSTERTPOTJIE - Boerekos
Sous 60 ml Brandewyn 750 ml droë rooiwyn 375 ml blatjang 125 ml Worcestersous 125 ml tamatiesous botterbone se vloeistof 1 pakkie beesstertsoppoeier 250 ml kookwater 30 ml gemengde, gedroogde kruie 30 ml Aromat 5 ml knoffelsout 5 ml suurlemoenpeper 3 lourierblare
45 ml olyfolie 2 kg beesstert, opgesny 10 ml gekapte knoffel 2 uie, in ringe gesny 1 groen soetrissie, grof gekap 2 selderystingels, in skyfies gesny 2 preie, in skyfies gesny 8 wortels, in skyfies gesny 20 klein aartappeltjies, geskil 16 klein uitjies 250 g knopiesampioene 410 g botterbone vars, gekapte pietersielie
Metode Meng al die bestanddele vir die sous baie deeglik en hou dit eenkant. Verhit die olyfolie in die potjie oor matige hitte en soteer die vleis vir 10 minute lank. Voeg die knoffel by en roer dit 1 minuut lank. Giet die sous oor die vleis. Moet dit nou nie weer roer nie. Rangskik die uie, soetrissie, seldery en preie bo-op die vleis. Daarna volg die wortels en aartappeltjies. Sit die deksel op en laat prut vir 3 uur 30 minute lank oor matige kole. Voeg kookwater by as dit te droog word. Voeg die klein uitjies, sampioene en botterbone by. Bedek dit en laat dit prut vir nog 30 minute lank. Roer dit deur en garneer met pitersielie voor bediening.
Wenk Hierdie sous kan ook gebruik word met blokkies vleis.
BEESSTERTPOTJIE - Boerekos
2 beessterte opgesny 4 wortels in dik skywe gesny 3 medium gekapte uie 1 blikkie botterboontjies sout 1 pakkie beesstertpoeier 250ml beesboeljon 4 aartappels in dik skywe gesny 250ml groen-ertjies 250g sampioene 6 murgpampoentjies in skyfies 2 uie in skywe gesny Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie. Voeg sout by. Voeg soppoeier en boeljon by. Voeg water by en laat prut vir 2½ uur. Skep vet af. Voeg laag aartappels en wortels by. Dan laag botterboontjies met sous. Voeg laag ertjies rou sampioene, mutgpampoentjies en laag uieringe. Maak pot toe en prut vir ± ½uur. Maak kluitjies en pak bo-op. Sit deksel terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig. Bedien 10 persone
GEURIGE BEESSKENKEL POTJIE - Boere Eenheid Forum 'n No 3 pot word aanbeveel
30ml kookolie 6 beesskenkelskywe, ongeveer 15mm dik 8 lamsniertjies, gehalveer, vlies verwyder 2 uie in skywe gesny 1 knoffelhuisie, fyngedruk 350ml vleisaftreksel 50ml tamatiepasta 2.5ml suiker sout en varsgemaalde peper na smaak 10 geel vlapampoentjies 6 groot aartappels, in 10mm dik skywe gesny 100g mini suikerertjies 100ml suurroom 30ml brandewyn
Verhit die olie in die pot en braai die vleis en niertjies oor matige hitte tot bruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer totdat die uie deurskynend is. Geur met sout en peper. Verhit die aftreksel en tamatiepasta saam en voeg saam met die suiker by die vleis. Sit die deksel op en prut vir 2 uur of totdat die vleis byna sag is. Pak die aartappels, vlapampoentjies en suikerertjies in lae bo-op. Sit die deksel op en prut nog 45 minute tot 'n uur lank of totdat die vleis en groente gaar is. Meng die suurroom en brandewyn en voeg by die potjiekos net voordat dit voor gesit word. Steek die steel van 'n houtlepel versigtig op 'n paar plekke in die potjiekos en wikkel liggies sodat die suurlemoen-en-brandewynmengsel goed kan deurloop.
MAALVLEIS POTJIE - Boere Eenheid Forum
'n Diep no 3-platboompot word aanbeveel.
20ml kookolie 300g gemaalde beesvleis 200g gemaalde varkvleis 2 uie, gekap 1 groen soetrissie, ontpit en gekap 250ml rou rys 10ml matige kerriepoeier 3ml borrie 1 pypkaneelstokkie 1 lourierblaar 3 ryp tamaties, geskil en gekap 200g vars groenboontjies, gekerf 250ml bevrore wortelblokkies 50ml vrugteblatjang sout en vars gemaalde peper na smaak 375ml hoenderaftreksel
Verhit die olie in die pot en braai die maalvleis totdat dit van kleur verander. Skep dit uit en hou eenkant. Braai die uie en soetrissie in dieselfde pot totdat die uie deurskynend is. Voeg die rys, kerriepoeier, kaneelstokkie, borrie en lourierblaar by en braai 2-3 minute. Skep die maalvleis bo-op die rysmengsel en pak die tamaties en groenboontjies in lae bo-op. Strooi die wortelblokkies bo-oor die groenboontjies en geur met sout en peper. Verhit die blatjang en aftreksel en giet oor die potjiekos. Lig die platboompot effens om dit weg van die kole te hou. Sit die deksel op en prut 30-45 minute oor baie stadige kole totdat die rys gaar is. Verwyder die lourierblaar en kaneelstokkie indien moontlik.
MOSSEL POTJIE - Boere Eenheid Forum
Hierdie geurige pot is klaar in 'n japtrap
60ml olyfolie 3 knoffelhuisies, fyngedruk 3 stingeluie fyngesny 1 vinkelbol, fyngesny ( opsioneel ) 250ml wit wyn 2 blikke 410g elk heel tamaties 500ml hoenderaftreksel 900g bevrore stokvis of enige vars witvis, in stukke 500g bevrore mossels in skulp of 1 groot blik 800g 90ml fyngekapte pietersielie Tabascosous sout en peper
Verhit die olie in 'n swartpot en roerbraai die knoffel, stingeluie en vinkel daarin tot glansig. Voeg die witwyn, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Sit die deksel op en laat sowat 20 minute oor lae hitte prut tot geurig. Voeg die vis en mossels by, laat weer opkook en laat nog 5-10 minute prut of tot alles net gaar en deur warm is. ( Moenie te lank verhit nie, anders kook die vis stukkend.) Voeg die pietersielie by en geur na smaak met Tabascosous, sout en peper. Sit voor met gebakte brood.
TAMATIE-LAMSVLEIS MET KLUITJIES POTJIE - Boere Eenheid Forum
45ml olyfolie 1kg lamsnekskywe, 20mm dik sout en varsgemaalde peper na smaak 3 uie, in skywe gesny 2 knoffelhuisies, fyngedruk 4 tamaties, geskil en gekap 5ml suiker 375ml vleisaftreksel 3 groot aartappels, in kwarte gesny
Plaas 'n gietysterpot oor matige kole. Verhit die olie in die pot en braai die vleis goudbruin. Voeg geurmidels by. Voeg uie, knoffel, tamaties, suiker en aftreksel by en prut vir 1½ uur. Voeg aartappels by, maak toe en prut vir 'n verdere 30 minute. Maak kluitjies soos hieronder verduidelik, en skep dit bo-op die vleis. Sit deksel op en wag sowat 12 minute. Sit dadelik voor.
Kruiekluitjies 250ml bruismeel 5ml sout 10ml botter 15ml vars of 5ml droë gemengde kruie 1 eier geklits 60ml melk
Sif meel en sout saam. Vryf botter in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg kruie by. Klits melk en eier saam. Meng liggies met meel. Skep lepels vol bo-op vleis in pot. Moenie die deksel oplig vir ten minste 10-12 minute, terwyl die kluitjies kook nie.
SKENKEL POTJIE - Karookos
Gebruik ‘n no 3 tot 4 potjie. 10 tot 12 persone kan ruimskoots eet.
BESTANDDELE 2 kg lamskenkels sout en swartpeper na smaak 4 medium uie – opgekerf 4 knoffelhuisies – fyn opgekerf 2 x 410 gm blikkie geskilde, opgesnyde tamaties 1 x 410 gm blikkie “chick peas” 1 x 115 gm blikkie tamatiepasta 1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny. Na dit gekerf is moet dit ongeveer 800gm weeg. 1 koppie beesaftreksel opgelos in 250ml warm water. ½ koppie rooiwyn 2 teelepels komyn 2 teelepels gemaalde koljander 2 eetlepels heuning 6 lourierblare 3 eetlepels witmeel kookolie
METODE Braai die vleis met ‘n bietjie olie in die ysterpot tot ligbruin. Sout en peper die vleis. Voeg ongeveer 400ml water by en kook die vleis oor matige kole vir 90 minute. Braai intussen die uie saam met die koljander en komyn tot effe bruin in ‘n dikboom pan en voeg dan die knoffel by en braai nog effens. Meng nou stadig die beesaftreksel, heuning, wyn, tamatiepuree en tamaties in en stooi die meel oor terwyl aanhoudend geroer word. Voeg die lourierblare by en bring tot kookpunt. Nadat die vleis vir 90 minute gekook het word die inhoud van die pan met die vleis gemeng en die “chick peas” en buttenut bo-op die vleis geplaas. Sout liggies en kook vir nog 30 minute. Roer liggies deur en bedien.
"PA SE ROOOOI HOENDRPOTJIE" - Erna van der Merwe (Internet resep) (beproef) Bestanddele Gebruik 'n nomber 3 Potjie. 1 Kg hoender (Gemiddelde gewig van ‘n normale hoender). Fyn Sout Growwe Swartpeper Koekmeel om stukkies in te rol. Uie fyn gekap(2 middelslag) Kook rys apart tot gaar. Gemmer en Knoffel (Fyngemaak). (2 Teelepels). Polokwane handelsmerk
Bestanddele vir die Sous Tamatiesous(300ml) Koo handelsmerk Blatjang(50ml)Wellington handelsmerk Worchestersous(20ml)Mrs.Balls handelsmerk Tabascosous(2ml) Asyn(50ml) Suiker(50ml) Mostertpoeier(5ml) Paprika(15ml) Robertson Handelmerk Water(125ml) (Voeg alles bymekaar in 'n bottel (1 liter plastiese Coke bottel) en meng goed deur die bottel te skud. Metode Stap 1.Maak jou pot warm en gooi jou botter (egte) by (20ml). Stap 2. Braai die fyngekapte uie en Gemmer/Knoffel (2 teelepels) tot die geur uitkom. Stap 3. Neem die hoenderporsies en strooi individueel een vir een met fyn sout en peper. Stap 4. Nadat die gedoen is doop die hoenderporsies in die koekmeel en voeg in die pot. Stap 5. Roer totdat die hoenderporsies goed met die uie en olie bedek is vir so 10 minute met die deksel oop. Gebruik 'n houtlepel. (Die reuk sal jou nou al reeds honger maak) .Van nou af roer jy nie weer jou pot totdat jy opskep nie. Stap 6. Gooi nou jou sous soos bo saamgestel in en laat jou pot stadig loop. (Borrel liggies regdeur). Kyk gereeld na die pot vir 15 minute. Stap 7. Voeg nou jou groente in lae in die volgende volgorde. 10 klein Aartappels, 10 jong wortels, 10 klein tipe pampoentjies, Stap 11. Een pakkie "button" sampioene na smaak vir die laaste 45 minute Stap 12. Voeg klaargekookte rys by so 10 minute voor opskep, en laat die sous deurkook. Die pot loop so 2 1/2 uur. Stap 13. Kry vroulief om die aartappels te toets of dit gaar is en vra haar sommer na die soutinhoud. Die verskillende handelsmerke wat aangetoon word werk volgens my die beste om die smaak uit te bring. Stap 14. Skep op en geniet die Rooi Hoender.
Ek het nog nooit iemand gekry wat nie van die potjie gehou het nie. Almal maak die resep sy eie.
HOENDER-NOEDEL POTJIE - Boere Eenheid Forum
Hierdie potjie is lekker vullend en benodig geen ekstra bykosse nie, behalwe as jy lus voel vir ’n mengelslaai. Dis genoeg vir 4-6 mense en ’n no. 2-pot word aanbeveel.
8 hoenderdye 30 ml kookolie 2 selderystingels, gekap 2 tamaties, geskil en in skywe gesny. 1 groen soetrissie, gesnipper 250g heel knopiesampione 250ml uiegras, gekap 15ml pietersielie, fyn gekap 10ml gedroogte gemengde kruie 500ml rou skulpnoedels 5ml vars gemaalde swartpeper 3ml gedroogte roosmaryn 250ml droë wit wyn 250ml gerasperde Cheddar-kaas sout en peper na smaak
Sprinkel die sout en peper oor die hoender. Verhit die olie in die pot en braai die hoender ’n paar stukke op ’n keer tot goudbruin. Pak die groente in lae op die vleis in die volgende volgorde: seldery, tamaties, soetrissie, sampioene en uiegras. Sprinkel die pietersielie en gemengde kruie bo-oor en voeg dan die noedels by. Sprinkel die peper en die roosmaryn oor en giet die wyn daaroor. Sit die deksel op en laat prut vir 1 uur. Strooi die kaas bo-oor en laat prut vir nog 20 minute. Bedien met ’n vars slaai van jou keuse.
KERRIE POTJIE - Boere Eenheid Forum
1kg skaap- of lamsvleis in blokkies gesny kookolie 1 knoffelhuisie geskil en gekap 5ml koljander 6 heel naeltjies 1 klein blikkie tamatiepasta 10ml bruin asyn 25ml blatjang sout na smaak 2 uie geskil en in ringe gesny 5ml borrie 15ml kerriepoeier 1 stukkie heel pypkaneel 5ml fyn jeera (komein) 250ml appelkooskonfyt 25ml suiker 1 groen rissie pitjies verwyder en skil gekap 250g gedroogde appelkose in 'n bietjie water geweek 5ml fyngedrukte groen gemmer 1 groen soetrissie pitte verwyder en gekap 250ml karringmelk of Bulgaarse jogurt
'n Nommer 3-pot word aanbeveel. Braai die vleis in die olie. Voeg sout by, voeg dan uie en knoffel by, laat effens bruin word, en voeg dan al die ander bestanddele, behalwe konfyt, blatjang en karringmelk of jogurt by. Prut stadig vir 2½ ure of tot die vleis sag is. Voeg dan res van bestanddele by. Voeg nog sout by indien jy sou verkies.
VEGETARIESE EIERVRUG POTJIE - Boere Eenheid Forum
500ml botter of suikerbone, oornag geweek 5 medium aartappels 1 klein botterskorsie 2 groot eiervrugte 4 witwortels 5 groot geelwortels 125ml olyfolie 2 uie, gekap 5ml sout varsgemaalde swartpeper 10ml droë tiemie 10ml droë roosmaryn 4 heel knoffelhuisies 250ml groente aftreksel of appelkoossap 5ml rissiesous
Kook die boontjies omtrent ‘n uur lank tot dit net sag is, dreineer en hou eenkant. Was die aartappels, botterskorsie, eiervrugte, witwortels en geelwortels: dit is nie nodig om enige van hierdie groentes te skil nie. Sny dit in happiegroottes. Verhit die gietysterpot oor die kole, gooi die olyfolie daarin en soteer die uie tot deurskynend. Pak die groente in lae bo-op die uie. Sorg dat die groente wat die langste neem om gaar te word onder in die pot is. Wissel elke laag af met ‘n laag van die boontjiemengsel en strooi ‘n bietjie sout, peper, tiemie en roosmaryn oor. Druk die knoffelhuisies tussen-in. Giet verhitte aftreksel of appelkoossap oor die laaste laag. Giet die rissiesous in die middel van die groente deur ‘n opening in die middel daarvan te maak met ‘n lang mes of lepel. Bedek die pot met ‘n stuk foelie, verseël dit goed om die rand en sit die deksel op. Prut 1½-2 uur oor baie lae hitte. Lewer 6 porsies.
ROOIBOK POTJIE - Boere Eenheid Forum
1kg rooibokvleis in blokkies gesny 125 ml olie 4 geelwortels, in skyfies gesny 2 uie, in skywe gesny 2 knoffelhuisies, fyn gedruk 10ml gekapte tiemie 250g spekvleis, gekap 500ml port of droë rooiwyn 6 aartappels, in skywe gesny.
Verhit olie in swartpot en soteer wortels, uie en knoffel totdat olie deurskynend is. Voeg tiemie, vleis, spekvleis en port by. Prut 2 uur baie stadig met deksel op. Voeg aartappels by en prut nog 30 tot 45 minute. Sit voor saam met mieliepap.
Plaas olie en botter in driepootpot en verhit oor warm kole. Voeg gekapte uie by en roer vir 3 minute. Rol niertjies in mengsel van koekmeelblom, sout en peper en voeg by die uie in pot. Voeg res van die bestanddele behalwe die brandewyn en pietersielie by en laat oor matige kole gaar word sonder om te roer. Wanneer niertjies gaar is, voeg brandewyn en pietersielie by, roer een maal om en dien op.
SOUSKLUITJIES IN 'N YSTERPOT - Boere Eenheid Forum
Smelt botter en roer eers konfyt dan koeksoda by (mengsel bruis). Voeg meel en sout beurtelings met melk by. Plaas oorblywende bestanddele in ysterpot en laat opkook. Skep lepelsvol deeg in kokende vloeistof sodat hopies nie opmekaar lê nie. Sit deksel op en prut vir 25 minute lank. Bedien warm, stip met botter.