1. Skud die mengsel goed en plaas in die yskas. 2. Hoe langer dit staan hoe lekkerder word die sous en is heerlik oor mengelslaai.
ROOIBOSTEE SLAAISOUS
45 ml suurlemoensap 45 wit druiwe asyn 1 rooibostee sakkie 45 ml sonneblomolie 5 ml Dijon mosterd 10 ml heuning sout en peper na smaak
Verhit suurlemoensap, asyn en teesakkie saam tot kookpunt. Bedek en laat staan vir n paar minute. Meng dit met die olie. Laat afkoel tot kamertemperatuur en klits mosterd , heuning en geurmiddels by. Jou gaste gaan beslis terugkom vir n tweede skeppie slaai. Heerlik.
HEUNING EN MOSTERD SLAAISOUS
125 ml wit balsemasyn 75 ml heuning 75 ml olyfolie 15 ml korrelmosterd 2 ml sout
Voeg al die bestanddele saam in ’n bottel en skud goed. (As jy dit vir ’n aartappelslaai wil gebruik, kook die aartappels sonder skil tot sag. Dreineer die aartappels en gooi die slaaisous oor terwyl hulle nog warm is. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en laat afkoel.)