3 eiers 270 ml strooisuiker 5 ml vanilla 140g donkersjokolade, in stukke gebreek en gesmelt 110g goeie mayonnaise of canola olie 70 ml koekmeel 5 ml bakpoeier knippie sout 75 g heel neute soos Brasiliaanse neute, haselneute of kasjoeneute kakao vir versiering
Voorverhit die oond tot 160oC. Smeer n 20x20 cm koekpan goed. klits die eiers liggies, voeg die strooisuiker bietjies, bietjies by en klits met n elektriese handklitser tot lig en dik. Meng die vanilla, sjokolade en mayonnaise of olie by. Sif die droe bestandele oor en vou in saam met neute. Skep in die voorbereide bak en bak 30-35 min tot gaar. Laat afkoel en sny in blokkies. Sif kako oor. Bere tot sowat 10 dae in n lugdigte houer of draai goed toe in plastiek en vries.
Los suiker, melk, sout, stroop en botter op oor matige hitte. Maak seker dat suiker opgelos is voor mengsel kook. Kook 3 minute voor kondensmelk bygevoeg word. Roer aanhoudend en kook ‘n verdere 15 minute. Haal af en voeg vanilla by. Klop tot koud.
Breek beskuitjies in klein stukkies in groot mengbak. Sif versiersuiker en Cacoa by. Voeg knippie sout by. Sny holsum in blokkies en smelt saam met botter oor lae hitte in ‘n groot kastrol. Voeg geklitste eiers versigtig by gesmelte vet. Gooi beskuitjie mengsel in kastrol en meng goed. Gooi in gesmeerde pan en sny in blokkies sodra koud.
KARAMEL SPRINGMIELIES - Corna Norval (beproef)
16 koppies springmielies (klaar gespring)
250ml bruinsuiker 125 ml stroop 115g margarien Knippie sout 5 ml vanilla 2 ml koeksoda
Smelt suiker, stroop en margarien oor lae hitte en laat opkook. Verwyder van hitte, roer geursel en koeksoda by en laat skuim. Gooi mengsel oor springmielies en roer goed deur tot deeglik bedek. Gooi springmielies op gesmeerde bakplaat en bak ongeveer 30 minute in oond van 100ºC. Roer een keer goed deur, verwyder uit oond, laat afkoel en plaas in houers sodra dit koud is.
Meng droë bestandele, vryf botter in meel en maak aan met goedgeklitste eiers in water en melk. Deeg moet nie styf wees nie. Knie net tot gemeng. Sit in skottel met deksel en laat ten minste 3 ure in yskas staan of oornag.
Stroop: 8 koppies suiker 4 koppies water 2 eetlepels suurlemoensap ½ teelepel kremetart
Roer tot suiker opgelos is. Wanneer dit kook gooi kremetart wat aangemaak is met suurlemoensap by. Voeg 1 eetlepel goue stroop by. Laat 10 minute vinnig kook. Kan tot 2 weke in yskas gehou word.
DOUGHNUTS - Rina Shorty (beproef) 250 ml bruismeel of meel en 5 ml bakpoeier 2 eetlepels strooisuiker 2 eetlepels harde botter 1 eier 125 ml melk 2.5 ml vanilla 1 ml sout
1. Vryf harde botter in meel, sout en strooisuiker. 2. Klits eier en melk. 3. Meng tot glad en dik. 4. Bak, haal uit en smeer met gesmelte botter. Ek het dit in die voedselverwerker gedoen. Gooi deeg in spuitsak en spuit in holtes . Ek het gevind dit werk vinniger. Het 15 uit gekry.
SUURLEMOEN BLOKKIES Meng In Pot: 1 Blik kondensmelk 250g margarien 1k suiker 1e lemoensap (Of Bietjie Lemoen Geursel) & 'n paar druppels suurlemoensap (& skil van 1 lemoen indien verkies) Smelt oor lae hitte
Maak 2 pakkies Marie beskuitjies fyn en meng met 2k klapper. Meng dit met die warm mengsel en gooi in 'n gesmeerde rolpan uit. Laat afkoel. Meng 625ml versiersuiker met bietjie suurlemoen en lemoensap tot dun genoeg om oor koekies te smeer. Laat pan koekies oornag in yskas en sny in blokkies. Kan 2 weke in yskas gehou word. Dit vries goed. CUPCAKE RESEP VIR MINI DOUGHNUTS - Rina Shorty (beproef) 1 koppie bruismeel 80 ml botter 125 ml strooisuiker 80 ml koue water knippie sout 1 eier 3 ml vanilla
1. Room botter en suiker. 2. Voeg eier by. 3. Klop tot dik en lig. 4. Sif meel en sout by. 5. Voeg water en vanilla by en meng. 6. Bak 2 minute in gespuite masjien. Foto: Rina Shorty
KITS KOEKSISTERS - Rina Shorty (beproef)
STROOP 500 g (625 ml) suiker 250 ml water 12,5 ml suurlemoensap 5 ml vanilla
DEEG 375 ml ongemeet koekmeel 22 ml bakpoeier 1 ml sout 25 ml botter of margarien 150 ml melk 1 bottel olie
Gooi die suiker en water in n diep kastrolletjie en verhit dit sonder deksel oor lae hitte tot kookpunt. Roer dit af en toe totdat die suiker gesmelt het. Wanneer die stroop kookpunt bereik, kook dit 7-8 minute sonder deksel. Dit moet nie vinnig kook nie want dan gaan die stroop te dik wees. Haal af en roer die sap en vanilla in. Hou een kant tot benodig. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter in tot fyn frummels. Sny die melk met slaplemmes totdat deeg gevorm het. Werk liggies. Rol die deeg op n meelbestrooide deegplank sowat 5 mm dik uit. Sny dit in smal repies en vleg koeksisters. Verhit olie in middelslag kastrol tot taamlik warm dit moenie rookwarm wees nie. Bak 3-4 op n slag tot goudbruin aan elke kant. Skep met gleuflepel of tongs uit en dompel dadelik in stroop wat teen die tyd lou warm afgekoel het. Wanneer deurtrek is van stroop skep uit en plaas op rakkie sodat stroop kan afdrip. Die resep is nou vir die bang om te bak of belustiges. Foto: Rina Shorty
KOEKSISTERS - Sue Day (beproef)
Oorspronklik Annette Human se resep - lewer 7-8 dosyn. Die stroop is my eie resep wat ek aangepas het en lekkerder as Annette sinne. Deeg: 4 x 250 ml koekmeelblom 30 ml bakpoeier 5 ml sout 30 ml margarien 2 ekstra groot eiers 200 ml water 50 ml melk 10 ml wit suiker
Stroop: 6 x 250 ml wit suiker 750 ml water 15 ml goue stroop 5 ml suurlemoensap 2 ml kremetart 2 ml sout kaneelstokkie 2.5cm gekneusde stukkies vars gemmer paar stukkies van die suurlemoenskil
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarien in tot dit lyk soos krummels. Klits die eiers, water, melk en suiker saam. Sny die eiermengsel in by die meelmengsel met 'n mes. Moenie dit roer met 'n lepel nie. Knie nou liggies vir ten minste 5 minute. Maak die deeg toe en los die deeg in die yskas om te rus vir ten minste 6 ure of oornag.
Verhit die suiker, water, stroop, suurlemoensap en kremetart. Roer af en toe. Sodra die suiker opgelos het, gooi die kaneelstokkie, gemmerstukke en skil in en bring die mengsel tot kookpunt. Wanneer die stroop kook moet jy dit nie roer nie. Sit die deksel op en kook vir 'n minuut. Haal die deksel af en verlaag die hitte en kook sonder deksel vir nog 5 minute. Verwyder die kaneelstokkie, gemmerstukke en skil en laat afkoel vir 6 ure of oornag. Verdeel die stroop in 2 bakke. Hou die een in die yskas terwyl jy met die ander een werk. Sy sit ysblokkies in 'n groter bak en dan sit sy die kleiner bakkie stroop bo op die ysblokkies sodat die stroop yskoud bly. Sodra die een bak stroop warmig begin voel, ruil dit om met die ander een.
Sy sê jy gebruik nie meel op jou oppervlak wanneer jy die deeg uitrol nie. Jy gebruik olie want die meel laat die olie skuim.
Vleg nou die deeg. Rol die deeg uit 7 mm dik. Sny strokies van 1 cm wyd en 8 cm lank vir gevlegde koeksisters of 1 cm wyd en 15 cm lank vir gedraaide koeksisters. Vat 3 van die 8cm strokies en vleg hulle saam. Druk die ente goed bymekaar. So nie vat jy die 15 cm strook en rol nou die punte in teenoorgestelde rigtings. So die een hand se punt draai jy een kant toe en die ander hand se punt draai jy in die ander rigting maar jy draai al twee punte gelyk. Druk nou die twee punte saam en laat hang so aan die punt. Jy sal sien hy rol van self so in 'n twist. As jy klein koeksisters wil maak is die getwiste manier beter.
Maak die deeg wat wag om te bak toe met 'n klam lap dat dit nie uitdroog nie.
Maak 'n pot half vol met olie en verhit oor medium hitte. Toets die olie deur eers 'n bolletjie deeg in te gooi. Tel nou vinnig tot by 10. Die deeg moet al bo dryf as jy by 10 kom. Dan is jou olie reg. As jou olie te warm is gaan die koeksister bruin wees buite maar binne nog rou.
Bak nou 4-6 koeksisters op 'n slag eers aan die eenkant en dan aan die ander kant. Skep uit met 'n gaatjies lepel 2-3 op 'n slag en dompel dadelik in die koue stroop. Druk hulle af dat hulle heeltemal toe is onder die stroop vir paar sekondes. Haal hulle uit en sit hulle op 'n draadrak wat oor 'n bord of bak staan. Sodra afgekoel plaas in yskas voor jy hulle bedien. Die koeksisters vries goed.
As jy dit in die yskas bêre moet jy dit nie toemaak nie. As jy dit in die vrieskas bêre moet jy dit toe maak.
MELKTERT SAMOOSAS - Jana Wege (beproef)
560 ml volroom melk 1 kaneelstokkie 15 ml botter paar druppels Moirs lemoenessens 45 ml sitrusskil 30 ml koekmeel 30 ml maizena 80 ml suiker 2 ekstra groot eiergele
1. Verhit 500 ml melk saam kaneel en botter. 2. Laat staan vir 15 minute voor kaneelstokkie verwyder word. 3. Voeg geursel by. Meng meel en maizena. 4. Klits eiergele en res van melk saam en meng met meel en maizena. 5. Roer eers bietjie van warm melk by meelmengsel en roer dan by warm melk in kastrol. 6. Kook tot dik is. 7. Verwyder van hitte en roer suiker by. Laat afkoel en gebruik as vulsel in samoosas. 8. Gebruik 10 velle phyllovelle. Sny dit in 8 x 36 cm stroke. 9. Verf een strook met gesmelte botter. Plaas ‘n ander strook bo-op en verf die ook met gesmelte botter. 10. Plaas ‘n teelepel van die vulsel op die punt. 11. Vou oor om ‘n driehoek te vorm en hou aan vou tot einde van deeg en soos ‘n samoosa lyk. 12. Plaas op gesmeerde bakplaat en verf weer botter oor. 13. Sprinkel met kaneelsuiker en bak vir 15 minute in oond 220°C tot opgepof en goud bruin. Maak 24 samoosas.
ROCKY ROAD SQUARES - Nigella (beproef)
100 gram dark chocolate chopped ½ cup softened butter 2/3 cup castor sugar 1 teaspoon vanilla 2 extra large eggs ½ cup cake flour 1 tablespoon cocoa 100 gram pecan nuts 1 cup marshmallows chopped 100 gram glazed cherries chopped pinch of salt
1. Line the base of a 25 x 20 cm cake tin with baking paper. 2. Melt chocolate in the microwave on the defrost setting stirring every minute. 3. Beat the butter and sugar until pale with an electric mixer. 4. Add the vanilla and eggs, one at a time, stirring until just combined. 5. Sift the flour and cocoa and fold into the egg mixture. 6. Fold in the chocolate, pecan nuts, marshmallows, cherries and salt. 7. Spoon into the prepared cake tin. 8. Bake at 180°C for 20 - 25 minutes or until a skewer comes out clean when inserted. 9. Leave to cool in the tin before cutting into squares.
STROOPSTRIKKIES - Rina Shorty (beproef) STROOP 470 ml suiker 30 ml gouestroop 15 ml suurlemoensap 180 ml water
DEEG 540 ml koekmeel 5 ml BP knypie sout 30 ml botter 2 groot eiers olie vir diepbraai
Gooi die suiker, gouestroop, sap en water in kastrol. Verhit en roer tot opgelos. Laat kook en prut dan vir 10 min sodat dit so dik soos stroop is. (110oC op n suikermeter. Hou een kant. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam in mengbak. Vryf die botter in. Voeg die eiers by en genoeg water sodat dit n ferm deeg vorm. Knie die deeg tot glad. Rol uit op meel bestrooide oppervlak tot sowat 1.5 ml dik. Sny in repies van 10x5cm. Sit een repie bo op n ander. Maak n snytjie van sowat 3 cm lank in die lengte en middel van elke repie. Sny weerskante van van die 3 cm snytjie nog n snytjie van 2 cm. Ryg die een punt van die repie deur die lang sny en trek dit deur sodat dit n strikkie vorm. Herhaal met oorblywende deeg. Verhit genoeg olie oor matige hitte vir diepbraai. Sit 2 of drie strikkies in olie en bak tot goudbruin. Skep in stroop. Haal uit en sit op afkoel reak. Herhaal met res van die strikkies. Laat heeltemal afkoel.
TAMBOESIES - Jana Wege (Beproef)
Rol Woolworths se skilferkorsdeeg oop. Moenie dunner uitrol nie. Druk sirkels uit of ek sny reghoekies dan gaan daar nie deeg verlore, so 3 x 4 cm. Bak dit nou op ‘n gesmeerde bakplaat by 200°C vir 10 - 15 minute tot ligbruin. Laat afkoel. Sny tamboesies nou in die helfte deur en sit vulsel op. Sit ander helfte bo-op. Mens gebruik ‘n dik vla, kitspoeding of melktert resep. Ek maak altyd die kondensmelktert in Mikrogolfwenners se vulsel. Maak nou versiersuiker aan met paar druppels suurlemoensap en klein bietjie kookwater. Drup nou oor elke tamboesie van die mengsel.
WANDA SE BOKBLERTSIES - Wanda Botha (beproef)
½ Koppie Botter / Margarien 2 Koppies Suiker ½ Koppie Melk 6 Eetlepels Kakao ½ Koppie grondboontjiebotter 3 Koppies Oats (jy kan ‘n halwe koppie sprinkelneute of klapper byvoeg indien verkies) 2 teelepels vanieljegeursel.
Meng die eerste vier bestanddele saam in ‘n pot en bring tot kookpunt. Kook vir een minuut (roer gedurig). Haal van die hitte af. Roer nou die grondboontjiebotter en die vanieljegeursel by tot gesmelt. Gooi nou die hawermout en klapper/sprinkelneute by indien jy dit gebruik. Skep lepelsvol op waspapier of ‘n gesmeerde bakplaat en laat afkoel. Bere in die yskas. Foto: Wanda Botha
VLASKYWE - Huisgenoot
1 pak cream crackers 1 liter melk 250 ml suiker 60 ml botter 120 ml meel 100 ml maizina 10 ml vlapoeier 2 ml sout 100 ml koue water 3 eiers geskei 5 ml vanilla 500 ml versiersuiker gesif 40 ml kook water
1. Smeer ‘n bak 25 x 35 x 5 cm. Pak 15 cream crackers in, sorg dat die halveringslyne almal in een rigting lê. 2. Verhit melk, roer suiker en botter in en roer tot gesmelt. Haal af. 3. Meng meel, maizina, vlapoeier, sout en koue water tot ‘n pasta. Klits eier geleidelik by en klits goed. 4. Klits van die melk mengsel geleidelik in by die pasta. Gooi die pastamengsel terug by die melkmengsel en roer aanhoudend oor lae hitte vir 5 minute tot dik. 5. Haal van hitte en roer vanilla en styf geklitste eierwitte in. 6. Gooi warm vla oor beskuitjies. Bedek met nog 15 beskuitjies in dieselfde rigting as die onderste. Laat afkoel en plaas in yskas. 7. Meng versiersuiker en kookwater tot smeerbaar en smeer oor.