Plaas die helfte van die beskuitjies op die boom van 'n reghoekige of vierkantige tertbak met 'n inhoudsmaat van 2 liter. Los die aarbeijellie in die kookater op en laat dit afkoel tot effens gestol. Klits die room effens styf. Vou die jelliue room en kondensmelk by die aarbei jigurt in. Giet die helfte van die vulsel op die beskuitjies. plaas die res van die beskuitjies bo oor en giet die res van die vulsel oor. Verkil tot gestol
APPLTERT IN OONDPAN – Rina Shorty (beproef)
1 blik groot tert appels 750 ml suiker 8 eiers 120 ml botter 750 ml bruismeel 10 ml bakpoeier 3 ml sout 750 ml melk
Meng botter en suiker en voeg geklitste eiers by. Sif droe bestandele en voeg by . Meng met melk tot sagte beslag. Skep in gesmeerde oondpan. Druk appels in beslag. Bak vir 180°C vir 45 minute.
SOUS 600 ml room 250 ml suiker 15 ml karamelgeursel
Los op en kook vir 10 minute en voeg karamelgeursel by. Gooi stroop oor warm tert.
CREMORATERT (beproef)
500 ml Cremora 250 ml warm water 1 pakkie beskuitjies, gekrummel 125 ml botter of margarien; 397 g kondensmelk 125 ml suurlemoensap
Voeg Cremora by warm water en klits tot opgelos. Laat oornag in yskas. Meng krummelbeskuitjies met botter of margarien en druk vas in 'n tertbord van 27 cm in deursnee. Plaas in yskas tot yskoud. Klits kondensmelk by Cremoramengsel. Roer suurlemoensap by totdat mengsel verdik. Skep vulsel eweredig op kors en plaas in yskas.
KONDENSMELK VLATERT - Carin Ras Wilson (beproef)
1 blik 397 g) kondensmelk 2 kondensmelkblikke water 40 g (75 ml) vlapoeier 1 pak (200 g) tennisbeskuitjies Styf geklitste room Sjokoladekrulle
Meng die kondensmelk, water en vlapoeier. Verhit dit tot kookpunt en roer dit aanhoudend. Plaas ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbak en skep van die vla oor, herhaal met ‘n laag beskuitjies en vla, verkoel tot benodig, skep room oor die tert net voor opdiening en strooi sjokoladekrulle oor.
LEONIE SE PYNAPPEL ROOMKAASTERT - Leonie Scott (beproef)
Klits kondensmelk en suurlemoensap saam en sit een kant. Klits room styf en klits roomkaas in. Klits kondensmelkmengsel by roommengesel in. Voeg pynappel room en kondensmelkmengsel en klits. Gooi in bak waar tennisbeskuitjies gepak is. Krummel 'n paar tennisbeskuitjies bo oor.
Kook melk. Voeg suiker by. Klits eiers en voeg droë bestandele aangemaak met ‘n bietjie melk by. Roer eiermengsel by warm melk en kook. Haal van stoof en klop botter en vanilla.
MOKKAKAASKOEK
KORS ½ Pakkie Tennisbeskuitjies ½ Koppie Pekanneute, gekap 3 Eetl Laevet-margarien, gesmelt
VULSEL 1 ½ Teel Kitskoffiekorrels 2 Teel Kakao 1 Eetl Gelatien ½ Koppie Kookwater 1 Bakkie Laevetmaaskaas ½ Koppie Strooisuiker 1 Koppie Laevet-ingedampte melk, verkoel Kakao vir afronding
Kors : Smeer 20cm losboomkoekpanne. Plaas beskuitjies en pekanneute in voedselverwerker en kap fyn. Voeg gesmelte margarien by koekiekrummels en druk op bodem van koekpan vas. Vulsel : Meng koffiekoreels, kakao, gelatien en kookwater. Roer goed tot alles opgelos is. Laat eenkant om af te koel, maar nie gestol nie. Roer maaskaas en strooisuiker saam. Klits afgekoelde koffiemengsel versigtig daarby in. Plaas ingedampte melk in aparte bak en klits met elektriese klitser tot dik. Vou stywe ingedampte melk by maaskaasmengsel. Giet oor koekiekors en verkoel vir 3 tot 4 ure in yskas. Verwyder koekpan, sny in skyfies en spinkel kakao oor. Sit koud voor.
SJOKOLADE MOKKA TERT - Carin Ras Wilson (beproef)
500 g marshmallows 500 g donker sjokolade, gesmelt 750 ml room, styf geklop 50 ml melk 25 ml koffiepoeier 50 ml water
Kors: 1 pakkie tennis beskuitjies 250 g margarien Krummel beskuitjies en rasper margarien by. Druk onder in bak vas.
Tert: Smelt 2/3 van die marshmellows met melk. Meng met gesmelte sjokolade. Gooi 2/3 van room by mengsel en gooi in kors. Laat afkoel vir 15 minute. Smelt orige marshmellows met water en koffiepoeier. Voeg orige room by en gooi oor sjokolade mengsel. Laat verkoel vir 4 uur. Onthou dit maak ‘n groot tertbord vol.
KOFFIE/PEPERMENT TERT - Carin Ras Wilson (beproef)
4 eiers 375 ml meel 1 ml sout 10 ml bakpoeier (sit laaste by) 50 ml water 150 ml suiker 25 ml botter 50 ml melk 5 ml kitskoffie 5 ml vanilla
Klits eiers en suiker tot lig en voeg sout by. Smelt botter, voeg melk en vanilla by. Sif droë bestanddele, behalwe bakpoeier. Meng alles saam. Strooi laaste bakpoeier bo-oor en meng liggies. Gooi in groot plat bak. Bak by 180°C vir 20 minute.
Stroop: 3 k water 50 ml kitskoffie 250 ml suiker 75 ml brandewyn 10 ml vanilla
Meng alles saam en kook. Gooi warm sous oor warm koek nadat dit klaar gebak is.
Vulsel: 250 ml melk 250 ml vars room, styf geklop 1 peppermint crisp 1 pakkie karamel kitspoeding 1 blik karamel treat
Klits melk en poeding saam. Voeg room en karamel by. Smeer oor koek. Rasper peppermint crisp bo-oor.
PYNAPPEL MALVA TERT - Jana Wege (beproef)
1 pakkie tennis biscuits 1 x 410 g blik kondensmelk 125 ml suurlemoensap 20 x pienk en wit malvalekkers in stukke gesny 10 x glans kersies in kwarte 1 x 410 g blik pynappel stukke gedreineer en sny verder in stukkies (Ek gebruik eerder crushed pynappel) 1 x 250 ml room 2t vanielje essence
Pak tennis beskuitjies onder in tertbak. Plaas kondensmelk, suurlemoensap, malvalekkers, kersies en pynappel in beker en meng . Klop room styf met vanielje essence. Vou room in mengsel van kondensmelk . Voeg alles oor die tennisbeskuitjies en krummel 2 beskuitjies bo-oor . Plaas in yskas vir 1 uur of 2 uur. Geniet dit yskoud.
SJOKOLADE KARAMELTERT – Jana Wege (beproef)
Meng half koppie olie, 1 en half koppie warm water, bietjie minder as 100 ml kakao en kook. Sodra kook haal van hitte en roer tot geen klontjies.
Sif 2 koppies meel en kwart tl sout 3 maal saam. Klits 5 kamertemperatuur eiers goed ongeveer 7 minute. Voeg 1 en half koppie suiker by en klits 15 minute. Voeg by 1 tl vanilla en 1 tl karamelessens. Voeg meel en sjokolademengsel om die beurt by eiermengsel en meng goed. Strooi 4 tl afgeskraapte bakpoeier oor en roer.
Dis genoeg vir 3 terte in 800ml foeliebakke Bak ongeveer 25 minute by 180°C. Gooi warm stroop oor warm geprikte terte
STROOP Kook die volgende 2 koppies suiker 2 koppies water 2 tl koffiepoeier 25 ml rum essens
Sodra die terte afgekoel is sit in plastieksakkies en vries. Voor gebruik haal uit en versier. Ek smeer Karamel kondensmelk oor. Rasper sjok oor en met sjok versiersuiker maak ek n randjie om die tert en paar rosette bo-op met kersies
APPLETART - Rina Shorty (beproef)
110 ml margarine 250 ml sugar 3 eggs 50 ml milk 250 ml cake flour 7 ml baking powder Salt 1 tin apple pieces
1. Beat the first 4 ingredients together. 2. Sift the dry ingredients together. 3. Add to egg mixture and mix well. 4. Pour into a pyrex dish and arrange apple pieces on top. 5. Bake at 180°C for 40 minutes. 6. Pour over the hot tart the following ingredients that are boiled together for 5 minutes.
SYRUP 1 tin Ideal milk 250 ml sugar 5 ml vanilla
FROZEN TRIANGLE CHEESE CAKE - Sue Day (beproef)
½ cup margarine ½ cup sugar 5 ml vanilla 1 tub cottage cheese 1 beaten egg
1. Cream margarine and sugar. 2. Add egg and vanilla. 3. Add cottage cheese. 4. Pack a layer of Tennis biscuits 3 x 5 on foil. 5. Place mixture on top of the centre layer and fold the outer layer over the centre to form a triangle. 6. Freeze immediately. 7. When serving decorate as desired with cream etc.
LEMON MERINGUE - Sue Day (beproef)
3/4 pakkie tennis beskuitjies fyn gemaak 80 gram gesmelte margarien
1 blik kondensmelk 125 ml suurlemoensap 3 eiers geskei 125 ml strooisuiker 5 ml asyn 15 ml maizena
1. Meng die tennis beskuitjies en die margarien saam en druk in 'n pie bak van so 20-23cm in deursnee. 2. Klits nou saam die kondensmelk, suurlemoensap en eiergele. Gooi dit bo op die kors. 3. Klits die eierwittte styf en voeg geleidelik die strooisuiker by. 4. Klits die asyn en maizena by die eierwitte. Dit stabiliseer die meringue. Dit verhoed dat jou meringue later sal plat val en sulke stroop druppeltjies bo op vorm. 5. Bak vir 10 minute by 180°C. Laat afkoel voor jy dit in stukke sny.
SUURLEMOEN MERINGUE - Carolie de Koster (Keurkos) (beproef)
KORS 200 gram koekies enige soort 50 gram margarien
1. Maak koekies saam met margarien in voedselverwerker fyn. 2. Smeer 25 x 28 cm tertbak goed en druk mengsel op die bodem en die kante vas.
VULSEL 410 gram ingedampte melk 30 ml mielieblom 100 ml water 4 eiergele 397 gram kondensmelk 125 ml suurlemoensap
1.Verhit ingedampte melk tot byna kookpunt in kastrol of groot beker 2 minute lank op hoog in mikrogolf. 2. Meng mielieblom met die water en klits dit by die warm melk. Laat dit opkook en klits dit met ‘n ballondraadklitser totdat dit gladde dik sous vorm of meng dit goed en mikrogolf vir 2 minute op hoog totdat mengsel verdik en borrel. Klits. 3. Plaas eiergele, kondensmelk en suurlemoensap in ‘n bak en klits liggies. 4. Voeg die gekookte sous by. Klits dit baie goed en giet in tertkors.
MERINGUE LAAG 4 eierwitte knypie kremetart 125 ml suiker 15 ml mielieblom 2,5 ml vanilla
1. Klits die eierwitte en kremetart totdat dit ferm is. 2. Klits geleidelik die suiker en mielieblom by. 3. Klits vanilla by en klits totdat ‘n gladde dik glansende meringue vorm. 4. Skep meringue in groot spuitsak met roset punt. Begin in die middel van die tert en spuit in spiraalvorm teen mekaar tot hele tert bedek is of smeer dit net oor. 5. Plaas tert op onderste rak van oond en bak 30 minute teen 160°C. As meringue te vinnig verbruin verlaag die hitte bietjie. 6. Verlaag die hitte na 30 minute na 120°C en bak nog 15 minute of langer sodat die meringue heeltemal kan stol. 7. Skakel die oond af en laat tert daarin staan om heeltemal aftekoel. 8. Plaas tert vir ten minste 2 ure onbedek in die yskas voordat gesny word. 9. Plaas dan die tert in ‘n lugdigde houer in yskas.
HEERLIKE MELKTERT - Rina Shorty (beproef)
KORS 125 ml botter 60 ml strooisuiker 1 eier 310 ml bruismeel
1. Meng bestanddele in voedselverwerker. Deeg is sag. 2. Spuit bak 8 x 12cm of 2 ronde vlak tertborde (die oumense het blik pap borde gebruik) 3. Smeer deeg in pan, aan kante ook op met agterkant van ‘n lepel.
VULSEL 1 L melk 60 ml botter 250 ml suiker 100 ml meel 100 ml mielieblom 2 jumbo eiers geskei 5 ml vanilla kaneel
1. Maak ‘n pasta van die meel, mieliemeel, eiergele en bietjie melk. 2. Gooi res van melk in kastrol met suiker en botter en bring tot kookpunt. 3. Wanneer kook, roer bietjie van kookmelk in meelmengsel. 4. Gooi meel mengsel terug by melkmengsel en klits. 5. Kook paar minute terwyl geroer word. 6. Klits eierwitte amper styf en vou met vanilla in vulsel in. 7. Skep in voorbereide kors. 8. Sprinkel met kaneel. 9. Bak 20 minute by 180°C.
QUICK MILKTART - Rina Shorty (beproef)
1 cup flour 1/8 cup maizena 1/8 cup icing sugar salt 2/3 cup margarine
1. Sift dry ingredients together and rub margarine in till it resembles a dough. 2. Line a dish 20 cm in diameter with the dough. 3. Prick dough with a fork. Bake at 180°C for 7-8 minutes.
3 and ¼ cups of milk 2 eggs well beaten ½ cup sugar ¼ cup flour ¼ cup maizena salt 3 teaspoons margarine ½ teaspoon vanilla
1. Heat the milk to boiling point in a pot. 2. Add sugar, flour, maizena and salt to the eggs. 3. Beat half the milk in with the egg mixture and pour it back into the pot. 4. Heat over moderate heat till thick. 5. Take off the stove and add the margarine and vanilla and mix well. 6. Pour in the crust and leave to cool. 7. Sprinkle with cinnamon.
ANNA DU TOIT SE MELKTERT - Elsabe Roux (beproef) (Genoeg vir 2 terte)
1liter melk 1 k meel 1 k suiker 4 eiers geskei 1 tl vanilla essence/of amandel essence 1/2tl sout
Meng die meel, 1/3 van die suiker en die sout. Maak aan met genoeg van die melk om n slap deeg te maak. Gooi die res van die melk in n kastrol saam met n bietjie botter/margarien. (Die Margarien is nie deel van die resep nie. Jy gooi so 1 of 2 eetlepels in die pot en smelt dit voor jy die melk ingooi. Dis net om te keer dat die melk te erg aanbrand.) Klits die wit van die eiers styf saam met nog 1/3 van die suiker. Klits daarna die geel van die eiers saam met die laaste 1/3 suiker. Sodra die melk kook, roer die slap deegpap by en meng goed. Laat weer kook. Haal af van die plaat en roer die eiergeel mengsel by en sit trug op die plaat. Laat NET kook voor jy weer afhaal en die eierwitte invou. Meng goed en verdeel dan tussen 2 tertborde wat met skilferdeeg uitgevoer is. Bak @180 tot 200C vir 20min tot 30 minute (tot mooi goudbruin bo-op). Wenke: Gooi 1/3k suiker ekstra by die melk vir 'n bietjie soeter tert Rol die deeg lekker dun uit vir die onderste deel van die tertbak, anders kan dit taai wees.Sprinkel kaneel oor voor jy dit bak.
PEPPERMENTCRISP TERT - Leonie Scott (beproef)
1 pakkie tennisbeskuitjies 1 blikkie caramel kondensmelk 2 x 250ml room 5 ml peperment essens 2 x peperment Aero
1. Pak beskuitjies onder in tertbak. 2. Klits room styf. 3. Klits karamel kondensmelk en peperment essens by, sowel as een gerasperde Aero. 4. Rasper orige aero bo oor. 5. Plaas in yskas tot gestol.
250 ml room styfgeklits 2 pk tennisbeskuitjies 1 blik karamel 1 groot pepperment crisp 1/4 koppie melk 4 sopies brandewyn of amaroela
1. Meng die karamel met 1/4 van die room. 2. Meng res van die room met gebreekte pepperment crisp. 3. Meng die melk en brandewyn. 4. Doop beskuitjies vinnig in brandewyn. 5. Pak in bak 20 x 20cm. 6. Smeer helfte van karamel oor. 7. Smeer helfte van room oor. 8. Pak nog ‘n laag beskuitjies. 9. Smeer weer karamel en dan weer room oor. 10. Krummel beskuitjies en peppermentcrip oor. 11. Vries en haal 30 minute voor eet uit. Foto: Rina Shorty
SJERRIE/BRANDEWYN LIKEURTERT - Sue Day (beproef)
4 eiers geskei 250 ml strooisuiker 125 ml kookwater 125 ml olie 250 ml koekmeel 20 ml bakpoeier 125 ml kakao knypie sout
SOUS 250 ml kookwater 250 ml strooisuiker 4 eetlepels sjerrie of Kahlua likeur of brandewyn
VERSIERSEL 250 ml room 397 gram karamelkondensmelk 1 flake sjokolade
TERT Klits eiergeel en strooisuiker tot liggeel. Roer kookwater en olie bymekaar. Sif meel, bakpoeier, kakao en sout bymekaar. Roer nou oliemengsel en meelmengsel beurtelings bymekaar. Klits eierwitte tot stywepuntstadium. Vou by die deegbeslag in. Skep beslag in ‘n groot tertbak met 28 cm deursnee. Bak vir 30 minute by 180°C of tot toetspen skoon uitkom.
SOUS Kook water en suiker saam tot suiker opgelos is. Roer sjerrie/likeur/brandewyn in en kook nog 5 minute. Giet sous oor warm tert as uit oond kom.
VERSIERSEL Klop room tot styf. Meng karamelkondensmelk tot glad en roer by room. Smeer oor afgekoelde tert. Breek flake sjokolade in stukkies en strooi oor tert.
TIPSYTERT - Snowflake (beproef)
1 koppie gekapte dadels 250 ml kookwater 250 ml suiker 250 ml meelblom ½ teelepel bakpoeier ¼ koppie gekapte neute 2 eiers 2 eetlepels botter ¼ teelepel sout 1 teelepel koeksoda 1 teelepel gemengde speserye
1. Kook die dadels in die kookwater en voeg koeksoda by. 2. Room die botter en suiker. 3. Voeg eiers by en meng goed. 4. Sif die droë bestanddele en voeg dit by die eiermengsel. 5. Roer die dadelmengsel by. 6. Voeg die neute by en laastens die bakpoeier. 7. Gooi in 'n gesmeerde tertbak. 8. Bak 30 minute by 200°C.
STROOP 1. Kook 1¼ koppie suiker met 'n ¾ koppie water. 2. Voeg een eetlepel botter by en laat effens afkoel. 3. Voeg ¼ koppie brandewyn en een teelepel vanilla by. 4. Gooi die warm stroop oor die warm tert.