STORT DEURE - Stella Kallis Net 'n vinnige wenk wat ek op afgekom het en wat eintlik werk. Om jou stort se deur silwerskoon te kry. Vat 'n stuk staalwol(nie goldielocks nie) en vryf die hele stortdeur daarmee. Baie belangrik,die stortdeur moet kurkdroog wees en die staalwol ook. Daardie hele vaal lagie kom af en dan kan jy na die tyd dit net lekker met 'n nat lap afwas.
AFDROOGDOEKE Hou afdroogdoeke sag deur hulle onder koue water uit te spoel met ‘n knippie Engelse sout by ASYN Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asynwater af te spoel. Asyn of suurlemoen en koeksoda werk beter as handy-andi. Asyn en koeksoda maak vir ‘n baie goeie disinfectant. Asyn en warm water kan ontslae raak van ‘n mierplaag! Voordat ‘n nuwe pan gebruik word, kook ‘n bietjie skoon asyn vir ‘n paar minute daarin. Sal ook voorkom dat vasbrand. Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is. Hervul met skoon water en stoom weer die tenk leeg. Citrus Soda en asyn maak ‘n aangebrande pot sommer vinnig skoon! Vul nuwe ketel met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water. Aanpaksels aan ‘n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn Maak jou eie bleikmiddel met koeksoda en asyn. Om glans terug te bring in kristalglase – gooi ‘n paar druppels ammonia in die was water en spoel af in asyn water. Handdoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water. Was jou handdoeke in warm water met seep en gooi ongeveer ‘n handvol sout by (Los die sout op in die water). Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit. Spoel weer maar gooi so 2-3 eetlepels ammoniak of wit asyn in die laaste uitspoelwater. Neem houertjies en gooi doodgewone asyn daarin, as dit kan hoe sterker die asyn hoe beter [met ander woorde die % asyn wat op die bottle staan] plaas dit nou oral rond, in die somermaande plaas ek ‘n bakkie voor die waaier en dit vul die vertrek totaal. Vir lastige vlieë, gooi gewone asyn wat mens in kos gooi in klein bakkies of deksels en plaas dit op onooglike plekke bv bo-op yskas ens. Die suur reuk jaag die vlieë weg, al nadeel is dat dit vinnig verdamp (na 3 dae) maar bly nog steeds goedkoper as enige gifstowwe. Maak juweliersware skoon deur dit oornag te week in ‘n mengsel van koeksoda en asyn. Indien nodig, skrop liggies met ‘n ou tandeborsel. Dit verwyder alle vuilighede sonder om die stene, goud of silver te beskadig. Moenie perels oornag week nie - net vir sowat ‘n uur. Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie asyn te week. Vryf koper blink met sout en asyn/suurlemoenmengsel Gebruik een deel asyn met twee dele gekookte lyn-olie. Die mengsel moet goed geskud word. Smeer dan aan soos meubel politoer en poleer na die tyd. Meng asyn en suurlemoen olie om die helfte aan en gooi in ‘n spuitbottel vir jou meubels. Vuil mikrogolf oond - Verhit ‘n 1/2 koppie asyn in die mikrogolf (nie nodig om te kook nie). Die asyn maak al die vetterigheid los. Vee mikrogolf met sagte lap uit. ‘n Paar bakkies vol asyn in die vertrek keer ook dat die rook intrek in meubels. Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son. Klein geroeste artikels kan ´n paar dae in asyn gelê word om die roes te verwyder. ´n Paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het maak dit weer sag. Maak jou stoof skoon met ‘n mengsel van sout en asyn. Maak ´n ou kous klam met 25ml asyn en 20ml lou water en vryf spieëls blink daarmee. Voeg twee eetlepels asyn by die water vir silwerskoon vensters. ´n Verfkwas met harde hare kan ½ uur lank geprut word in kokende asyn en agterna gewas word met skottelgoedwasmiddel. Verfkolle: Verfkolle op vensters kan verwyder word met asyn. Biervlekke kan uit ´n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf. Sodawater of wit asyn haal gewoonlik bloed vlekke uit matte uit. Maak ´n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag. Koperware kan pragtige blink gemaak word as dit nou en dan met sout en asyn afgevryf word. Stop ´n skoon vloerlap in ´n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee. Verwyder kolle op ´n mat met 1 deel witasyn en 3 dele water. Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkig vlekke soos rooiwyn en bloed uit matte uit. Om hardnekkige water vlekke in bak uit te kry kan 3 koppies asyn ingegooi word en gelaat word vir ‘n paar uur. Borsel en spoel. ndien jy hardnekkige watervlekke in ‘n beker of houer het – Vul houer met asyn en laat staan ‘n paar uur en verwyder dan met ‘n skuursponsie. (Asyn kan oor en oor gebrik word vir die doel)
BESEMSTOK Indien ‘n besemstok nie meer pas nie, plak hegpleister oor en draai weer in.
BLEIKMIDDEL Maak jou eie bleikmiddel met koeksoda en asyn. BLOMME EN TUINMAAK Koffiemoer is goed vir plante. Rol jou tuinslang in die vorm van ´n 8. Dit verhoed dat dit koek. Indien jy sukkel om ‘n tuinslang oor ‘n kraan te trek, kan jy die punt warm maak in kokende water en dan oortrek. Seep kan in die binnekant van die tuinslang gesmeer word en dan oorgetrek word. Ogiesdraad kan bo-oor geute gespan word om oortollige blare uit te hou. Om van gras tussen plaveisel ontslae te raak; kook soutwater of gewone sout kan binne die slooitjies van plaveisel gegooi word om gras uit te hou. Om permant van onkruid onslae te raak (maak ook grond dood) bespuit met diesel. Gebruik ou eierhouers om klein plantjies te maak. Saai saad afsonderlik in elkeen en met uitplanting kan die plantjie met houer en al geplant word. Sal disintegreer na ‘n ruk. Pluk snyblomme baie vroeg in die oggend of vroeg skemer. Hulle sal langer hou. In rangskikking: Gooi 1 teelepel Jik & 1 teelepel suiker in rangskikking water. Stof op plante Vee die plante af met die binnekant van ‘n piesangskil. Dit verwyder die stof en voed die blare. m van slakke ontslae te raak - Sit lemoen- suurlemoen- of nartjieskille waar die slakke is, hulle hou nie van die reuk nie Angeliere Angeliere hou langer in ´n blompot as jy sout in die water gooi. Insekdoder vir tuin Hierdie spuitmiddel sal insekte verjaag sonder om hulle dood te maak en is baie veilig in die tuin. Neem 20 Liter warm water Voeg een eetlepel koeksoda by Voeg twee eetlepels Jeyes Fluid by Vlok een vyfde van ‘n steen blouseep in mengsel in Roer goed tot al die bestanddele opgelos is. Kunsblomme Om kunsblomme skoon te maak moet dit in ‘n papiersak saam met sout gegooi en baie goed geskud word. Die sout neem al die stof en vuiligheid op en die blomme lyk sommer gou weer vars. Roes op plante Meng water en tabakstof tot dit soos flou tee lyk. Was die plante hiermee. Gooi ook die water op die wortels. Rose Rose hou langer in ´n mengsel van 1 liter koue water, 1 eetlepel asyn, een eetlepel Jik en ysblokkies. ndien rose baie verlep is. Knip stingels se punte af en plaas in kookwater vir ‘n ruk. Plaas dan in gewone water. Varings ‘n Teelepel brandspiritus opgelos in ‘n koppie water laat jou varings baie mooi groei. Varshou Maak ´n gaatjie in ´n rou aartappel en plaas jou stiggie/blom daarin om dit vars te hou as jy dit vervoer. Sit ´n bietjie koeksoda in die water by die blomme. Om blomme in ‘n vaas langer te laat hou, gooi net 2 aspirine in die water.
KETEL Vul nuwe ketel met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water. Vir die aanpaksel in jou ketel, gooi een pakkie of 3 eetlepels wynsteensuur by, kook en spoel ketel uit. Dis onmiddelik skoon. Aanpaksels aan ‘n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn Voorkom aanpaksel deur ‘n glas albaster permanent in die ketel te gooi. Plaas ketel in vrieskas totdat kante gevries is, sodra dit ontdooi kom die aanpaksel af. Brakwater Boraks kan gebruik word om brakwater sag te maak. Bril ´n Druppel gliserien help om jou brilglase skoon te hou. Dit help ook teen wasigheid. Bysteek Krap die angel met ‘n mes uit. Maak ‘n koeksodapasta en plaas dit op dit steekplek. Dit trek die gif uit. Boeke Storing: o Moenie boeke styf teen die muur laat staan nie. Gee gapings vir lug om deur te sirkuleer. o Laat staan ‘n boek regop en nie skuins nie aangesien die rug kan seerkry. Geskeurde bladsye: o Indien ‘n boek se bladsye geskeur is van ouderdom, smeer liggies met eierwit en laat boek oop vir ‘n ruk om droog te word. Stukkende rug: o Gebruik mat kleefband om die rug mooi vas te plak. Boor Teëls: Indien jy sukkel om ‘n gat te boor in keramiek teëls (wat gly) kan jy kleefband op die teël plak en dan booor boor. Plafon: Plaas ‘n plastiek plaatjie/bottelboom waar geboor moet word. Dit hou al die stof uit jou oë. CD’s Krapmerke op CD's - Vryf grondboontjiebotter daarop met ‘n sagte lappie. Coke Gooi ‘n blikkie Coke in die toilet en laat staan vir ‘n uur. Spoel die toilet en jy sit met ‘n sprankel skoon toilet. Wanner jou kar battery terminale aangepak is neem net Coke en gooi dit oor die terminale. Die Coke sal die terminale skoon vreet. Wanneer jy sukkel om ‘n geroeste skroef los te draai, gooi Coke op ‘n lappie en hou die lappie teen die skroef vir ‘n paar minute. Om vet kolle van klere te verwyder is om ‘n blikkie Coke op die klere te gooi. Was dan die klere soos normaal. Die Coke sal help om die vetkolle op te breek en te verwyder. Elektrisiteits & -besparing ‘n Muurprop se draad kan makliker geknip word deur die draad met ‘n vuurhoutjie te brand en dan die rubber te verwyder sonder om die koper draad raak te knip. Maak ‘n baie stywe knoop in die draad tussen die muurprop en die apparaat wat gebruik word. Indien die weerlig dit huis se krag sou tref, dan kan die weerligstraal nie die kort draai in die knoop maak nie en sal dus moontlik nie die apparaat beskadig nie. Stoof As jy vir jou ‘n nuwe stoof koop, kies een met ‘n konveksie oond – die gaarmaaktyd is gouer. Moenie roosterbrood in ‘n oond rooster maak nie – dit vat te lank Verminder die plaat se hitte sodra jou kos vinnig begin kook Gebruik ‘n drukkoker vir kos wat lank kook of ‘n elektriese pot. Kyk dat jy die regte grootte pot op die regte grootte plaat sit – dit bespaar elektrisiteit. Hou die oonddeur toe en moenie onnodig die deur oopmaak nie – die hitte ontsnap en vat weer ‘n rukkie om dit op te tel. Berei eerder jou maaltye heeltemal in die oond. Probeer “One pot Cooking” soos byvoorbeeld pasta en maalvleis met die sous – sodat jy nie drie plate nodig het nie maar net een. Sorg dat jou potte se deksels pas en plaas hulle op die potte om sodoende die hitte in die pot te hou. Sorg dat die lug in die oond vry sirkuleer rondom die skottels in die oond. Maak ys en vrieskasdeure so min as moontlik oop en vir so kort as moontlik. Moenie warm kos in die yskas of vrieskas insit nie. Laat dit eers afkoel voor jy dit bere. Moenie ‘n ketel vol water maak as jy net twee koppies wil maak nie Gebruik jou mikrogolf soveel as moontlik in plaas van die stoof. Moenie ligte onnodig brand nie. Wasmajiene en skottelgoedwassers moet net aangesit word as hulle vol is. Verwarmer Sit so na aan die verwarmer as moontlik dat dit nie nodig is om altwee elemente aan te sit nie. Skakel die verwarmer af as jy die kamer vir ‘n lang ruk verlaat. Gordyne hou hitte binne so trek die gordyne toe as dit koud is al vroeg in die aand. Dit is goedkoper om ‘n elektriese kombers te gebruik as ‘n verwarmer wat die hele kamer warm maak. Maak seker die deure seël goed. Etikette, plakkers (Stickers) Sit etikette op warm ingelegde bottels eers wanneer goed afgekoel het anders krul dit af. Smeer Brasso aan die etiket en vryf hom af. Enige taai kolle wat nog oorbly kan met nog ‘n bietjie Brasso verwyder word. Spuit plakker met Doom – laat paar sekondes en vryf die plakker af. Was met gewone skottelgoedseep daarna. Dit gaan oor die plakkertjies wat met niks wil afkom nie (stickers). Smeer op die plakkers of op reeds afgetrekte plakkers wat nog gom agtergelaat het KOOKOLIE en laat so ‘n rukkie staan en maak dan skoon met ‘n lap. Gebruik grondboontjiebotter om plakkers van bottels af te haal. Die gom gaan gou af met die grondboontjiebotter. Foto Beskerm foto's in rame sonder glas deur eers die foto met kleefplastiek oor te trek. Geskenkpapier: In ‘n noodgeval kan jy foelie gebruik om ‘n geskenk in toe te draai en net ‘n mooi lintjie of iets omsit. Groot hoeveelheid van geskenke kan toegedraai word met bruinpapier met gekleurde raffia vir strikke Muurpapier wat redelik goedkoop is. Glasbottels Sit etikette op warm ingelegde bottels eers wanneer goed afgekoel het anders krul dit af. Trek: Gebruik hegpleister oor die proppe om inhoud binne te hou. Pak glasbottels tussen sagte items indien jy trek. Om vinnig leeg te maak: Skud die bottel in ‘n sirkel beweging om leeg te maak. Indien jy sukkel om ‘n deksel af te skroef – plaas deksel in kookwater en skroef dan af. Slaan ‘n gaatjie in deksel met ‘n skerp voorwerp sodat lug kan inkom en skroef dan af. Sterk reuke: o Verwyder reuke uit bottels deur vol te maak met ‘n mengsel van koue water en 4 telepels droë mosterd. Gooi uit na ‘n halwe dag en spoel deeglik uit. o Gooi bleikmiddel in vir ten miste 12 ure vir baie sterk reuke. Ander gebruike: o Druk gaatjies bo in dekseltjie van bottel en gebruik vir ‘n meel strooier o Vul met water en gebruik om wasgoed nat te sprinkel voor jy stryk. Glase Om glans terug te bring in kristalglase – gooi ‘n paar druppels ammonia in die was water en spoel af in asyn water. ndien twee glase binne mekaar vassit kan die onderste glas in warmwater gehou word en die boonste een kan vol koue water gegooi word. Dit sal makliker van mekaar kom sonder om te beskadig. Om klein happies uit glasrand te verwyder – skuur met fyn sandpapier. Om te voorkom dat ‘n glas bars, kan ‘n staal telepel in die glas geplaas word en dan kan kookwater binne-in gegooi word. Gloeilampe Smeer ‘n bietjie parfuum aan jou gloeilamp – sodra aansit versprei die geur met die hitte van die lamp. Grondboontjiebotter Skeer: As jy per ongeluk jou skeerroom vergeet het op ‘n wegbreeknaweek, kan grondboontjiebotter gebruik word. Verwyder kougom van hare: Vryf ‘n teelepel grondboontjiebotter in die kougom en dit sal loskom. Verwyder gom (superglue ens) vanaf meubels: Vryf met grondboontjiebotter oor die gom en dit sal loskom. Vang muise of rotte: Muise verkies grondboontjiebotter bo kaas. Gom Taai gom op glas en plastiek kan verwyder word met paraffien. Dit beskadig nie die oppervlakte nie. Op glas – nael verwyderaar, kookolie, terpentyn of wit spiritus. Deksels van gombottels kan met kers binne gesmeer word. Gom klou nie aan kerswas nie. Haarversorging Gebruik ‘n plastiekvurk om hare uit jou haarborsel te verwyder. Skep natuurlike ligstrepe in blonde hare: vul ‘n sproeibottel met twee derde koppie Vodka en een derde koppie suurlemoensap. Sproei aan klam hare, gaan uit en spoel eers die aand af. ir hare wat uitval, meng ‘n botteltjie Bergamond-essens van Lennons met shampoo. Was hare soos gewoonlik. Onthou om bottel goed te skud voor gebruik. Vir uitval hare, meng 1 x 100 ml Bayrum (2 x glasbuisies = R7.50) met 1 x Placenta (+- R3.50 elk) in ‘n spuitbottel. Spuit aan na elke was en los dit aan. Wanneer jy jou hare laat sny, gebruik ‘n swart sak en sny ‘n gat in net groot genoeg vir die persoon se kop om deur te gaan. Soedoende sal die hare nie aan al die klere vassit nie. Hakskene Vir gebarste hakskene, week jou voete vir ‘n hele rukkie in warm water met ‘n handvol growwe sout in. Doen dit net voor jy gaan slaap. Droog liggies af met ‘n handdoek. Smeer ‘n dik laag vaseline oor jou voete. Trek ‘n plastieksakkie bo-oor. Trek ‘n paar sokkies bo-oor die sakkies. Klim in die bed en slaap.. Wend olyf - of kookolie aan skurwe hakskene die aand voor jy hulle skuur. Meng gelyke dele Glyserine (50 ml) en Scrubbs Amoniak (50 ml) in ‘n botteltjie en skud goed. Smeer elke aand aan nadat voete gewas en geskuur is. Vir wintershande, voete, gebarste hakskene, en selfs vir ekseem: Meng die volgende goed saam en smeer mildelik aan die aangetaste dele: 2 x 500 gram potjies Aqeuousroom 50 ml Gliserien 1 klein potjie wit Vaseline (reukloos) 100 g Johnson's babapoeier Handdoeke Handdoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water. Was jou handdoeke in warm water met seep en gooi ongeveer ‘n handvol sout by (Los die sout op in die water). Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit. Spoel weer maar gooi so 2-3 eetlepels ammoniak of wit asyn in die laaste uitspoelwater. Handskoene Om handskoene skoon te hou: Voor nuwe handskoene gebruik word, smeer die binneste goed met kryt. Dit sal help dat die handskoene nie vuil word van die sweet nie. Indien rubber handskoene sleg ruik van sweet – Was die handskoene binne mooi en gooi ‘n bietjie poeier in die handskoen en trek dan aan. Stoor die handskoene binnekant buite tot volgende keer gebruik word. Houtvloere Om plankvloere blink en glad te maak: Neem 1 waskers en 1 koppie paraffien. Sit dit op kole om die was te smelt. Vryf dit met ‘n flennielap op die vloer, nadat dit eers goed skoongewas en gedroog is Krakende vloere & deure Gooi lyfpoeier in die gleufies van krakende houtvloere. Smeer die skaniere van krakende deure met seep of olie om die geraas weg te kry. Insekte & peste Vir enige ongewenste goggas in die koskaste, beddens of waar ookal, spuit met Fendona, te kry by die gifafdeling in supermarkte. Hierdie spuitstof is besonder mens- en dier-vriendelik - die kaste kan gespuit word en die kastrolle kan dadelik teruggepak word. Om insekte te beperk in die huis – hang ‘n vars bonneltjie brandnetel in die oop ventser. Veilige spuitmiddel vir die Tuin.: Hierdie spuitmiddel sal insekte verjaag sonder om hulle dood te maak. Neem 20 Liter warm water Voeg een eetlepel koeksoda by Voeg twee eetlepels Jeyes Fluid by Vlok een vyfde van ‘n steen blouseep in mengsel in Roer goed tot al die bestanddele opgelos is Spuit insekte met 1 pak tabak goed getrek op 3 liter warm water. Syg deur doek. Voeg by: 1 eetlepel Skottelgoed seep halwe bottel Brandspiritus Vernietig insekte op diere deur te was met water waarin aartappels gekook is. Herhaal ‘n paar keer. Borsluise & vlooie Was jou troeteldiere twee tot drie keer met water waarin aartappels gekook is. Dit hou die insekte weg van hulle. Om vlooie uit matte te hou, strooi Karbadust op die matte en laat dit vir ‘n ruk voordat die matte gesuig word. Dit is veilig om ook die troeteldiere daarmee te poeier. Om vlooie weg te hou, was honde met Sunlightseep in water waarin 2 proppies Dettol opgelos is. Spoel ook af met Dettolwater. Maak Chlorphyriphos sterk in ‘n spuitkan aan en spuit orals. Dit help om vlooi-eiers wat die honde inbring van ontslae te raak. Vlooie, baie goeie raad is om 1 koppie ammoniak met 4 koppies water te meng en dit oral in die huis te spuit. Dit nie vlek of beskadig die houtvloer nie aangesien die ammoniac baie verdun is Kakkerlakke Hulle eet stof, so skaf ‘n stofsuier aan en gebruik dit gereeld om die stof agter kaste, onder beddens, binne in kaste en al daardie ander donker hoekies uit te suig. Spuit Chlopirifos (gif) binne en buite die huis en jy sien die gedoentes nie weer nie. Gooi gereeld onverdunde jik in al die wateruitlate, dreine ens. en sit die prop in en laat oornag staan. Die ander goed soos die kakkerlak huisies en al die ander geldmaak foefies werk nie. Gebruik Baygon Green om hulle aanvanklik bietjie dood te maak. Kry by die saadhandelaar Carba sproei. Dit word met water aangemaak en is nogal duur maar glo my dit werk wonderlik Strooi Engelse sout, salietakkies of laventelolie op rakke om kakkerlakke weg te hou. Meng versiersuiker en gips so 50/50. Plaas in houers op die vloer en as alles volgens plan verloop, dan is jy ontslae van die ou oulike gediertetjies. Meng mieliemeel en gips en sit water langsaan. Meng Boraks en versiersuiker en sit dit se maar in doppies of proppies op strategiese plekke - veral onder die wasbak of kas onder die wasbak - hulle hou van die klammigheid. As hulle op die boraks loop, klou dit aan hulle pote vas en lek hulle agter die soetigheid aan, en blykbaar maak die boraks hulle dood. Chlorpirifos is by hardeware- en afdelings winkels beskikbaar. Dit word verdun en aan lyste gesmeer met ‘n kwas of aangespuit. Doen dit maar so elke 3 maande. Spuit Dyroach oral teen vloerlyste, agter en onder meubels en in gleufies. Pak jou kombuiskaste uit en spuit teen die onderkante van die rakke. Los so vir ‘n uur of twee. Vee die bokante van die rakke met ‘n klam lap af en pak die goed weer terug. Moenie die onderkante van die rakke afvee nie. Doen dit vir ‘n begin ten minste een maal ‘n maand. Sit piesangskille in jou kaste. Vervang wanneer droog. Die goedjies hou blykbaar glad nie van die reuk nie. Ek het gehoor as jy Kakiebos oral sit werk dit. Plant een veral by jou dreine. Sit naeltjies in al jou kombuiskaste/waar hulle ookal voorkom. Gaan fumigate of spuit jou bottel leeg en verwyder die kokkerotte wat jy kan. Maak skoon buite en oral in die kaste en areas waar hulle neig om voor te kom, bo-op jou geyser, ens Wat ‘n mens ook kan doen is om die poeier oral oor die oppervlak van jou kaste en laaie te gooi, papier bo oor le.en dan alles terugpak in die kaste. Al nadeel van die poeier is, is dat dit neig om te lyk soos sout wat rond gemors is. Die poeier droog die kokkerot heeltemal uit. Al wat jy daar kry is ‘n biltong kokkerot, so klein plat en verskrompel. Die apteke verkoop nie meer die groot pakke borasic(boor) poeier nie. . Dit is die selfde uitwerking wat dit op die kokkerot het. Die vog word uit hulle uit getrek. Sit bakkies met koeksoda orals in die huis (veral agter yskas, stoof, onder wasbak, ens.). Die kokkerotte eet dit (en dra dit na hul nes toe). Die vog binne hul lywe maak die koeksoda bruis en laat die kokkerot vrek. Dit voorkom ook dat ‘n volwasse kokkerot eiers le voordat hulle doodgaan. Krieke Meng wasgoedseep en water (eetlepel in 2liter water) - gooi dit in die gaatjies in die gras - wag vir so minuut of wat en hulle sal uitklim omrede die seep hulle brand. Miere Sit bietjie van die mengsel van 100ml water 200ml suiker 50ml Borax (kry by apteek) uit waar miertjies voorkom, sodat hulle dit kan nes toe dra. As mens sien hulle staan sulke kringe om die stroop, is dit ‘n goeie teken dat hulle dit geniet. Sorg dat stroop altyd beskikbaar is. Mens sien nie onmiddellik resultate nie, maar na ‘n drie tot vier weke begin jy agterkom daar is nie meer miere nie. Hulle dra die stroop nes toe, voer die ander miere en koningin daarmee en die hele nes vrek uit. Kamakazi krummels (moet nie met die hand strooi nie anders is dit nie effektief nie) Strooi ten minste een keer ‘n week vir ses weke aanmekaar. Termedine (dit is glo dieselfde as wat die mense van "Pest control" gebruik maar is baie duur - iets soos R800 vir 5 liter en daar is voorgestel dat jy met jou bure moet praat om dit saam te koop. Dit word glo aangemaak 1 op 40) 411-kunsmis. Dit is glo baie giftig en jy moet veral oppas vir jou honde of diere maar is glo verskriklik effektief. . Vir die klein miertjies in die huis smeer kryt wat jy by die vlooimark kry aan. Strooi VIM of babapoeier maar moenie dit afvee as jy skoonmaak nie. Maak "Die Ant" met water aan en spuit dit al teen die "scurtings" van jou huis. Gooi bietjie paraffien in ‘n miernes. Vir hierdie suikermiertjies wat so die kombuis kan oorneem. Strooi net rooipeper op strategiese plekke. Maak Chlorphyriphos sterk in ‘n spuitkan aan. Dit help selfs om die swartmiere uit die huis te hou. Strooi koeksoda of borax poeier binne kaste en laaie. Kook korente in kasterolie en plaas in die pad van die miere. Sit bakkies met koeksoda orals in die huis (veral agter yskas, stoof, onder wasbak, ens.). Miet Sit Lourierblare in meel om miet uit te hou. Vyetakkies by droëvrugte hou miet uit. Miete (in meel, ens.) - Plaas ‘n wit kers binne in die meel. Dit voorkom dat miete in die meel, pasta, rys, ens. kom. Om miet uit meel of saad te hou, snoei ‘n paar takkies van ‘n vyeboom en plaas dit binne in die houer. Motte Sprinkel terpentyn op stukkies papier en sit dit in jou kas om motte uit jou klere te hou en sit stukkies kamfer in jou kas om motte uit jou klere te hou. Sit lappies geweek in parafien in jou kas om motte uit jou klere te hou. Onthou julle die motbolle in die seisoenklere se wegpakplek en die komberse. Vergeet daarvan, want die reuk kry jy buitendien nooit uit. Rasper Sunlight Wasgoedseep (die groen blokke) in die kas/sak waar jy dit bêre - niks meer stanke en hou alle ongediertes daar uit! Gooi van die goed op jou huis se plafon en geen muis of rot sal dit naby die plafon waag nie. Ons verpes muise en rotte en muise en rotte verpes die reuk van Motbolle. Sit gedroogde lemoenskille in die laaie tussen die klere Molle Hondebollie die slagysters op die grasperk kan ook nuttig wees. Gooi hulle oral in die gate/tonnels. Muise Sit grondboontjiebotter op muisvalletjies om muise of rotte te vang. Muise verkies grondboontjiebotter bo kaas. Meng in gelyke hoeveelhede gipspoeier en versiersuiker. Die sit jy sommer in bakkies orals in jou kaste - alle verskuilde gaaitjies neer en los dit daar. Hulle kom eet daaraan en dan versteen hulle magies. Muskiete Kry ‘n citronella kers of een van hierdie branders met citronella olie en brand dit. Gaan na enige apteek of winkel en gaan koop ‘n bottel Lavender olie. Dit sal jou kalm en rustig maak en hou die muskiete weg. As ons buite braai dan sit ek sommer aan my bene net ‘n druppel, of ek gooi sommer op die beddegoed bietjie olie of sit dit in ‘n olie brander met bietjie growwe sout en gebruik dan die growwe sout om in te bad. Ek glo geen huis behoort sonder Lavender Oil te wees nie. Dit jaag sommer verkoue ook by die huis uit!!! Ek gebruik sommer ‘n gewone olie lampie om lig te verskaf wanneer ons kamp. Maar, in plek van Maar, in plek van parafien, gebruik en die olie wat Sitronella olie in het - dit brand net so goed, het wel die bekende Sitronella olie reuk en my ondervinding is dat dit help vir die omgewing waarin ‘n mens dan 'kuier'. Dit brand so lank aan een 'vulling', dat ek dit in ieder geval dag en nag aan die gang hou.