Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en deurskynend. Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minuut lank. Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin. Voeg die sout, asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by. Plaas die deksel op en prut dit 10 minute lank. Week die brood in melk. Druk die melk uit en voeg die brood by die vleismengsel. Skep die vleismengsel in 'n vuurvaste oondskottel. Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by. Druk die suurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die eiermengsel bo-oor . Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond teen 180C totdat die vla gestol het.
SPRINGBOKFILET – Ben Heystek
1 Springbokrugstring
Marinade: 1 Groot ui, in skywe gesny en in ringe getrek 2 Lourierblare 4 Takkies pietersielie, fyn gekap 5ml Vars gekapte tiemie 50 ml Olie 15ml Worcestersous 15 ml Korrelmosterd 50ml Asyn Vars gemaalde swartpeper 8 swart peperkorrels
Kook die marinade 30 minute, laat dit koud word en marineer rugstring vir enigiets van vier uur tot twee, drie dae. Verwyder vleis, droog goed af, geur met sout en peper. Braai sowat tien minute aan elke kant oor warm kole tot die vleis ‘n ligroos kleur kry.
GEVLINDERDE SPRINGBOKBOUD – Ben Heystek
(8 porsies. Moet nie te gaar gebraai word nie, anders sal dit droog wees. Dit moet nog pienk in die middel wees.)
1 Springbokboud, ontbeen en gevlinder 200 g spek, in repies gesny
Marinade: 750ml (1 bottel) Droë wit wyn 50 ml Asyn 150 ml Olyfolie 5ml Vars gekapte orego 10ml Vars gekapte roosmaryn 2 Knoffelhuisies, fyngemaak 2 Lourierblare 20 Swartpeperkorrels, gestamp
Vlek die dik dele van die boud oop en stop met spek. Meng al die bestanddele vir die marinade en laat vleis twee tot drie dae in die koelkas marineer. Geur die vleis met sout en pe per en braai sowat 20 minute aan elke kant oor warm kole. Bedruip gereeld met marinade.
POTGEBRAAIDE SPRINGBOKBOUD – Ben Heystek
(8-10 porsies)
Vleis, lardering en weekvloeistof 1 Springbokboud 125g Spek, in repies gesny 40g (60ml) Rosyne 4 Knoffelhulsies, skoongemaak 60ml Asyn 15ml Sout 5ml Vars gemaalde peper 3ml Fyn gemmer 15ml Bruinsuiker
Marinade: 250ml Karringmelk Pot braai: 50ml Olie 15g (15ml) Bbotter Sout en peper 3 Skaapskenkels, in stukkies van 30mmgesny 2 Uie, in skywe gesny en in ringe getrek 2 Wortels, geskraap en in skyfies gesny 5ml Droë gemengde kruie 500ml Vleisaftreksel 200ml Rooi wyn 10ml Mielieblom, aangemaak met 50ml koue water 125ml Room Suurlemoensap na smaak 30ml Vars gekapte pietersielie
Lardering: Week die boud in die res van die bestanddele tot die rosyne uitgedy is. Stop boud met spek, rosyne en knoffel.
Marinade: Bedek gestopte boud met karringmelk en laat 24-48 uur in die yskas staan. Potbraai: Droog vleis af, braai in olie en botter en geur met sout en peper. Verwyder boud, braai skaapskenkels in die vet tot bruin en verwyder. Braai uie en wortels tot uie sag en deurskynend is. Voeg kruie, aftreksel en wyn by en verhit tot kookpunt. Plaas die skenkels terug in die kastrol op so ‘n manier dat die boud later daar op kan rus. Plaas boud bo-op die skenkels, bedek en prut sowat drie uur. Verwyder boud. Giet sous deur ‘n sif, verhit, en roer mielieblom geleidelik by tot die sous verdik. Roer room en suurlemoensap by en prut een minuut. Proe en geur met sout, peper en pietersielie. Sit voor met gestoofde kwepers.
Wenk: Hierdie gereg kan ook effens anders voorgesit word deur dat die sous, sonder die room, oor die vleis gesmeer word. Drup dan die room bo-oor en verbruin dit onder die element van ‘n oondrooster.
SPRINGBOKPOTJIE – Ben Heystek
(6 porsies)
1 Springboknek, in skywe gesaag 1 Springbokblad, ontbeen en in blokkies gesny 500g Swoerdlose spekvleis, gesnipper 1 Blikkie (340 ml) bier Sout en peper 5ml Fyn naeltjies 10ml Fyn gerasperde neutmuskaat 250ml Asyn 30 ml Worcestersous 80ml Rooiwyn 80ml Tamatiesous 80ml Vrugteblatjang 500g Aartappels, geskrop 350g Murgpampoentjies, in skyfiesgesny 250g Wortels, geskraap 250g Sampioene, afgevee
Smoor nek, blad, die helfte van die uie en die varkspek vir 1½ uur in ‘n ysterpot. Voeg die res van die uie by, asook die knoffel en spekvleis. Roer een of twee maal deur totdat die meeste van die vet uitgebraai is. Voeg die bier by , geur met sout en peper en voeg die res van die bestanddele - behalwe die murgpampoentjies, wortels en sampioene - by. Bedek en smoor tot vleis byna sag is. Voeg die orige groente by, geur met sout en peper en prut nog 20 minute.
OONDGEBRAAIDE WILDBOUD – Ben Heystek
1 Wildsboud van sowat 3 kg 250g Varkspek Knoffelhuisies na smaak (opsioneel) Heel naeltjies na smaak (opsioneel) Marinade Sout en vars gemaalde swartpeper nasmaak
Vries spek en sny in repe (dan is dit makliker om die vleis te lardeer). Lardeer die boud met die spek. Indien verkies, kan ‘n knoffelhuisie en ‘n heel naeltjie in van die gate gestop voor dit met die spek gelardeer word. Marineer die boud 1 tot 2 dae. Draai die vleis gereeld om. Stel die oond op 180°C. Droog die vleis af met kombuis papier en geur met sout en peper na smaak. Plaas die boud in ‘n oondpan en bedek met ‘n stuk heel varkspek of oorskietrepe met velkant na bo, en verbruin. Voeg 500 ml van die marinade by. Bedek die pan met aluminium foelie of ‘n deksel en oondbraai 2 tot 2½ uur. Aartappels, heel uie en heel wortels kan bygevoeg word net voordat die vleis gaar is. As die pan te klein is, verwyder die gaar boud en oondbraai groente in dieselfde bak. Ideale bykosse by wildboud is koring, gebraaide aartappels, wortels, heel uie, gestoofde droëvrugte of kwepers en groen boontjies. Dien altyd op met kweper-, appelof maroelajellie.
WILDSMARINADES - Ben Heystek
Die volgende marinades is heerlik vir wildvleis. Marineer die vleis ‘n dag of twee daarin.
MARINADE 1
2 Uie, gekap 125ml Kookolie 2 Takkies vars pietersielie, gekap 250ml Wit wyn 30ml Asyn 2 Lourierblare Sout en peper na smaak
Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en Iaat afkoel.
Stel oond op 160°C. Marineer vleis 1-2 uur in die Milk Stout bier. Smelt vet en roer meel in, roer aanhoudend vir ± 2 minute. Roer res van Milk Stout by totdat dit dit is. Voeg res van bestandele by behalwe sampioene. Bak met deksel op vir 2 ure. Roer sampioene in en bak not 25 minute. (Kan ook in pot gemaak word).