STEW DUMPLINGS
(beproef)
1 koppie meelblom
1½ teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 eetlepel margerien
½ koppie melk
1. Sif meel, bakpoeier en sout saam.
2. Vryf margarien in met vingers.
3. Voeg melk by en meng liggies tot 'n sagte deeg.
4. Laat lepels vol deeg in kokende stew drup.
5. Sit deksel op en moenie vir minimum 12 minute oop maak nie.
LEKKERSTE STOWE BEESSTERT - Pasella
(beproef)
2 beessterte, in 1 cm lengtes gesny
1 koppie meel, gegeur met speserye van jou keuse
45 ml olie
225 gram uie, gekap
340 gram wortels, geskil en in ringe gesny
200 ml beesvleisaftreksel
150 ml rooiwyn
1 blikkie (350 ml) kola-koeldrank
½ teelepel suiker
sout en varsgemaalde peper na smaak
sap van halwe suurlemoen
1 teelepel tamatiepasta
1 teelepel gekapte tiemie
2 teelepel pietersielie gekap
1. Rol die beesstert in die meel om te bedek.
2. Verhit olie in 'n pan en braai tot bruin.
3. Verwyder uit pan en braai die uie en wortels in dieselfde pan.
4. Voeg die vleisaftreksel, wyn en kola-koeldrank by en dan die suiker, sout en peper, suurlemoensap en tamatiepasta.
5. Bring tot kookpunt, plaas die beessterte in die mengsel en prut 'n paar minute.
6. Skep die vleis en groente in 'n oondbestande houer en sprinkel tiemie en pietersielie oor.
7. Bedek met twee lae foelie en plaas 2 ure in die oond teen 150°C totdat die vleis van die been afval.
SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK - Corna Norval
(beproef)
Meng meelblom, sout en peper. Druk steak daarin en slaan die steak met die kant van die piering sodat die meel klou.
Braai in olie tot mooi bruin – nie gaar nie. Braai 2 groot uie in ringe gesny. Pak in lae in die kaserol.
Meng:
750 ml water
50 ml tamatiesous
50 ml worcestersause
25 ml mielieblom
25 ml bisto
1 Blokkie Biefekstrak
Gooi oor vleis en sit deksel op. Bak by 150ºC vir 3 ure.
KRUIE FILLET MET BLOUKAASSAMPIOENSOUS – Rina Shorty
(beproef)
1 sakkie growwe sout
150 gram botter
2 huisies knoffel fyn gekap
1 beesfillet van ongeveer 1,6 kg
500 ml vars fyn gekapte kruie soos basilie, pietersielie, salie, roosmaryn
1. Voorverhit die oond se roosterelement en plaas die oondrak in die middel van die oond.
2. Sprinkel sout in oondpan tot die bodem goed daarmee bedek is.
3. Smelt die botter met die knoffel op lae hitte.
4. Droog die vleis af met papier handdoek. Smeer van die knoffelbotter oor die fillet.
5. Rol dan die vleis in die fyn kruie en bedek goed.
6. Plaas dit op die sout bed.
7. Verf nog bietjie knoffelbotter bo op.
8. Plaas op oond rak en rooster 15 minute.
9. Haal uit en draai die fillet om. Smeer nog knoffel botter op. Bak nog 15 minute.
10.Haal die vleis uit en sit op n dien bord. Laat rus vir 10 minute. Sny in 2 cm skywe en bedien met bloukaas sampioen sous.
BLOUKAASSAMPIOENSOUS
45 ml olyf olie
1 ui gekap
400 gram sampioene in skyfies
250 ml room
100 gram bloukaas gekrummel
sout en vars gemaalde swart peper
60 ml Port.
1. Verhit olie en braai ui tot sag en effe bruin.
2. Voeg sampioene by en braai 5 minute.
3. Voeg die room by kook 3 minute en voeg die blou kaas by tot gesmelt.
4. Geur en roer port in.
5. Bedien met fillet.
FILLET, MURG EN KAAS
1 Beesfillet
8 tot 10 murgbene
Mozzarellakaas
Cheddarkaas
Room
Vars basiliekruid
Vars growwe peper en sout
1. Kook murgbene in vleisaftreksel tot sag.
2. Druk die murg uit die bene en meng met die kase, room en basiliekruid.
3. Maak aan bokant van fillet 'n holte en druk met 'n skerp lang mes 'n "tonnel" in die fillet waarin jy die murgmengsel kan druk.
4. Versprei die mengsel eweredig in die fillet.
5. Maak die fillet bo toe met stokkie en laat die vleis rus.
6. Maal peper en sout en rol fillet daarin.
7. Braai in olyfolie in ‘n pan, oor die vuur of in oond. (Die hitte moet nie te kwaai wees nie, om die kaas kans te gee om te smelt).
8. Draai gereeld om.
BEESVLEISBLOKKIES MET ROMERIGE TAMATIESOUS
3 Eetl Botter
3 Eetl Olie
1,5 Kg Beesvleisblokkies
2 Uie Gekap
12 Pekeluitjies Geskil
24 Klein Wortels, geskil
6 Murgpampoentjies, in groterige stukke gesny
SOUS
½ Teel Sout
½ Teel Swartpeper
1 Teel Gedroogde pietersielie
4 Teel Bruinsuiker
3 Eetl Blatjang
1 Ml Tabasco-sous
½ Koppie Tamatiepuree
1 Koppie Beesvleisaftreksel
1 Koppie Dikroom
Verhit botter en olie in swaarboomkastrol en verbruin vleis. Skep uit. Soteer gekapte
uie. Skep uit en hou eenkant tot benodig. Roer sousbestanddele, behalwe room, by
warm beesvleisaftreksel en voeg by vleis. Laat oor lae hitte vir 2 ure met deksel op
prut of in drukkoker vir 1 uur. Voeg uie, piekuitjies en groente by en prut nog 20
minute. Roer room net voor bediening by. Verdik sous, indien nodig met, ‘n bietjie
maizena wat met water tot pasta gemeng is. Sit saam met rys, aartappels of
koeskoes voor.
LEKKERSTE STOWE BEESSTERT - Pasella
"Cheslyn Hendricks, sjef van The Fig Tree Restaurant, het hierdie hoofgereg opgedien vir ons vrolike onthaal ter viering van Vryheidsdag. Volgens Judi Dyason, hoofsjef van De Hoop Collection, is hierdie gereg oud-President Nelson Mandela se gunsteling. Die kleurvolle chakalaka-slaai waarmee dit bedien word simboliseer ons reënboognasie."
2 beessterte, in 1 cm lengtes gesny en oortollige vet verwyder.
1 k meel, gegeur met speserye van jou keuse
45 ml olie
225 g uie, gekap
340 g wortels, geskil en in ringe gesny
200 ml beesvleisaftreksel
150 ml rooiwyn
1 blikkie (350 ml) kola-koeldrank
½ t suiker
sout en varsgemaalde peper, na smaak
sap van halwe suurlemoen
1 t tamatiepasta
1 t gekapte tiemie
2 t pietersielie, gekap
Voorverhit die oond by 150 ˚C.
Rol die beesstert in die meel om te bedek. Verhit olie in in 'n pan en braai tot bruin. Verwyder uit pan en braai die uie en wortels in dieselfde pan.
Voeg die vleisaftreksel, wyn en kola-koeldrank by en dan die suiker, sout en peper, suurlemoensap en tamatiepasta.
Bring tot kookpunt, plaas die beessterte in die mengsel en prut 'n paar minute. Skep die vleis en groente in 'n oondbestande houer en sprinkel tiemie en pietersielie oor. Bedek met twee lae foelie en plaas 2 ure in die oond totdat die vleis van die been afval.l
** Wessels Van Vuuren: " Baie dankie, hierdie is 'n uitstekende resep. Lekkerste beesstert wat ek ooit geëet het.
MONGOOLSE BIEF - Martie Moolman
(beproef)
1 kg rump in repies
3 koffelhuisies in stukkies
5 spring unions gekap
halwe k soyasous
kwart kop sjerrie
1 t wit wyn asyn
2 t sesameolie
swart peper
1t molasse
1t fyn gemmer
1 t rissie vlokkies
3t bruin suiker
kwart k mezena
Sit repies vlein saam mezena in plasiese sakkie en skud tot goed gemeng.
Sit alle vloeistof en speserye in prutpot en voeg bief by en meng liggies. Kook op laag vir 4 ure.
Bedien op rys.
MOSTERDSTEAK
Dis by verre my gunsteling-manier om steak voor te berei vir ’n braai. En die romerige mosterdsous wat bo-oor kom, is só lekker, jy sal jou bord wil uitlek!
Onthou net die gulde reël vir steak braai – die vleis moet kamertemperatuur wees voor dit gebraai word en hoe warmer die kole, hoe beter.
1 kg steak van jou keuse, teen kamertemperatuur
30 ml Dijon-mosterd
olyfolie
balsamiese asyn
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
sap van 1 suurlemoen
MOSTERDSOUS
500 ml room
30 ml heel korrelmosterd
20 ml heuning
Sout na smaak
Smeer die steaks goed in met die mosterd, drup olyfolie oor en laat staan vir 10 minute. Drup balsamiese asyn oor. Draai die steaks om sodat albei kante met ’n asyn-en olielagie bedek is. Sit op die rooster en geur met sout en peper. Braai vinnig op warm kole tot geseël, draai om en geur aan die ander kant met sout en peper. Braai tot gaar na smaak. Verwyder van die kole en druk vars suurlemoensap bo-oor uit. Laat rus die vleis vir 5-10 minute.
Vir die sous: Verhit die room, mosterd en heuning tot kookpunt en kook vinnig tot dit met die helfte afgekook is en begin verdik.
Geur na smaak met sout en sit voor met die steak. Sit voor met knoffelbrood of aartappels en slaai.
GEBRAAIDE PYNAPPEL DIKRIB - Petro van der Westhuizen
(beproef)
1 middelsalg pynappel
1 groot ui
1kg Dikrib
botter of margerien
sout
peper
Skil die pynappel en ui en rasper grof
Versprei die helfte van die mengsel in 'n groot vlak bak.
Plaas die dikrib skywe daarop en skep die res van die pynappel mengsel daaroor.
Bedek die bak en laat 'n rukkie marineer
Smelt 'n groot klont botter of margerien
Rooster die skywe oor warm kole tot verlangde graad van gaarheid en bedruip gereeld met die gesmelte botter
Strooi sout en peper na smaak oor en sit dadelik voor.
- OONDSTOWE - Erna van der Merwe
- (beproef)
- (Wenresepte 8)
- 500g bees blokkies
1t sojasous
3e olyfolie
2 groot gekapte uie(gekap)
5 geelwortels in stukke
5 aartappels in stukke
2 lourierblare
1e koekmeel
1k rooilensies
1 blikkie (340ml bier)
1,5 k beesvleis aftreksel
2e blatjang en/of tamatiepasta
Sout en peper
Voorverhit oond 160•c
Smeer oondbak (30x 20cm)
Gooi sojasous oor vleis en braai in olie tot gaar en skep in bak.
Verhit nog olie en braai uie tot geurig, voeg wortels aartappels en lourierblare by en roerbraai 2minute
Sprinkel meel oor en roer deur (ek het die meel en stock uitgelos en n pakkie sop in die water aangemaak)
Voeg lensies, bier(ek het n groot blikkie ingegooi), aftreksel, en blatjang by. Geur met sout en peper en bring tot kookunt. Skep in bak en bak 1en half na 2ure. - KLUITJIES
625ml(2,5k)
Bruismeel
1knoffelhuisie
fyngedruk
Ruim
half t aangemaakte mosterd
2t
vars fyngekapte pietersielie
60ml
(Kwart k) olie
Ruim
half t sout
1t
gemengde kruie
150ml
koue water
Meng
alles om sagte deeg te vorm.
Vorm
12 bolletjies en pak op vleis. Bak nog 20-25 min oop.
(Ek gebruik biki meer
water en skep lepels vol op die vleis. Ek sal dit volgende keer weer eerder met
die deksel op bak vir n natter
kluitjie)
- Dan kom kluitjies bo op en word hy oop gebak vir nog 20minute.
Ek het alles in my swartpot op die stoof gemaak en toe sommer die pot in die oond gesit.
Dis regtig baie lekker!!!
THAISE BIEFREPIES
700 G Biefstuk, in repies gesny
Bietjie olie
2 Uie Gekap
1 Knoffelhuisie, gekneus
1 Rooi Soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 ½ Teel Maizena
1 Blik Klappermelk
2 Eetl Vars koljanderblare, gekap
3 Eetl Grondboontjiebotter
Sout en swartpeper na smaak
Braai vleisrepies bietjie op ‘n slag in olie tot goudbruin aan albei kante. Skep uit en
hou apart. Voeg nog olie by indien nodig en soteer uie en knoffel tot deurskynend.
Voeg soetrissie by en soteer nog 2 minute. Sprinkel maizena bo-oor en roer tot
maizena geabsorbeer is. Voeg klappermelk, koljander, grondboontjiebotter, sout,
peper en vleisrepies by. Verhit tot kookpunt en prut oor medium hitte vir 10 minute.
Sit warm saam met pasta of rys voor.
SOET-SUUR-BEESVLEIS/HOENDER - Anke Hattingh
(beproef)
900 gram vleis (blokkies of repies)
125 ml olie
1 blik pynappelstukkies
250 ml tamatiesous
62,5 ml wit asyn
45 ml bruin suiker
5 ml sout
125 ml soet-suur agurkieskywe
7 ml tiemie (opsioneel)
Knippie knoffelsout (opsioneel)
2 gekapte soetrissies
1 of 2 wortels in repies gesny
Sny vleis in blokkies of repies en rol of skud in plastieksak met gesoute meelblom.
Voeg pynappelstroop, tamatiesous, asyn, sout, suiker, agurkies en geurmiddels by. Prut vir 10 tot 15 minute, roer af en toe.
Voeg groenrissies, wortel en pynappelstukke by. Kook nog 15 minute tot wortels gaar is. Laat afkoel.
Kan tot 2 maande gevries word.
1t sojasous
3e olyfolie
2 groot gekapte uie(gekap)
5 geelwortels in stukke
5 aartappels in stukke
2 lourierblare
1e koekmeel
1k rooilensies
1 blikkie (340ml bier)
1,5 k beesvleis aftreksel
2e blatjang en/of tamatiepasta
Sout en peper
Voorverhit oond 160•c
Smeer oondbak (30x 20cm)
Gooi sojasous oor vleis en braai in olie tot gaar en skep in bak.
Verhit nog olie en braai uie tot geurig, voeg wortels aartappels en lourierblare by en roerbraai 2minute
Sprinkel meel oor en roer deur (ek het die meel en stock uitgelos en n pakkie sop in die water aangemaak)
Voeg lensies, bier(ek het n groot blikkie ingegooi), aftreksel, en blatjang by. Geur met sout en peper en bring tot kookunt. Skep in bak en bak 1en half na 2ure.
625ml(2,5k) Bruismeel
1knoffelhuisie fyngedruk
Ruim half t aangemaakte mosterd
2t vars fyngekapte pietersielie
60ml (Kwart k) olie
Ruim half t sout
1t gemengde kruie
150ml koue water
Meng alles om sagte deeg te vorm.
Vorm 12 bolletjies en pak op vleis. Bak nog 20-25 min oop.
(Ek gebruik biki meer water en skep lepels vol op die vleis. Ek sal dit volgende keer weer eerder met die deksel op bak vir n natter kluitjie)
Ek het alles in my swartpot op die stoof gemaak en toe sommer die pot in die oond gesit.
Dis regtig baie lekker!!!