In Mense van my asem vertel Steve Hofmeyr uiteindelik sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke. Hy begelei ons op 'n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat 'n groot impak op hom gehad het. Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgele - sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings, sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, 'n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het. Hierdie titel gee 'n boeiende - en soms skokkende -kykie in die lewe van die omstrede kunstenaar en mens.
ALITA STEENKAMP - LOUI FISH Onsinkbaar Onsinkbaar is 'n verhaal van passie, dwelms, geweld en liefde. Van ontwerpersklere en die gejaag na sukses. Maar dit vertel ook van ’n weerlose Loui, wanneer sy gestroop van al hierdie dinge besef dat geld en glorie nie geluk bring nie.Ook in Engels beskikbaar as: Walking in my Choos
David Gemmell - Joost Spieelbeeld
Uittreksels uit Joost: Spieëlbeeld
Joost tydens die 1998 Curriebeker-eindstryd "Luister na die skare . . . luister! Daardie mense het ons deur dik en dun ondersteun. Nou is dit ons beurt om iets goeds vir hulle te doen. Om iets te doen waarop ons trots kan wees. Hou op worry oor of ons gaan wen of nie; kom ons speel net met trots en guts. Dan, wanneer ons by die huis kom, kan ons ten minste na onsself in die spieël kyk."
Joost oor sy deelname aan die TV-reeks Strictly Come Dancing "Ek kon al hoor hoe Marc Lottering by sy volgende show vertel hoe ek myself beseer het in Strictly Come Dancing. Ek kon dit nie glo nie – daar was een uur oor voor die opname sou begin en daar sit ek, Meneer Rugbyspeler Rof-en-Onbeskof. Beseer! En toe besluit ek net bogger dit, ek gaan weer spring."
Joost, die pa "Jy gaan 'n pappa word," het Amor gesê. Toe Joost uiteindelik tot verhaal kom, het hy besef die papiertjie wys die uitslag van 'n swangerskaptoets. "Ek het my stewels laat val en Amor vasgegryp. Die trane het oor my wange gerol."
Edward Griffiths - Joost vir liefde en geld
Joost van kleins af agter droom aan... ...en wil deel van Blou Bulle se glorie wees In Joost van der Westhuizen se hart brand steeds één vurige ambisie: om die Curriebeker te help terugbring Pretoria toe. En dis 'n droom wat al van sy skooljare kom, vertel hy in sy biografie, Joost. Vir liefde en geld, deur Edward Griffiths, wat van dié week af te koop is. Hierdie uittreksel uit die boek is met die vergunning van die skrywer en die uitgewer, CAB. GEDURENDE sy kinderjare al het Joost van der Westhuizen hom aan die krag en glorie van Noord-Transvaal se rugby verwonder; aan die jaarlikse Curriebeker-eindstryd, aan die aankondigings dat alle kaartjies vir Loftus Versfeld verkoop is. Nadat hy en sy Springbok-spanmaats in 1995 die Wêreldbeker verower het, was sy grootste wens om die Curriebeker in 'n Noord-Transvaalse span te wen. Hy wou 'n deel van die Blou Bulle se geskiedenis wees; deel van die glorie. Toe hulle die Vrystaat later daardie jaar in Bloemfontein met 53-21 verslaan, het Joost begin glo dat die wonderlike gloriedae van ouds weer aangebreek het. Noord-Transvaal (soos die Blou Bulle toe nog bekend was) het sewe drieë gedruk op 'n veld waar hy gewoonlik sukkel. Sy voorspelers het weer oorheers en die agterspelers het vinnig en venynig beweeg. 'n Soort optimisme, drie jaar lank onbekend, het in die Bulle ontsteek.
Tony Leon The accidental ambassador Brand Pretorius In the driving seat (Hy was hoof van Toyota, nou hoof van die McCarthy groep)
Amina Cachalia When hope and history rhyme
Paula Byrne The real Jane Austen : a life in small things
Hugh Lewin Bandiet out of jail
Chris Karsten Charlize : ek leef my droom
Ria Bekker Rondomtalie vergetelheid: 'n lewe met Alzheimers
INTERNASIONAAL
Somali Deraniyagala: Wave: life and memories after the Tsunami
A brave, intimate, beautifully crafted memoir by a survivor of the tsunami that struck the Sri Lankan coast in 2004 and took her entire family.
On December 26, Boxing Day, Sonali Deraniyagala, her English husband, her parents, her two young sons, and a close friend were ending Christmas vacation at the seaside resort of Yala on the south coast of Sri Lanka when a wave suddenly overtook them. She was only to learn later that this was a tsunami that devastated coastlines through Southeast Asia. When the water began to encroach closer to their hotel, they began to run, but in an instant, water engulfed them, Sonali was separated from her family, and all was lost. Sonali Deraniyagala has written an extraordinarily honest, utterly engrossing account of the surreal tragedy of a devastating event that all at once ended her life as she knew it and her journey since in search of understanding and redemption. It is also a remarkable portrait of a young family's life and what came before, with all the small moments and larger dreams that suddenly and irrevocably ended.