Hier volg my ma (sy was 'n 1910-baba) se aartappelsuurdeeg: 1 middelmatige aartappel (geskil en grof gerasper) (2 pakkies suurdeeg vir ingeval die aartappel nie genoeg laat rys nie!) 4 koppies kookwater 12,5 ml sout (Dis nou vir 5 kg meel; sy het gewoonlik helfte broodmeel en helfte "Nutty wheat" gebruik)
Aand:
Gooi kookwater, sout en aart. in kastrol met digpassende deksel. Sit 3 koppies meel bo-op sonder om te roer. Maak gaatjie in middel Sit doek oor en deksel op Maak dig toe in kartondoos uitgevoer met koerante, kastrol toegedraai in kombers. Laat staan oornag op 'n lou plek of sit later 'n warmwatersak by! (Mamma het 'n Aga-stoof gehad wat mos heel nag lekker warm gebly het)
Volgende Oggend oorsuur:
Klits 1 koppie afgekoelde gekookte water in Laat staan ±i uur in lou oond of warm toegemaak. As dit nog nie rys nie, roer 1 sakkie suurdeeg in Die suurdeeg is reg as skuim bo-op vorm.
Knie:
Meng die suurdeeg en meel, 3 E margarien, nog sout indien nodig 1,5 -2 liter warm water om mee aan te maak en knie deeglik Laat rys, knie af, dan in panne en laat rys weer, en bak by 180ºC vir 40 -45 min. Hoop dit werk! Seënwense!
AARTAPPEL SUURDEEGPLANTJIE- Santie van der Merwe Probeer gerus so maak: Rasper 1 aartappel baie fyn. Voeg die volgende by: 2 teelepels suiker 1 teelepel sout 1 sakkie kitsgis -sommer hierdie 10g blou, groen of pers pakkies wat so 70 sent kos in supermarkte. Die pers rys baie goed, want dit het Vitamiene C in. Gooi dit dan in 'n glas houer / outydse can fruit bottel. Maak vol met lou water (seker omtrent so 500 ml ) -te warm water sal die gis doodbrand en dan werk dit nie. Sit sommer 'n piering bo-op om toe te maak, want die aartappels gaan na boontoe styg en moontlik oorkook. Dit moet die heeltyd by kamer temperatuur wees Dit is die teken dat dit gewerk het. -Jou plantjie is suksesvol. As jy nou wil afskep om te bak, kan jy dit omroer en twee derdes gebruik om mee te bak. Die een derde wat oorbly, bly in die bottel en jy gooi dan net die suiker, sout, aartappel en water weer by.
AARTAPPEL EN KAASBROOD – Rina Shorty (beproef) 1 pakkie Knorr cheese en bacon potato bake 300 ml gerasperde kaas 450 ml bruismeel 300 g gerasperde aartappels 75 ml melk 1 eier
1. Meng die meel en potato bake. 2. Voeg gerasperde aartappels en kaas by. 3. Klits eier en melk en voeg by en meng liggies tot sagte deeg op meel bestrooide blad. 4. Maak ‘n ronde bal en sny wiggies bo op maar nie dwarsdeur nie. 5. Borsel met bietjie melk. 6. Bak 180°C vir 45-50 minute.
BLOUKAASBROODJIE MET GEKARAMELLISEERDE UIE- Kook met blikkies en pakkies
2 middelslag uie, in skywe gesny 30 ml kookolie 5 ml suiker 1 x 500 g pak bruismeel 5-7 ml sout 1 groot eier, geklits 1 x 330 ml blik bier 100 ml gekrummelde bloukaas 27 ml gerasperde cheddarkaas
Soteer uie in verhitte olie in swaarboompan. Voeg suiker by en soteer ongeveer 10 minute of tot goudbruin. Verwyder van hitte en hou eenkant. Sif bruismeel en sout saam in ‘n middelslag mengbak, maak ‘n holte daarin en voeg geklitste eier en bier by saam met helfte van die uie, helfte van die bloukaas en al die cheddarkaas. Meng slegs tot ‘n deeg vorm en skep in ‘n gesmeerde 23 cm broodpan. Skep orige uie en bloukaas bo-op en bak 50-60 minute of tot toetspen skoon uitkom in ‘n voorverhitte oond by 180°C.
CHAKALAKA BROODJIE
500 ml koekmeel 2 teelepel bakpoeier sout na smaak 1 blikkie matige chakalaka 4 eiers
1. Meng alle droë bestanddele. 2. Klits chakalaka en eiers saam. 3. Meng by droë bestandele. 4. Gooi in broodpan, strooi bietjie gerasperde kaas oor en bak ongeveer 45 minute by 180°C.
CHEESE AND CHIVE LOAF - Karen Roos
2 koppies koekblom 10 ml bakpoeier 5 ml koeksoda 5 ml sout 5 ml paprika 60 ml gekapte parsley 60 ml gerasper parmessan kaas 2 koppies gerasper kaas
Roer al die bestanddele in 'n bak, ter syde stel.
In 'n beker:
1 koppie melk 100 ml olie 1 jumbo eier 1 klein uie (klein opgesny)
Voorverhit die oond tot 190°C. Smeer 'n 15 x 8cm (gewone) broodpan. Klits die vloeistowwe met 'n vurk en gooi dan oor die meel. Meng versigtig totdat dit geïnkorporeer, dan lepel in die broodpan. Liggies eweredig versprei, (moenie die brood druk nie). Sprinkel 'n bietjie ekstra kaas op die brood. Laat staan vir 5 minute voordat jy in 'n voorverhitte oond sit. Bak vir 1 uur (toets as dit gaar is op 55 minute). Sodra gebak, los vir 5 minute in die blik. Draai uit op draadrak om heeltemal af te koel.
CHEESE AND OLIVE BREAD
500 g self raising flour 50 ml cornflour 250 ml grated cheddar cheese 1 medium onion, finely chopped 500 ml buttermilk 20 black olives, halved and pitted 10 ml salt 5 ml paprika 20 ml butter
1. Mix all ingredients, except the melted butter, together in large bowl, reserving a little cheese. 2. Spoon mixture into 2 greased loaf tins and sprinkle with remaining cheese. 3. Bake in oven for 1 hour at 180°C. 4. As soon as bread comes out of oven, brush with melted butter, slice and serve. CIABATTA BROOD
1 kg witbroodmeel 10 g kitsgis 15 ml sout 5 ml suiker 125 ml olyfolie 750 ml louwarm water olie ekstra broodmeel
1. Meng die broodmeel, kitsgis, sout en suiker in ’n groot mengbak. 2. Meng die olyfolie met die helfte van die louwarm water en giet by die meel. 3. Roer met ’n houtlepel tot die deeg sonder klonte is, giet die ekstra water by indien die deeg te styf is. 4. Die deeg moet loperig wees en gaan effens aan jou hande vassit. Verf ’n bietjie olie oor die deeg. 5. Bedek en laat rys sowat 50 minute of tot dit dubbel die oorspronklike volume is. 6. Bedek jou hande met ekstra olie en knie die deeg af. 7. Verdeel die deeg in 4 dele en giet dit op ’n meelbestrooide bakplaat. 8. Neem ’n groot hand vol meel en plaas dit aan albei kante van die deeg. 9. Gebruik die kante van jou hande om die meel onder die deeg in te werk deur die deeg effens te lig en die meel in te stoot. 10. Herhaal die proses met die res van die deeg. Die meel aan weerskante sal verhoed dat die brode inmekaar vloei terwyl dit bak. 11. Bak sowat 15 minute by 220°C. Verlaag die hitte tot 180°C en bak nog sowat 20-30 minute of tot gaar.
Sit voor saam met olyfolie, balsemieke asyn en verouderde kase. GEGEURDE POTBROOD
500 gr bruismeel 1 pakkie beestertsoppoeier rooipeper 250 ml gerasperde Cheddarkaas 500 ml karringmelk / maas/ suurmelk
1. Meng alles en skep in gesmeerde platboompotjie. 2. Bak 1 uur tussen kole of 45 min in oond by 180°C.
GRIEKSE KAASBROODJIE 550 gram bruismeel sout en peper 6 eiers 250 ml melk 250 gram Cheddar kaas in 1cm blokkies gesny 1 eetl epel droë mint
1. Sif droë bestanddele saam. 2. Meng kaas, eiers, melk, en mint goed. Meng alles saam. 3. Gooi in vierkantige koekpan of broodpan, bak in matige oond vir so 40 - 50 minute totdat brood mooi goudbruin is. Dis heerlik saam met braai of sop en lyk goed. GRONDBOONTJIEBOTTERBROODJIE
500 ml gesifte koekmeel 125 ml suiker 10 ml bakpoeier 5 ml sout 187 ml grondboontjiebotter 1 eier goed geklits 187-250 ml melk
1. Sif die droë bestanddele en die suiker saam. 2. Werk die grondboontjiebotter met 'n vurk daarin. 3. Voeg die eier by en meng dit verder met die vurk. 4. Voeg die melk by, meng dit goed en gooi dit in 'n gesmeerde broodpannetjie. 5. Bak dit 50-60 minute lank in 'n matige oond by 180°C. Dien op met botter gesmeer.
HOTELBROOD - Alma Renate Truter (beproef) Dié een is 'n wenner! Is die resep vir die brood wat ons hotel op die dorp altyd voorgesit het. Heeeeeerlik!
1500 ml koekmeel 125 ml crushed wheat 125 ml sonneblomsade 100 ml gouestroop/heuning 10 ml sout 125 ml nutty wheat 30 ml anys 125 ml klapper 125 ml olie 10 g kitsgis 1 l louwarm water
Maak aan in sit in pan. Smeer eier oor en gooi sade oor. Laat rys en bak by 180°C vir 45 minute. * Behou basiese deeg en varieer met beskikbare sade bv. Anys, lynsaad, sesame sade, ens.
1. Meng kitsgis, meel, sout, pietersielie en kaas saam. 2. Klits karringmelk, eiers en margarien saam. 3. Meng nou alles tot ‘n degie. Die degie MOENIE STYF WEES NIE!!!!!DIS NIE ‘N KNIE DEEG NIE! 4. Skep in ‘n gesmeerde pan. 5. Laat rys dubbel die volume. 6. Bak vir 50 tot 60 minute op 180°C. 7. So 10 minute voor baktyd klaar is strooi nog bietjie kaas bo-oor.
KAAS EN KNOFFEL JOGURT BRAAI BROODJIE
500 g bruismeel 62 ml olie 12,5 ml pietersielie gekap 250 ml gerasperde cheddar kaas (hou eenkant) 2 ml knoffelvlokkies 5 ml sout 500 ml gewone jogurt 125 ml neute gekap 2 eiers geklits 1 ml paprika 5 ml aromat
Meng alles deeglik saam. Gooi beslag in gesmeerde broodpannetjie. Strooi kaas wat eenkant gehou is oor beslag. Bak 1 uur lank by 180°C of tot gaar.
MEXIKAANSE BROOD
1 klein ui, fyn gekap ½ groen soetrissie ontpit en in blokkies gesny 375ml mieliemeel 15ml bakpoeier 25ml suiker 3 ekstra groot eiers 250ml suurroom 160ml kookolie 1 blik (410g) geroomde suikermielies 250ml gerasperde cheddar kaas
Voorverhit oond by 180°C. Spuit 23 x 13 x 7 broodpan. Soteer ui en groen soetrissie en bietjie olie tot sag. Dreineer en laat afkoel. Meng mieliemeel, bakpoeier en suiker saam. Meng eiers, suurroom en kookolie en klits effens. Voeg saam ui en soetrissie by droë bestanddele. Voeg suikermielies by en meng deur. Skep helfte in voorbereide broodpan en strooi helfte van kaas oor. Herhaal lae. Bak 45 minute lank tot toetspen skoon uit kom. Laat brood effens afkoel. Wees versigtig as uit keer. MIELIEBROOD - Rina Shorty (beproef) 1 k mieliemeel 1 k meel 1 teel bakpoeier 2 teel sout 2 Eetl suiker 2 eiers 3 k vars mieliepitte af gesny van 6 groot groenmielies of 3 k bevrore pitte Meng al die bestanddele en verdeel in twee goed gesmeerde panne tot 3 cm van bo af. Bak 120°C vir 2 uur. Laat in panne afkoel. Bere orige in yskas en braai snye in botter, bedien met heuning of moskonfyt.
MURGPAMPOENTJIEBROOD 250 ml kookolie 250 ml suiker 3 eiers 500 ml koekmeel 250 nutty wheat 5 ml bakpoeier 2 ml koeksoda 2 ml sout 1 ml neutmuskaat 15 ml fyn kaneel 500 ml fyn gerasperde jong murgpampoentjie 125 ml rosyne 5 ml vanielljegeursel
Klits olie en suiker saam. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif droë bestanddele saam en voeg semels by wat in sif agterbly. Voeg om die beurt met murgpampoentjie by geroomde mengsel. Roer rosyntjies en vanielje in en skep in 'n gevoerde 23 cm broodpan. Bak 50 -60 minute in voorverhitte oond teen 160°C.
NICKNACKBROODJIE - Carol
1 kg meel 1 pakkie anchor gis 1 teelepel sout 2 teelepels olie 2 teelepels suiker 1 groot pak Niknaks 2 uie gebraai 1 teelepel gemengde kruie 2 pakkies sampioene
1. Meng alles saam en knie net genoeg louwarm water by om lekker deeg te vorm. 2. Voeg dan 1 groot pak Niknaks, gebraaide uie, sampioene en gemengde kruie by. 3. Sit in gesmeerde broodpannetjie en bak in voorverhitte oond van 180°C vir 45 minute of tot gaar.
ONTBYT KAASBROODJIE- Anette Human
125 gr margarien 125 gr gerasperde kaas 5 ml mosterdpoeier 2 ml rooipeper 500 ml bruismeel 2 ml sout 1 eier 150 ml melk 25 ml kookolie
1. Smelt margarien en kaas saam oor lae hitte en voeg by mosterdpoeier en rooipeper. 2. Terwyl die kaas smelt maak die broodjie aan. 3. Sif bruismeel en sout saam. 4. Klits die eier, melk en kookolie saam. 5. Sny die vloeistof met 'n mes in die droë bestanddele in tot net gemeng. 6. Skep lepelsvol in 'n broodpannetjie en gooi warm kaasmengsel bo oor. 7. Die deeg gaan verlore lyk daar onder in die pan maar dit rys mooi op. 8. Bak 12-15 minute by 200°C.
QUICK ONION BREAD
500 gram selfraising flour 1 packet white onion soup 5 ml salt 1 ml cayenne pepper 500 ml buttermilk or yoghurt 100 ml grated cheese
1. Mix everything together. 2. Bake at 180°C for 1 hour.
ROERBROOD – Rina Shorty (beproef) Dit word gemaak oor 2 dae.
5 koppies meel 2,5 koppies sterk warm water half teelepel gis 1 eetlepel suiker 1 teelepel sout Gooi gis en suiker in water en laat staan bietjie tot gis borrels maak. Gooi water by meel en sout en roer deur.
Deeg is taai en slap. Maak toe met plastiek en laat staan tot môre aand. Roer af en toe die deeg om. Volgende aand sit swart platpot met deksel in oond en sit aan op 200 grade C. Na so n half uur, haal pot uit en smeer of spuit pot. Roer die deeg deur en sit in warm pot. Sit deksel op en sit dan in oond vir 30 minute. Dit lyk asof deeg geflop het, maar dis reg. Na 30 minute haal die deksel af, draai oond af 180 grade C. Bak nog 30 minute sonder deksel. Korsie is baie hard maar lekker. Volgende oggend is brood so lekker taai. SAADBROODJIE 2 ¾ Koppies Volkoringmeel 1 ¼ Koppie Hawermout 5 Eetl Sonneblomsaad 3 Eetl Papawersaad 2 Eetl Sesamsaad 5 Eetl Bruinsuiker ½ Teel Sout 5 Eetl Heuning 5 Eetl Olie 2 Teel Koeksoda 2 Koppies Karringmelk Sonneblom-, papawer- en sesamsaad vir bo-oor. Stel oond op 180C. Roer meel, hawermout, sonneblomsaad, papawersaad, sesamsaad, suiker en sout saam. Klits heuning, olie, koeksoda en karringmelk saam. Roer karringmelkmengsel by meelmengsel tot goed gemeng. Skep deeg in gesmeerde broodpannetjie en prinkel sade bo-oor. Bak vir 1 uur of tot toetspen skoon uitkom. Sit warm of koud saam met botter voor. SPEK EN MIELIE KAASBROODJIE - Corna Norval (beproef)
Braai ui tot sag in bietjie olie of botter. Voeg spek by braai tot gaar. Voeg nou mielies en helfte van kaas by en roer deur tot kaas gesmelt is en mielies warm is. Voeg room by indien verkies. Laat effens afkoel en skep eweredig oor die ses snye brood op ‘n bakplaat. Strooi aromat en res van die kaas oor die brood. Plaas onder die roosterelement van die oond en rooster tot die kaas gesmelt het. Sit voor as ontbyt of ligte middagete. STUFFED SPIRAL BREAD - Sharon Glass BREAD DOUGH 200g flour 1 sachet (10g) instant yeast pinch of salt 30ml olive oil 175ml warm water
Mix the dry ingredients together. Whisk the olive oil and warm water together and add to dry ingredients. Mix to form a dough. Then knead well until dough is smooth. Place in an oiled bowl, cover with glad wrap and a cloth and leave to rise for at least 1 hour.
FILLING 1 onion, finely chopped 5ml minced garlic (optional) 45ml olive oil 1 x 750ml bottle passata (crushed and strained tomato sauce) or 2 tins chopped tomatoes strong grated cheese (such as cheddar, haloumi) olives and anchovies (optional)
Sauté the onion and garlic in a large pot with a little olive oil. When softened, add the passata (or tomatoes) and cook on gentle heat uncovered until very thick (at least 1 hour). Season to taste with sugar, salt and pepper. Allow to cool.
TO ASSEMBLE Roll out the dough. Spread with tomato sauce. Top with a little grated cheese, olives and anchovies if desired. Roll up the bread and place on a lined baking sheet. Make some diagonal slits in the top of the bread. Sprinkle with more cheese and brush with a little tomato sauce. Bake in preheated 200°C oven for 20-30 minutes or until golden.
* Note: The bread may be reheated very successfully. It may also be sliced and then baked to crisp it.
1. Braai uie in botter tot lekker bruin. Voeg bacon by en braai tot amper crispy. 2. Rol deeg plat uit en gooi die afgekoelde braaisel daaroor. 3. Rol die deeg op en sny in stukke van so 3-4 duim lank. Maak bolletjies van die stukke. 4. Smeer die potjie botter en plaas die deegbolle daarin. 5. Laat dit rys tot gelyk met potjie se boonste deel. 6. Meng die room en soppoeier deeglik en gooi dit bo-oor die deegbolletjies. 7. Plaas die deksel op en sit in oond vir 1 uur teen 180°C. Dien dadelik op.
Verwarm melk en suiker en margarien totdat margarien gesmelt is. Laat afkoel. Voeg dan eier by en klits goed. Voeg suurdeeg, 1 teelepel suiker en sout by koekmeel. Voeg eiermengsel by en knie. Voeg nog water by indien nodig. Laat rys totdat deeg verdubbel. Maak op en sit in pan. Laat weer rys voordat bak. Bak by 180ºC.
HOT CROSS BUNS - Carolie de Koster (beproef)
DOUGH: 10 gram sachet instant yeast 250 ml lukewarm milk 50 gram butter or margarine 100 ml brown or white sugar 5 ml salt 5 ml ground cinnamon 5 ml mixed spice 2,5 ml ground ginger 2,5 ml grated nutmeg 1 ml ground cloves 5 ml cocoa 2 eggs 75 gram seedless raisins 30 gram sultanas or mixed cake fruit 500 ml cake flour 500 ml extra cake flour
PIPING MIXTURE FOR CROSSES: 100 ml cake flour 40 gram butter or margarine +- 50 ml water ICING GLAZE: 250ml icing sugar +- 50ml milk
1. Mix instant yeast with 500 ml of the flour in a mixing bowl, add all the remaining ingredients except the extra flour and mix well. 2. Add sufficient of the extra flour gradually to form a soft, kneadable yet sticky dough and turn out the dough onto a floured surface. Knead for about 5 minutes or until smooth, less sticky and slightly elastic. 3. Flour the bowl, return the dough , sprinkle with flour, cover tightly and allow to rise in a mildly warm spot for about 40 minutes or until doubled. 4. Knead down the dough lightly with floured hands, pinch off large egg-sized balls and shape neatly. Grease a rectangular baking tray (about 380 x 280mm) well with margarine and place the balls on the tray, allowing sufficient space (about 25mm) in between for rising. 5. To make the piping mixture, rub together the flour and butter or marg until crumbly and evenly blended and stir in sufficient water to form a smooth soft paste. Spoon the mixture into a piping bag fitted with a small (10 mm) plain nozzle. Pipe the mixture over the buns in one direction without stopping and then in the other direction to form neat crosses over all the buns. 6. Place the buns uncovered in a mildly warm protected spot to rise for about 20-30 min or until doubled. Bake at 170°C for about 20 minutes or until well risen, lightly browned and firm to the touch. Remove the buns to a cooling rack. 7. Mix together the ingredients for the glaze and brush or drizlzle over the slightly warm buns to create a sweet, shiny finish. Serve fresh and slightly warm with butter and cheese or honey.
Yields: 12-16 buns Storing: store cooled buns in an airtight container for up to 2 days. Freezing: freeze in airtight container.
PATATROLLETJIES- Wanda Botha (beproef)
1 kg witbroodmeel (of helfte koekmeel, helfte broodmeel) 10 gram kitsgis 75 ml suiker 150 gram botter of margarien by kamertemperatuur 2 eiers geklits 250 ml gaar fyngemaakte louwarm patats 400 ml sterk lou water
1. Sif die meel, gis, suiker en sout saam. 2. Frummeldie smeer daarin. 3. Meng die eiers en patats. 4. Voeg dit saam met die water by die meelmengsel en roer tot taamlik goed gemeng. 5. Knie dit nou om ‘n sagte, gladde, elastiese deeg te vorm. 6. Plaas die deeg in ‘n groot houer wat mildelik met sonneblomolie uitgesmeer is. Draai die deeg om sodat die gesmeerde onderkant bo is. Bedek die houer. Laat die deeg in ‘n warm plek rys tot dubbel die oorsponklike grootte. 7. Knie die deeg af, halveer dit en rol elke helfte op ‘n meelbestrooide oppervlak uit in ‘n sirkel van ‘n deursnee met ongeveer 40 cm. Sny elke sirkel in 16 ewe groot wiggies. 8. Begin by die ronde rand en rol elke wiggie na die puntkant op. Plaas die rolle met die puntkante onder ‘n entjie van mekaar af op gesmeerde bakplate. Bedek dit liggies (of plaas die bakplate in groot plastieksakke) en laat die rolle by kamertemperatuur rys tot dubbel die oorspronklike grootte. 9. Voorverhit die oond tot 200°C. Verwyder die bedekking en bak die rolle sowat 20 minute lank tot mooi goudbruin. Laat hulle op ‘n draadrak afkoel. Sit hulle louwarm of koud voor. Lewe 32 broodrolle. Die rolletjies kan suksesvol gevries word. Vir afwisseling kan aartappels ipv patats gebruik word.
SWEET MILK BREAD BUNS - Faten's Cakes
400 gram flour 250 ml warm milk 3 tablespoons sugar ½ teaspoon salt 2 teaspoons active dry yeast 50 gram butter melted
For the wash: 3 tablespoons milk 1 egg lightly beaten
1. Place the first 6 ingredients in a large bowl. 2. Mix until the milk is absorbed, then transfer on a flat surface and knead until a soft dough is formed. 3. Place the dough in the bowl, cover it with a kitchen cloth and leave it for 2 hours. 4. Transfer the dough on a flat surface covered with some flour, knead it just a little bit, form a cylinder and cut it into small peaces (I got 18 small buns, but that depends on the size of the buns you want, remember they will triple their size after baking) 5. Form the buns: take one piece of dough at a time, fold its edges to the center to form a ball. 6. Place the dough balls on an oven tray covered with parchment paper, with the side you closed down on the paper, so that the smooth round shape is up. 7. Brush the buns with milk then set aside for 1 hour. 8. After that, brush the dough buns with the egg and bake them for about 20 minutes in a preheated oven at 170°C.
BAK BROODROLLETJIES IN MUFFIN PANNETJIES. If the bottom is already brown and the surface is not, turn on the grill for a few minutes before taking them out.
NAANBROOD – Rina Shorty (beproef) 4 koppies meel 5 ml sout 30 ml suiker 1 x 10 g kitsgis 1 jumbo eier of 2 kleintjies 60 ml botter 125 ml yoghurt of maas 180 ml water
1. Meng al die droë bestanddele of gooi dit in die voedselverwerker. 2. Klits die eier, yoghurt, water en botter saam en voeg by. 3. Knie tot ‘n sagte deeg. 4. Laat rys tot dubbeld. 5. Knie af en maak 8 balle. 6. Laat weer rys op meel bestrooide blad (sit klingwrap oor blad) 7. Rol ovaal en baie plat uit so dik soos pastei deeg. 8. Sit ‘n bak plaat in die oond en die grill aan. Die plaat moet baie warm wees. 9. Smeer die plaat met bietjie olie. Sit ‘n brood of 2 op en bak vir 3 -4 minute. 10.Draai om en bak gaar aan ander kant. Hou dop want dit kan brand - stel rak laer as dit gebeur. 11. Haal uit en verf dadelik gesmelte botter of knoffelbotter. Poppysaad kan ook oor gestrooi word.
Dit pof op soos pitta brood maar sak weer as dit afkoel. Heerlik en al baie gemaak by kerrie en breyani.
Foto: Rina Shorty
ROERBROOD – Petra (beproef) 7 koppies koekmeel 4 koppies lou water 1 pakkie kitsgis 2 teelepels sout 1. Meng alles goed saam. 2. Skep in 2 gesmeerde broodpanne. 3. Laat vir ‘n uur rys. 4. Bak by 180°C vir 1 uur. Foto: Jana Wege
Vetkoek is a delightful, South African snack which can be served at any time of day.
Served hot with butter and smooth apricot jam and is also superb with syrup, fig preserve, honey, cheese, thinly sliced biltong or savoury mince.
The history of these deep fried dough balls goes back many years, to the days of the Voortrekkers who found it much quicker and easier to make than bread.
It is also a typical South African accompaniment with braaivleis. Enjoy the natural taste of this rich, oil-fried cake, or cut in half and spread with butter and jam.
Ingredients: 1kg Bread Flour 15ml Salt 10ml Sugar 10g Anchor Instant Dry Yeast 60g (65ml) Margarine 650ml Lukewarm Water
Preparation: Mix the flour, salt and sugar together. Add the yeast and mix. Rub the margarine into the flour with your fingertips. Add the water and mix to form a soft dough.
Knead the dough well for 10 minutes until smooth and elastic. Place the dough on a lightly floured surface. Cover with greased plastic and leave to rest for 15 minutes.
Knock the dough down, divide into 36 equal pieces and roll into balls. Place on a lightly floured surface, cover with greased plastic and allow to rise in volume.
About 15 - 20 minutes. Deep fry in hot oil until golden brown. Remove from the oil and drain on brown paper. Serve with your favourite jam or else a savoury mince mixture. Foto: Wanda Botha
VETKOEKIES - Rina Shorty
2 koppies koekmeel (ek gebruik bruismeel en laat bakpoeier weg) 4 teelepels bakpoeier (20ml) ½ teelepel sout 3 teelepels botter 1 koppie melk ongeveer 2 koppies olie om mee te bak
1. Sif die droë bestanddele saam. 2. Vryf die botter daarin en maak die deeg met melk aan. 3. Verhit olie. Skep ‘n stukkie deeg in, as dit stadig mooi bruin bak is die olie gereed.
Onthou om die olie bietjie laer te draai want die vetkoek bak 10 minute om gaar te word. Gebruik 2 eetlepels om die deeg in die olie te skep. Voor elke skep doop jy die lepels in die olie. Dreineer en geniet met gouestroop, appelkooskonfyt, kaas of marmite. Dit is heerlik en vinnig om vir ontbyt te maak. Ek gebruik ‘n teelepel om kleintjies te maak vir vingerhappies en dit bak gouer gaar.