SWARTWOUD TRIFLE - Jana Wege
(beproef)
1 bakkie gladde maaskaas (as jy dit wil ryker maak gebruik roomkaas)
1 blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
250 ml room
1 sjokolade rolkoek of enige sjokolade koek. Smeer karamel oor!
1 blik swart kersies
Flake, Whispers vir versiering
Klits room styf.
Meng met kondensmelk, suurlemoensap en maaskaas.
Pak laag sjokoladekoek onder in bak.
Strooi sjerrie oor.
Pak helfte van die kersies bo-op en strooi Whispers oor.
Skep helfte van vulsel oor. Maak gelyk.
Herhaal laag koek, sjerrie, kersies en vulsel.
Versier trifle met sjokolade krulle, flake of Whispers nes jy lus het.
Sit in yskas om te stol.
Ek maak gewoonlik al die vorige dag.
BLACK FOREST TRIFFLE – Anitha de Klerk
(beproef)
Romany Creams – Original
Nachtmusik Likeur
Ina Paarman se Chocolate Mousse – Aangemaak soos op pak.
250ml Room styfgeklits
1 Blik Kondensmelk
¼ kop Suurlemoensap
1 Houer Smooth Cottage Cheese
1 Blik Black Cherries
Neute
Flake
Metode
Klits die kondensmelk en suurlemoensap. Meng in ‘n ander bak die maaskaas met die koppie styfgeklitste room. Meng die kondensmelkmengsel met die maaskaasmengsel.
Pak Romany Creams onderin bak. Gooi Nachtmusik na gedagte oor koekies. Skep die helfte van die maaskaasmengsel bo-op die koekies. Pak cherries bo-op maaskaasmengsel.
Skep dan die hele chocolate mousse mengsel bo-op cherries. Volg dan met neute. Skep die res van die maaskaasmengsel bo-op die neute en rond af met die Flake.
- AARBEI POEDING - Petro van der Westhuizen
- (beproef)
1 blik (410g)ingedampte melk
1 blik (410g) aarbeie
1 pakkie (80g) aarbeijellie poeier
Verkil die ingedampte melk oornag in die yskas
Dreineer die aarbeie, maar hou die stroop waarin dit gemaak is.
Verhit die aarbeistroop tot kookpunt en los die aarbeijellie poeier daarin op.
Voeg die aarbeie by.
Laat die mengsel afkoel net tot dik, maar nie gestol nie.
Klits die ingedampte melk tot 'n dik skuim.
Vou die aarbeimengsel liggies met 'n metaal lepel daarby tot heeltemal gemeng.
Giet die mengsel in 'n glas poedingbak en verkil tot gestol.
BAR ONE POEDING
120 gram roomkaas
3 Bar Ones in stukkies gesny
250 ml room geklop
700 ml melk
2 pakkies sjokolade geur kitspoeding
1 pakkie Romany Creams grof gebreek
50 gram gerasperde sjokolade
1. Meng die roomkaas en Bars Ones. Vou die geklopte room in.
2. Klits die melk en kitspoeding saam. Laat 5 minute in die yskas stol.
3. Skep ‘n derde van die kitspoeding in ‘n glaspoedingbak.
4. Sprinkel die helfte van die stukkies beskuitjies daaroor, dan die helfte van die roomkaasmengsel.
5. Herhaal die lae en eindig met die oorblywende derde van die sjokoladepoedingmengsel.
6. Skep die roomkaasmengsel oor met die oorblywende kitspoedingmengsel bo-op.
7. Sprinkel die res van die stukkies Bar One en gerasperde sjokolade oor en dit 4-5 uur in die yskas tot dit gestol het
KARAMELVLA (LAEVET)
SOUS
¾ Koppie Strooisuiker
2 Teel Water
VULSEL
3 Koppies Afgeroomde melk
Knippie sout
4 Eiers
1 Eetl Strooisuiker
1 Teel Vanieljegeursel
2 Teel Goue stroop
Stel oond op 160C.
Spuit agt ramekinbakkies met kossproei.
SOUS
Plaas strooisuiker en water in kastrol oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is. Bring tot
kookpunt, verminder hitte en laat stadig oor hitte tot strooisuiker verkleur en tot dit
begin karameliseer. Hou dit heeltyd dop. Verwyder van hitte en verdeel tussen
ramekinbakkies.
VULSEL
Verhit melk en sout tot kookpunt. Klits eiers en suiker vir 2
minute in ‘n mengbak. Roer warm melk, vanielje en goue stroop goed by. Giet
versigtig oor agterkant van ‘n lepel in ramekinbakkies. Plaas ramekinbakkies in
oondpan. Giet kookwater in oondpan sodat bakkies halpad in water staan. Bak vir
35 minute of tot vlae net gestol is. Verwyder uit waterbad en laat afkoel. Plaas in
yskas vir twee ure tot koud. Sit koud saam met enige soort vrugte, soos frambose,
voor.
ROOMYS - Corna Norval
(beproef)
Klits 500ml room tot dik.
Voeg 1 blik kondensmelk by en klits baie goed.
Klits 3 eierwitte styf en vou in.
Voeg 5ml vanilla by.
Laat vries.
Sodra amper gestol klits weer tot skuimerig. Vries weer.
IERSE SJOKOLADE POEDING – Carin Ras Wilson
(beproef)
5 eiers
3 eetl gesifte kakao
250 ml room
200 g sjokolade
2 e brandewyn
5 eetl strooisuiker
2 pakkies vanilla instant poeding
550 ml melk
4 e water
100 g botter
Klits eierwit styf saam met strooisuiker.
Meng kakao en eiergele en vou dan by eierwit in. Bak vir 45 minute by 160°C.
Klits instant poeding, room en melk saam.
Smelt sjokolade, brandewyn en botter. Gooi vanilla bo-oor afgekoelde sjokoladekoek en dan warm sjokolademengsel bo-oor.
SJOKOLADE MOUSSE - Corna Norval
(beproef)
3 x 100g Melksjokolade
3 x 100g donker sjokolade
4 x 100g Heelneut sjokolade
8 ekstra groot eiers (geskei)
750ml Ultra-Mel room
100g peperment sjokolade
Breek al die sjokolade – behalwe die peperment sjokolade – in stukkies en smelt saam. Laat effens afkoel en roer eiergele by asook die helfte van die room by. Klits res van room styf en vou met metaallepel in sjokolade mengsel. Vou styfgeklitste eierwitte by. Skep in glase of glasbak en plaas in yskas tot gestol.
ELANGENI MERINGUE
½ pakkie Cream Crackers in stukkies gebreek (gebruik sakkie)
3 eierwitte
250 ml witsuiker
5 ml vanilla
5 ml bakpoeier
250 ml geklopte room
gerasperde tjoklits
vars aarbeie of ander vrugte in seisoen
1. Spuit vlak bak met Spray n Cook.
2. Klits eierwitte in koue bak tot taamlik styf en klits die witsuiker bietjie bietjie by tot dit mooi blink.
3. Klits vanilla by en vou Cream Crackers liggies met 'n metaallepel in.
4. Strooi bakpoeier oor en meng ook liggies. Skep meringue in bak maar moenie glad smeer nie, dit moet duike en holtes hê.
5. Bak so 35-40 minute by 150°C. Jy kan dit dag voor die tyd maak, bêre in lugdigte houer. Klits room styf en stapel op meringe met tjoklits en vrugte.
SNEEUPOEDING - Rina Shorty
(beproef)
750ml water
375 ml suiker
100ml mielieblom
2 ml wynsteensuur
3 eierwitte (Maak vla met die eiergele)
VLASOUS
3 eiergele
500 ml melk
60 mlsuiker
knypie sout
1 ml vanilla
Verhit water en suiker tot kookpunt.
Maak mielieblom aan met bietjie water en voeg by water en kook 2 minute tot helder.
Voeg wynsteensuur by en meng.
Klits eierwitte tot baie styf en vou in. Gooi in glasbak om te set. Verkoel.
Klits eiergele, melk, suiker en sout.
Roer oor lae hitte tot romerig, dit moet nie kook nie. Voeg vanilla by.
Laat vinnig afkoel oor ysbak. Maak groen en rooi jellie apart aan. Kap in blokkies.
Keer poeding uit in bak. Skep rooi gekapte jellie blokkies om poeding. Skep groenjellie om rooi jellieblokkie bedien met vla.
ROOMYSKOEK
Rol een pak Romany Creams fyn. Meng met gekookte kondensmelk en druk in bak of pan van jou keuse. Koekpan wat se kante losmaak werk baie goed. Dit help ook as jy die bak of pan met gladwrap uitvoer.
Laat roomys effens smelt en meng by.
Kersies (likeur kersies is heerlik)
Neute
Stukkies koekies (romany creams of enige ander van jou keurse)
Klein marsmallows (pienk lyk mooi)
Malted puffs, Bar One of stukkies sjokolade van jou keuse - net nie astros nie - die kleur gee af en dan lyk dit nie mooi nie.
Meng en gooi bo-op koekie kors en vries tot hard.
ROOMYS MERINGUE POEDING
Vat 2 liter volroom vanilla roomys en laat dit so uur buite vrieskas staan om sagter te word maar nie smelt nie.
Spuit ‘n los boompan goed met spray n cook.
Skep helfte van die roomys in die pan en maak gelyk. Sit nou ‘n suurlemoen meringue tert op die roomys.
Onthou om uit foeliebak te haal. Skep die ander helfte van die roomys bo-op en sit terug in vrieskas en laat vries tot roomys weer hard is.
Ontdooi op mooi bord en sny in skywe. Jy kan n stroop maak van frambose wat jy versap en met strooisuiker versoet so oor die roomys laat loop. Lyk baie mooi. Mens kan dit lank voor die tyd maak, die tert kom niks oor nie. Ek het dit al die Woensdag gemaak vir Sondag.
PEPPERMINT CRISP ROOMYS POEDING
Maak pak romany creams fyn en meng karamel kondensemelk tot nie meer so krummelrig.
Smeer in bak. Smeer res van kondensemelk oor, rasper ½ pak pepperment crisp oor.
Maak 2 liter roomys bietjie sag en vul die bak, werk vinnig, maak gelyk, rasper ander helfte crisp en vries tot gebruik.
NOUGAT ROOMYS
Hier is 'n lekker nougat-roomys met kersies wat 'n snikwarm somersdag koeler sal maak. Julle kan ook vars bessies pleks van kersies gebruik. Marineer die bessies in vars vrugtesap.
1 liter vanieljeroomys
1 mediumgrootte nougatstafie, grof gekap
100 gram vars of geblikte kersies
60 ml wit rum
40 ml stooistuiker
1. Laat roomys effens sag word, roer nougat in. Vries weer tot hard.
2. Giet rum oor kersies. Roer strooisuiker in. Marineer vir 'n uur
3. Sit roomys voor met gemarineerde kersies bo-op.
Bedien die volgende by as jy nie kersies wil gebruik nie
16 heel ryp vye
125 ml suiker
125 ml Van der Hum-likeur
1. Pak die heel, afgeskilde vye styf teenmekaar in 'n gesmeerde vuurvaste skottel.
2. Sprinkel die suiker en Van der Hum oor.
3. Bak dit in die oond teen 180°C vir 40 minute.
4. Laat afkoel en bedien koud met my Nougat roomys i.p.v met kersies.
KOUE SAGOPOEDING - Jana Wege
(beproef)
1 liter melk
4 eiers geskei
2 eetlepels suiker
6 tot 8 eetlepels sago
1 blik kondensmelk
1 teelepel vanilla
1. Kook melk, was sago en kook saam melk tot deurskynend.
2. Klits eiergele en suiker goed saam en voeg by melk, laat weer goed kook.
3. Gooi kondensmelk by, laat weer kook en voeg vanilla by.
4. Haal van die stoof af en vou styfgeklopte eierwitte in. Moenie eierwitte te styf klits nie.
5. Gooi uit in glasbak en laat koud word. Bedien met room.
6. Die mengsel moet baie stadig kook brand maklik aan.
GEMMERKOEKIEPOEDING
1 blik kondensmelk
1 lee kondensmelk blik water
1 pakkie kits poeding, butterscotch of karamel
2 pakkies gemmerkoekies
1. Meng kitspoeding met die kondensmelk.
2. Gooi die water by, meng goed en los tot die poeding wil wil stol.
3. Pak nou lae gemmerkoekies en poeding alternatief tot al die poeding op is. Ek het maar dunnerig gesmeer so ½ na 1 cm dik. Eindig met poeding.
4. Los nou 24 uur dat die koekies sag kan word. Die oorspronklike resep sê versier met room maar ek het met Ultramel bedien en dit was so lekker.
FROZEN VANILLA CRUNCH
200 gram slab peanut brittle, gecrush
2 pakkies vanilla instant poeding (jy kan jou gunsteling geur gebruik)
2 koppies melk
1 blikkie Nestle room
125 ml gekapte kersies
1. Voer 'n broodpannetjie uit met foelie wat baie goed gesmeer is.
2. Strooi bietjie minder as die helfte van die peanut brittle onder in die pan.
3. Klits poeding, melk en room saam tot dik en fluffy.
4. Voeg by die kersies en meng goed.
5. Strooi nou die oorblywende peanut brittle oor en vries oornag.
6. Keer pannetjie om in 'n bord en laat klein.
VINNIGE VLAPOEDING - Louisa Louw
Die vlapoeding hieronder is ‘n ou staatmaker wat jou toelaat om jou eie variasies te maak afhangende van wat jy beskikbaar het. Jy kan die koekies, die vrugte en selfs die konfyt varieer, afhangende van wat in die koskas is.
BESTANDDELE
50ml Vlapoeier
2-3 Piesangs
2½ E Suiker
Halwe blikkie van enige ingelegde vrugte – sonder die sous
500ml Melk
½ pak Gemmerkoekies
5ml Vanilla
3 E Appelkooskonfyt
METODE:
1. Meng vla, suiker & melk in diep ± 2 liter bak met klitser
2. Verhit en roer tot ‘opkook’
3. Roer dan vanilla & konfyt by tot goed gemeng
4. Breek gemmerkoekies in ± agstes en roer by mengsel
5. Sny vrugte & roer dadelik by
Bedien warm of koud. ‘n Skeppie Roomys is lekker daarby!
1 blik (410g)ingedampte melk
1 blik (410g) aarbeie
1 pakkie (80g) aarbeijellie poeier
Verkil die ingedampte melk oornag in die yskas
Dreineer die aarbeie, maar hou die stroop waarin dit gemaak is.
Verhit die aarbeistroop tot kookpunt en los die aarbeijellie poeier daarin op.
Voeg die aarbeie by.
Laat die mengsel afkoel net tot dik, maar nie gestol nie.
Klits die ingedampte melk tot 'n dik skuim.
Vou die aarbeimengsel liggies met 'n metaal lepel daarby tot heeltemal gemeng.
Giet die mengsel in 'n glas poedingbak en verkil tot gestol.