750 ml bruin asyn 300 ml witsuiker 50 ml blatjang 5 groot uie in dik skywe gesny 30 ml mosterdpoeier 25 ml kerriepoeier 10 ml sout 7 ml borrie 6 lemoenblare 3 lourierblare 2 heel naeltjies 20 ml mielieblom
Plaas al die bestandele in n kastrol, meng en verhit tot kookpunt. Maak mielieblom aan en verdik sous daarmee. Laat afkoel. Plaas blokkies vleis in houer en gooi sous oor. Laat 2-3 dae daarin marineer. Roer dit van tyd tot tyd om. Ryg vleis, gedroogde appelkose, uie in kwart ringe en stukkies spek of ontbyt spek aan stokkies. Rooster dit stadig en bedruip met sous. Laat die sous een kant op die vuur prut. Vark of hoender is heerlik met die sous ook.