BUTTERNUT EN KOEJAWEL DIS - Carol Elliott Claassen
3 kop gaar butternut
2 ml mix spice
4 ml sout
60 ml suiker
1 blik koejawels.
Meng suiker, sout en mix spice saam. Dreineer koejawels, en hou sap apart.
Gooi dan laag butternut, dan gekapte koejawels en dan suiker.
Eindig met butternut, gooi weer suiker oor en stroop van koejawels.
Bak bedek vir 5 min en dan onbedek vir 5 minute.
Dit moet in mikrogolf gebak word.
MAALVLEISBROODJIE MET TAMATIESOUS - Vrouekeur
MAALVLEIS
800 G Beesmaalvleis
2 Eetl Rooiwyn
2 Eiers
4 Eetl Vars pietersielie, gekap
1 Koppie Vars broodkrummels
1 Teel Droë gemengde kruie
1 Ui Gekap
½ Teel Knoffelsout
Gemaalde swartpeper na smaak
Bietjie botter
8 Skyfies Ham
1 Koppie Kaas, gerasper
SOUS
1 ½ Koppie Tamatiesous
4 Eetl Bruinsuiker
½ Teel Mosterdpoeier
4 Eetl Rooiwyn
2 Teel Suurlemoensap
MAALVLEIS
Meng al die maalvleisbestanddele behalwe ham en kaas saam. Smeer
groot plastiek-of glasbroodpannetjies met ‘n bietjie botter en druk helfte van
vleismengsel in pannetjie vas. Plaas ham en kaas bo-op. Druk res van vleismengsel
bo-op vas en maak gelyk.
SOUS
Meng sousbestanddele en mikrogolf vir 2 minute
teen 100% krag. Giet sous oor vleisbroodjie en mikrogolf teen 100% krag vir 15
minute. Laat staan 5 minute, keer ui, sny in skywe en sit saam met rys en groente
voor
MOSTERDSOUS IN MIKROGOLF – Mikrogolf Wenners
(Lewer 2 koppies sous.)
1 k suiker
25 ml mosterdpoeier
12,5 ml koekmeel
1 ml sout
125 ml asyn
125 ml water
2 ekstra groot eiers
Meng die suiker, mosterdpoeier, koekmeel en sout in n diep mikrogolfvastebak met n volume van 4 koppies (1 liter). Voeg die asyn en water by en meng dit. Mikrogolf dit ongeveer 4 minute oop by 100% krag tot kookpunt en roer dit goed nà die eerste 2 minute.
Klits die eiers. Klits n bietjie van die kokende sous by die eiers en klits hierdie mengsel nou by die res van die kokende sous. Mikrogolf dit ongeveer 3 minute oop by 50 % krag tot dik en roer elke minuut. Laat die sous afkoel voor gebruik.
MIKROGOLF WITSOUS
Resep lewer matige dik witsous
250 ml Melk
30 ml Koekmeelblom
20 g (25ml) Botter
1 ml Sout
knypie peper
Mikrogolf al die bestanddele 4 minute oop in 'n diep bak by 100% krag en roer dit elke minuut goed. Perfekte witsous, baie maklik!!