CUP CAKES - Rina Shorty
(beproef)
Heerlik verby!
Volgende dag is dit gewoonlik op hul lekkerste.
Lewer 2 dosyn, afhangende van die grootte van die papierhouertjies.
3 kop bruismeel
1 kop sagte botter
1½ kop suiker
1 kop koue water
¼ tl sout
3 eiers
1 tl vanilla geursel
Klop botter en voeg suiker geleidelik by en klop goed tot lig en romerig.
Voeg eiers een vir een by.
Klop goed na elke byvoeging.
Voeg vanilla geursel by water en sif meel en sout.
Meng alles saam.
Skep in papierhouertjies binne in kolwyntjie pannetjies en bak vir 15 – 20 minute by 180 grade C.
Versier met botter roomversiersel.
VARIASIE
Vir sjokolade cupcakes ~ Sif 80 ml kakao by die meel, smelt 200 g albany sjokolade en roer in na die eiers geklits is.
Jy kan ook rolo's in druk.
30 DAY HEALTH MUFFINS
2 cups bran
1 cup fruitcake mix dried fruit or plain raisins
2½ cups sifted cakeflour
½ teaspoon salt
2½ teaspoon bicarbonate of soda
2 eggs
1¼ cup brown sugar
½ cup oil
2 cups milk
1 teaspoon vanilla essence
1. Mix bran, dried fruit/raisins, cakeflour, salt and bicarbonate of soda.
2. Beat eggs and sugar together.
3. Add oil, milk and vanilla.
4. Add the liquids to the dry ingredients and mix together well.
5. Spoon into muffin pan and bake at 200°C for 15 minutes.
6. Mengsel kan rou vir 30 dae in die yskas gehou word.
BAR ONE MUFFINS
240 gram koekmeel
15 ml bakpoeier
1 ml sout
50 ml suiker
1 eier geklits
2 ml vanieljegeursel
225 ml melk
50 ml gesmelte botter
100 gram gekapte Bar One
1. Sif al die droë bestanddele bymekaar.
2. Klits die eier, vanieljegeursel en melk saam.
3. Voeg die botter by die melkmengsel.
4. Voeg die melkmengsel by die droë bestanddele en meng tot goed deur gemeng.
5. Skep in muffinpannetjies ongeveer 2/3 vol en bak 15-2 minute by 200°C.
BILTONG MUFFINS
2 K koekmeel
1 E bakpoeier
½ t sout
¾ K Cheddarkaas, gerasper
6 sprietuie, gekap
1 ½ K fyn biltong
2 eiers
1 K melk
½ K olie
AFRONDING
4 e fyn biltong
4 E Cheddarkaas,gerasper
paprika om bo oor te sprinkle
Stel oond op 180°C.
Muffins : Sif meel, bakpoeier en sout saam. Roer kaas, sprietuie en biltong by.
Klits eiers, melk en olie saam en roer by droë bestanddele. Moenie te veel roer nie.
AFRONDING :
Skep groot geesmeerde muffinpannetjie 2/3 vol en sprinkel biltong, kaas en bietjie paprika oor elke muffin. Bak vir 20 minute of tot toetspen skoon uitkom. Sit louwarm saam met botter voor.
BLOUBESSIES- MUFFINS - Lida Pieterse
(beproef)
3/4 k melk
¼ k suurlemoensap
2 k meelblom
3/4 k suiker
15 ml bakpoeier
½ t kaneel
½ t sout
1 eier liggies geklop
¼ k olie
1 k bloubessies (ek gebruik sommer geblikte soort)
Meng melk en suurlemoen in 'n klein bakkie en laat eenkant.
Sif koekmeelblom, bakpoeier, kaneel en sout in 'n groot mengbak.
Voeg eier en olie by melkmengsel en voeg by droë bestanddele. Meng net deur.
Voeg bloubessies by en meng deur.
Vul muffinpannetjies wat met papiertjies uitgevoer is 2/3 vol en bak by 190ºC vir 22-24 minute.
Lewer 12.
CAPPUCINO MUFFINS
½ Koppie Olie
½ Koppie Strooisuiker
½ Koppie Bruinsuiker
2 Eetl Koffiekorrels
2 Eiers
1 Koppie Room
1 Teel Vanielje
2 Koppies Koekmeel
2 Eetl Kakao
2 Teel Bakpoeier
Knypie sout
1 Koppie Sjokoladesplinters
Stel oond op 180C.
Klits olie, suiker, koffie en eiers saam tot goed gemeng. Roer
room en vanielje by. Sif meel, kakao, bakpoeier en sout saam. Roer meel en
sjokoladesplinters by oliemengsel en skep gesmeerde muffinholtes 2/3 vol. bak 20
minute of tot gaar.
CHAKALAKA MUFFINS – Rina Shorty
(beproef)
500 ml meel
10 ml bakpoeier
sout
1 groot eier
100 ml olie
200 ml melk
1 blik chakalaka
1 koppie kaas gerasper.
1. Sif droë bestanddele saam.
2. Klits eier, melk en olie meng alles.
3. Skep groot eetlepel vol in elke holte.
4. Skep chakalaka oor elk, strooi kaas oor en bak 20 min by 180°C
Ek druk met die lepel so gat in die deeg voor ek die Chakalaka in skep dat dit so in die muffin bak.
CHEESE AND CHIVES MUFFINS
1 egg
200 ml milk
250 ml cake flour
10 ml baking powder
2 ml dry mustard
2 ml cayenne pepper
375 ml grated Cheddar cheese
50 ml chopped chives
1. In measuring jug beat egg lightly with fork then add milk to make 250ml liquid.
2. Sift dry ingredients together, add cheese and chives, mix in liquid until flour is moistened.
3. Batter should still be lumpy. Spoon into greased muffin pans filling each two-thirds full.
4. Bake in pre-heated oven at 200°C for 15 minutes until golden brown.
Variations: Add 50ml chopped parsley and or onion to mixture, add 75ml chopped bacon, ham or viennas to mixture.
GESONDHEIDS MUFFINS - Rentia van der Merwe
In n groot mengbak, meng die volgende bestanddele:
2 x 250ml Semels (bran)
2 x 250ml Nutty Wheat
125ml hawermout (oats)
2 opgehoopte tl koeksoda
1/2 tl sout
In ‘n ander mengbak, klits die volgende bestandele saam:
2 eiers
180ml bruinsuiker
125ml Canola olie
500ml karringmelk
5ml vanielje geursel
Ek het ook n 1/2 tl elk gemmer & kaneel ingesit, maar dis opsioneel
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit 2 x 6-holtes reuse muffin panne met Spray & Cook
Maak n holte in droe bestanddele mengsel, voeg die melk mengsel by en meng tot net gemeng
(Nou kan jy 250ml fyn piesang of dadels by meng).
Skep die panne half vol en bak vir 20 minute.
KAAS EN MIELIE MUFFINS - Rina Shorty
(beproef)
250 ml gerasperde kaas
1 blik room mielies
2 jumbo geklitste eiers
150 ml melk
500 ml bruismeel
5 ml mosterd
paprika
90 ml gesmelte botter
5 ml sout
Sif droe bestandele.
Klits eiers, melk, room mielies , gesmelte botter en kaas.
Voeg by en meng liggies.
Skep in gesmeerde muffin pan .
Strooi nog kaas en paprika oor.
Bak vir 15 -20 minute tot gaar by 180°C.
KANEELSUIKER MUFFINS – Rina Shorty
(beproef)
Bolaag:
60 ml suiker
5 ml kaneel.
Meng , hou een kant en strooi oor muffins voor jy dit bak.
500 ml meel
3 teelepls bakpoeier
½ teelepel sout
125 ml sagte botter
160 ml suiker
2 groot eiers geklits
130 ml melk
1 blik appels
1. Sif droë bestanddele.
2. Klits botter en suiker tot lig en donsig en voeg eier bietjie bietjie by.
3. Meng met meel en melk tot sagte deeg.
4. Skep helfte in, skep appels op, dan orige deeg. Laat stukkies appel uit steek.
5. Sprinkel kaneel suiker oor. Bak 15-20 minute by 180°C.
MELKTERT MUFFINS - Rene Wessels
210 g (310 ml) meel
2 t (10 ml) bakpoeier
½ t (2.5 ml) koeksoda
75 g (90 ml) suiker
5 ml kaneel
1 eier
45 g margarien, gesmelt
250 ml karringmelk of 175 g jogurt & 75 ml melk
Voorverhit die oond tot 200°C.
Smeer 12 muffinhouers of –holtes met kleefwerende sproei.
Meng al die droë bestanddele in ‘n mengbak.
Klits dan die eier, gesmelte margarien en karringmelk saam in ‘n mengbak en voeg dit by die droë bestanddele. Roer net tot gemeng.
Skep eetlepelsvol deeg in elke holte. Skep ‘n hoogvol teelepel melktertvulsel in die middel van elkeen. Druk dit effens in die deeg in.
Verdeel die res van die deeg tussen die muffins om die melktertvulsel te bedek.
Bak vir 15 minute.
MELKTERTVULSEL
250 ml melk
25 ml margarien
1 eier
60 ml suiker
25 ml meel
25 ml mielieblom
5 ml vlapoeier
2.5 ml vanieljegeursel
Verhit die melk en margarien in ‘n klein kastrol oor lae hitte.
Klits die eier en suiker saam met ‘n vurk.
Meng die meel, mielieblom en vlapoeier saam en voeg dit by die eier-suikermengsel.
Gooi stadig die warm melk by hierdie mengsel terwyl jy voortdurend roer. Gooi dit terug in die kastrol en bring tot kookpunt. Prut vir 2 minute terwyl jy roer.
Plaas dan die kastrol se deksel op, skakel die hitte af en laat dit vir een minuut staan.
Gooi dan die vanieljegeursel by
MILO MUFFINS - Ria Joubert
(beproef)
1 ¾ koppie bruismeel
½ koppie melk (gewone) choc bits
½ koppie wit choc bits
1 ¼ koppie melk
75g botter gesmelt
1 koppie milo
1 eier
Meng gesifte meel en choc bits in ‘n bak.Meng melk, gesmelte botter en milo.Voeg by die droe bestanddele saam met ‘n geklitste eier.
Meng goed.
Sit lepels vol in muffin pan.Bak 20 – 25 min by 200°C
PS: Vir ekstra verassing sit ‘n Caramello square of Rolo in die middle van muffin voor jy dit bak.
MORNING GLORY MUFFINS – Trix Pienaar
(beproef)
Mix into a large bowl:
2 cups cake flour
1 and ¼ cup white or brown sugar (I used only 1 cup sugar)
2 teaspoons baking powder
2 teaspoons cinnamon
1/2 teaspoon salt
Add:
2 cups carrots, grated
1/2 cup nuts (chopped) and raisins
1/2 cup coconut (I used only ¼ cup coconut)
1 apple, peeled, cored and grated.
In a separate bowl, beat:
3 eggs
1 cup Oil
1/2 teaspoon vanilla.
Stir into flour mixture until batter is just combined.
Spoon into muffin tins and bake at 180°C for about 20 -25 minutes.
It makes 24 muffins.
NOUGAT MUFFINS
430 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
1 ml sout
50 ml suiker
1 eier geklits
2 ml vanilla
225 ml melk
50 ml gesmelte botter
120 gram gekapte nougat
1. Sif meel, bakpoeier, sout en suiker saam.
2. Klits eier, vanilla en melk saam. Voeg gesmelte botter by.
3. Voeg eier-en-melkmengsel by gesifte bestanddele. Meng deur, maar nie te veel nie.
4. Voeg nougat by.
5. Skep gesmeerde muffinpanne tweederdes vol en bak vir 15 – 20 minute by 220°C.
6. Maak 24 kleintjies.
PEPPERMINT CRISPTERT MUFFIN
210 gr (310 ml) meel
2 teel (10 ml) bakpoeier
½ teel (2.5 ml) koeksoda
75 gr (90 ml) suiker
100 gr mint crisp-sjokolade, in klein stukkies gekap
1 eier
45 gr margarien gesmelt
250 ml karringmelk of 175 gr jogurt en 75 ml melk
peppermint-geursel (opsioneel)
1 blik (410 gr) caramel treat
60 ml room
Voorverhit die oond tot 200°C.
Spuit 12 muffinhouers in ‘n muffinpan met kleefwerende sproei op die bodem.
Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en suiker saam in ‘n groot mengbak.
Meng die sjokolade by – hou net so 10 ml uit om later bo-op te strooi indien jy wil.
Klits die eier met ‘n vurk en voeg die gesmelte margarien en karringmelk by.
Voeg ‘n paar druppels peppermint-geursel by.
Gooi die vloeistof by die droë bestanddele. Roer net tot gemeng.
Proe of daar genoeg peppermint-geursel in is en voeg nog na smaak by.
Skep ‘n eetlepelvol deeg in elke muffinhouer.
Vat dan ‘n teelepel en skep ‘n teelepelvol caramel treat bo-op.
Druk dit effens in die deeg in met die lepel.
Skep nog eetlepelsvol deeg bo-op die caramel treat om dit toe te maak. Bak vir 15 minute.
Nou kyk – die muffins is nou al heerlik, maar om dit met ekstra dekadensie voor te sit, maak so:
Klits die room styf en voeg dan ongeveer 60 ml caramel treat by.
Klits tot styf en alles goed gemeng. Voeg ‘n paar druppels peppermint-geursel by as jy wil.
Skep dan nou ‘n vriendelike lepelvol bo-op elke muffin en sprinkel die mint crisp-sjokolade wat jy uitgehou het oor.
SPEK MUFFINS
½ Pakkie Spek, gesnipper
Bietjie olie
4 Spietuie Gekap
2 Koppies Koekmeel
1 Eetl Bakpoeier
Knippie sout
2 Ml Rooipeper
Knippie gedroogde basiliekruid
¾ Koppie Kaas, gerasper
2 Eiers
½ Koppie Olie
/2 Koppie Melk
Paprika o moor te sprinkel
Stel oond op 180C.
Soteer in bietjie olie spek tot gaar. Voeg sprietuie vir laaste 2
minute by. Skep ui en hou eenkant. Sif meel, bakpoeier, sout en rooipeper saam en
roer basiliekruid en kaas by. Roer spek by. Klits eiers, olie en melk saam en roer by
meelmengsel tot gemeng. Skep beslag in gesmeerde holtes tot ongeveer 2/3 vol.
Sprinkel paprika oor. Bak 25 minute of tot goudbruin.
SUURLEMOEN EN PAPAWERSAAD MUFFINS - Vrouekeur
3 x 250 ml bruismeel
125 ml botter
375 ml suiker
50 ml suurlemoensap
3 eiers
3 ml sout
skil van 1 suurlemoen.
50 ml papawersaad.
1. Room suiker en botter.
2. Voeg eiers een vir een by.
3. Voeg water en suurlemoensap, skil en saad by.
4. Meng gesifte meel en sout in.
5. Skep papierkoppies of in gesmeerde muffin pan 3/4 vol en bak 15 -20 minute by 180°C.
6. Versier met citrusroomkaas versiersel.
SUURLEMOEN JOGURT MUFFINS - Rina Shorty
(beproef)
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2 ml sout
60 ml suiker
30 ml heuning
2 groot eiers, by kamertemperatuur
300 ml ongegeurde yogurt
60 ml gesmelte botter
15 ml gerasperde skil
SUURLEMOENSTROOP
80 ml suurlemoenssap
80 ml suiker
45 ml water
Sif die meel, balpoeier,koeksoda en sout saam.
Gebruik groot mengbak en meng die suiker, heuning,eiers, jogurt, gesmelte botter en suurlemoenskil. Voeg die meelmengsel hierby en roer tot net gemeng.
Verdeel beslag in gesmeerde muffinpan en bak 20 min by 190°C tot goudbruin en gaar.
Meng sap , water en suiker en verhit tot kookpunt.
Kook 1 minuut. Prik muffins as dit uit die oond uit kom en skep 10-15 ml stroop oor elke muffin.
Hou pannetjie skuins dat stroop oor hele muffin kan loop.
Laat 3 minute afkoel en lig uit.
UIE-EN-KAAS MUFFINS
3 Uie Fyn gekap
1 Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
3 Koppies Koekmeel
2 Teel Bakpoeier
½ Teel Koeksoda
3 Eetl Suiker
Knippie sout
1 ½ Koppie Kaas, gerasper
1 Koppie Melk
½ Koppie Olie
2 eiers
Stel oond op 180C.
Soteer uie en knoffel in olie tot ui sag is. Laat eenkant afkoel.
Roer meel, bakpoeier, koeksoda, suiker, sout en kaas saam. Klits melk, olie en eiers
goed saam. Roer afgekoelde uiemengsel by meelmengsel, roer vloeistof by en roer
to net gemeng. Skep in gesmeerde muffinpannetjies en bak 20 minute of tot
toetspen skoon uitkom. Laat muffins effens in pan afkoel voor dit uitgekeer word.
VRUGTEKOEK KOLWYNTJIES – Leonie Scott
(beproef)
250 gram koekmengsel
50 gram gemengde sitrusskil
50 gram glanskersies gehalveer
50 gram amandelvlokkies
100 gram botter
125ml brandewyn
125 ml bruinsuiker
5 ml koeksoda
2 ml gemengde speserye
1 ekstra groot eier
60 ml sjerrie
60 ml melk
200 ml koekmeel en glansvrugte vir bo op
1. Plaas koekmengsel en gemengde sitrusskil, kersies, amandels, botter, brandewyn, suiker, koeksoda en gemengde speserye in ‘n kastrol bring tot kookpunt, verlaag hitte en kook vir 5 minute.
2. Roer deurentyd.
3. Laat afkoel en klits eier, sjerrie en melk saam en voeg by die meel en die vrugtemengsel. Meng goed. 4. Skep in muffinpanne en bak by 160°C vir 30 minute.
5. Versier met glansvrugte.
GESONDHEID SEMELKOLWYNTJIES - Corna Norval
(beproef)
425g Raisin bran of All Bran
5 koppies meelblom
3 koppies suiker
5 teelepels koeksoda
2 teelepels sout
4 eiers
1 litter karringmelk
1 koppie olie
Gooi alles bymekaar in ‘n groot bak, meng goed en laat oornag staan om te week.
Bak in kolwyntjiepanne vir ±18 minute by 180ºC.
Mengsel kan in die yskas gebêre word vir ± 1 maand.
KAASPOFFERTJIE RESEP VIR MINI DOUGHNUTS - Rina Shorty
(beproef)
250 ml (1 k) gerasperde kaas
3 ml sout
30 ml gesmelte botter
2 ml rooi peper
250 ml bruismeel of meel en 15 ml bakpoeier
1 eier geklits in 250 ml melk
5 ml mosterdpoeier
baie fyn gekapte pietersielie
1. Sif droë bestanddele.
2. Meng met ander bestanddele.
3. Bak 2-3 minute in gespuite dougnut masjien.
KARRINGMELK PLAATKOEKIES - Rina Shorty
(beproef)
500 ml bruismeel OF
500 ml meel met 20 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml suiker
2 eiers
20 ml gesmelte botter
300 ml karringmelk (melk)
Sif droë bestanddele saam.
Klits suiker en eiers goed, voeg melk en botter by.
Vou droë bestanddele by. Meng tot glad.
Al die bestanddele kan ook in ‘n voedselverwerker gegooi word.
Bak op warm rooster plaat tot borrels vorm en draai om.
Bedien met botter, heuning, kaas, konfyt en room.
LEKKER SKONS - Rina Shorty
(beproef)
Vir kaasskons, voeg 1 koppie gerasperde kaas by met die melkmengsel.
500 ml koekmeel (of bruismeel en los die bakpoeier uit)
5 ml sout
15 ml bakpoeier
15 ml suiker
90 g botter, in blokkies gesny
1 eier, liggies geklits
190 ml melk
Sif die meel, sout, suiker en bakpoeier.
Vryf die botter in die meel tot fyn krummels.
Klits die eier en melk saam.
Voeg by droë bestanddele en meng liggies deur.
Keer uit op meelbestrooide oppervlak en druk plat tot 1,5 cm dik.
Druk ronde vorms uit.
Smeer melk oor of sprinkel kaas en paprika oor.
Plaas op gesmeerde bakplaat en bak by 200°C vir 12- 15 minute.
LEKKER MOERSKONTJIES – Ida Bouwer
(beproef)
500g bruismeel
500ml room
2 koppies gerasperde kaas
2 eiers
knippie sout
Meng alles lekker, skep in kolwyntjie pannetjies en bak so 35+ minute.
KAAS MUFFINS – Rina Shorty
(beproef)
1 koppie meel
20 ml bakpoeier
1 koppie gerasperde kaas
1 eier in 200 melk geklits
½ teelepel sout
5 ml mosterd poeier
rooi peper
pietersielie
30 ml gesmelte botter of olie.
bacon
1. Meng alles, skep helfte in gaar bacon in middel, kaas en paprika bo op.
2. Bak 12-14 minute by 230°C.
Foto: Rina Shorty
KERS MINCE PIES - Rina Shorty
(beproef)
625 ml meel
50 ml fyn amandels
180 gram botter
175 ml versiersuiker
5 ml gerasperde suurlemoen skil
1 eiergeel
40 ml melk
1. Sif droë bestanddele en vryf botter in en meng met geklitste eier en melk.
2. Of gooi alles in voedsel verwerker en meng.
3. Laat 30 minute staan. Meng 2 eetlepels brandewyn met bottel vrugtemengsel.
4. Rol deeg uit ( nie te dun nie) .
5. Druk uit in sirkels wat in jou kolwyntjie pan sal pas, skep vulsel in.
6. Smeer randjie liggies met bietjie water en plaas ‘n kleiner sirkel deeg bo op.
7. Druk liggies aan die kante vas ,maak 2 snytjies in deeg.
8. Bak 15 tot 20 minute by 200°C. Koel af en sif met versiersuiker.
Meng vrugtemengsel met brandewyn en skep lepels vol op deeg in panne.
Plaas kleiner deegsirkels op vulsel nadat kante effens aangeklam is met bietjie water.
Sny n snytjie met skerp mes in elke dekseltjie.
Plaas in oond van 200C en bak vir 15 - 20 minute of tot ligbruin.
Sif versiersuiker oor.
Lekker verby!!
Foto: Rina Shorty
INDIAN PURIS - Rina Shorty
2 k meel
1 teel sout
60 gr botter
1/3 k warm water
olie vir diep braai
Sif die meel en sout
Vryf die botter in en maak aan met water.
Sit op meel bestrooide oppervlak en knie 10 minute tot glad en elasties (ek sal sommer dat die verwerker die joppie doen)
Sit in olie gesmeerde bak en laat vir ‘n 60 minute staan.
Rol papierdun uit.
Druk uit met ‘n 10cm koekiesnyer. Bedek met n doek sodat dit nie uit droog terwyl gebak word.
Plaas een vir een in warm olie. Hou met spaan onder in olie tot dit begin pof.
Druk dan liggies met spaan opgepofte area sodat die hele puri kan op pof.
So daar het julle nou die manier hoe om vetkoeke ook te laat pof.
MIELIEMEEL TORTILLAS - Rina Shorty
250 ml mieliemeel
125 ml koekmeel
knippie sout
375 ml melk
10 ml olie
ekstra groot eier
ekstra olie vir braai.
1. Meng mieliemeel, koekmeel en sout.
2. Klits melk, olie en eier. Meng tot ‘n gladde beslag.
3. Verhit bietjie olie en braai 15 tortillas (14cm in deursnee). Roer beslag gereeld om te voorkom dat mieliemeel afsak.
4. Jy kan dit vries. Ontvries eers en draai toe in tinfoil en verhit in oond of stapel op 8 op mekaar en in warm pan (sonder olie ) sit deksel op vir 45 sekondes. Draai om en verhit nog paar sekondes .
PANNEKOEK – Anitha de Klerk
(beproef)
500g Koekmeel
3 Groot Eiers
150ml Kookolie
30ml Bakpoeier
80ml Asyn
1¼ tl Sout
1l Water (Voeg nog by indien deeg te dik
is)
*Ek gebruik goeie kookolie wat nie ‘n smaak
afgee nie. (Excella)
(beproef)
500g Koekmeel
3 Groot Eiers
150ml Kookolie
30ml Bakpoeier
80ml Asyn
1¼ tl Sout
1l Water (Voeg nog by indien deeg te dik
is)
*Ek gebruik goeie kookolie wat nie ‘n smaak
afgee nie. (Excella)