SNOEK PATEE - Sue Day
(beproef)
250 gram smoked snoek
250 gram cream cheese
15 ml lemon juice
knippie gemmer
2 teelepels tamatie paste
½ teelepel suiker
swart pepper
½ klein gekapte uitjie
125 ml vars room
Maak vis skoon.
Blend alles saam.
Voeg geklopte room laaste by.
Hou goed in yskas.
LEWERPATEE
Rina Shorty
1 groot ui
3 knoffelhuisies
250 gram hoenderlewertjies
vars pietersielie
2 eetlepels brandewyn
2 eetlepels room
sout en peper
1. Braai ui in olie of margarien.
2. Voeg lewertjies by en braai tot net nie meer pienk is nie.
3. Voeg pietersielie en knoffel by en braai vir 1 minuut.
4. Plaas als saam met orige bestanddele in ‘n voedelverwerker.
5. Skep in ramekins en gooi gesmelte margarien oor om te seel tot gebruik.
HOENDERLEWER PATEE TERRIEN - Rina Shorty
250g streepspek
75 ml botter
1 groot ui gekap
2 -3 knoffelhuisies fyn
500 g hoenderlewers
1 eier
25 ml dik room ( of melk en melkpoeier)
2 ml gedroogde tiemie - ek gebruik vars tiemie of pietersielie.
12,5 ml sjerrie of suurlemoensap
250 ml vars broodkrummels
5 ml sout
Peper
Smeer n brood pannetjie of ronde poedingvorm van 600ml.
Rek die spekrepe met die agter kant van n mes en voer vorm uit. Snipper res van spek.
Braai ui, knoffel en spek vir 5 min. Voeg die hoenderlewerstukkies by en braai 5 min. Sal nog pienk wees.
Laat afkoel en verpulp met eier, room, tiemie en sjerrie in voedselverwerker.
voeg sout, peper en brood krummels by en meng.
Skep in vorm en bedek met foil.
Plaas in oondpan en gooi warm water in oond pan tot by die helfte teen die terrien op.
Bak vir 1 uur. Verkoel oornag. keeruit en versier.
- BILTONG PATEE - Celeste Botha
2 k biltong poeier
1 houer maaskaas
250ml room, styf geklits
50 ml sherrie
Meng en verkoel.
Indien daar oorbly kan jy dit met ‘n geruste hart vries
- KAAS PATEE - Leonie Scott
Meng saam:
1 bakkie krummel-maaskaas
1 koppie gerasper kaas
1 koppie gerasperde botter
gerasperde ui na smaak
knippie sout
Voeg enige van die volgende by:
Knoffel, Aromat, Gerasperde biltong, Marmite, Vissmeer, Fyngedrukte gekookte eier, Gekapte agurkies, Tuna, ens.
1. Bespuit 'n bakkie met Spray & Cook, besprinkel poppy- of sesamesaad en skep vulsel in die bakkie.
2. Bedien met soutbeskuitjies.
3. Kan lank in die yskas gebêre word en vries ook baie goed.
KALKOEN PATEE - Vrouekeur
250 G Kalkoen, ontvel en ontbeen
250 G Ham
175 G Sagte botter
2 Teel Aangemaakte mosterd
2 Teel Suurlemoensap
3 Eetl Room of melk
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
2 Lourierblare
Kap kalkoen en ham grof. Plaas vleis, helfte van botter, mosterd, suurlemoensap en
room (of melk) in voedselverwerker. Verwerk tot goed gemeng en voeg sout en
peper by. Skep in geskikte opdienbakkies en plaas die lourierblare bo-op. Smelt
oorblywende botter en skep oor patee. Plaas in yskas en laat stol. Sit saam met
kraakbeskuitjies, melba-roosterbrood of volgraanbrood voor.
2 k biltong poeier
1 houer maaskaas
250ml room, styf geklits
50 ml sherrie
Meng en verkoel.
Indien daar oorbly kan jy dit met ‘n geruste hart vries
Meng saam:
1 bakkie krummel-maaskaas
1 koppie gerasper kaas
1 koppie gerasperde botter
gerasperde ui na smaak
knippie sout
Voeg enige van die volgende by:
Knoffel, Aromat, Gerasperde biltong, Marmite, Vissmeer, Fyngedrukte gekookte eier, Gekapte agurkies, Tuna, ens.
1. Bespuit 'n bakkie met Spray & Cook, besprinkel poppy- of sesamesaad en skep vulsel in die bakkie.
2. Bedien met soutbeskuitjies.
3. Kan lank in die yskas gebêre word en vries ook baie goed.