RYK BROSKORSDEEG
2 Koppies Koekmeel
Knippie sout
¾ Koppies Botter
1 Eetl Strooisuiker
1 Eiergeel
5 Eetl Yswater
1 Teel Suurlemoensap
Ste loon op 180C.
Sif meel en sout saam. Vryf botter met vingerpunte by meel in tot
dit soos broodkrummels lyk en voeg suiker by. Klits eiergeel, water en
suurlemoensap saam en voeg by meelmengsel tot ‘n deeg vorm. Bedek met
kleefplastiek en verkoel 1 uur in yskas. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak tot
ongeveer 4mm dik uit en voer ‘n geskikte quichepan daarmee. Bak kors blind vir 10
minute. Verwyder bakpapier en bone. Bak kors vir nog 5 minute sodat bodem van
tert ook kan droog bak.
KAASKORS
2 Koppies Koekmeel
2 Teel Droë mosterdpoeier
1 Teel Sout
Knippie rooipeper
200 G Sagte botter, in blokkies gesny
1 ½ Koppie Cheddarkaas, gerasper
1 Eiergeel
3 Eetl Koue water
Stel oond op 180C.
Meng meel, mosterd, sout en peper. Vryf botter met
vingerpunte by meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk. Roer kaas by en vryf
met hande in by meel tot kaas los is van mekaar. Klits eiergeel en water bymekaar,
roer by meel in en meng met hande tot ‘n deeg. Bedek met kleefplastiek en verkoel
vir 1 uur in yskas. Voer gesmeerde terbord of quichepan met deeg. Bak blind vir 10
minute. Verwyder waspapier en bone. Bak kors vir nog 5 minute sodat bodem kan
droog bak.
JANA SE SPINASIE, SPEK & KAAS QUICHE - JanaWege
(beproef)
'Dis soos Jan Spies se koffie kapitaal: RYK EN LEKKER!'
KORS
250 gram margarien
1½ koppie koekmeel
2 koppies kaas - baie ryk ek gebruik net 1 koppie
Meng alles saam en druk vas op boom en kante van groterige pyrexbak of losboompan as jy wil.
Braai ½ pakkie spek en 2 medium uie en strooi oor kors.
Strooi nou 'n lagie kaas oor.
VULSEL
500 g Green Valley spinasie en Feta (Kry dit in vrieskas by groente in supermarkte in 500g en 1 kg bokse)
Jy moet 2 sakkies (2 x 250 = 500 g) gebruik.
MENG NOU SAAM
500 g spinasie
500 ml room
8 geklitse eiers
Gooi in die tertkors en bak vir ongeveer 40 minute by 180 * C tot gestol en gaar.
*Jy kan nog kaas bo oor strooi maar hierdie quiche is baie ryk en ek los die kaas bo oor uit.
Foto: Jana Wege
HEERLIKE SPINASIE EN SAMPIOEN QUICHE - Sarie Kos
8 – 10 Porsies
155 g botter
280 g (500 ml) koekmeel
45 ml water
45 ml olyfolie
2 uie, in ringe gesny
250 g spek, fyngekap
500 g groot bruin sampioene
300 g spinasie, grofgekap
hand vol tiemie, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
6 eiergele
1 heel eier
500 ml laevet-melk
Verhit oond tot 160 ˚C.
Verwerk botter en meel in voedselverwerker tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
Gooi water by en verwerk tot deeg vorm.
Draai toe in kleefplastiek en verkoel vir 20 minute.
Rol koue deeg uit tot 3 mm dik op meelbestrooide oppervlak.
Voer ’n losboom-koekpan van 30 cm, gespuit met kleefwerende kossproei, met die deeg uit.
Laat rus in yskas vir 20 minute.
Prik die koue deeg met ’n vurk en bak blind (sien wenk) vir 10 minute of tot dit begin verkleur.
Verwyder waspapier en bak kors tot goudbruin, sowat 10 minute.
Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pan.
Voeg uie by en braai tot begin verbruin.
Voeg spek by en braai tot goudbruin, sowat 5 – 8 minute.
Kap helfte van sampioene grof en voeg by. Braai tot sag.
Voeg spinasie by en braai vir sowat 5 minute of net tot sag en gemeng.
Roer tiemie by en verwyder van hitte. Geur goed met sout en peper.
Skep mengsel in gaar kors.
Plaas res van heel sampioene bo-op. Meng eier en melk. Giet oor tert.
Bak vir 40 – 45 minute of tot goudbruin en gestol.
Laat afkoel en sit voor.
WENK: Blind bak beteken jy voer die kors met waspapier uit en sit dan rou rys of bone daarin. Dit voorkom dat die kors rys terwyl jy dit bak. Jy kan die rys of bone bêre en weer gebruik.
PEPPADEW-EN-SPINASIEKAASTERT
KORS
4 Eetl Botter, gesmelt
½ Pak Soutbeskuitjies, gekrummel
½ Koppie Cheddarkaas, gerasper
VULSEL
500 G Spinasie
1 Ui Gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
Bietjie olie
4 Eetl Vars pietersielie, gekap
½ Koppie Peppadews, gekap
2 Skywe Fetakaas, gekrummel
Sout en peper
1 Bakkie Laevetmaaskaas
1 ½ Koppie Ingedampte laevetmelk
5 Eiers
Stel oond op 180C.
KORS
Roer bestanddele vir kors bymekaar en druk op bodem
van gesmeerde losboomkoekpan vas. Plaas in yskas tot benodig.
VULSEL
Verwyder stingels van spinasie. Stoom blare tot verwelk, dreineer goed in vergiettes
en sny in repe. Soteer ui en knoffel in bietjie olie tot sag en deurskyend. Voeg
pietersielie en peppadews by en soteer nog 2 minute. Verwyder van hitte. Roer
spinasie en fetakaas by en geur met sout en peper. Klits maaskaas, ingedampte
melk en eiers saam en voeg by spinasiemengsel. Skep mengsel in voorbereide kors
en bak vir 60 minute of tot in middel gestol. Sit louwarm saam met slaai vir
middagete of aandete voor.
MIELIESOUTTERT
1 Ui Gekap
1 Selderystingel, gekap
½ Groen Soetrissie in blokkies gesny
½ Rooi Soetrissie in blokkies gesny
1 Koppie Kaas, gerasper
6 Eetl Koekmeel
½ Teel Mosterdpoeier
Knippie sout
3 Eetl Vars pietersielie, gekap
8 Eiers
2 x 410g Blikke heelpitmielies
Stel oond op 180C.
Meng ui, seldery, soetrissie, kaas, meel, mosterd, sout en
pietersielie saam tot meel heeltemal ingemeng is. Klits eiers en roer mielies daarby.
Roer by uiemengsel en skep in ‘n gesmeerde oondbak. Bak vir 40 minute of tot in
middel gestol. Sit louwarm as ligte middagete voor.
SOUTTERT - Corna Norval
(beproef)
200ml kaas gerasper
500ml melk
1 blik weenseworsies
125g bacon
1 ui gerasper
4 geklitste eiers
1 eetlepel botter
Sout en peper na smaak
2 sny witbrood 4cm dik elk, sonder korsies.
Breek brood in stukke en voeg saam met melk en botter in kastrol. Kook oor matige hitte tot pap. Laat afkoel.
Snipper spek en braai. Sny worsies in skyfies en voeg res van bestandele by pap en meng. Bak by 180ºC vir 45 minute.
SOUTTERT - Corna Norval
(beproef)
500ml gerasperde kaas
60ml self raising meel
12,5 tamatiesous
1 klein ui opgekap
125 ml melk
2 ml mostert
1 ml peper
3 ml sout
1 blik bully beef of viennas
3 ml pietersielie
Sny vleis in stukkies. Meng al die ander bestandele saam. Gooi alles in gesmeerde bak en bak vir ± 40 minute by 180ºC.
SOUTTERT - Corna Norval
(beproef)
125ml melk
3 eiers
1 blikkie viennas
2 hardgekookte eiers
1 koppie gerasperde kaas
2 uie gebraai
1 teelepel bakpoeier
Sout en peper
Sny worsies en hard gekookte eiers in stukke. Klits eiers en melk sam. Voeg pietersielie, kaas, bakpoeier, sout en peper by melk mengsel en meng goed. Gooi mengsel oor worsies, eiers en uie. Bak vir ±30 minute by 180ºC.
SOUTTERT - LOUISE VAN HEERDEN
(beproef)
Bestanddele
15 ml (1e) olyfolie
15 ml (1e) botter of margarien
1 medium ui, grofgekap
250 g kaasworsies, skywe gesny
125 g knopiesampioene, skywe gesny
30 ml (2e) vars gekapte kruie of 10ml (2 t) droë
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml (1k) gerasperde cheddarkaas
2 ekstragroot eiers
200 ml melk
45 ml (3e) koekmeel
Metode
Stoofplaat en Oond
Verhit die olie en die botter in 'n swaarboompan.
Voeg die ui by en braai dit vir 'n paar minute lank totdat dit sag en effens bruin is.
Voeg dan die gesnyde worsies, sampioene, kruie en geurmiddels by en braai liggies.
Haal van die plaat af en laat dit 'n tydjie afkoel.
Meng die kaas by en skep in 'n oondvaste bak van omtrent 18cm in deursnee en plaas in 'n voorverhitte oond teen 180 °C.
Klits dan die melk, eiers en meel saam en gooi oor die uiemengsel in die oondvaste bak.
Bak dit vir omtrent 25 minute teen ongeveer 180 °C of tot dit geset het en goudbruin is.
Nota's:
- Hier is die souttert resep wat ek die naweek gemaak het - ek het net nog gesnipperde spek saam met die kaasworsies gebraai. My manne het gesmul! Basiese souttert resep (4 - 6 porsies)
Enige bestanddele soos koue vleis, hoender of vis kan gebruik word om hierdie southappie in iets besonders te omskep, oorskietvleis is ideaal vir die resep
- MARMITEKOEK – CMR Kinderkrans Resepteboek
- (beproef)
- Room 120 g botter en 1 k suiker saam.
- Meng 1 eier en 1 k melk saam.
- Meng om die beurt met melk en botter- en suikermengsel 1 ½ k meel, 2 t bakpoeier en 1 t sout.
- Bak in ‘n matige oond (180°C) vir ± 30-40 min. Smeer marmite bo-oor, gooi ½ k gesmelte botter bo-oor, laat effens afkoel en strooi gerasperde kaas bo-oor.
Enige bestanddele soos koue vleis, hoender of vis kan gebruik word om hierdie southappie in iets besonders te omskep, oorskietvleis is ideaal vir die resep