1 kg varkvleis in blokkies 2 greenpepers in blokkies 25 ml springonions in ringetjies 500 ml pynappel in blik hou die sap 100 ml maizina 1 huisie knoffel gekap 10 ml vars gemmer gekap 125 ml sojasous 75 ml water olie vir braai
Sit die vark in plat skottel, meng soja ,gemmer en fyn knoffel. Marineer die vark vir 30 minute. Roer af en toe. Haal uit en bestrooi met 75 ml maizina en roer deur. Braai vleis paar stukkies op ‘n slag tot bruin en bros.
Soetsuur sous: 250 ml pynappelsap (die uit die blik) 125 ml wit asyn 60 ml tamatiepuree 200 ml bruinsuiker 12,5 ml worcestersous skoot tobasco pietersielie
Meng die sous bestandele in wok of groot braaipan. Verhit en kook paar sekondes, voeg greenpeper en 25 ml gesnyde spriet uitjies by die sous en kook 1 minuut, roer die pynappel en gebraaide vark by. Meng die res van die maizina met water en gooi by vark. Roer tot dik en goed warm. Strooi pietersielie oor. Bedien met rys.
STICKY RIBS - Rina Shorty (beproef) 125 ml tamatiesous 125 ml Mrs Balls gewone chutney 50 ml mayonnaise 50 ml lemoensap 50 ml appelkooskonfyt 50 ml sojasous 40 ml heuning 3 knoffel huisies opgekap (ek gebruik sommer 1 eetlepel van daai klaar gekoopte opgekapte potjies knoffel) 5 ml Bovrol of Marmite of Oxo 10 ml droë mosterd
Mikrogolf eers die konfyt en die Marmite saam vir 'n paar sekondes anders meng dit baie moeilik met die ander bestanddele. Meng al die bestanddele saam en hou een kant.
1. Koop ‘n vark rib en sny die vel en ergste vet af, behou die dik laag vleis aan. (Daai ou gerookte beentjies met die flentertjies vleis tussenin, is 'n sonde. Koop 'n regte stuk vark rib) 2. Sit 'n ui wat in ringe gesny is in 'n bak. Sit die rib bo op die uieringe, maak die bak toe en bak die rib met bietjie sout en peper op tot amper sag maar nog ferm, in die oond by 180°C. Dit vat ongeveer 1 uur. 3. Haal uit en sny in porsies. Dis baie smaakliker as die ribs opgesny word voor dit gebraai word dat elke stukkie marinade op kry as wat die rib heel gebraai word. 4. Smeer van die sous oor terwyl dit oop braai in die oond by 200°C of braai dit oor die kole. (Braai oor die kole is natuurlik die lekkerste. Die beste resultate word verkry deur die ribs heeltyd te draai en te smeer en bietjie te braai, te draai en te smeer ens. Hoe meer jy die ribs 'babysit' en daai bietjie moeite doen, hoe lekkerder is dit. Vuur moet ook nie te warm wees nie anders brand die marinade en hulle moet omtrent vir 30 minute na 1 uur op die vuur wees) 5. Behou bietjie van die sous en smeer oor net voor jy dit van die kole afhaal.
GEROLDE VARKNEK MET UIEMARMELADE – Huisgenoot UIEMARMELADE 60 ml botter 6 uie, in skywe gesny 60 ml sagte bruinsuiker 60 ml balsemieke asyn sout en vars gemaalde swartpeper
VULSEL 1 groot varknek (1,3 kg), ontbeen en gevlek sout en vars gemaalde swartpeper 70 g jong spinasie 85 g bloukaas, gekrummel 100 g mozzarellakaas, gerasper 50 ml olyfolie
Voorverhit die oond tot 160°C.
UIEMARMELADE Verhit die botter in ’n kastrol en braai die uie oor matige hitte tot sag. Roer die bruinsuiker, balsemieke asyn, sout en peper by. Verlaag die hitte en laat die marmelade ongeveer 20 – 30 minute liggies kook tot gekaramelliseer. Laat dit afkoel.
VULSEL Vou die gevlekte nek oop op ’n werkoppervlak en geur dit met sout en vars gemaalde swartpeper. Versprei die spinasie oor die varknek, gevolg deur die marmelade, bloukaas en mozzarellakaas. Rol die varknek toe en bind dit vas met tou. Sit die gevulde nek in ’n gesmeerde oondbak, bedruip met olyfolie en bak 25 minute per elke 500 g plus 25 minute of tot gaar. Sit dit voor saam met brosgebraaide aartappelwiggies. Laat rus die snit 10 minute nadat dit gaargemaak is; dan is dit makliker om die vleis te sny.
WENK: Varknek het heelwat gemarmerde vet; daarom is dit van die geurigste en sappigste vleissnitte aan die varkkarkas. Vra jou slagter om die varknek te ontbeen en te vlek sodat jy dit maklik kan vul. Snitte ideaal vir hierdie resep is varknek of varklies.
KERRIE VARKTJOPS
4 varktjops 2 uie 100ml asyn of suurlemoensap... 100ml water 50ml tamatiesous 30ml fyn appelkooskonfyt 20ml maizena1 5ml kerriepoeier 5ml borrie Sout en peper
Was en prik die varktjops aan albei kante. Plaas in gesmeerde oondpan. Skil en rasper uie. Meng met al die ander bestanddele. Giet oor tjops, bedek met foelie en laat staan vir 3-4 ure. Verhit die oond tot 200°C. Bak tot gaar. Verwyder foelie en laat bruin word. Die gaar marinade is ñ heerlike sous vir die rys.
KNOFFEL VARK TJOPS - Rina Shorty
4 dik vark tjops, vet ingesny sout en peper 15 ml olie 2-4 vet knoffelhuisies, fyn gemaak 125 ml vars lemoensap / appelsap vir Vernon 50 ml brandewyn
Gerasperde skil en sap van een suurlemoen. Geur die tjops met sout en peper. Verhit olie in nbraaipan en braai tjops albei kante bruin. Voeg die res van die bestandele by en prut toe vir 10-15 minute. Sit voor met geurige rys.
KOFFIE VARKTJOPS
1.5 kg varktjops koekmeelblom met sout en peper gegeur kookolie 2 uie in skywe gesny 30 ml margarien 30 ml kitskoffiepoeier 250 ml kookwater 250 ml asyn 150 ml gouestroop 10 ml Bisto Sout en peper
Hou die vetrande van die varktjops aan. Rol die tjops in die gegeurde koekmeelblom totdat hulle goed daarmee bedek is. Braai die tjops aan weerskante tot goudbruin in net genoeg olie om die bodem van die pan te bedek. Pak die tjops in ‘n groot oondkasserol. Braai die uie in die margarien tot sag. Los die koffiepoeier in die kookwater op en voeg dit by die uie saam met die asyn, gouestroop en Bisto wat met ‘n klein bietjie water aangemaak is. Geur dit met sout en peper en laat dit opkook; verdik die sous met ‘n bietjie mielieblom wat met koue water aangemaak is indien ‘n dikker sous verkies word. Gooi die koffiesous oor die varktjops, bak op die middelste oondrak in ‘n voorverhitte oond (150 grade) vir ‘n uur en ‘n half, of tot die tjops lekker sag is. Dien warm op. Wanneer jy dit uit die oond haal, laat staan dit vir so 10 minute, dan gaan lê al die vet wat uit die tjops gebak het, bo-op, en kan dit maklik afgeskep word om net die lekker sousie oor te laat.
VARKBOUD MET PERSKES - Martie Gouws
410 g perskes in stroop 225 ml warm water 5 ml wonderpeper 2 ml fyn kaneel 1 ml fyn gemmer 50 ml suurlemoensap 100 ml sjerrie 2 kg varkboud 5 ml sout 1 ml vars gemaalde swartpeper 4 kruienaeltjies
Voorverhit die oond tot 160°C. Dreineer die perskehelftes en behou die stroop. Meng 225 ml van die stroop met die warm water en voeg die wonderpeper, kaneel, gemmer, suurlemoensap en sjerrie by. Hou eenkant. Vryf die varkboud in met die sout en peper en steekdie kruienaeltjies in die vleis in. Plaas die varkboud op die roosterrakkie van die oondroosterpan en gooi die stroopmengsel bo-oor. Oondbraai dit op die oondrak net onder die middel van die oond en bedruip dit af en toe met die stroopmengsel. Laat 30 minute per 500g vleis toe, plus nog 30 minute. Die gaarmaaktyd vir ‘n varkboud van 2kg is dus 2½ uur. Skep die gaar varkboud uit op ‘n warm dienbord, bedek dit met tinfoelie en hou dit warm. Voeg die perskehelftes by die vloeistof in die pan en verhit dit 5-10 minute lank oor matige hitte. Rangskik die perskehelftes om die varkboud, bedek dit weer en hou dit warm. Voeg nog water by die vloeistof in die pan, indien nodig, sodat daar 100ml vloeistof in die pan is. Plaas die pan op ‘n stoofplaat en verhit die vloeistof oor matige hitte. Skraap alle aanpaksels van die kante en die boom van die pan los. Verhit die vloeistof tot kookpunt en gooi dit uit in ‘n souspotjie.
VARKNEK EN FILLET ROL - Let's Braai, Carmen Niehaus
VULSEL 1 koppie vars broodkrummels 60 ml wallnults 30 ml tiemie 30 ml bloukaas
Sout en peper, suurlemoensap die nek en sit knoffel op. Smeer res van die vulsel oor. Maak holte vir die fillet. Sit fillet in en rol op, maak vas met tou. "Season" na smaak aan buitekant en lardeer die volgende mengsel"
30ml Dijon mosterd 10ml soya sous 10ml olyf olie
Bak in oond by 180°C of braai in ketelbraai vir ongeveer 1 en 1/2 uur Bedien met ‘n rooiwyn of n appelsous.
VARKSTOWEGEREG MET PIETERSIELIEKLUITJIES
1 kg ontbeende varkvleis in blokkies gesny 30 ml kookolie 2 uie, gekap 1 knoffelhuisie, gekneus 1 lourierblaar 5 ml sout vars gemaalde swartpeper 150 g bevrore ertjies 5 ml vars, gekapte peperwortel 5 ml fyn koljander 25 ml suurlemoensap 3 ml borrie 250 ml warm hoenderaftreksel 200 ml natuurlike jogurt
KLUITJIES 140 g bruismeel knippie sout 30 ml botter 30 ml vars, gekapte pietersielie 1 eier 125 ml melk vars, gekapte pietersielie vir garnering Verhit die kookolie en braai die vleis bruin. Voeg uie en knoffel by en soteer todat die uie deurskynend is. Voeg die lourierblaar, sout, swartpeper, ertjies, gemmerwortel, koljander, suurlemoensap en borrie by en roer alles goed deur. Voeg die hoenderaftreksel by die vleis. Verhit die mengsel tot kookpunt, plaas deksel op. Stel die plaat af en laat prut 1½ uur lank, totdat die vleis byna sag is. Roer jogurt by en haal die lourierblaar uit.
KLUITJIES Sif die bruismeel en sout saam. Vryf die botter in en roer die gekapte pietersielie by. Klits die eier en melk saam en voeg dit by die droë bestanddele. Meng dit liggies, maar deeglik, en skep lepelsvol van die deeg bo-op die vleis. Die beslag maak ongeveer 12 klein kluitjies. Stowe vir ‘n verdere 15 minute.
VARKTJOPS
Braai varkvleis met sout en peper tot effens bruin. Pak in oondbak met deksel.
Meng saam: 1pakkie dik bruin uiesop 1 blik appelkose vepulp met sap 100 ml mayonaise 3 knoffelhuisies fyn
Meng als goed. Gooi oor vleis. Bak 45-60 minute by 160°C tot sag en gaar. Bedien met rys. Regtig besonder lekker!
VARKTJOPS IN GEMMERBIER
Sit 4 varktjops in oondbak, gooi 1 pakkie bruin uie soppoeier en 1 blikkie gemmer bier oor en bak so 1 uur in oond. Dit maak 'n lekker sousie.
VARKTJOPS OOR DIE KOLE - Rina Shorty
sout en peper vark tjops. Plaas in ‘n bak en rasper uie oor.
MARINADE 3 k asyn 1/2 k olie 2 eetl worcestersous 1/2 k tamatiesous 3 eetl blatjang 1 eetl borrie 2 eetl kerrie 3 eetl appelkooskonfyt Meng alles en gooi oor tjops. Laat paar uur of oornag marineer en braai oor kole.
VARKTJOPS - Carol
4 varktjops 1 koppie rooiwyn 50 ml mosterd 50 ml tamatiesous 200 ml marmalade peper 10 ml sterk koffiepoeier, gemeng met bietjie kookwater. Jy kan knoffel, uie, of greenpepper bysit soos jy verkies. Meng al die sous bestanddele en giet oor tjops. Bak by 180°C vir 45 minute.
VARKVLEIS STROGANOFF MET PYNAPPEL - Sibel
650 g varkvleisblokkies (1,3 cm blokkies) 25 g botter 15 ml kookolie 1 ui, fyn gekap 100 g knopie sampioene, in helfte gesny 125 ml ingelegde pynappelblokkies, gedreineer sout en peper na smaak 187 ml room
Smelt botter en olie in 'n diep swaarboompan. Voeg vleisblokkies en uie by en soteer. Roerbraai vir ongeveer vyf minute. Geur met sout en peper. Voeg sampioene by en roerbraai vir ongeveer vyf minute. Voeg pynappelblokkies by en laat goed warm word. Roer room in en bring tot kookpunt net tot gereg se sous begin verdik. Verwyder van hitte en sprinkel geroosterde klapper bo-op vir afronding. Bedien op rys.
VARKVLEIS STROGANOFF MET PYNAPPEL- Sue Day (beproef)
650 g varkvleisblokkies (1,3 cm blokkies) 25 g botter 15 ml kookolie 1 ui, fyn gekap 100 g knopie sampioene, in helfte gesny 125 ml ingelegde pynappelblokkies, gedreineer sout en peper na smaak 187 ml room
Smelt botter en olie in 'n diep swaarboompan. Voeg vleisblokkies en uie by en soteer. Roerbraai vir ongeveer vyf minute. Geur met sout en peper. Voeg sampioene by en roerbraai vir ongeveer vyf minute. Voeg pynappelblokkies by en laat goed warm word. Roer room in en bring tot kookpunt net tot gereg se sous begin verdik. Verwyder van hitte en sprinkel geroosterde klapper bo-op vir afronding. Bedien op rys.
VARKTJOPS OOR DIE KOLE - Rina Shorty (beproef) sout en peper varktjops Plaas in ‘n bak en rasper uie oor