INGELEGDE KERRIE VIS - Sue Day (beproef) 1,7 kg geelstert, Hake skoongemaak, grate verwyder en in skywe gesny Olie 6 suurlemoenblare 6 groot uie, in ringe gesny 750 ml bruin asyn 250 ml water 175 ml suiker 12,5 ml borrie 37,5 ml kerriepoeier 25 ml meelblom 8 ml sout 12,5 ml grofgemaalde peper 2 brandrissies fyn opgekap 15 ml heel koljander 4 dun skyfies vars gemmer 250 ml sultanas (opsioneel)
Braai vis ongeveer 1½ minuut per kant in warm olie, tot net deurgaar is. Geur goed en hou eenkant. Prut uie 10 - 12 minute in asyn en water tesame met suurlemoenblare, suiker, borrie, kerrie, sout, peperkorrels, rissies, koljander, vars gemmer tot gaar maar nog ferm. Meng meel met 'n bietjie van die warm sous en roer terug by sous. Prut totdat die sous gaar en dik is. Vul 'n lugdigte houer met lae vis, uie en sultanas om die beurt. Skep sous oor en plaas in koelkas. Die vis sal na drie dae gereed wees om geëet te word. Kan tot ses maande goed hou in yskas. (foto van Kreatiewe kos idees)
INGEMAAKTE VIS - Ann Belling (beproef) gebakte vis 1 bottel asyn (750 ml) 6 groot uie 2 kop suiker knippie sout 3 eetl kerriepoeier 2 eetl maizena
Sny uie fyn en kook met 2 kop water vir 5minute. Voeg ander bestanddele by. Laaste die maizena wat met water aangemaak is. Kook nog 5 minute. Pak vis en uiemengsel om die beurt in bottels en seël dadelik
GEROOKTE-HADDOCK-EN-SPEK-GEREG
500g vis 1 groot ui 50g spek 600ml melk 1 blik pitmieleis 500g gaar aartappels 150ml room 25ml vars pietersielie
Soteer die uie en die spek vir 2-3 minute, gooi die melk by en laat opkook, roer gereeld. Vlok die vis en soteer. Meng die vis met die uiemengsel, voeg die mielies en aartappels by en prut 5 minute. Gooi die room in en verhit, moenie kook. Geur en bedien dadelik met pietersielie. PRAWN ENVELOPES - Corna Norval (beproef)
Boil 1 packet prawns in ± 1 pint water to which is added 1 teaspoon peri-peri and 1 teaspoon salt. Drain water and keep. Peel prawns and cut in pieces. Put drained water in pot and add 2 tablespoons butter and boil. Take 4 heaped tablespoons flour, add 1¾ cup milk. Mix well. When water boils, remove from stove and add flour mixture and bring back to boil, stirring continuously for ± 2 minutes. Add cut prawns and stir. Remove from stove and add 2 egg yolks (keep the white) and mix. Taste if enough salt.
Pastry: (cover dough with cloth to keep warm)
Put in pot on stove, 1½ cups water, 1 teaspoon salt, and 1 heaped teaspoon butter. When it boils, turn down heat and add 2 cups flour. Stir till ball forms. Turn onto table and knead well, adding flour so as not to stick to table. Keep as hot as possible, and roll out small pieces of dough very thinly. Put spoonfulls of filling on and fold in half. Cut of with glass (¾ of glass) to form an envelope. Put envelopes on floured board on tray. Sif crumbs if too cours. Use egg whites, plus 1 egg for dipping. Rub egg all over envelope and roll in crumbs. Put oil in pot with a small crust of whit bread (to prevent burning) and leave in pot.
Oil must not be too hot. Fry until golden brown ±2 minutes. SARDYNE TERT - Corna Norval (beproef) 1 blik Sardyne in Tamatiesous 1 blik spagetti 1 Ui fyn gekap 2 eetlepels Mielieblom 2 Eiers geklits Kaas gerasper
Meng alles behalwe die kaas. Strooi kaas bo-oor en bak by 180ºC vir ±1 uur.
Seekos Paella - Sue Day (beproef)
30 ml olie 125 gram bevrore steurgarnale of bevrore seekosmengsel, by kamertemperatuur ontdooi 1 ui gekap 1 knoffelhuisie fyngedruk 1 groen soetrissie in klein blokkies gesny 5 ontbeende hoenderborsies in repies gesny 1 Russiese worsie in skyfies gesny of paar repe spekvleis in kleiner stukkies gesny ½ houer knopiesampioene in skyfies gesny 500 ml rou witrys 2 klein tamaties, ontvel en gekap 1 lourierblaar 2 ml borrie 1 liter hoendervleisaftreksel 1 blikkie mossels of groot blik mossels in skulpe, gedreineer 125 ml bevrore ertjies 1 klein suurlemoen se sap sout en varsgemaalde swartpeper 60 ml fyngekapte, vars pietersielie
1. Verhit die olie in 'n groot kastrol of wok en roerbraai die steurgarnale sowat 1 minuut lank tot mooi pienk. Skep uit en hou eenkant. 2. Sorteer die ui, knoffel en soetrissie in dieselfde pan tot sag. 3. Voeg meer olie by indien nodig. Voeg die hoenderrepies by en braai totdat dit effens verbruin. 4. Voeg dan die worsie skyfies en die sampioene by en roer braai tot effens bruin. 5. Voeg die rys by en roer braai sowat 'n minuut lank. 6. Voeg die tamaties en lourierblaar by en meng deur. 7. Meng die borrie met die aftreksel en voeg by. 8. Verlaag die hitte en laat prut totdat die rys sag en die meeste van die vloeistof geabsorbeer is. 9. Plaas die garnale bo-op en voeg ook die mossels en ertjies by. Verhit tot deurwarm. 10.Geur met suurlemoensap, sout en peper en garneer met pietersielie.
SMOORSNOEK
750 gram gerookte snoek ½ koppie kookolie nie olyfolie nie 4 uie in skywe gesny 1½ eetlepel vars gemmer gekap 2 rooi rissies gekap 5 medium aartappels geskil swartpeper 1-2 teelepels kerriepoeier tuisgemaak of uit ’n boks
1. Breek die snoek met jou hande in vlokkies en verwyder daardie grate. 2. Kook die aartappels in water totdat dit gaar is. Laat dit afkoel en sny dit in blokkies. 3. Nou braai jy die uie in die olie saam met die rissie, gemmer en kerrie. 4. Wag tot die ui sag is en voeg dan die aartappelblokkies by.
As dinge nog nie genoeg kleur het na jou sin nie, gooi ’n teelepel borrie by. As die kleur reg is, sit jy die snoek bo-op die kerrie-aartappels-en-uie. Dit sal binne sekondes warm raak. Hou dit warm tot jy dit vir jou mense bedien.
PRAWNS IN BACON
Druk bacon plat met ‘n mes om dit dunner te maak, draai om skoon gemaakte prawns waarvan die stertjies nog aan is. Dust met bruismeel en draai toe in stukkie bacon. Druk in geklitste eierwit wat bietjie geklits is maar nog waterig. Bak in olie vir paar min tot gaar. Bedien met tartare, knoffel of suurlemoensous.
PRAWN THERMIDOR
30g margarine 400g prawns, peeled and deveined 1 sachet Knorr Garlic and Herb Potato Bake 250ml mature cheddar cheese Robertsons Freshly Ground Atlantic Sea Salt and Pepper to taste 1 leek, sliced 150ml dry white wine 500ml milk 125ml fresh cream 30ml fresh parsley, chopped
1. Melt margarine in a large saucepan Add leeks and prawns and saute for 2 minutes. 2. Add the wine. 3. In a jug, mix the Knorr Potato Bake together with the cold milk and stir until well combined. 4. Gradually add the milk mixture to the prawns, stirring until smooth. 5. Continue stirring over medium heat for 5 minutes or until the sauce has thickened slightly. 6. Stir in the cheese and cream 7. Add seasonings and parsley and serve.
PRAWN CAKES - Nigella Lawson
1 x clove of garlic 2 spring onions - roughly chopped 250 g of raw prawns 50 g flour 1 tbsp sherry or water veg oil for frying lime quarters for garnish
Place the garlic and the spring onions into a food processor for about 10 seconds. Add the prawns, flour and sherry or water and blitz again to a consistency of your liking. Spoon the mixture into a bowl and leave to rest in fridge for at least 10 minutes before deep fat frying. Fry until golden brown.
STOKVIS IN SUURROOM - Huisgenoot (beproef) bietjie botter of margarien 1 houer suurroom (250ml) of joghurt sal ook werk. 1 pakkie dik wit uiesoppoeier 125 ml melk 800 g bevrore stokvisfillette geuropwekker na smaak (pasop vir te veel sout - soppoeier partykeer genoeg sout) gerasperde cheddar-kaas fyngekapte pietersielie (ek sit soms mushrooms ook by sowel as gemengde groente)
Voorverhit oond 180°C. Smeer oondvaste bak. Meng suurroom en soppoeier goed. Pak 'n laag vis, geur, Gooi dun lagie roommengsel bo-oor. Volg met nog 'n laag vis en roommengsel. Strooi kaas oor en sit deksel op. Bak +- 40 min tot mooi goudbruin en gaar. Haal deksel af die laaste 10 minute.
SNOEK OOR DIE KOLE 1 Snoek vooraf gesout Appelkoos Braaisous: 60 ml mayonnaise 60 ml knoffelbotter 60 ml gladde appelkooskonfyt of Mayo-Braaisous: 250 ml mayonnaise 90 ml botter Plaas die vis oop met die velkant na onder op die rooster Sprinkel peper oor Verhit die bestandele vir enige van die braaisouse oor lae hitte en meng goed Gebruik ‘n klein kwassie en verf die vleiskant van die vis met die sous Braai oor gloeiende kole – nie te warm nie – tot die vis maklik van die graat loskom Sit voor met vars brood en slaai of tamatie-en-uie-braaibroodjies
VISVINGERPASTEI
visvingers vars room sampioensoppoeier 410g tamatie en uie mengsel gerasperde kaas
Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak. Versprei blik tamatie en uie eweredig oor visvingers. Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers. Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180C.
Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n vuurvaste oondskottel. Vlok die skelvis. Smelt die botter en roer die meel en sout by. Voeg die melk by en verdik vir 3 minute terwyl die mengsel geroer word. Voeg die witsous, stampmielies, pietersielie en kaas by die skelvis. Klits die eiers en melk saam en meng met die skelvismengsel. Giet mengsel in die oondskottel en bak vir 30 minute. Sit voor saam met slaai as 'n ligte noenmaalgereg
Berei die visvingers voor volgens die aanwysings op die pakkie. Gooi die melk in 'n kastrol. Voeg die mayonnaise, kaas en rooipeper en verhit. Roer 2 minute lank aanhoudend. Roer die blatjang, ui en soetrissie by die sous. Verhit totdat alles warm is. Plaas die rys op 'n opdienbord en rangskik die visvingers bo-op die rys. Gooi die sous oor die visvingers. Bedien die gereg warm.
KITS TUNATERT - Ann Belling (beproef) Smeer 'n oondvaste tertbord met botter of olie. Pluis 'n 225 g blikkie tuna. Meng ongeveer 'n ½ koppie gerasperde kaas en een gekapte, gesoteerde ui daarby. Wenk - "Spring onions" gekap met lowwe en al, is lekker. Klits saam, 2 eiers, 25 ml koekmeel, 'n ½ teelepel bakpoeier, 'n knippie sout en 200 ml melk. Gooi hierdie mengsel bo oor en strooi 'n bietjie gekapte pietersielie daaroor. Bak in oond teen 180 grade Celsius vir 30 minute. Bedien warm met vars brood en 'n mengelslaai van blaarslaai, komkommer, pynappel, ens.
LEONIE SE TUNATERT - Leonie Scott (beproef) Die tert is absoluut heerlik as jy dit koud eet met 'n griekse slaai en broodrolletjies. Ek gooi sommer nog ekstra kaas ook in.
Ek maak alles sommer so na gevoel. Braai 'n ui in botter tot sag. Gooi 3 koppies melk in die uie mengsel asook 2 hoenderblokkies (Ja, dis reg hoenderblokkies). Breek 8 snye witbrood in en laat deur kook totdat dit 'n lekker pap is. Gooi 2 blikke tuna 200 g gerasperde kaas en 4 geklitste eiers by.
Gooi in 'n tertbak en rasper bietjie kaas bo-oor en sprinkel gekapte pietersielie oor. Bak vir 30-40 minute by 180 grade C.
* WENK: Voeg ook 1 blik apersieslaaistukke by (gedreineer) voor dit gebak word.
MARTHA SE GUNSTELING TUNATERT - Martha De Lange (beproef) "Hierdie is seker my gunsteling tuna-gereg. Ek het hom oorspronklik by 'n goeie vriendin gekry, en met tyd so bietjie aan dit geskaaf en getorring, tot dit nou só daarna uitsien. Jy kan dit opdien as aandete saam met groente of 'n ligte slaai, of selfs in blokkies opsny en by 'n funksie of spesiale geleentheid bedien."
500 ml gaar rys 2 x blikkies tuna, gedreineer 1 medium ui, gekap so 6 klein gherkins, in dun skyfies gesny 1 geel soetrissie, in klein stukkies gekap ongeveer 5 peppadews, in klein stukkies gekap 4 eiers 60 ml mayonnaise 250 ml melk 30 ml blatjang sout en peper na smaak knippie gemengde kruie en pietersielie 250 ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond tot 180 grade C. Smeer of spuit 'n vlak oondvaste bak of tertbord. Meng al die bestanddele (behalwe die kaas) goed saam en gooi dit in die voorbereide bak. Sprinkel die kaas bo-oor. Bak vir 30 minute.
TUNATERT MET GEROOMDE SAMPIOENE - Hannah Frauendorf Langenhoven (beproef) 2 blikkies tuna (in olie, maar gooi olie af) 1 koppie uie, gekap 1 koppie kaas, gerasper (verkieslik Cheddar) klein blikkie geroomde sampioene 4 eiers sout, peper en pietersiele, na smaak
Gooi alles in 'n ongesmeerde, oondvaste bak en meng goed. Sit dit in die oonden bak vir 30 minute teen 180 grade Celsius. Laat staan vir 10 minute en bedien met mengelslaai.
VINNIGE TUNATERT 150 g Kaas- en- uie of Chutney skyfies, ek gooi nog 'n klein pakkie chips ook by (gekrummel) 2 eiers 30 ml margarine 2 uie, fyn gekap 1 blikkie tuna, gedreineer 100 ml melk 285 g blikkie sampioene ( opsioneel) 100 ml blatjang 80 ml mayonnaise 250 ml gerasperde kaas
Braai net jou uie en dan meng jy alles saam. Skep in kolwyntjiepannetjies of groot tert bak en bak tot gaar. NS Dit kan in die mikrogolf ook gebak word.
MIELIE-EN-TUNAKOEKIES - Vrouekeur
1 ½ Koppie Gaar aartappels, fyn gedruk 6 Sprietuie Gekap 340 G Tuna in soutwater, gedreineer en gevlok 1 Blik Heelpitmielies, gedreineer 3 Eetl Vars pietersielie, gekap 1 Eier Geklits Knippie knoffelsout Swartpeper na smaak ½ Koppie Koekmeel 1 Eier Geklits 1 Koppie Droë broodkrummels Genoeg olie vir braai
Meng aartappels, sprietuie, tuna, mielies, pietersielie, eier, sout en peper goed saam. Vorm ongeveer 12 koekies en druk effens plat. Bedek koekies met meel, doop in eier en dan in broodkrummels. Braai in warm olie tot gaar. Plaas op kombuispapier sodat ekstra olie geabsorbeer word. Sit louwarm saam met suurlemoenskyfies en groenslaai voor.
SNOEK OOR DIE KOLE - Jaco du Preez
1. Sit snoek velkant op foelie. 2. Geur vis met sout, peper en visspeserye. 3. Smeer lekker dik mayonaise, gebruik 'n lekker mayonnaise soos Nola. 4. Strooi gerasperde kaas oor. 5. Sit op kole, sodra kaas lekker gesmelt is en borrel is die vis gaar. Dit vat nogals ‘n hele rukkie. Die kante waar die mayonnaise afhardloop word so lekker bruin naderhand.
Ek het dit onder die grill gehad om bietjie bruin te word. (Sue Day)
SNOEKTERT – Sue Day (beproef) KORS 250 gram margarien 500 ml gerasperde cheddar kaas 500 ml koekmeelblom 2 ml sout knypie rooipeper
VULSEL 500 ml gevlokte gaar snoek 125 ml gerasperde cheddar kaas klontjies margarien 250 ml melk 1 rou eier 15 ml Worchestersous gekapte pietersielie
1. Meng die margarien en die kaas. 2. Voeg die meel, sout en rooipeper by en meng deeglik. 3. Die resep sê rol die deeg uit maar myne kom altyd so sag uit dat ek dit so stukkie stukkie met my vingers so vas druk in 'n 26 cm tertbak. Die bruin geriffeldekant bak werk baie goed. Ek maak die kant so lekker bree randjie omdat dit soos cheese straws proe. 4. Skep snoek in die rou kors. 5. Stip met so 8 klontjies margarien. 6. Strooi die kaas bo oor. 7. Klits melk, eier en Worchestersous saam en gooi bo oor. 8. Strooi pietersielie bo oor. 9. Bak 30 minute by 180°C. Bedien warm of koud.