BOET JACO SE KNOFFELSLAKKE - Leonie Scott
(beproef)
Genoeg vir 4
Jaco maak dit in 'n swart pot oor die kole, ek maak dit in 'n swart platboom pot op die stoof.
Die resep kan met groot sukses verdubbel word.
AS jy eers hierdie slakke geproe het, sal jy verskoning soek om dit weer te maak!
2 x blikkies slakke - Goldcrest 200 g gespoel
1 x groot ui - fyn gesny
2 tl hoogvol fyn knoffel
1 x pakkie Royco swartpeper sous
1 x 250 ml vars room
hompe kaas gerasper (ons rasper tot ons dink dis genoeg, seker so 300 g)
vars gemaalde swart peper
Braai ui in botter tot sag en deurskynend, voeg knoffel by en braai bietjie.
Voeg slakke by en braai vir so 3 minute.
Maak swart peper sous aan volgens aanwysings op pakkie en gooi by slakke, voeg room by en bring tot kookpunt.
Roer kaas by.
Prut op baie lae hitte vir 15 - 20 minute.
Maal vars swart peper oor en roer.
As jy sout wil by gooi kan jy, maar ons gooi nie sout by nie.
Bedien met bruin brood of gesondheidsbrood in vingers gesny.
Butterbean Meze - Juanita Appelgryn
(beproef)
Can butter beans
1/4 bunch fresh parsley
2 Tbsp olive oil
1 Tbsp lemon juice
1 clove garlic, minced
1 Tbsp chopped fresh oregano
Chopped peppadew for colour
Salt and pepper to taste
Mix everything together.
1/4 bunch fresh parsley
2 Tbsp olive oil
1 Tbsp lemon juice
1 clove garlic, minced
1 Tbsp chopped fresh oregano
Chopped peppadew for colour
Salt and pepper to taste
Mix everything together.
SPRINGROLLS - Rina Shorty
(beproef)
250g gemaalde varkvleis
125 g shrimps
12,5 ml olie
2 stingel uitjies gekap
250g bean sprouts
3 ml sout
knippie bruinsuiker
15 ml soya sous
Braai die maalvleis in olie tot net gaar.
Voeg shrimps , ui en spruite by, roerbraai tot shrimps pienk word.
Geur met soja en sout.
Sny rys papier in 12 cm blokke. Sit 2 teel vulsel op en vou toe soos n pakkie.
Doop in beslag en bak in diep olie tot goudbruin.
Beslag.
100 ml meel
50 ml mielieblom
1 ml koeksoda
sout
10 ml olie
5 ml asyn
150 ml water
Klits goed saam.
Nog 'n springroll vulsel
2 hoender borsies in repies
1 gerasperde wortel
1 ui gekap
1 blik bean sprouts
250 ml vol fyn kool repies ( meer indien verkies)
sout en peper
3 eet olie.
5 ml sojasous
sout en peper na smaak
Braai ui en voeg hiender repies by. Braai tot vleis net verkleur.
Voeg ander bestandele by en roer braai paar min. Kool moet nie pap wees nie.
Volg resep soos hierbo.
AVOKADO’S MET TUNA-EN-ROOMKAASVULSEL - Vrouekeur
2 Avokado’s
Vulsel
2 Blikkies Tuna in water, gedreineer
4 Sprietuie, gekap
2 Agurkies Fyn gekap
1 Ml Aangemaakte mosterd
Knypie paprika
10 Ml Suurlemoensap
20 Ml Vars pietersielie, fyn gekap
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
4 Eetl Mayonnaise
½ Bakkie Roomkaas
Halveer avokado’s in lengte en verwyder pit. Trek skille af. Sny st7ukkie onder af
sodat dit gelyk staan. Vulsel : Meng bestanddele goed saam en skep in avokado.
Maal swartpeper oor en sit koud voor.
BOBOTIE BRUSCHETTAS - Jana Wege
(beproef)
1. Sny ‘n franse brood in snytjies. Smeer dun olyfolie oor en droog in oond omtrent 30 minute. NIE GRILL nie.
2. Draai om smeer ander kant olyfolie en droog weer. Hou dop brand maklik.
3. Maak jou gewone bobotie resep en doen alles so tot net voor jy dit bak. Na eier en melkmengsel by
gevoeg is kook deur tot gaar en vloeistof weg is.
4. Om voor te sit vat ‘n snytjie brood (dis nou ‘n bruschettas) skep van die afgekoelde bobotie vleis op, dan
‘n teelepeltjie chutney en laaste strooi jy bietjie klapper op. Baie lekker.
5. Die broodjies kan ‘n week voor die tyd gemaak word hou dit net in ‘n verseelde houer. Bobotie maak ek
vorige dag en bedien teen kamertemperatuur.
GEURIGE MAASKAAS BALLETJIES - Vrouekeur
Balletjies
1 Bakkie Geroomde maaskaas
½ Pak Cream crakers, fyn gekap
1 Knoffelhuisie, gekneus
½ Teel Aangemaakte mosterd
3 Eetl Marmite
1 Eetl Mayonnaise
1 Eetl Vars pietersielie, gekap
Sout en swart peper na smaak
Afrondings
5 Eetl Vars pietersielie, gekap; of
5 Eetl Sesamesaad en gekapte pekanneute
1 Pak Soutbeskuitjies
Meng bestanddele vir balletjies saam. Rol die vulsel in klein balletjies en daarna in
die afronding mengsel van jou keuse. Sit balletjies op soutbeskuitjies voor.
LEWER OP 'N STOKKIE - Boer Chef
250 g onpitte pruimedante
250 ml soet muskadel
500 g skaap lewer
30 ml suurlemoen sap
15 ml vars gekapte tiemie (5 ml droog)
250 g spek
15 ml mostert
Week die pruimedante in die muskadel vir n uur. Maak die lewer skoon deur die membraan te verwyder. Sny die lewer in blokkies. Sprinkel die suurlemoensap en tiemie oor en marineer ook vir n uur. Sny elke spekvleis in twee en rek elke stukkie met die agterkant van die mes. Smeer die mostert op die spek. Draai die lewer blokkies en pruimedante toe met die spekvleis. Ryg die lewer en pruimedante om die beurt op die stokke op. Braai oor matige hitte tot dit gaar is en eet dit dadelik. Gee 6 porsies.
SAMPIOENHAPPIES - Vrouekeur
BROODJIES
16 Snye Witbrood
3 Eetl Olie
1 Eetl Botter
3 Eetl Koekmeel
¾ Koppie Melk
4 Sprietuie, gekap
Knippie gedroogde origanum
Sout en gemaalde swart peper na smaak
6 Swart olywe, in skyfies
3 Eetl Droë parmesaankaas
BOLAAG
Bietjie botter
½ Ui Fyn gekap
1 Knoffelhuisie, gekneus
1 Pakkie Sampioene, fyn gekap
Stel oond op 180C.
BROODJIES
Druk brood met 5cm koekiedrukker in sirkels uit.
Verthit olie en botter tot botter gesmelt is. Verf albei kante van broodsirkels met
oliemengsel en plaas op bakplaat. Bak vir 10 tot 12 minute tot goudbruin. Draai na
helfte van baktyd om sodat ader kant kan verbruin.
BOLAAG
Smelt intussen botter in
‘n kastrol en soteer ui, knoffel en sampioene tot sag. Voeg koekmeel by en roer melk
stadig by. Dit sal ‘n dik mengsel wees. Voeg sprietuie, origanum, sout en peper by
en meng goed. Skep mengsel bo-op elke broodsirkel en plaas olywe en
parmesaankaas op elk. Bak weer vir 12 minute en sit dadelik voor.
SPEK-EN-WORSIE-HAPPIES - Vrouekeur
400 G Worsies
Paar ontpitte pruimedante
1 Pakkie Spek
Sny worsies in happiegroottes en plaas pruimedante bo-op worsie. Draai een reep
spek om elke worsie en pruimedant en steek met tandestokkies vas. Braai oor kole
of onder rooster vir 10 minute of tot worsies en spek gaar is.
VOL-AU-VENT MET SAMPIOENE EN ASPERSIES - Vrouekeur
VOL-AU-VENT
900 G Skilferkorsdeeg
1 Eiergeel
Bietjie melk
VULSEL
Bietjie olie
1 Pakkie Sampioene, in skyfies gesny
6 Sprietuie, gekap
15 Aspersiepunte, geblansjeer
3 Eetl Botter
3 Eetl Koekmeel
1 Koppie Melk
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
Stel oond op 220C.
VOL-AU-VENT
Rol deeg op meelbestrooide oppervlak tot ‘n dikte van sowat 6 mm uit.
Druk 24 sirkels uit deeg. Gebruik 12 sirkels en druk met ‘n kleiner ronde of hartjiekoekiedrukker deur deeg.
Verf water oor 12 oorblywende deegsirkels.
Plaas op bakplaat.
Plaas uitgedrukte sirkels bo-op geverdes.
Plaas ook binneste uitgedrukte deel terug in sirkels.
Klits eiergeel en melk saam en verf oor deeg.
Bak 15 tot 20 minute tot goudbruin op bokant.
Verwyder binneste deel van vol-au-vent en plaas terug in warm oond, wat afgeskakel is, sodat die binnekant ook kan uitdroog.
VULSEL
Verhit olie en soteer sampioene daarin tot sag.
Voeg sprietuie en aspersies by e soteer nog 4 minute.
Smelt botter in ‘n aparte kastrolletjie en roer meel by.
Roer melk geleidelik by en roer oor lae hitte tot begin verdik.
Geur met sout en peper.
Verwyder van hitte en roer sampioene by.
Skep vulsel in vol-auvents en sit warm voor.
SOUT BROODVINGERS - Carin Ras Wilson
1 wit winkelbrood
1 kop botter/margarine
2 eetl marmite
1 pk bruin uiesoppoeier
Meng botter, marmite en soppoeier tot smeerbaar.
Sny brood in dun snye.
Smeer broodsnye aan een kant met mengsel.
Sny korsies af en sny in vingers.
Droog in oond uit tot bros.
KNOFFEL PRAWN ROLLETJIES - Kitty de Jager
(beproef)
12 klein halfgebakte broodrolletjies (mens koop dit so)
75 gram knoffelbotter
100 gram roomkaas (Philadelphia is goed)
2 - 3 eetlepels gekapte vars pietersielie
500 gram gaar prawnvleis
bietjie gerasperde kaas
1. Maak ‘n sny lengtegewys bo in elke rolletjie.
2. Smeer knoffelbotter en saggemaakte roomkaas in elke rolletjie.
3. Meng roomkaas met bietjie room of mayonnaise of yoghurt vir meer smeerbaarheid.
4. As rou prawns gebruik word, roerbraai eers tot gaar.
5. Vul elke rolletjie met gekapte prawnvleis. Hou so twee per rolletjie eenkant vir versiering.
6. Strooi vars pietersielie bo-oor prawns en sit twee op elke rolletjie vir versiering, druk in anders spring hulle af in die oond. Strooi bietjie kaas oor, baie min anders oordonder dit die prawns.
7. Bak in warm oond vir 5 - 6 minute. Bedien warm.
- GESTOLDE TUNA VOORGEREG - Boerekos
- Hierdie reseppie is dood maklik om voor te berei. Maak dit sommer drie dae voor die tyd, en hou in yskas tot benodig.
Bestanddele
3 Blikkies Tuna (in water)
1 Groterige ui baie fyn gekap
3 Gekookte eiers, fyn gekap
4 Klein agurkies, fyn gekap
1 Koppie Mayonaise
1 Koppie kookwater
1 Pakkie suurlemoenjellie
1 Teelepel gelatien
Varsgemaalde Swart peper
Metode
Dreineer die tunavis
Los Jellie en ekstra gelatien in kookwater op.
Meng al die bestanddele, maar vou mayonaise laaste in.
Maak vorms of houers eers nat voor mengsel ingegiet word.
Stol in klein kelkies of een groot ring.
Genoeg vir plus/minus 25 kelkies
Bedien op vars slaaiblaar met pietersielie en klein tamaties vir garnering. - TUNA OGIES - Rosemary Venter
- (beproef)
- (24 vormpies)
Gevulde olywe of rooi of groen snoepuitjies, of agurkies,
in dun skyfies gesny
1 blik (187 gram) gesnipperde tuna, in water verpak
10 ml gelatien
50 ml komkommer, grof gerasper en goed gedreineer
25 ml ui, baie fyn gekap (ek rasper die ui op die growwe kant van rasper)
100 ml mayonnaise
10 ml pietersielie, fyn gekap
Sout en peper na smaak
Bacon Kips of 8-9 snye bruinbrood
Spuit die holtes van 2 snoeptertjie-panne (die holtes is omtrent so groot soos ‘n ou R1-stuk) goed met kleefwerende middel. (Ysbakkies met klein ronde holtes is ook geskik). Plaas in elkeen ‘n olyf- of uitjie sirkel.
Dreineer die tuna, maar behou die vloeistof.
Sprinkel die gelatien oor die vloeistof en laat week tot sponsig.
Kap die tuna effens fyner. Meng dit met die komkommer en ui.
Smelt die gelatien (sommer in die mikro vir ‘n paar sekondes) en voeg by die mayonnaise. Meng dit met die tuna-mengsel. Voeg ook die geurmiddels by.
Skep elke holte van die pannetjies vol en plaas in die yskas om te stol.
(± 2 ure). Ontvorm die tuna-ogies en plaas net voor opdiening op die soutkoekie.
As jy brood gebruik om die ogies te bedien, druk sirkels, effens groter as die tuna-ogies uit die broodsnye en braai in bietjie olie tot goudbruin. (Anders kan die brood in die oond gerooster word.)
Ek maak my tuna-ogies sommer in klein metaal kolwyntjiepannetjies, maar sodra die mengsel gestol is haal ek dit uit en bêre dit op Glad Wrap in ‘n toe Tupper houer tot ek dit nodig het.
Bestanddele
3 Blikkies Tuna (in water)
1 Groterige ui baie fyn gekap
3 Gekookte eiers, fyn gekap
4 Klein agurkies, fyn gekap
1 Koppie Mayonaise
1 Koppie kookwater
1 Pakkie suurlemoenjellie
1 Teelepel gelatien
Varsgemaalde Swart peper
Metode
Dreineer die tunavis
Los Jellie en ekstra gelatien in kookwater op.
Meng al die bestanddele, maar vou mayonaise laaste in.
Maak vorms of houers eers nat voor mengsel ingegiet word.
Stol in klein kelkies of een groot ring.
Genoeg vir plus/minus 25 kelkies
Bedien op vars slaaiblaar met pietersielie en klein tamaties vir garnering.
Gevulde olywe of rooi of groen snoepuitjies, of agurkies,
in dun skyfies gesny
1 blik (187 gram) gesnipperde tuna, in water verpak
10 ml gelatien
50 ml komkommer, grof gerasper en goed gedreineer
25 ml ui, baie fyn gekap (ek rasper die ui op die growwe kant van rasper)
100 ml mayonnaise
10 ml pietersielie, fyn gekap
Sout en peper na smaak
Bacon Kips of 8-9 snye bruinbrood
Spuit die holtes van 2 snoeptertjie-panne (die holtes is omtrent so groot soos ‘n ou R1-stuk) goed met kleefwerende middel. (Ysbakkies met klein ronde holtes is ook geskik). Plaas in elkeen ‘n olyf- of uitjie sirkel.
Dreineer die tuna, maar behou die vloeistof.
Sprinkel die gelatien oor die vloeistof en laat week tot sponsig.
Kap die tuna effens fyner. Meng dit met die komkommer en ui.
Smelt die gelatien (sommer in die mikro vir ‘n paar sekondes) en voeg by die mayonnaise. Meng dit met die tuna-mengsel. Voeg ook die geurmiddels by.
Skep elke holte van die pannetjies vol en plaas in die yskas om te stol.
(± 2 ure). Ontvorm die tuna-ogies en plaas net voor opdiening op die soutkoekie.
As jy brood gebruik om die ogies te bedien, druk sirkels, effens groter as die tuna-ogies uit die broodsnye en braai in bietjie olie tot goudbruin. (Anders kan die brood in die oond gerooster word.)
Ek maak my tuna-ogies sommer in klein metaal kolwyntjiepannetjies, maar sodra die mengsel gestol is haal ek dit uit en bêre dit op Glad Wrap in ‘n toe Tupper houer tot ek dit nodig het.