WARM KORINGSLAAI – Shorty Rina
1 pak koring sag en droog gekook
2 blokkies hoenderekstrak
1 klein ui gekap
50 ml margarien
1 bossie spriet uie fyn gekap
1 pakkie sampioene
1 bossie pietersielie fyn gekap
250 ml room
geurselsout
pas gemaalde swartpeper
1. Spoel koring af. Bedek met water, voeg ekstrakblokkies by en kook tot sag volgens aanwysings.
2. Braai ui in botter tot sag. Voeg spriet uie en sampioene by en braai paar minute.
3. Voeg room by en kook 2 minute.
4. Meng room mengsel met koring.
5. Geur met aromat en swartpeper.
6. Skep in mooi bak en strooi res van pietersielie oor.
7. Jy kan dit die vorige dag al maak dan is dit eintlik lekkerder maar sal bietjie styf wees, voeg net nog meer room of melk by en maak weer stadig warm. Dit vries baie goed.
Foto: Rina Shorty