ASYN Voeg ‘n bietjie asyn of suurlemoensap of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word. Gooi ‘n bietjie asyn of suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ‘n lieflike ligbruin kleur en ‘n aangename geur aan die uie verleen. ‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei. Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars. ‘n Bietjie asyn in die olie verhoud dat vleis wat in krummels gerol is gou vasbrand in die pan. Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word. Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word. Die vis absorbeer minder Gooi suurlemoensap/asyn by vleis om dit sag te maak.
BAK EN BROU Hou kos vir ‘n groot onthaal warm op asbesverwarmers.Verwyder die pote en plaas die verwarmers horisontaal op bakstene. Voeg bakpoeier heel laaste by koekbeslag -die koek sal dan baie lig uitrys. 5 ml Gliserien gee enige koekmengsel ´n ligter tekstuur. Klein koekies bly langer vars as jy ‘n laag suiker onder in die bak strooi Gooi ‘n kwart teelepel peper by jou gemmerkoekies om dit daardie effense brandsmaak te gee. Voer jou koekiepanne uit met swaardiensaluminiumfoelie voor jy koekies bak. Dit voorkom dat die koekies merke laat. Plaas ‘n stukkie plastiek oor deeg wat moet rys. Dit voorkom dat ´n harde lagie vorm. Voeg ´n bietjie asyn of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word. Verwyder die bruin aanpaksel met ´n droë stukkie staalwol, terwyl die pan nog warm is. Voeg ‘n half teelepel suurlemoensap by room om dit baie gouer mooi styf te klop. Suiker en botter sal gouer meng as ´n bietjie suurlemoensap bygevoeg word. Melk sal nie oorkook nie as ‘n albaster in die melkkastrol geplaas word. 'n Knippie kaneel verleen ‘n pikante smaak aan kakoa. Gooi ´n stukkie botter in vla - dit voorkom dat dit ´n velletjie maak. Gooi ‘n klein bietjie koeksoda of suurlemoensap by om jellie vinniger te laat stol. Om te keer dat appelkooskonfeit nie uit appelkooskonfyttertjies loop nie, klits 1 eierwit en 1 teelepel suiker goed en smeer aan rand. Gooi bietjie sout in die braaipan om te keer dat die vetspat. Moenie die oorskiet wyn wat oorbly weggooi nie. Vries dit in blokkies en gebruik in disse en souse. Wanneer warm vloeistof in ‘n fles gegooi word, plaas ‘n mes onder in die fles om te voorkom dat dit bars. As jy ‘n ryk vrugtekoek maak, voeg ‘n koppie warm, sterk koffie in plaas van melk by om die kleur van die koek te verdonker en die geur te verbeter. Gooi ‘n bietjie asyn of suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ‘n lieflike ligbruin kleur en ‘n aangename geur aan die uie verleen. Moet nooit suurmelk weggooi nie. Dis uitstekend in gebak en maak deeg ligter as vars melk. Om die vet van sop af te skei, gooi die sop deur ‘n doek wat goed natgemaak is in koue water. Draai ‘n pypskoonmaker om ‘n sousbottel se nek. Dit sal verhinder dat die sous teen die bottel afloop en die tafeldoek vlek. Gebruik Mayonnaise om oor pasteie te smeer: dit bevat ook eiers en so spaar jy ‘n eier. Gebruik ‘n skêr wat eers in meel gedruk is om glansvrugte makliker in stukke te sny. ´n Stuk brood in die houer oornag maak bruinsuiker wat hard geword het weer sag. Braaibrood op die rooster is geneig om op te krul en die vulsel val dan uit. Bind net oorkruis vas met ‘n stukkie gare en die brood sal sy vulsel hou. Die gare sal nie brand nie. Leë margarine papier kan gestoor word in ‘n bakkie of sakkie in die vrieskas tot bakdag. Gebruik die papier om al jou panne mee te smeer. Draai kosse wat gestoor moet word baie styf toe in foelie & draai kosse liggies toe wat opgewarm moet word. Smeer nuwe bakpanne met varkvet en plaas in matige oond vir 45 minute. Wanneer koud, vee af met kombuispapier
BROOD Plaas ‘n klein oop sakkie sout in jou broodblik, dit help om die brood langer vars te hou. Indien die hout broodbord kromgetrek is, plaas dit op ‘n plat oppervlakte met ‘n klam doek bo-op vir ten minste 24 uur. As jy vleisbraai en die brood is klaar – bak vinnig ‘n broodjie deur 500g bruismeel met een blikkie bier en voeg ‘n teelepel sout by. Meng alles saam en bak in ysterpot oor die kole of in die oond. Doop ou brood in water en bak dit dan weer in die oond. Dit sal vars smaak.
EIERS Maak seker die eiers is op ‘n koel plek as jy dit aankoop – dit voorkom dat organismes groei. Moenie gekraakte of vuil eiers koop nie. Die kleur van die eier het nie noodwendig ‘n negatiewe uitwerking nie. Kyk wanneer is hulle verval datum – Januarie word byvoorbeeld aangedui as 0001 en Desember as 365. Eiers wat bo dryf in ‘n pot is nie altyd so vars nie. As jy die eier oopbreek om dit gaar te maak gooi dit altyd eers in ‘n piering anders kan jy dalk die ander eiers in die pan bederf as hy sleg is. As jy hulle oopbreek en die eierwit en eiergeel loop dadelik dan is die eiers nie baie vars nie. Eiers by langer vars as hulle by ‘n temperatuur van 5°C en by ‘n vog gehalte van 70% tot 80% bewaar word. Dop gekookte eiers dadelik af om te keer dat ‘n swart ring om die eiergeel vorm. Bêre eiergeel in ‘n koppie in die yskas en bedek met koue water om te keer dat ‘n skil vorm. Gebruik binne vier dae. Eiers geklits met ‘n knippie sout kan vir drie maande gevries word. Om te toets of ‘n eier vars is, sit dit in ‘n maatbeker met 600ml water. As die eier baie vars is, sal dit op die sykant op die bodem lê. Moet nooit ‘n eier in die dop in ‘n mikrogolf kook nie, want dit sal ontplof. Sny hardgekookte eiers deur met mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie. ‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei. Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars. Om eiers langer te laat hou meng jy 400 g ongebluste kalk met 6 litre water en plaas die eiers daarin. Gebruik natuurlike produkte om Paas-eiers te kleur. Beet – Rooi Saffron – Geel Spinasie sap – Groen
AARTAPPELS Voeg suurlemoensap by die water as jy ´n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke. Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ‘n vars groen appel by dit. Laat aartappels ‘n half-uur lank in melk lê om mooi bruin te bak. Gooi ‘n eetlepel melk in ‘n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor. Kapokaartappels is lig en sag as ‘n knippie bakpoeier bygevoeg word. ‘n Gerasperde ui gee ‘n besonderse smaak aan kapokaartappels. ‘n Bietjie melkpoeier maak die aartappels ook mooi donsig. Voeg ‘n bietjie gerasperde suurlemoenskil by aartappelslaai vir ‘n pikante smaak. Giet slaaisous oor terwyl die aartappels nog lou is en dit trek in die aartappels in.
BEET Om beetvlek op ‘n mat te verwyder gebruik gliserien met ‘n spons in te vryf en dit dan met warm seepwater te was. As die beetvlek op ‘n kledingstuk is, gooi ‘n bietjie melk op die vlek en laat week in koue soutwater. Was dan in warm seepwater.
BLOMKOOL Sit ‘n stukkie suurlemoenskil of bietjie suurlemoensap in die water as jy blomkool kook. Dit hou die blomkool mooi wit.
KNOFFEL Sny knoffel fyn en gooi in kookolie in klein houertjies. Kan baie klank so in yskas gebêre word. Die olie kan agterna weer gebruik word wat klaar knoffel geur het. Om knoffelasem te verwyder, kou vars mint, koffie boon, pietersielie of seldery.
PAMPOEN Om ‘n gesnyde pampoen vars te hou, verwyder die pitte en bedek die binnekant met ‘n lagie koeksoda.
PATATS Stowe patats kry ‘n mooi kleur as ‘n mespunt koeksoda bygevoeg word terwyl dit kook.
RADYSE Skud radyse in ‘n fles vol water om hulle deeglik te was.
TAMATIES As tamatie- en uiemoes gemaak word vir braaivleis of ander geregte, gooi ‘n kwart koppie melk op die end by en roer goed. Dit voorkom sooibrand by die mans. ‘n Knippie kerriepoeier by tamatiesop verbeter die smaak. Tamatiesous - Gebruik 2 kg Tamaties waarvan die kern en pitte verwyder is, 2 koppies suiker, ¼ koppie appelasyn, ½ teelepel sout. Versap die bestandele saam en kook by ‘n lae hitte vir ongeveer 1½ uur. Roer gereeld. Gooi deur ‘n sif om stukkies te verwyder Voeg 1verpoeierde Vitamien C tablet by om die kleur te behou. Vries of lê die tamatiesous in vir latere gebruik Rissiepoeier of paprika kan voor die kook proses bygevoeg word vir smaak.
SLAAIKOPPE Slaaikoppe bly langer vars in die yskas in papiersakke, nie plastieksakke nie. Maak verlepte slaaiblare weer bros deur dit in ´n bak yskaswater te plaas; NIE yswater nie.
UIE Om te voorkom dat uie wat bewaar word uitloop, kan die worteltjies in kookwater gebrand word voordat dit opgehang word.
KOFFIE Bêre koffie in die yskas om dit vars te hou.
KOOKOLIE Sny die onderste deel van ´n wynbottelhouer af en bêre jou kookoliebottel daarin. Die kartonhouer suig olie wat drup op.
MAASKAAS Maaskaas hou langer as jy dit onderstebo bêre.
NOEDELS Noedels kan goed gevries word en dan in kookwater ontvries word - Dit is ´n vinnige proses.
ROOM Om room styf geklits te kry voeg bietjie kremetart by. Voeg ´n bietjie opgeloste gelatien by indien jy sukkel om room styf te klop. Om vinnig suurroom te maak - neem vars room en voeg ´n bietjie karringmelk by of suurlemoensap by. Dit proe die beste indien dit oornag gestaan het.
ROOMYS Sit ´n klein marshmellow onder in ´n roomyskelkie. Dit sal verhoed dat die kelkie lek.
SOUT Plaas ´n rou aartappel in jou sop/bredie indien jy te veel sout ingegooi het. Die aartappel absorbeer die ergste soutsmaak. Wanneer gereg te sout is gooi bruinsuiker by. Gooi ´n paar ryskorrels in die soutpotjie om te verhoed dat die sout klonterig raak in klam weer. Om sout wat in potjies vassit los te kry, plaas potjie eers ´n paar minute in lou oond. Gooi ‘n droë ertjie in ‘n peperpot om te voorkom dat die peper saamkleef. ALLERLEI Gooi vars melk oor gebrande vleis om die brandsmaak te verminder. Gooi suurlemoensap/asyn by vleis om dit sag te maak.
APPELS Appels word makliker geskil indien dit vooraf ‘n paar minute lank in kookwater lê. Gebakte appels sal nie plooi indien jy ‘n paar klein snytjies in die skil maak voor hulle oond toe gaan nie.
DRUIWE Om druiwe te skil - doop dit vir 2 minute in kookwater en dan in koue water.
PERE Om jou pere gouer ryp te maak – plaas hulle in ‘n plastieksak met ‘n appel in. Maak ‘n gaatjie in die bokant en laat staan op ‘n warm plek.
PIESANGS Moet nooit te veel piesangs koop as jy weet jy gaan dit nie kan opeet nie of as jou familie nie te veel daarvan hou nie. As jy piesangs koop kyk vir mooi egalige geel piesangs wat geen swart vlekke op het nie. Groen piesangs wat jy gouer wil ryp hê kan jy in ‘n bruin papiersak plaas met ‘n appel in – dit sal dit baie vinnig laat ryp word. As die piesangs bruin word voor jy dit ge-eet het kan jy hulle gebruik deur of piesang muffins of piesangbrood te maak. Piesangs wat saam met kerrie bedien word, behou hul kleur as hulle óf met suurlemoensap besprinkel word, kookwater oor die ongeskilde piesangs gegiet word. Laat staan vir 2 minute, en skil af.
PYNAPPEL Rasper ‘n pynappel deur dit met skil en al in die lengte in kwarte te sny. Rasper so tot teen die skil.
SUURLEMOEN Laat lê ´n suurlemoen in warm water voor jy dit uitdruk. Jy sal meer sap kry. Vrugtevlekke Vrugtevlekke moet net met kookwater afgespoel word en dan moet die materiaal in die son drooggemaak word. VIS Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word. Die vis absorbeer minder olie.
VLEIS ‘n Bietjie asyn in die olie verhoud dat vleis wat in krummels gerol is gou vasbrand in die pan. Draai vleispasteitjies in botterpapier toe voor jy dit bak. Dit hou die korsies sag. Doop wors in kookwater voordat jy dit bak, dan sal dit nie oopbars nie. Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word. Gooi vars melk oor gebrande vleis om die brandsmaak te verminder. Gooi suurlemoensap/asyn by vleis om dit sag te maak. Natuurlike jogurt is ‘n natuurlike vleissagmaakmiddel. Sit biefstuk of hoender in joghurt en los vir 8 ure in die yskas. Spek sal nie omkrul as dit in kookwater gedoop word voordat dit gebraai word nie. As kerrie te sterk gemaak is, voeg ‘n bietjie suurlemoensap by. Sprinkel ‘n bietjie sout in die braaipan om gespat te voorkom. Plaas ‘n vergiettes onderstebo oor die pan sodat stoom kan ontsnap maar vet nie uitspat. ‘n Heerlike manier om ‘n vark boud gaar te maak is om ‘n blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die vark boud toe in foelie. Bak die vark boud tot net so ‘n halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur. Die sous van die vark boud en die coke meng dan om ‘n heerlike sous te maak. HOE OM MARGARIEN TE VERMEERDER Neem 'n 500 g blok margarien en laat sag word. Voeg 1 koppie yskoue water en 1 koppie olie en 'n teelepel of na smaak sout by. Klits BAIE goed met elektriese menger. Maak ongeveer dubbel die hoeveelheid. Nie geskik vir bak nie. Gebruike van Kruie en Speserye - Emily Pimento (Allspice) -Bredies Basiliekruid (Basil) -Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie Lourierblare (Bay leaves) -Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas Kappertjiesaad (Capers) -Vis-en ander seekosse Rissiepeper (Cayene pepper) -Kaas-en eiergeregte Chilli -Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte Grasuie (Chives) -Slaaie, sop, souse en doopsouse Kaneel (Cinnamon) -Souse en vrugtegeregte, soetpatats, pampoen, nageregte, soetgebak Naeltjies (Cloves) -Hoender-, vark-, vis-en wildsvleisgeregte Koljander (Coriander) -Vleis, droëwors en biltong Vinkel (Fennel) -Groente en slaaie Knoffel (Garlic) -Vleis, vis, groente en slaaie Gemmer (Ginger) -Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte Peperwortel (Horseradish) -Gebraaide bees en skaap
Jana Wege Ons eet nogal baie ontbeende hoender soos hoender ala koning, pastei of met pasta. As ek dus hoender kook kook ek sommer 3. Bietjie werk om 3 hoenders te ontbeen, maar spaar baie tyd later. Gebruik dan een hoender se vleis en vries ander 2 se vleis apart. As jy vasbrand die dag is dit baie maklik om gou pasta te kook en met hoender in vrieskas by en n sousie het jy gou lekker kos. Of maak n witsous maar gebruik n pakkie sampioensop ipv meel, gooi hoender by, ekstra sampioene as jy wil en n heerlike hoender ala koning!! Of ontvriesde hoender in n glasbak,n rol deeg oor en jy het pastei. Mens kan selfs net lekker hoender mayo broodjies maak. Ek doen dieselfde met maalvleis. Sorg altyd dat daar n bak gaar maalvleis in my vrieskas is en mens kan dit op so baie maniere gebruik. As ek frikkadelle maak,maak ek sommer die resep dubbeld aan. Vries die helfte net so rou. My vriendin vries haar frikkadelle gaar, maar dan moet jy lekker sous saam vries anders is dit bietjie droog.
n Lekker omelet met vulsel in kan ook soms aandete vervang. My mense is ook baie lief vir kerrie eiers en dit gaan ook vinnig.
Nog n staatmaker is ek sorg altyd dat daar n pakkie russians of frankfurters in vrieskas is. Man des huises koop sommer chips op pad huis toe en ek maak russians warm. (Volgens my gesondheidsbewuste vriendin die ongesondste ete wat mens jou mense kan gee.)
RINA SHORTY Enige sous wat jy op die stoof in n bak oor kookwater moet maak, kan jy in die mikro maak. Klits in die begin elke paar sekondes totdat jy sien dit begin bietjie dik raak dan kan jy dit n min of so langer mikrogolf. As jy mosterdsous maak bv. klits ek alles saam en die eiers is so skuimerig bo, mikro elke paar sek. totdat jy sien die skuim verdwyn. Mikro nog n min en dit is gaar.
Wanneer ek maizina bv. nodig het vir witsous en bruinsous, maak ek genoeg maizina aan- gooi die een helfte by die melk vir witsous en los die res vir wanneer ek die vleissous moet maak. Die trick eers hier op my oudag geleer.
Waar nie melding gemaak word wie se wenke gebruik is nie, is dit afkomstig van Peterjasies