BEET TZATZIKI - Rina Shorty
2 medium gaar beet grof gerasper
sout
15 ml gekapte mint blare
1 klein ui fyn gekap
125 ml plain yogurt
Meng alles en bedien by hamburgers of kerrie.
KOMKOMMERSAMBAL - Rina Shorty
½ komkommer, in klein blokkies gesny of gerasper
2,5 ml sout
2 knoffelhuisies gekrneus
60 ml bulgaarse yogurt
Sprinkel sout oor komkommer en laat 30 minute staan.
Dreineer vloeistof.
Meng met knoffel en jogurt.
MANGO- EN PYNAPPELSAMBAL - Rina Shorty
1 groot ryp mango, geskil en in blokkies gesny
½ pynappel, geskil en in blokkies gesny
30 ml klapper
Meng bestanddele saam.
PIESANGSAMBAL - Rina Shorty
4 piesangs, in skyfies gesny
30 ml suurlemoensap
½ klein ui, gekap
30 ml bruinsuiker
1 t kerriepoeier
5 ml sout
Meng al die bestanddele en plaas rukkie in yskas.
Moenie te lank voor ete gemaak word nie.
TAMATIE- EN UIE-SAMBAL - Rina Shorty
1 groot ui, gekap
5 ml sout
2 groot tamaties, gekap
60 ml vars koljanderblare, gekap
1 groen brandrissie, gekap
10 ml suiker
30 ml asyn
Meng al die bestanddele en laat rukkie staan sodat geure kan meng.
- BREYANI - Rina Shorty
2 k Rys gekook vir 5 min in sout water, dreineer
1 1/2 k lensies gekook vir 5 min in sout water, dreineer.
Meng 3 eetl breyani mengsel ( jy kry sulke pakkies met sade, kaneelstokkies, steranys ens in)
1 takkie kerrie en mint blare
2 teel borrie
2 teel knoffel en gemmer (vars)
2 teel marsala
1 teel cumin
2 teel sout
Voeg by vleis
Meng 1 kg lam, hoenderstukke of maalvleis 2 groot aartappels in kwarte gesny, 1/2 kop yogurt.
Braai 2 groot uie in 4 eetl olie. Gooi helfte uie by vleis mengsel.
Skep laagie rys en lensies, dan vleis, weer lensies en eindig met rys. Skep orige uie bo op.
Gooi 2 1/2 k kook water oor.
Maak oondskottel dig toe en bak vir 1 1/2 uur tot sag.
Strooi vars koljander blare oor.
Bedien met sambals.
KAMPKERRIEKOS - Peterjasies
500g boerewors, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
2 uie gekap
15ml kookolie
2ml rissiepoeier
15ml kerriepoeier
250ml vleisaftreksel
15ml tamatiepuree
30ml suurlemoensap
5ml sout
2ml vars gemaalde swartpeper
3 aartappels, in blokkies gesny
4 piesangs, in skywe gesny
Rooster wors tot byna gaar. Hou eenkant warm. Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie. Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens. Voeg verhitte vleisaftreksel, tamatiepuree, suur lemoensap, sout en peper by. Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute. Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik. Sit voor met gebotterde heelgraanbrood.
HOENDER KERRIE – Erna van der Merwe
(beproef)
1 hoender (1.3kg)
1-2t vars gerasperde gemmer (of meer)
2t-1e koljander
2 knoffelhuisies(fyn)
½ t rooipeper
1-2e kerrie na smaak
1t komyn
½ t borrie
2 groot uie (fyn)
1 blik tamaties
Halwe stuk kaneel (of ½ t fyn kaneel)
1 lourierblaar
Braai uie, meng alles in oondbak en bak 1 – 1 ½ ure. Ek het die vleis van die bene af gehaal toe dit gaar is dan kan die gereg meer gerek word. Jy kan die sous fyner maak voor jy die vleis terug sit in bak.
MALEISE HOENDER KERRIE - Rina Shorty
1 kg lam of 1,5 kg hoender
30 ml olie
2 uie, skywe
2 knoffelhuisies
1 klein eiervrug in blokkies
3 groen chillies heel
250 gram droë appelkose opsioneel
5 ml borrie
5 ml gemaalde koljander
500 ml aftreksel ( gebruik 2 blokkies hoender of bief)
30 ml kerriepoeier of na smaak
6 heel naeltjies
½ stuk vars gemmer
1 groen peper in blokke
1 kaneel stok
1 blik tamatiepuree
5 ml cumin
3 kardomon sade
10 ml asyn
50 ml appelkoos konfyt
50 ml blatjang
250 ml yogurt
10 ml suiker
paar aartappels
vars koljanderblare
1. Braai vleis in olie in groot pot.
2. Braai uie en knoffel by.
3. Voeg al die bestandele by behalwe die konfyt, blatjang en yogurt.
4. Stowe vir 2 ure stadig . Hoender is gouer sag. Voeg aartappels by. Stowe tot sag.
5. Voeg res van bestanddele by. Strooi vars koljander blare oor.
6. Bedien op rys met naanbrood, sambals en blatjang.
Foto: Rina Shorty
- ROTI - Leonie Scott
- 2k koekmeel
125ml margarien, harde blok (Rama),
2,5 ml sout
Rasper margarien in meel in, voeg sout by en meng goed met mes.
Gooi klein bietjie kookwater by en meng met mes. Wees versigtig en gooi nog by tot dit 'n sagte deeg vorm.
Rol klein bolletjies en rol uit op meel bestrooide oppervlak.
Smelte in mikro so om en by 125g margarien/botter.
Verhit pan op plaat (lae hitte), gooi gesmelte margarien in pan en sit 'n uitgerolde roti in die pan. Gooi met lepel gesmelte margarien bo oor roti, draai om sodra blase vorm. Sodra ondrkant mooi bruin is, keer uit op bord. Stapel roti op mekaar. Dit is baie ryk, maar ongelooflik lekker as jy dit deur 'n kerrie sousie sleep.
Die botter in die pan kan baie gou swart raak agv die meel op die roti's. Ek gebruik handoekiepapier en vee die pan so tussendeur skoon.
125ml margarien, harde blok (Rama),
2,5 ml sout
Rasper margarien in meel in, voeg sout by en meng goed met mes.
Gooi klein bietjie kookwater by en meng met mes. Wees versigtig en gooi nog by tot dit 'n sagte deeg vorm.
Rol klein bolletjies en rol uit op meel bestrooide oppervlak.
Smelte in mikro so om en by 125g margarien/botter.
Verhit pan op plaat (lae hitte), gooi gesmelte margarien in pan en sit 'n uitgerolde roti in die pan. Gooi met lepel gesmelte margarien bo oor roti, draai om sodra blase vorm. Sodra ondrkant mooi bruin is, keer uit op bord. Stapel roti op mekaar. Dit is baie ryk, maar ongelooflik lekker as jy dit deur 'n kerrie sousie sleep.
Die botter in die pan kan baie gou swart raak agv die meel op die roti's. Ek gebruik handoekiepapier en vee die pan so tussendeur skoon.