CHOCOLATE PEANUT BUTTER FUDGE 175 ml double cream 100 gram milk chocolate 100 gram smooth peanut butter 3 x 15 ml golden syrup
1. Gooi alles in pot op medium hitte. Roer so nou en dan. So 2minute en die sous is reg. 2. Bedien warm oor vanilla roomys.
DONKER SJOKOLADE FUDGE SOUS
125 ml suiker 200 ml room 100 gram Albany sjokolade, grof gerasper 1 ml sout 3 ml vanilla
1. Verhit suiker in pot tot goudbruin en gesmelt. (Staan by die pot want dit kan maklik te donker word) 2. Haal pot van plaat af en gooi room versigtig in. 3. Sit terug op laer hitte en roer tot gesmelt is. 4. Verminder hitte tot baie laag en voeg sjokolade by tot gesmelt. 5. Klop sout en vanilla in tot blink en glad. 6. Dit word dik wanneer koud, verwarm om oor roomys te skep. Jy kan dit ook oor kolwyntjies smeer.
SJOKOLADESOUS
1 koppie suiker 4 eetlepels kakoa knypie kremetart knippie sout ½ koppie water 1 eetl epel botter ½ teelepel vanila
1. Kook die eerste 4 bestanddele 5 minute in die halwe koppie water. 2. Roer die botter by en laat afkoel. Hou 2 weke in die yskas.
GRANAATSTROOP - Martie Fourie Moolman
6 koppies granaat pitte 1 koppie suiker half koppie water Verhit en kook saam vir so 10 minute. Vryf deur sif. Ek bêre in die yskas en verdun met sodawater of gebruik dit in Midde- Oosterse geregte. Gebruik ook die stroop saam sterk gegeurde kaas en beskuitjies, die pitte lyk ook mooi saam met enige gereg.
SJOKOLADE SOUS - Rina Shorty
Rasper 100g melksjokolade of Albany se donker ene. Smelt 125 ml suiker in pot tot die kleur van gouestroop tot al die suikerkorrels weg is. Voeg 250 ml room by. Wees versigtig dit stoom en kan jou brand. Roer tot die tameletjie gesmelt het. Haal af en roer die sjokolade in. Voeg knypie sout en 3 ml vanilla by. Heerlik oor roomys en kan lank bewaar word. Dit word dik in yskas en kan net weer in mikro warm gemaak word. Jy kan dit as vulsel ook gebruik op cup cakes, pannekoek ens.