SOUS 1¼ koppie suiker 1½ teelepel droë mosterd 3 eiers geklits ¾ koppie asyn ¼ koppie water
1. Meng alles saam en verhit stadig tot kookpunt, roer gedurig. 2. Haal af en laat afkoel. 3. Kook aartappels in skil tot gaar. Laat afkoel tot koud. 4. Verwyder skil en sny in skywe of blokkies sowel as 1 ui in blokkies. 5. Laag aartappel, laag uie, sous. Herhaal tot alles op is. 6. Garneer en verkoel in yskas tot benodig.
AARTAPPELSLAAI – Shorty Rina (beproef)
Ek het 6 aartappels gekook en in blokkies gesny terwyl dit nog warm is. Meng so halwe bottel mayonnaise, 5 ml mosterd, 2 eetl kondensemelk, sout , fyn pietersielie, bietjie room, fyn gekapte ui. Die aartappels was nogal heel souserig maar het toe tog mooi geset. Doen jul ding, ek wou nog groot gherkin skyfies om die ring gepak het. Sit clingfilm in vormpan en druk slaai styf daarin vas. Los om te set en haal clingflim net weer uit en haal af.
AARTAPPELSLAAISOUS - Anna Hattingh (beproef) 125 ml water 1 eier 125 ml wit asyn Knippie sout 5 ml mielieblom 2,5 ml mosterdpoeier 125 ml suiker 187,5 ml room. Klits eier en klits dan suiker bietjiesgewys by. Gooi asyn, water en sout by en plaas op stoof en kook vir 3 minute. Roer mosterdpoeier en mielieblom wat eers met bietjie water aangemaak is by en laat weer opkook. LET WEL: Vir groen aartappelslaai vervang die asyn met die sous van groen uitjies.
GEKOOKTE AARTAPPELSLAAISOUS - Anna Hattingh (beproef) 3 eiers, geklits 2 groot uie fyn gesny 135 ml water 135 ml wit asyn 80 ml suiker 15 ml margarine Knippie elk, sout, peper en mosterdpoeier Meng al die bestanddele tesame en plaas op matige hitte terwyl gedurig geroer word. Laat dit net opkook en gooi warm oor aartappels. Kan tot plus-minus 2 weke gebêre word.
BILTONG SLAAI - Vrouekeur
SLAAISOUS 1 Knoffelhuisie, gekneus 125 Ml Vars pietersielie, gekap ½ Koppie Sprietuie, gekap 2,5 Ml Gemaalde swartpeper 2,5 Ml Korrelmosterd 125 Ml Olyfolie 30 Ml Wit asyn 15 Ml Suiker
SLAAI 500 Ml Dun gekerfde biltong 2 Koppies Kaas, in blokkies gesny 2 Avokado’s in skywe gesny 4 Hard Gekookte eiers, in kwarte gesny 1 Rooi Soetrissie, in blokkies Blaarslaai SLAAISOUS Meng bestanddele vir slaaisous en mariner gekerfde biltong in yskas vir 24 uur. SLAAI Pak groot slaaibord of individuele borde met res van slaaibestanddele. Sprinkel biltong en van die slaaisous oor. Sit met res van slaaisous voor.
BROODSLAAI - Uitsoekresepte Annette Human
4 ekstragroot eiers 300 g suiker 250 ml witasyn 25 ml mosterdpoeier 2 ml sout knippie peper 1 witbrood olie vir diep braai 125 ml vars room 125 ml mayonnaise
Klits eiers, suiker, asyn, mosterd, sout en peper saam tot gemeng. Roer aanhoudend en verhit dit tot voor kookpunt. Laat mengsel afkoel. Sny korsies van brood dun af. Sny brood in blokkies. Verhit olie tot goed warm en braai broodblokkies daarin tot bros en ligbruin. Dreineer die blokkies baie goed op papierhanddoek Roer room en mayonnaise by die koue mosterdmengsel. Giet oor die broodblokkies en meng liggies. Sit dadelik voor Lewer 8 - 10 porsies
BROODSLAAI
1 brood in blokkies gesny 2 koppies kaasblokkies 2 teelepels mosterdpoeier 1 teelepel sout ½ teelepel peper 2 eiers ½ koppie gesmelte botter 1 koppie kondensmelk 25 ml asyn 125 ml agurkies in skyfies gesny
1. Braai broodblokkies tot bruin in olie. Dreineer op papierhandoek. Laat koud word. 2. Klits mosterd, sout, peper en asyn saam. Voeg geklitste eiers by. Voeg kondensmelk en botter by. 3. Kook vir 5 minute. Roer aanhoudend laat afkoel. 4. Meng met brood, kaasblokkies en agurkies NET VOOR OPDIENING. 5. Versier met vars pietersielie.
BOONTJIESLAAI - Corna Norval (beproef)
1 blik baked beans 1 blik groen bone gedreineer 1 blik botter bone 2 tamaties geskil en gekap 2 uie fyn gekap ¼ koppie asyn ½ koppie suiker 1 teelepel kerriepoeier
Braai uie in botter. Voeg tamaties by. Voeg bone by en kook 5 minute. Meng suiker, asyn en kerrie en voeg by. Verdik met maizena indien nodig.
BUTTERNUTSLAAI
1 groot butternut ontpit geskil en gerasper 1 pakkie peach jelly 1 blikkie crushed pynappel
1. Strooi jelly poeier oor gerasperde butternut. 2. Gooi blikkie pynappel oor en meng goed. 3. Moet ten minste 6 ure voor die tyd gemaak word.
DROEVRUGTESLAAI
500 g gemengde droevrugte flou rooibostee 6 piesangs 1 blik kondensmelk 125 ml asyn 10 ml mosterdpoeier 50 ml sonneblomolie 2 ml sout 1 eiergeel
Stowe die droevrugte in die tee tot sag en dreineer. Skil en sny die piesangs in skyfies. Klits die res van die bestanddele saam tot gemeng. Pak die gestoofde vrugte en piesangskyfies in lae in n slaaibak en skep van die sous oor elke laag. Eindig met n laag sous en snipper n bietjie vrugte of geroosterde klapper bo-oor vir garnering. Lewer 6 tot 8 porsies.
EIERSLAAI - Corna Norval (beproef)
250ml gekapte ham of 1 blik tuna. 1 klein ui opgekap 8 eiers hardgekook en gesnipper 1 blikkie ertjies gedreineer 2 seldery stingels gekap 125ml mayonnaise
Meng alles en bedien op ‘n bed van slaaiblare.
GESTOLDE WORTELSLAAI - Leanda se Resepte
Hierdie is my gunsteling gestolde wortelslaai. Ek het al in die verlede die Orley Whip vervang met 175 ml pynappeljoghurt - dis net so lekker, en darem effens gesonder!
410-g blik fyn pynappel (pineapple crush) 1 pakkie suurlemoenjellie 125 ml wit suiker 1 ml sout 500 ml fyngerasperde wortels 125 ml Orley Whip
Dreineer pynappel en vul sap met water aan tot 250 ml. Verhit tot kookpunt en los jellie daarin op. Laat afkoel totdat dit dik is, maar nie gestol. Klits die suiker bietjie-bietjie by die jellie. Meng pynappel en wortels en voeg by. Klits die Orley Whip tot styf en vou in. Gooi in 'n jellievorm en laat in die yskas stol. Keer net voor opdiening uit en bedien dadelik.
KOOL EN DADEL SLAAI
½ kool, gewas en in dun repe gesny 200 g Tussers kaas, in blokkies gesny ½ pakkie dadels, gekap ¼ koppie grondbone gekapte pietersielie
SOUS
125 ml mayonnaise 50ml kondensmelk 25 ml asyn 25ml olie
Meng kool, kaas, dadels en grondbone saam. Meng die sousbestanddele saam. Giet oor slaai en meng goed. Besprinkel met pietersielie. Sit in yskas tot bediening.
KRAKERIGE KAASSLAAI
½ blaarslaaikop grof gebreek ½ brood se croutons 6 agurkies in ringetjies gesny Cheddar kaas in blokkies gesny Klein blikkie pynappelstukkies (gedreineer)
Meng alle bestanddele en gooi in 'n mooi glasslaaibak.
Sous:
397g kondensmelk 2 eetlepelsl asyn 1 eetlepel kookolie sout en swartpeper na smaak
Meng alles saam net voor bediening en gooi oor slaai.
7 LAAGSLAAI
1 kropslaai gebreek fyn gerasperde rou uie na smaak spek gebraai en in blokkies gesny addisioneel omtrent 6 hardgekookte eiers ringe gesny gerasperde wortels 500 gram gevriesde ertjies Miracle Whip verkieslik of enige mayonaise na smaak gerasperde kaas
1. Pak al die bestanddele in dieselfde volgorde in 'n bak, moet dit nie meng nie. 2. Skep die Miracle Whip oor sodat dit die slaai bedek soos 'n room. 3. Strooi gerasperde kaas oor. 4. Slaai moet verkieslik in die oggend gemaak word vir die aand, maar as dit al die vorige dag gemaak word dan is die slaai op sy lekkerste.
KOPERPENNIE WORTELSLAAI - Huisgenoot
82 gram tomato soup powder 250 ml water 200 ml vingar 125 ml oil 150 ml sugar 10 ml Worchester sauce 7 ml mustard powder salt and pepper
1. Bring all ingredients to the boil. 2. Pour over carrots, onions and green pepper that are sliced into rings and mix 3. Salad better if it stood overnight.
KRAKERIGE VEELKLEURIGE SLAAI - Vrouekeur SLAAI Slaaiblare 6 Spinasieblare, gekerf 10 Klein Bete, gekook en gehalveer 3 Getakaasskywe, in blokkies gesny 12 Klein Mielies 4 Abokado’s in skywe gesny 24 Kersietamaties, gehalveer 1 Pakkie Gaar groenboontjies 1 Geel Soetrissie, ontpit en in blokkies gesny SLAAISOUS 6 Eetl Balsamiese asyn Gemaalde swartpeper na smaak ½ Koppie Olyfolie 1 Knoffelhuisie, gekneus 1 Eetl Bruinsuiker 3 Spietuie, gkap Pak ‘n bed van slaaiblare- en spinasieblare in individuele bakkies of ‘n groot, plat slaaibord. Plaas res van slaaibestanddele bo-op.
SLAAISOUS Meng al diebestanddele en sit saam met slaai voor.
MOSTERDRING – Shorty Rina (beproef) 4 eiers 250 ml water 125 ml asyn 175 ml witsuiker 15 ml gelatien 15 ml mosterdpoeier 2 ml borrie 1 ml sout 250 ml room
1. Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbelkoker. Klits water en asyn by. 2. Meng suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en roer by eiermengsel in. 3. Plaas oor kokende water en roer aanhoudend tot mengsel dik is. Laat afkoel. 4. Roer gereeld sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room styf en vou in die mosterdmengsel in. 5. Giet in ringvorm wat goed bespuit is met spray-n-cook. Laat stol in yskas. 6. Ontvorm die ring op ‘n mooi slaaibord en garner soos verkies.
NOEDELSLAAI - Huisgenoot
125 ml oil 25 ml curry powder 250 ml tomatosauce 200 ml sugar 1 onion 1 large green pepper twirly noodles
1. Mix everything together.
GLIPPERTJIESLAAI – Shorty Rina (beproef) 1 pk rysnoedels 1 x 410 gram blik perskes in skyfies gesny 125 ml mayonnise 25 ml kerrie 100 gram kaas in blokkies 1 ui fyn blokkies 1 groen soetrissie in blokkies 250 ml sultanas
1. Kook die noedels tot sag volgens pak en dreineer. 2. Drein die perskes en meng kerrie en mayonnaise. 3. Meng alles en verkoel.
KOUE PAPATSLAAI MET BLOUKAAS EN AVOKADO- Louise van Heerden 3 middelslag patats, gaar gekook of gestoom 100 g botter 30 ml heuning sout en peper ½ ui, gekap 10 ml suiker 20 ml witasyn (verkieslik appelasyn of wilt balsemasyn) sout en varsgemaalde swartpeper 2 avokadopere, in blokkies gesny ½ pak (200 g) gemengde slaaiblare 125 g bloukaas (nie te ryp nie)
Sny die gaar patat in skywe. Braai die patatskywe in die botter in 'n pan oor hoe hitte, bedruip met heuning en geur met sout en peper. Verwyder van die hitte en laat heeltemal afkoel. Meng die ui, suiker en asyn, geur met sout en peper en giet dit oor die avokadopeer. Meng liggies sodat die avokadoblokkies heel bly. Pak die slaaiblare onder in 'n slaaibak of -bord en skep die patat bo-op. Skep die avokadomengsel oor die patat en krummel dan die bloukaas bo-oor.
Variasies
Sny 3 hoenderborsfilette in blokkies, braai dit gaar in olyfolie, geur met sout en peper en voeg dit by die slaai as 'n volledige maaltyd Geur 2 blikke tuna met sout, peper en 'n bietjie suurlemoensap en voeg dit by die slaai. Vervang die bloukaas met fetakaas indien verkies.
SAMPIOENSLAAI - Vrouekeur Sampioene 2 Pakkies Klein heel sampioene 1 Pakkie Spek, in blokkies gesny ½ Koppie Olyfolie ½ Teel Gedroogte pietersielie 10 Ml Wit wynasyn 3 Knoffelhuisies, gekneus Slaaisous 2 Teel Aangemaakte mosterd Sout en gemaalde swartpeper na smaak Slaaiblare Stel oond op 220C.
SAMPIOENE Vee sampioene liggies af met kombuispapier of ‘nskoon vadoek. Plaas sampioene op bakplaat en sprinkel spekblokkies oor. Mengolyfolie, pietersielie, asyn en knoffel en sprinkel bo-oor sampioene. Bak 20 minute. Verwyder sampioene van bakplaat maar behou vloeistof. Plaas sampioene opabsorbeerpapier en laat afkoel.
SLAAISOUS Meng behoue vloeistof met res vanslaaisous bestanddele behalwe slaaiblare. Plaas genoeg slaaiblare op ‘n bord. Paksampioenmengsel bo-op. Sprinkel slaaisous bo-oor en sit koud saam met varsbroodrolletjies voor.
TURKSVYSLAAI (beproef)
* Hierdie resep het n prys gekry vir bykos op n potjiekos kompetisie.
10 turksvye 250 ml jogurt 100 ml room 5 eetlepels soet blatjang 2 ml sout 2 ml wit peper 2 t gekapte kappertjiesaad (Chives), vars indien moontlik 1 t vars dill òf droë, maar gebruik dan minder gekapte pietersielie vir garnering
Skil turksvye en kap rofweg. Vermeng jogurt, blatjang, room met kruie en geursel. Gooi oor die turksvye. Strooi bietjie pietersielie oor. Bedien yskoud.
ROU UIE KERRIE SLAAI
12 groot - uie in ringe gesny ½ bottel wit asyn ¾ koppie suiker 1 klein blikkie appelkoos konfyt 1 eetlepel kerrie
Uie moet droog wees. Meng bestanddele en gooi oor uie en laat staan vir 24 uur. Bottel en geniet.
ROOI SLAPHAKSKEENTJIES
1,5 kg uitjies laat geskilde uitjies 1 uur in water lê en gooi af 150 gram sultanas 3/4 koppie suiker 1 koppie wit asyn 1 koppie water 1 blikkie tamatiepasta 50 ml kookolie 5 ml sout 'n knypie rooipeper
Kook alles saam oor lae hitte vir 1 uur. Verdik sous met 'n bietjie mielieblom wat met bietjie koue water aangemaak is. Laat koud word.
BEETSLAAI MET BOKMELKKAAS
Ek gebruik sommer feta as ek nie bokmelkkaas kan kry nie. Genoeg vir 4
'n handvol rocket en watercress, gemeng 400 g gekookte beet, in kwarte gesny of gebottelde beet 2 x 100 g rolletjies bokmelkkaas 1 medium rooi ui, in dun ringetjies gesny 2 E olyf olie 2 E balsamiek asyn
Plaas die groen goed in middel van bord en rangskik die beet bo-op. Sny die kaas in skyfies en rangskik tussen die beet. Strooi die uie ringetjies bo-oor en drizzle met olyf olie en balsamiek.
RYSSLAAI - Sue Day (beproef)
410 gram tin peaches 5 ml curry powder 750 ml cooked rice 125 ml mayonnaise 12,5 ml chutney 1 red pepper 1 onion 125 ml raisins 1. Mix everything together.