ALL-BRAN-BESKUIT 3 Eiers 2 ½ Koppie Suiker 1 ¼ Blok Botter, gesmelt 3 Koppies Karringmelk 5 Koppies Bruismeel 2 Koppies Volkoringmeel 1 Eetl Bakpoeier 1 Teel Sout 6 Koppies All branvlokkies 1 Koppie Mueli ½ Koppie Rosyntjies ½ Koppie Sonneblomsaad Stel oond op 180C. Klits eiers en suiker in groot mengbak tot goed gemeng. Voeg botter by suikermengsel en roer dan karringmelk by. Hou eenkant. Meng bruismeel, volkoringmeel, bakpoeier en sout in groot mengbak. Voeg All Bran, muesli, rosyntjies en sonneblomsaad by meelmengsel. Voeg nou karringmelkmengsel stadig by meelmengsel en roer tot goed gemeng. Skep in drie gesmeerde broodpannetjies en bak vir 60 minute of tot toetspen skoon uitkom. Breek of sny in stukke en laat oornag by 70C in oond uitdroog. APPELKOOSBESKUIT - Wegtydskrif
Eksperimenteer met verskillende geure deur die jogurt in die resep te vervang met ’n koppie Bulgaarse jogurt of karringmelk wat jy in ’n versapper saam met ’n ½ koppie vars appelkose, bessies of ander vrugte pols.
Maak 40 stukke
Appelkoos gee dié luukse beskuit ’n ongewone soetsuur geurtjie wat baie lekker is saam met ’n koppie rooibostee.
1 koppie botter ¼ koppie suiker ½ koppie melasse 2 eiers 1 koppie appelkoosjogurt 4 koppies (500 g) bruismeel 1 koppie droëappelkose, gesnipper 1 koppie muesli 1 koppie Special K- of Oaties-vlokkies 1.Smelt die botter en meng dit goed met die suiker, melasse, eiers en jogurt. 2.Meng die res van die bestanddele in ’n groot bak saam, voeg die jogurtmengsel daarby en meng alles goed deur. 3.Gooi die beslag in een groot, gesmeerde broodpan en bak dit in ’n oond van 180 ºC vir 45-60 minute of tot deurgaar. 4.Keer dit op ’n droograk uit en laat dit afkoel voordat jy dit in stukke sny. 5.Pak die stukke op ’n bakplaat wat met bruinpapier uitgevoer is, en droog vir minstens 3 uur teen 100 ºC. BOERBESKUIT
2.5 kg koekmeel 3 eetlepels sout 3 pakkies kitsgis 2 koppies suiker 2 eetl epel anys (opsoneel) 250 gram margarien 1 tot 1.5 liter lou water
1. Smeer 4 grootbrood panne. 2. Sif meel en sout en voeg gis, suiker en anys by. Meng goed deur. 3. Vryf margarien met vingerpunte in. Voeg water by om kniebare deeg te maak. Knie 20 minute tot elasties. 4. Bedek met dik doek laat rys tot dubbel hoeveelheid so 3 ure. Knie deeg af en vorm balletjies. 5. Plaas in panne laat weer rys so ‘n uur. 6. Bak by 180°C vir 45 minute. 7. Laat afkoel. Sny en droog uit.
COOKED SE KARRINGMELK BESKUIT - Rina Shorty (beproef) 1,5 kg bruismeel 15 ml BP 7,5 ml sout 550 ml suiker 3 eiers 500g egte botter gesmelt 500 ml karringmelk 45 ml suurlemoensap
Room eiers en suiker. Meng karringmelk en sap en voeg by eiermengsel. Voeg gesmelte botter by. Sif droe bestandele en voeg by. Meng liggies en maak bolletjies. Sit in 2 gesmeerde groot broodpanne. Bake n uur by 180°C. Ek het dit die 2de keer sonder die suurlemoensap gemaak en is verskriklik lekker. GESONDHEIDSBESKUIT - Rina Shorty (beproef)
1 kg bruismeel 5 ml sout 15 ml bakpoeier 125 gram semels 200 gram All Bran ontbytgraan 375 ml ligte bruin suiker 250 ml rosyne 100 gram pekaneute gekap
125 ml sonneblomsade 500 gram botter 2 ekstra groot eiers 500 ml karringmelk
1. Plaas al die droë bestanddele in 'n groot mengbak en meng goed. 2. Smelt die botter en meng met die eiers en karringmelk. 3. Voeg dit by die droë bestanddele en meng tot 'n stywe deeg. 4. Druk die deeg in 'n groot, diep oondpan wat met kleefvrysproei bespuit is. 5. Bak vir 1 uur teen 160°C. 6. Haal uit en laat afkoel. 7. Sny in stukke en plaas terug in oond teen 70°C om oornag uit te droog.
INSKEPBESKUIT - Raakvat Resepte-Annette Human
500 g botter/margarien 300 g suiker (1½ K) 750 ml karringmelk (3K) 4 ekstra groot eiers 7 ml sout (1½t) 1.5 kg bruismeel
Sny die botter/margarien in stukke en plaas dit in groot dikboomkastrol. Voeg die suiker by. Verhit dit oor lae hitte net totdat die botter/margarien gesmelt is. Roer die mengsel af en toe. Voeg die karringmelk by en roer oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Laat die mengsel afkoel tot lou. Smeer intussen drie tot 4 middelslag broodpanne. Verhit die oond tot 180ºC. Klits die eiers en sout saam en meng dit met die louwarm karringmelkmengsel. Voeg die bruismeel by en meng. Skep dessertlepels vol deeg (so groot soos hoendereiers) in die broodpanne. Doop die lepel na elke keer se skep in 'n bietjie sonneblomolie. Bak die beskuit sowat 20 min lank by 180ºC en daarna ongeveer 30 min by 160ºC tot gaar en ligbruin bo-op. Keer die beskuit uit die panne. Laat dit op draadrak afkoel. Breek dit los en halveer elke beskuit met 'n vurk. Pak die beskuit op draadrakke en laat dit oornag in 'n koel oond uitdroog met die oonddeur op 'n skrefie oop. Lewer ongeveer 10 dosyn beskuite. KARRINGMELK BESKUIT – Jana Wege (beproef)
1,5 kg bruismeel 250 g margarien 500 ml karringmelk half koppie olie 4 eiers 20 ml bakpoeier 5 ml sout 375 ml suiker
Klits die suiker, margarien, eiers en olie saam. Voeg droë bestanddele by en maak aan met karringmelk. Maak deeg bolletjies en pak styf in gesmeerde pan. Smelt 100g margarien en verf oor beskuit. Bak 10 minute by 200°C en daarna 45 minute by 160°C. Laat effens afkoel, breek oop en pak in lou oond om uit te droog. Die beslag maak net mooi ‘n oondpan vol.
KLAPPERBESKUIT - Vrouekeur 1 Kg Bruismeel 1 Teel Sout 1 ½ Koppie Suiker 2 Koppies Klapper 1 Blok Botter (500g) 1 Blik Klappermelk 4 Eetl Room 3 eiers Stel oond op 180C. Meng meel, sout, suiker en klapper in groot mengbak. Smelt botter en klits klappermelk, room en eiers stadig by botter. Roer vloeistof by droe bestanddele en meng tot ‘n deeg. Smeer 2 groot broodpanne en skap deeg daarin. Bak vir 60 minute of tot goudbruin en toetspen skoon uitkom. Laat beskuit effens in pannetjies afkoel voor dit uitgekeer word. Laat beskuit heeltemal afkoe en sny in stukke. Droog oornag teen 70C in oond uit of tot droog.
LEMOENBESKUIT – Anette Human
Hierdie beskuit proe net soos heerlike karringmelk beskuit met 'n skeutjie lemoengeur daardeur - en daar kom nie eers karringmelk in nie.
1,5 kg bruismeel 2 kop suiker 7 ml bakpoeier 5 ml sout 500 g botter of margarien fyn gerasperde skil van 1 lemoen 625 ml lemoensap (2½ kop) 2 ekstra groot eiers
Verhit oond tot 180°C. Smeer drie middelslag broodpanne. Sif bruismeel, suiker, bakpoeier en sout saam. Frummel botter en lemoenskil daarby in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Klits die lemoensap en eiers saam. Maak meelmengsel daarmee aan. Vorm die deeg in balletjies, naastenby hoendereier grootte tussen die handpalms en plaas dit styf teen mekaar in die broodpanne. Bak die beskuit so 50 minute tot gaar en ligbruin bo op. Keer op draadrak uit en laat afkoel. Breek die beskuite los en pak op draadrakke. Droog oornag in koel oond uit met oonddeur op 'n skrefie oop.
NEUTBESKUIT - Carmen Niehaus
1 kg bruismeel 10 ml sout 10 ml bakpoeier 500 ml muesli 250 ml sonneblomsaad 250 ml pekanneute, gekap 125 ml klapper 500 ml semel-ontbytgraanvlokkies 500 ml bruinsuiker 2 ekstra-groot eiers 500 g botter of margarien, gesmelt 500 ml karringmelk 1 groen appel, geskil en gerasper
Voorverhit die oond tot 180 grade C en smeer 3 kleinerige broodpanne. Meng die droë bestanddele saam. Voeg ook die bruinsuiker by. Klits die eiers en voeg die res van die bestanddele by. Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep in die voorbereide panne, maak gelyk bo-op en bak vir 45-60 minute tot gaar of tot 'n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom. Laat effens afkoel, keer uit en sny in vingers. Plaas op bakplate en droog uit teen 100°C. Bêre in lugdigte houers. Lewer 80 beskuite
PAMPOEN EN BILTONGBESKUIT
Sowat 36 stukke.
1 kg bruismeel 5 ml sout 500 g botter 400 g suiker 250 ml karringmelk 250 ml pampoen-puree 250 g gesnyde biltong 2 eiers Verhit die oond tot 180°C. Gooi die bruismeel en sout in’n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf dit in die meel in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die suiker by en meng goed. Klits die karringmelk, pampoenpuree en eiers saam. Voeg by die meelmengsel, meng goed. Meng nou die biltong by. Gooi in gesmeerde broodpanne en bak vir sowat 1 uur, of tot gaar. Laat afkoel en breek dan die beskujit in vingers. Sit die stukke op ‘n bakplaat en laat uitdroog teen 120°C
SUIKERVRYE DADELBESKUIT - Huisgenoot
Ideaal vir diabete wat suikervrye gebak soek of diegene wat suiker inname wil verminder. Beskuit is seker die maklikste ding wat jy sonder suiker kan bak ~ en daarby is dit nog voedsaam ook.
250 g (1 pakkie dadels), gesnipper 250 ml (1k) water 500 g koekmeel 500 g volkoringmeel 50 ml (10t) bakpoeier 10 ml (2t) kremetart 5 ml (1t) sout 400 g botter of margarien 6 Weetbix-ontbytstafies (sout- en suikervry), gekrummel 500 ml karringmelk 2 ekstra groot eiers, geklits
Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit n vierkantige pan of oondpan van 24 x 24 cm met kleefwerende kossproei of smeer liggies met margarien. Kook die dadels in die kookwater tot sag en fyn en laat effens afkoel. Meng die droë bestanddele en vryf die botter in tot die mengsel soos growwe mieliemeel lyk. Roer nou die Weetbix by. Klits die karringmelk en eiers saam en voeg by die droë bestanddele saam met die dadels. Meng goed (voeg ‘n klein bietjie water by as die mengsel te droog is) en skep in die voorbereide pan. Bak 50 - 60 minute lank tot gaar en ligbruin. Keer uit en laat heeltemal afkoel. Sny in stafies en droog vir ongeveer 3 uur lank uit teen 100°C. Maak ongeveer 70 stukkies beskuit.
SEMEL KARRINGMELKBESKUIT - Rina Shorty (beproef)
1,5 kg bruismeel 10 ml bakpoeier 5 ml sout 500 ml suiker 1 pak (300 g) All-Bran-ontbytvlokkies 375 g (400 ml) botter of margarien by kamertemperatuur 2 eiers 500 ml karringmelk 300 ml kookolie (canola) 125 ml sonneblomsaad 5 ml vanilla
1. Smeer 3 panne van 13 x 23 x 7 cm of 2 boerbroodpanne 15 x 35 cm of 1 oondpan. 2. Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam in groot skottel. 3. Rasper botter in en vryf in. 4. Voeg suiker, sonneblomsaad en All branvlokkies by en meng. 5. Klits eiers, karringmelk, vanilla en olie. 6. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Knie effens tot ‘n deeg. 7. Verdeel deeg in 3, maak broodjies en sit in gesmeerde pan. 8. Druk plat en sny deeg in vierkante van 4 x 4 cm of rol bolletjies. 9. Plaas in middel van verhitte oond en bak 50 tot 60 minute 180°C. 10. Droog oornag by 100°C en hou oond oop met ‘n houtlepel.
Toast die beskuit so bietjie onder ‘n grill vir paar sekondes. Onthou die grill word al warmer en dan toast dit vinniger. Jy hoef dit nie te doen nie maar ek glo dit maak dit net lekkerder.