Smelt 500 gram bak margarien in 250 ml kookwater in mikrogolf. Gooi in menger en meng 4 x 250 ml koekmeel en 5 ml sout by.
Dis n warm slap deeg. Sit vir 3 ure in yskas om styf te word en gebruik. Rol uit op meel bestrooide oppervlakte.
Ek maak my deeg die vorige aand aan en haal dit vroeg uit om meer hanteerbaar te word. Die deeg word maklik pap as jy in die somer hitte daarmee werk. Ek staan vroeg op in somer om deeg te rol. Gebruik dit vir alles. pasteie, vleisrolletjies, roomhorinkies ens. Die deeg vries ook goed en kan met sukses halveer word.
KLUITJIES - Erna van der Merwe
625 ml (2,5k) bruismeel 1 knoffelhuisie fyngedruk ruim half teelepel aangemaakte mosterd 2 teelepel vars fyngekapte pietersielie 60 ml (kwart k) olie ruim half t sout 1teelepel gemengde kruie 150 ml koue water
Meng alles om sagte deeg te vorm. Vorm 12 bolletjies en pak op vleis. Bak nog 20-25 min oop. (Ek gebruik bietjie meer water en skep lepels vol op die vleis. Ek sal dit volgende keer weer eerder met die deksel op bak vir ‘n natter kluitjie) SUURROOM-WORSROLLETJIE KORS –Weg Kos
1 koppie botter 3 koppies koekmeelblom 1 koppie suurroom (ek het gedink dis te min en 1 1/5 gebruik)
Vryf botter (ek rasper sommer die botter by, dan meng dit makliker in) by die meel in en meng met suurroom tot 'n deeg. Bedek en laat oornag in yskas of tot yskoud.
Ek het sommer wors stadig gebraai en laat afkoel, die velletjies afgetrek. Deeg uitgerol en die wors ingesit en gebak by 180°C vir 20 min. Volgende keer maak ek die wors net halfpad gaar, die 15 - 20 min in die oond maak dit dan verder gaar.
Deeg is genoeg vir 34 worsrolletjies van om en by 4cm. Die deeg kan gevries word en gebruik word vir enige ander pastei.
SWEET CORN CRUST – Marth de Lange
250 ml self raising flour 5 ml dry mustard pinch of salt and pepper 10 ml fresh parsley chopped 60 ml butter 420 gram creamed sweet corn 60 ml milk 1 egg
1. Sift the flour, mustard, salt and pepper. Add the parsley. 2. Rub the butter into the flour mixture until it looks like bread crumbs. 3. Stir in the creamed sweet corn, milk and egg, mix very well. 4. Pour over the meat and bake for 25 minutes at 180°C or until golden brown.