CHILLIESOUS - Boerekos
(beproef)
250 g rooi chillies
250 g groen chillies
1 groot uie
3 knoffelhuisies
½ koppie olie
1 middelslag grootte smooth All Gold Appelkoos konfyt
Sny al die stingels vanaf die chilli en kerf uie in kwarte.
Plaas in voedsel verwerker en (pulse) vir 'n minuut of twee tot fyn gekerf.
Voeg nou jou olie, knoffel en konfyt en meng nog n rukkie.
Bottel en laat staan vir 'n dag voor gebruik sodat alle geure kan meng.
Foto: Petro van der Westhuizen
BOEREWORSROL SOUS
200 ml olie
250 ml tamatiesous
100 ml mosterdsous - mello ‘n mild
175 ml asyn
200 g suiker
1 groot eetlepel blatjang
1 groot eetlepel worcestersous
5 medium uie - fyn gekerf
Braai die uie in olie tot sag.
Gooi al die ander bestanddele by en prut tot sous begin verdik.
Gebruik bietjie maizena indien nodig.
Roer af en toe.
BRUIN SOUS - Tienie Oosthuizen
(beproef)
4 eetlepels botter of vet
2 wortels - fyngekap
2 uie - fyngekap
4 eetlepels koekmeel
2 koppies warm vleisekstrak
1 lourierblaar
knippie tiemie
paar peperkorrels
1 - 2 tamaties - fyngesny
rapsie knoffel - opsioneel
1 loot seldery
1 - 2 teelepels pietersielie - fyngekap
knippie peper
sout na smaak
Smelt die botter en braai die wortel en ui daarin tot sag en bruin.
Voeg die koekmeel by en roer tot deeglik gemeng en bruin.
Voeg die res van die bestanddele behalwe die sout en peper by.
Stowe saggies vir minstens `n halfuur.
Syg deur en geur met sout en peper na smaak.
BRUIN PEPERSOUS - Tienie Oosthuizen
(beproef)
2 eetlepels botter
2 eetlepels koekmeel
1 koppie warm vleisekstrak
2 teelepels asyn
1 teelepel groenuie - fyngekap
1 teelepel pietersielie - fyngekap
pakkie kruie
½ teelepel varsgemaalde swartpeper
sout na smaak
Smelt die botter en braai die koekmeel daarin bruin.
Voeg die ekstrak by en roer tot gemeng.
Roer die res van die bestanddele by en stowe 30 minute lank.
Syg deur, proe of dit meer sout nodig het en bedien.
CHILLIESOUS - Boerekos
250 g rooi chillies
250 g groen chillies
1 groot uie
3 knoffelhuisies
½ koppie olie
1 middelslag grootte smooth All Gold Appelkoos konfyt
Sny al die stingels vanaf die chilli en kerf uie in kwarte.
Plaas in voedsel verwerker en (pulse) vir 'n minuut of twee tot fyn gekerf.
Voeg nou jou olie, knoffel en konfyt en meng nog n rukkie.
Bottel en laat staan vir 'n dag voor gebruik sodat alle geure kan meng.
LEONIE SE SJOE-SJOE SOUSIE - Leonie Scott
(beproef)
3 groot uie - opgekerf
2 elk groen en rooi en geel peppers - opgekerf
8 rooi en groen brandrissies met pitte - opgekerf
6 knoffelhuisies - gekneus
1 wortel - grof gerasper
1 ryp halfgroen mango - grof opgekap
1 groot blik tamatiepasta
½ koppie water
1 koppie bruin druiwe asyn
1 koppie kookolie
1 koppie suiker
lourierblare
knypie droe origanum
sout en vars growwe swart peper - na smaak
Gooi koppie olie in kastrol en verhit, gooi uie by en braai liggies tot deurskynend.
Voeg lourierblaar of twee by uie gevolg deur knoffel, braai bietjie saam.
Gooi nou die groen, rooi en geel peppers by, braai liggies deur, gooi brandrissies en mango in.
Roerbraai vir 5 minute, voeg gerasperde wortel by.
Gooi nou suiker by, roer tot opgelos en voeg water, asyn, origanum, sout en peper by.
Voeg tamatie pasta by, roer goed, roer alles saam oor matige hitte vir 10 minute, roer aahoudend
Sit plaat op laagste en laat prut verder sonder deksel vir 35 minute.
Roer kort - kort.
Laat goed afkoel, en bottel in gesteriliseerde flesse.
MARTHA SE CHILLIE SOUSIE - Martha de Lange
(beproef)
6 huisies knoffel
2 appels
75 g rooi chillies
500 ml suiker
125 ml appel asyn
4 cm vars gemmer - opgesny of gerasper
1 blik geskilde tamaties
125 ml water
sout na smaak
Kook tot appels sag is en versap alles.
Sit in gesteriliseerde bottels terwyl dit warm is.
ADELE SE CHEDDAMELTSOUS MET UIE EN SAMPIOENE
½ pakkie sampioene (of soveel soos jy wil), gesny of heel ( net soos jy verkies, ek gebruik 'n eggslicer om myne te sny)
1 medium tot groot ui, grof gekap
Ongeveer 1 opgehoopte eetlepel botter
Ongeveer 2 opgehoopte eetlepels meelblom ( ek gebruik sommer APF)
1 koppie ( of soveel soos jy wil) gerasperde cheddar of goudakaas
Ongeveer 3 koppies melk ( jy kan 2 melk en 1 room gebruik indien jy dit lekker romerig wil he)
Sout en peper na smaak
Braai die uie tot amper begin verbruin, voeg dan die sampioene by en roer af en toe en braai so bietjie saam uie tot water verdamp en ook bietjie kleur kry.
Skep uit en hou eenkant.
Gebruik dieselfde pan of potjie en smelt die botter op medium plaat.
Haal van plaat af en gooi die meel by terwyl geroer word.
Gooi nou die melk bietjies bietjies by terwyl met 'n "balloon whisk" geklits word om klonte te vermy.
Hou aan klop met die whisk tot jy sien die sous word dik.
Laat paar minute prut om gaar te word terwyl gewhisk word.
Voeg nou die kaas by en roer tot alles gesmelt.
Voeg die uie sampioene by.
Geur met sout en peper na smaak.
Geniet!
WENK!
Ek verhit my melk vooraf in die mikrogolf terwyl ek die uie en sampioene soteer, dan hoef mens nie so lank te staan en wag vir die melk om kookpunt te bereik op die stoof.
As jou sous te loperig is na jou sin, voeg net nog kaas by.
- BLOUKAAS SAMPIOENSOUS - Rina Shorty
(beproef)
45 ml olyf olie
1 ui gekap
400 g sampioene in skyfies
250 ml room
100 g bloukaas gekrummel
sout en vars gemaalde swart peper
60 ml port
Verhit olie en braai ui tot sag en effe bruin.
Voeg sampioene by en braai 5 minute.
Voeg die room by kook 3 minute en voeg die blou kaas by tot gesmelt.
Geur en roer port in.
- SUSAN SE BLOUKAASSOUS
125 ml suurroom
125 ml mayonnaise
30 g bloukaas
30 ml gekapte pietersielie
30 ml medium cream sherry - ek los die sherry uit, hou nie van die smaak daar in nie
2 ml worcestersous.
Gebruik nou sommer gelyke dele bloukaas, roomkaas of maaskaas en mayonnaise.
Dan gooi ek net bietjie worcestersous by.
TIENIE SE MORNAYSOUS - Tienie Oosthuizen
(beproef)
4 eetlepels botter
4 eetlepels koekmeel
2 koppies vleisekstrak
½ koppie room
1 eier geklits
knippie peper
knippie rooipeper
2 - 3 eetlepels kaas - gerasper
sout na smaak
Smelt die botter en roer die meel glad daarin.
Voeg die ekstrak geleidelik by en roer dikwels tot dik en glad.
Klits die room en eier saam en skep versigtig 'n bietjie van die warm mengsel daarby.
Roer dit dan by die warm sous, voeg die res van die bestanddele by en plaas die mengsel nou oor kokende water.
Roer af en toe en laat deeglik warm word totdat die kaas heeltemal glad gesmelt het.
MONKEY GLAND SOUS - Petro van der Westhuizen
375ml vrugte blatjang
125ml tamatiesous
125ml Worcester sous
60ml soetwyn
50g suiker
1ml knoffelvlokkies
Meng al die bestandele en verhit tot kookpunt. Sit dit warm of koud voor
OOSTERSE VLEISSOUS - Martie Fourie Moolman
(beproef)
200 ml hoender aftreksel
4 el oester sous
1 el soyasous
1 el heuning
2 tl gekapte gemmer
6 spring unions gekap
sout en peper
2 el maizena
Kook alles behalwe maizena.
Maak sous dik met maizena.
COMEBACK SOUS - Martie Moolman
1 k mayo (Cross & Blackwell)
kwart k tamatiesous (dik soos All gold)
kwart k chillie sous( nie sweet chiilie nie)
1 E dijon mosterd
1 t uie poeier
1 t knoffel poeier
2 t woestersous
1 t peper
half t tabasco
kwart k ligte olyf olie of groente olie
sap van 1 suurlemoen
2 t suiker
Meng alles saam in voedelverwerker, gebruik oor burgers , tacos, eiers, chippies of wat ook al!
KAMPIOENSAMPIOENSOUS – Huisgenoot
25 ml botter
1 klein ui, fyngekap (opsioneel)
250 g knopiesampioene in skyfies gesny
30 ml sampioensoppoeier
300 ml room
sout na smaak
paar druppels tobasco of vars gemaalde swartpeper
Verhit botter in kastrol oor matige hitte en braai die ui en sampioene tot bruin
Voeg die sampioensoppoeier in en soteer 1 minuut.
Roer die room gelydelik in
Laat prut terwyl geroer word tot die sous verdik het.
Voeg nog room by as 'n dunner sous verlang word
Geur met sout, peper of tobascosous
VARIASIE:
SAMPIOEN-WYNSOUS: Vervang die room deur 125 ml witwyn en 125 ml groenteaftreksel.
MUSHROOMSOUS – Sue Day
500 gram mushrooms
3 heaped tablespoons margarine
2 tablespoons parsley
1 ml nutmeg
1 ml red pepper
1 tablespoon mustard powder
2 garlic cloves
1 onion chopped small
1 tub cream
salt and pepper
50 ml flour
1. Mix everything gently together.
2. Bake at 180°C for 1 hour.
KNOFFELSOUS - Huisgenoot
1 ui fyn gekap
5 knoffelhuisies fyn gedruk
kookolie
125 ml melk
125 ml room
60 ml rooiwyn
sout en vars gemaalde swartpeper
Soteer die ui en knoffel in 'n bietjie verhitte olie tot sag.
Voeg die room, melk en die wyn by,
Verhit totdat die sous kook en laat prut totdat die sous effens verdik het en geurig is.
Voeg sout en peper na smaak by.
MOSSELSOUS - Huisgenoot
(Skep hierdie sous op porsies gebraaide filet of lendeskyf)
250ml room
1 blik (85g) gerookte mossels, gedreineer
10ml kitswitsouspoeier
Verhit die room en mossels saam tot kookpunt.
Meng die witsouspoeier met water tot 'n pasta en roer by die roommengsel in.
Verhit terwyl geroer word totdat dit kook
HOENDERLEWERSOUS - Huisgenoot
500 g hoenderlewers
80 g botter
150 g knopie of Portebellini-sampioene gesny
1 ui grof gekap
200 ml groente aftreksel
100 ml port
100 ml room of ongegeurde jogurt
15 ml gekapte vars pietersielie
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Soteer die hoenderlewers in die verhitte botter tot bruin buite-om en nog effens pienk aan die binnekant.
Voeg ook die sampioene en ui by.
Giet dan die aftreksel en port by en laat prut totdat die sous met die helfte afgekook is.
Roer die room of jogurt en die pietersielie in en geur na smaak.
Moenie weer kook indien jogurt gebruik is nie.
Skep lepels vol oor elke steak.
KLASSIEKE GROENPEPERKORRELSOUS - Huisgenoot
90 g botter
40 ml suurlemoensap
60 ml groenpeperkorrels in pekelwater, gedreineer
3 eiergele
125 ml room
60 ml suurroom
20 ml Dijon - of Franse mosterd
Roer die botter, suurlemoensap en peperkorrels oor matige hitte totdat die botter gesmelt is.
Verwyder van die hitte en roer die res van die bestandele in.
Plaas oor lae hitte en klits totdat die sous effens verdik - dit moet glad nie kook nie.
PEPERSOUS
30 ml margarien
1 koppie vars room
25 ml mosterd poeier
25 ml vars gemaalde swart peper of soos verkies
3 teelepel brandewyn
1 teelepel bisto sous poeier
1. Smelt die margarien, voeg res van die bestanddele by en verhit oor matige hitte totdat die sous verdik.
2. Ek gebruik gewoonlik 1 houer room en 1 koppie melk maar dan gebruik ek net meer bisto poeier om die sous te verdik.
BLOUKAASSOUS - Huisgenoot
50 g botter
1 ui fyn gekap
1 prei fyn gekap
1 selderystingel, fyngekap
5 ml gekapte knoffel
100 g bloukaas gekrummel
250 ml room
Verhit die botter en soteer die groente tot deurskynend.
Voeg die kaas en room by en laat sowat 2 minute prut terwyl gedurig geroer word tot romerig.
MA SE MAYO VIR GROENBOONTJIES – Rina Shorty
Hier is die sousie wat jy oor koue gestoomde groenbone of klein uitjies gooi. Skoonma het dit altyd vir ons by n braai gemaak en ek is mal oor dit.Shame sy sou Saterdag 100 gewees het.
3/4 k asyn
2 k water
1/2 t sout
5 teelepels mosterdpoeier
12 teelepels suiker
6 teel meel
2 eiers
2 teel botter
Meng die droe bestanddele.
Meng die asyn, water en eiers. Klits goed en gooi by die droe bestanddele.
Plaas op stoof roer aanhoudend totdat dit kook. Kook paar minute tot gaar en dik.
MAYONNAISE MET DIE STICK BLENDER – Rina Shorty
1 eier
5 ml mosterd poeier of engelse mosterd
5 ml sout
bietjie wit peper
5 ml strooisuiker
20 ml vars suurlemoensap
20 ml wit asyn
250 ml olie
Gooi al die bestanddele behalwe olie in nou nou glasbeker of bottel.
Druk die stok oor die eiergeel en begin klits.
Gooi die olie in en hou aan klits tot dik. Nie nodig vir drup drup of dun straaltjie nie.
Hou aan klits tot dik.
Meng met kruie of knoffel of sweet chilliesous of maak tartare sous.
MIRACLE WHIP - Martie Fourie Moolman
4 eier gele
1 t sout
2t droe mosterd
6 E asyn
3 k olie
3 t mezena
1 k kookwater
2 E suiker
nog kwart k asyn
Meng in menger eiers, sout, suiker en 2 E asyn.
Voeg 1 k olie stadig druppel vir druppel by.
Meng al die ander olie by.
Voeg 4 E asyn by.
Sit al die ander bestanddele in pan en kook tot 'n gladde pasta.
Voeg die warm mengsel by die mayo mengsel en meng goed. Verkoel.
Hierdie proe rerig soos die ware Jacob!!
MOSTERDSOUS – Yvonne Stopforth
3 eiers
3 eetlepels poeier mosterd
3 eetlepels suiker
3 eetlepels wit asyn
1 blik kondensmelk
Klits als goed saam behalwe die kondensemelk.
Sit die bak nou oor ‘n pot met kookwater.
Klits AANHOUDEND met ‘n baldraadklitser tot die mengsel dik word. Dit vat nie baie lank nie.
(Dis belangrik om aanhoudend te klits want as daar klonte vorm is dit tiekets met jou sous)
Laat heeltemal afkoel.
Voeg nou die blik kondensmelk by.
SOUS HAWAII VIR VIS - Wenresepte 2
"Koop gebakte vis by die viswinkel en maak hierdie sous daarby as jy vinnig iets lekkers moet voorsit."
1 uitjie, gekap
1 soetrissie, gekap
20 ml kookolie
knypie gemmer
1 blikkie (240 g) pynappelstukke
250 ml water
30 ml sojasous
30 ml bruin suker
30 ml asyn
30 ml maizena
15 ml tamatiesous
5 ml brandewyn
Braai die uitjie in die kookolie in n groot braaipan oor matige hitte tot sag. Strooi die gemmer oor.
Dreineer die pynappelstukke en behou 50 ml van die stroop waarin dit ingemaak is.
Meng die pynappelstroop, water, sojasous, suiker, asyn, maizena, tamatiesous en brandewyn deeglik. Voeg dit by die uiemengsel en voeg die pynappelstukke by.
Roer aanhoudend en prut sowat 5 minute oor lae hitte.
Skep die sous oor die visstukke en sit warm voor.
SPESERY KERRIE SOUS - Vir vis, hoender of groente
1 E vars gemmer fyn
1 E knoffel fyn
1 rooi rissie fyn
2 t komyn
1 t borrie
200 ml klappermelk
150 ml griekse jogurt
gerasperde skil en sap van 1 lemmetjie
1 E suiker
sout en peper
Sorteer gemmer en knoffel, voeg komyn, borrie , rissie, klappermelk , jogurt, skil, sap en s en p by.
Kook stadig vir +- 10 minute.
(beproef)
45 ml olyf olie
1 ui gekap
400 g sampioene in skyfies
250 ml room
100 g bloukaas gekrummel
sout en vars gemaalde swart peper
60 ml port
Verhit olie en braai ui tot sag en effe bruin.
Voeg sampioene by en braai 5 minute.
Voeg die room by kook 3 minute en voeg die blou kaas by tot gesmelt.
Geur en roer port in.